Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 10 of 20

Thread: Bloedrivier gelofte: Van wie, met wie, vir wie?

  1. #1
    Member Carel van Heerden's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    251
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    48

    Default Bloedrivier gelofte: Van wie, met wie, vir wie?

    Inleidend

    Die gebeure vooraf, en verder, tot en met die konfrontasie by Bloedrivier, wat aanleiding gegee het tot die Gelofte, word deur geskiedskrywers en ander skrywes op min of meer dieselfde wyse weergegee. Dit is naamlik in die vorm van ‘n vertelling of ‘n verhaal. Wat egter baie min (oorwinning), tot selfs glad nie belig word nie, is God se rol in hierdie gebeure vanaf die “tweede sondeval” – Gam se optrede teenoor sy vader en die daaropvolgende vervloeking aan Gam se nageslag en dat die teenoorstaande van vervloeking, naamlik die seën aan Jafet en Sem en hul nageslagte.

    Daar kan geargumenteer word dat die tydsverloop tussen dié gebeure (Sem, Gam en Jafet), daar etlike duisende jare verloop het tot die gebeure by Bloedrivier. Kan daar enige verband wees, meer nog, wat het die gebeure van Noag en sy seuns te doen met die gebeure by Bloedrivier?

    In die geestelike lewe bestaan tyd, massa, afstand, snelheid en ander fisika beginsels nie. As voorbeeld die volgende: In die geestelike dimensie kan ‘n mens byvoorbeeld aan tafelberg dink – dan is jy daar.

    Dink ons as vleeslike wese op aarde aan tyd, dan is daar beperkings. ’n Dag het ‘n bepaalde lengte en bestaan uit soveel uur of soveel minute ensomeer. In die geestelike lewe bestaan hierdie beperkings nie. Fisiese strukture op aarde bestaan nie in die geestelike lewe (dimensie) nie. So gesien is byvoorbeeld twee duisend jaar op aarde. ‘n oogknip in die geestelike lewe. Om dan te argumenteer dat die tydsverloop tydens Noag se lewe na die vloed tot en met die slag van Bloedrivier nie verbandhoudend kan wees nie, gaan nie af nie.Trouens nie wat tydsverloop betref nie.

    Om die perspektief waaruit hierdie skrywe benader word beter te verstaan sal dit help om die volgende inligting, wat die nodige agtergrond sal verskaf, eers te lees:

    1. Op die webwerf, Siener van Rensburg.co.za, onder Artikels, was daar ‘n skrywe van F.H. Pretorius Die Boervolk is inderdaad Juda! Die naam is later gewysig na “Aanhangsel 3 tot die nuwe boek.” Met die nagaan van die gegewens vanoggend blyk dit dat die pos onttrek is – laasgenoemde naam is egter nog daar. Ek beskik oor ‘n uitdruk van Die Boervolk is inderdaad Juda!, waarna ek dan meer volledig sal verwys.
    2. Op Wendag, onder skakels – Volksake - Wendag Herdenking, kry u die skrywe van Karin Strydom geskrywe op 14 Desember 2006 – dié skrywe is relevant.
    3. Lees ook by kletshoekie: Kanaän vervloek deur Noag. Hierdie skrywe verduidelik onder andere waar die Boerevolk en die Swart bevolking van ons land sy ontstaan het. Wat ondelê die bymekaarkom van ondere andere die Zoeloes en die Voortrekkers in KwaZulu Natal.
    4. Die boekie wat die Boek van Herinnering vergesel: Daar is ‘n Boek van Herinnering geskrywe – op bladsy 7 - Historiese agtergrond.

    Groetnis

    Carel
    Last edited by Carel van Heerden; 25th February 2009 at 12:40. Reason: Tik/spel foute!

  2. #2
    Member Carel van Heerden's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    251
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    48

    Default Re: Bloedrivier gelofte: Van wie, met wie, vir wie?

    Van wie? [1]

    Die bedoeling met die opskrif “van wie”, is om vas te stel wie, met ander woorde watter mense, hierdie gelofte afgelê het. Waar kom dié mense vandaan, waarom was hulle waar hulle was tydens die aflegging van die gelofte. Die geskiedenis van die trek is goed geboekstaaf. Wat hier vasgestel wil word is of dit om meer gegaan het as dit wat in die geskiedenisboeke weergegee word en waarom?

    As vertrekpunt kan Noag en sy drie seuns geneem word nadat God hulle geseën het en gesê het dat hulle vrugbaar moet wees en vermeerder en die aarde vul.

    Gen 9:1 En God het Noag en sy seuns geseën en aan hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde.

    Waarop dit neerkom is dat die Swart bevolking en die Voortrekkers, wat by die slag van Bloedrivier betrokke was, die nageslagte van Noag was. Wat egter belangrik is is dat Kanaän en dus ook Gam se nageslag vervloek was, terwyl Noag God versoek het om aan Jafet ruimte te verskaf en dat Jafet mag woon in die tente van Sem. Daarteenoor het Noag Sem se God naamlik die HERE (Yahweh) geseën. Kanaän moes beide Sem en Jafet se diensknegte wees.

    Gen 9:24 Toe Noag van sy wyn wakker word en merk wat sy jonger seun hom aangedoen het,
    Gen 9:25 sê hy: Vervloek is Kanaän! ‘n Kneg van die knegte moet hy wees vir sy broers.
    Gen 9:26 Verder het hy gesê: Geseënd is die HERE, die God van Sem. Maar Kanaän moet sy dienskneg wees.
    Gen 9:27 Mag God aan Jafet ruimte verskaf, en mag hy woon in die tente van Sem! Maar Kanaän moet sy dienskneg wees.


    In die gedeelte Kanaän vervloek deur Noag word dit aangetoon dat die Voortrekkers en dan eintlik die Boerevolk van Jafet se nageslag afkomstig is. Meer presies van Nederland, Duitsland Frankryk (Europa) ensomeer. Hierdie mense het aan die Kaap geland en die meerderheid het by boerdery aktiwiteite betrokke geraak. Redes (nie hier ter sprake) het hulle die binneland in laat trek. Was dit slegs die redes wat die handboeke aangee wat hulle laat trek het? Dit mag aanleidende oorsake gewees het. Belangrik is egter God se versoek dat hulle moet vermeerder en die aarde vul. In alle waarskynlikheid het so ‘n gedagte nie eers by die Voortrekkers opgekom nie. Vir God was Afrika nog onbevolk en kon die moontlike redes vir die trek binneland in, dieselfde gewig gedra het as die taalverwaring wat deur God bewerkstellig is by die bou van die toring van Babel.

    Die teenargument dat die Voortrekkers nie van Jafet se nageslag is nie, vind ons onder andere in die skrywe van F.H. Pretorius, Die Boervolk is inderdaad Juda!

    Die hoofargument van Pretorius berus op die feit dat Yahweh ‘n "ewigdurende Verbond" met ou Israel gesluit het. Hy verwys dan na Esegiël 23 waar die twee susters Ohóla en Ohóliba dieselfde pad loop as gevolg van hul oortredinge. Die twee bannelingskappe van Israel wat vir alle praktiese doeleindes tussen die nasies van die wêreld in verdwyn word dan deur die twee susters gesimboliseer.

    Pretorius verduidelik voorts dat Ou-Israel op ‘n bepaalde volgorde in twee verdeel is en onder die nasies versprei is en dat Israel op ‘n omgekeerde wyse weer herstel sal word. Die laaste deel van die “ou Verbond” was met Juda en die eerste deel van die “nuwe Verbond” was met die Boerevolk, die “nuwe en hersamelde “ Juda. Pretorius sien die Gelofte van Bloedrivier nie as ‘n “nuwe Verbond” as sulks nie, maar bloot ‘n voortsetting van die oue. As rede voer hy aan dat Yahweh nie kan teruggaan op Sy Woord nie (ewigdurende verbond).

    Volgens Pretorius “is dit nie net Juda wat belangrik is in hierdie verband nie, die ander stamme speel ook ‘n rol daarin, want uiteindelik loop die geslagsregisters deur Abraham terug tot by Adam, die seun van God – en God Almagtig gaan nooit regtig terug op Sy woord nie!”

    Pretorius maak ook melding van “die argument wat my stelling ondersteun val heeltemal buite die bestek van hierdie boek (sy boeke oor Siener van Rensburg – Carel), maar ons is inderdaad Koningskinders.”

    Alvorens na Pretorius se argument ten gunste van Sem (Juda) van naderby beskou kan word, moet na die boekie, wat die Boek van Herinnering vergesel: Daar is ‘n Boek van Herinnering geskrywe , onder Historiese agtergrond, bladsy 7 en 8, gekyk word.

    Enkele paragrawe van belang word aangehaal uit bogenoemde boekie, en wel op die bladsye soos aangetoon.

    “Hierdie Boerevolk, wat deur die eeue heen vir sy besonderse vaste geloofsoortuiginge, vervolg en agtervolg is, staan tans voor sy grootste uitwissingskrisis sedert sy ontstaan. Nog nooit was ‘n volk so verward oor sy herkoms of sy toekoms nie. Nog nooit het enige ander blanke volk op hierdie aardbodem ooit so ‘n aanslag teen sy godsdienstige waardes, sy kulturele waardes en sy sedelike waardes beleef nie.”

    “Uit ‘n brandende Europa vlug hierdie volk se stamvaders voor die vernietigende aanslag van die Rooms-Katolieke Kerk met hul Jesuïtiese moordbendes. Hier in die onbekende en wilde Afrika-vasteland, verander hulle die Kaap van Storms na die Kaap van Goede Hoop. Met die Skrifte van Apartheid (Heilige Skrifte) in die hand en ‘n onwrikbare “Ou Testamentiese” geloofsbenadering, weer hierdie pioniers aanslag na aanslag af van moordende swart barbare.”

    “Binne ses-en-veertig jaar na hierdie Volk se vernedering in 1902 by Vereeniging, gebeur een van die grootste wonderwerke van die Twintigste eeu. In 1948 verkry hierdie blanke volk beheer oor homself en plaas hy vir die eerste keer in 3450 jaar, die Apartheidswette van die Almagtige op sy Wetboek. Vir die eerste keer nadat Moses die Wet van die Almagtige ontvang het om nie te verbaster nie [Exodus 20:14], word dit weer Wet.”

    Exo 20:14 Jy mag nie egbreek nie.

    “Doelgerig verkry die liberaliste beheer oor bykans elke faset van die Boerevolk. Die Boer verloor stelselmatig sy grond, sy minerale, sy media, sy skole, sy parlement en laastens verloor hy sy vaste geloof in JAHWEH, die Skepper van hemel en aarde. Al die aparthede word oopgegooi vir algemene gebruik en die volk beland geheel-en-al in die hande van roofsugtige wolwe. ‘n Algemene (katolieke) godsdiens van verbastering, broederskap en gelykheid word daagliks deur die Afrikaanse Kerke tot vervelens toe in hierdie “volk wat afgesonderd wou woon en hom nie tot die nasies wou reken nie” [Nύmeri 23:9] se kele afgedruk.

    Num 23:9 Want van die top van die rotse af sien ek hom, en van die heuwels af aanskou ek hom. Kyk, ‘n volk wat afgesonderd woon en hom nie tot die nasies reken nie.

    Die aangehaalde paragrawe hierbo mag irrelevant blyk te wees. Die bespreking wat volg sal egter belangrikke aspekte na vore bring wat belangrik is om te verstaan “van wie” hierdie Gelofte kom.

    Groetnis

    Carel

  3. #3
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    61

    Default Re: Bloedrivier gelofte: Van wie, met wie, vir wie?

    Quote Originally Posted by Carel van Heerden View Post
    ... sy parlement en laastens verloor hy sy vaste geloof in JAHWEH, die Skepper van hemel en aarde...

    Carel
    Carel,

    ek hou van jou skrywe, en sien uit na die res, maar moet egter daarop wys dat JAHWEH nie die Skepper van Hemel en aarde is nie....

    DOM het dit al breedvoerig uiteengesit elders op hierdie blad.
    groetnis
    knipmes

  4. #4
    Member Carel van Heerden's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    251
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    48

    Default Re: Bloedrivier gelofte: Van wie, met wie, vir wie?

    Quote Originally Posted by knipmes View Post
    Carel,

    ek hou van jou skrywe, en sien uit na die res, maar moet egter daarop wys dat JAHWEH nie die Skepper van Hemel en aarde is nie....

    DOM het dit al breedvoerig uiteengesit elders op hierdie blad.
    groetnis
    knipmes
    Knipmes,

    Dankie vir jou verwysing. Let egter daarop dat genoemde verwysing nie myne is nie, maar in 'n aanhaling voorkom vanuit die boekie, wat die Boek van Herinnering vergesel. Dit kom voor op bladsy 8 binne die derde volledige paragraaf van bo af. Dit is ook hierbo so aangehaal. As jy dit weer lees sal jy dit raaksien.

    Dit vorm later een van die basispunte in my argumentasie.

    Dankie nietemin.

    Groetnis

    Carel

  5. #5
    Member Carel van Heerden's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    251
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    48

    Default Re: Bloedrivier gelofte: Van wie, met wie, vir wie?

    Van wie? [2]

    Wanneer na F.H. Pretorius se argument, naamlik “Die twee bannelingskappe van Israel wat vir alle praktiese doeleindes tussen die nasies van die wêreld in verdwyn “ het, skep dit ‘n probleem. Ook die aanhaling “‘n volk wat afgesonderd wou woon en hom nie tot die nasies wou reken nie [Nύmeri 23:9]” uit die boekie van herinnering is problematies. Indien gesamentlik na beide “probleme” gekyk word kan die genoemde vers Nύmeri 23:9 gebruik word.

    Num 23:9 Want van die top van die rotse af sien ek hom, en van die heuwels af aanskou ek hom. Kyk, ‘n volk wat afgesonderd woon en hom nie tot die nasies reken nie.

    Clarke se vertolking van bogenoemde vers is as volg:

    From the top of the rocks I see him - That is, from the high places of Baal where he went, Num_22:41, that he might the more advantageously see the whole camp of Israel.

    The people shall dwell alone - They shall ever be preserved as a distinct nation. This prophecy has been literally fulfilled through a period of 3300 years to the present day. This is truly astonishing.

    Om hierdie vers (Num 23:9) beter te verstaan, moet ons die perikoop ‘n bietjie wyer stel. Wat gebeur is dat Bíleam wat in die Ou Testament as ‘n professionele siener en waarsêer, wat teen betaling opgetree het, deur Balak (die koning van Moab) opgeroep is om Israel te vervloek. Moab het bevrees geraak toe Israel hulle oorwinnaars, die Amoriete, oorwin en vernietig het. Hy (Moab) soek gevolglik sy heil by die siener en waarsêer Bileam. God keer vir Bíleam. (Num 22:12)

    Num 22:12 Toe sê God vir Bíleam: Jy mag nie saam met hulle trek nie, jy mag die volk nie vloek nie, want hulle is geseënd.

    Balak laat roep weer eens vir Bíleam. Bíleam antwoord Balak (Num 22:38)

    Num 22:38 En Bíleam het Balak geantwoord: Hier het ek na jou gekom. Is ek nou wel in staat om iets te spreek? Die woord wat God in my mond lê, dit sal ek spreek.


    Num 23:5 Toe lê die HERE ‘n woord in Bíleam se mond en sê: Gaan terug na Balak, en so moet jy spreek.
    Num 23:6 En hy het na hom teruggegaan terwyl hy daar staan by sy brandoffer, hy en al die vorste van Moab.
    Num 23:7 En hy het sy spreuk aangehef en gesê: Uit Aram laat Balak my haal, die koning van Moab—uit die berge van die Ooste: Kom vervloek Jakob vir my, en kom, verwens Israel.
    Num 23:8 Hoe sal ek vloek wie Gód nie vloek nie? En hoe sal ek verwens vir wie die HERE nie verwens nie?
    Num 23:9 Want van die top van die rotse af sien ek hom, en van die heuwels af aanskou ek hom. Kyk, ‘n volk wat afgesonderd woon en hom nie tot die nasies reken nie.


    Wanneer nou na Num 23:9 gekyk word kan die betekenis beter verstaan word: sien ek hom :- soos God hom (Bíleam) die volk (Israel) laat sien het: na die aard van sy geestelike bestaan. Die laaste gedeelte van die vers word gesinspeel op die unieke karakter en bestaan van die verbondsvolk. Ook Deut. 33:28 verwys daarna.

    Deut 33:28 So het Israel dan veilig gaan woon, die bron van Jakob in afsondering, in ‘n land van koring en mos; ja, sy hemel laat dou afdrup.

    Die opheffing van Israel se politieke en religieus-sedelike afgesonderheid beteken ‘n verbreking van sy krag, en juis daarop was die latere advies van Bíleam aan Balak gerig.

    Na aanleiding van bogenoemde verduideliking kan ons eerstens na Pretorius se aanname kyk. Israel het nie tussen die nasies in verdwyn nie. Clarke wys juis op die teenoorgestelde. Weliswaar het baie uitgewyk na verskillende lande. Daar het hulle egter hulle tradisies en gebruike gehandhaaf. Trouens tot vandag toe.

    Word gekyk na die boekie van herinnering en wel die volgende aanhaling: “…..toe in hierdie volk wat afgesonderd wou woon en hom nie tot die nasies wou reken nie [Nύmeri 23:9] se kele afgedruk.” Die Verduideliking van Nύmeri 23:9 lê juis ten grondslag die feit dat na Israel, die Verbondsvolk, verwys word en nie na die Boerevolk nie. Verder word na Israel se politieke en religieus-sedelike afsondering verwys. Die Boerevolk het maar geen begeerte gehad om afgesonderd te woon nie, nog minder was daar sprake van 'n religieus-sedelike afsondering. Hulle dryfveer was die Engelse regering van die dag. Hulle wou onder hulle heerskappy uitkom. Om ‘n parallel te trek met die Verbondsvolk is noemenswaardig maar ootuig nie. Verder aan sal wat hier gesê is duideliker na vore kom. Ook die gedeelte oor verbastering.

    Groetnis

    Carel

  6. #6
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    61

    Default Re: Bloedrivier gelofte: Van wie, met wie, vir wie?

    Quote Originally Posted by Carel van Heerden View Post
    ... Dit is ook hierbo so aangehaal. As jy dit weer lees sal jy dit raaksien.

    Dit vorm later een van die basispunte in my argumentasie....
    Carel
    Carel, dankie, ek het dit so gelees maar wou juis dit uitlig, want mens lees dit maklik mis... soos jy tereg uitwys. Ek kyk uit na jou argument, dis 'n baie interessante reis hierdie...

    groetnis
    knipmes

  7. #7
    Member Carel van Heerden's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    251
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    48

    Default Re: Bloedrivier gelofte: Van wie, met wie, vir wie?

    Van wie? [3]

    Om ‘n verdere en ‘n betere begrip te verkry van wie die Gelofte gekom het, asook om bogenoemde beredenerings aan te vul, is dit eers nodig om stil te staan by ‘n baie interessante gedeelte in ons geskiedenis.

    Ek haal gedeeltes aan uit die boek van Prof. T.H. le Roux soos weergegee in Die dagboek van Louis Trigardt. Hierdie gedeeltes vorm die basis vir verdere beredenering.

    Vir eers word die gebeure beskryf wat plaasgevind het nadat Louis Trigardt met sy trek die Drakensberg af is.

    “Drie seuns loop weg; die sedes van destyds. Onder die berg gekom, besluit die drie seuns: onderskeidelik die seun van die weduwee Antjie Scheepers, van Botha en van Albach, om terug te keer na waar hulle vandaan gekom het – wat dit ook al mag beteken het. Hulle had genoeg van die teenslae van die trek, voorsien hulle van gewere, ammunisie en nog die een en ander en slaan voet in die wind. Na ‘n paar dae kom hulle terug. Hoe nou met die gedrostes te handel? Trigardt sr. is van oordeel dat aangesien hulle behoue teruggekom en die vuurwapens teruggebring het – uiteraard ‘n baie waardevolle besit -, die gebeure hierdie keer deur die vingers gesien kon word, maar hy het nie met Antjie Scheepers rekening gehou nie. Nou word ‘n vermaaklike toneeltjie afgespeel en een wat tiperend is van die volksedes van destyds.

    Antjie Scheepers – as weduwee verantwoordelik vir haar gesin – sou haar ouerlike plig versaak soos die gedagte van Trigardt sou meegebring het nie. Sy laat haar seun – reeds ‘n weerbare skut – deur twee van die mans vashou en dien hom met twee stroppe ‘n gedugte loesing toe. Na die aanskouing hiervan kon die twee vaders Botha en Albach nie anders handel as haar voorbeeld te volg nie. Elkeen loop sy eie seun dientengevolge goed deur.”

    In hierdie beskrywing van Prof le Roux het ek die naam Albach verdonker. In die volgende gedeelte gaan ek twee woorde uitlaat. Die sal later bygevoeg word wanneer ek na ‘n geedeelte in die boekie van herinnering verwys. Om hierdie gebeure (dié hierbo beskryf deur le Roux) nou in die dagboek van Louis Trigardt te lees is insiggewend. Die gedeeltes tussen [ ] vierkantige hakkies is my byvoegings.

    Vrijdag den 29 ste [Decimber 1837]

    Wij vond alles wat zy weg genomen of gestolen had als 36 koegel van Anthonie, en kruid mankeerd ook van hem; een toom van ouwe Albag; twee osse riemmen van Carolus [Louis Trigardt se oudste seun].

    Albag vraag mijn wat ik met zijn kind doen wel. Ik z(ei) terwijl zij zelfs gekomen ben en de goederen bijna alles weer gebragt heb, ik haar voor det maal alles vergeven wel, voor mijn pard. Z(ei) jufr. Schepers dat zij niet te vreden is voor dat haar zoon een loesing gehad heft. Riep zij Carolus en een paar anderen; liet hem vast houden; heef zij hem met twee stroppen een loesing gegeven, en Albag zyn zoon ook; toen Botha zijn zoon ook.

    Carolus heef Albag zijn zoon een slag met de vuijst gegeven boven zijn oog, dat hij een wond had. Ik vraag hem waarom hij zulks doet. Z(ei) hij dat -- ----- te trots is en zijn voor komst. Ik z(ei) dat hij het aan de ouders laten moet; dat een eider ouder zijn kind na zijn gevoelen straffen ken. Na dat zij haar loesing gehad had, vergeef wij het haar voor det maal alles.”

    Die eerste uitgawe van le Roux se boek het in 1964 die lig gesien. Lees gerus weer Trigardt se weergawe deur. U sal opmerk ons huidige Afrikaans al sterk begin vorm aanneem het. Indien u Prof le Roux se weergawe lees sal u opmerk hoe sy aanwending van Afrikaans (let veral op die uitdrukkings en sintaksis) alreeds van ons Afrikaans van vandag verskil.

    Le Roux skryf die volgende oor die geskiedenis van die Afrikaanse taal van destyds:

    “Wat die geskiedenis van die Afrikaanse taal betref, besit die Dagboek van L. Trigardt groot waarde – baie meer waarde as op die eerste gesig vermoed sal word. In die eerste plaas het dit waarde ten opsigte van die kennis van Nederlands wat die Afrikaner van daardie dae besit het, want Trigardt wou Nederlands skrywe so goed en so kwaad as wat dit gegaan het. Hier sien ‘n mens duidelik watter kennis van Nederlands die gemiddelde Afrikaner destyds besit het, want Trigardt is ‘n goeie voorbeeld in beskawing en kennis van die deursnee-Afrikaner van destyds.

    As jy die bes versorgde bladsy uit die Dagboek neem en aan ‘n Nederlander voorlê, sal dié sê: Nederlands is dit nie. Lê jy dit vervolgens aan ‘n oordeelkundige Afrikaner voor, dan sal sy uitspraak wees: Ten spyte van allerlei onafrikaanshede is Trigardt se taal tòg in wese Afrikaans.”

    Groetnis

    Carel

  8. #8
    Member Carel van Heerden's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    251
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    48

    Default Re: Bloedrivier gelofte: Van wie, met wie, vir wie?

    Van wie? [4]

    Vervolgens word gekyk na die volgende aanhaling uit die boekie van herinnering naamlik “Vir die eerste keer nadat Moses die Wet van die Almagtige ontvang het om nie te verbaster nie [Exodus 20:14], word dit weer Wet.”

    Exo 20:14 Jy mag nie egbreek nie.

    Exodus 20:14 verwys na die sewende gebod. Een van tien gebooie. Die tien gebooie staan ook bekend as die dekaloog, die Griekse vertaling van “tien woorde of sake.” Die literêre vorm en die teologiese inhoud dui op twee onderafdelings in die tien gebooie.

    • Die eerste afdeling bestaan uit vier gebooie (Exo 20:1-11) oor diens aan Yahwe en is omvattend geformuleer.
    • Die tweede afdeling bestaan uit ses gebooie (Exo 20:12-17) oor die verhouding met die medemens en is bondig geformuleer.

    In die algemene omgang van die Afrikaanse taal beteken egbreuk dat jy nie inbreuk op ‘n ander man se huwelik mag maak nie, nog minder dat, as jy getroud is, jy met ‘n ander vrou seksueel mag verkeer. Hierdie optrede benadeel die verhouding met jou medemens. Hoeveel huwelike het as gevolg hiervan op die rotse beland.

    Belangrik egter is die feit dat die huwelik ‘n heilige instelling van God (Gen 2:24) is. Hy waak oor die heiliheid daarvan en verbied nie net egbreuk nie, maar enige skending daarvan en vergryp daaraan.

    Gen 2:24 Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.

    Hoekom die boekie van herinnering Exodus 20:14 koppel as ‘n wet teen verbastering is nie heeltemal duidelik nie. As daar egbreuk gepleeg word met sê, redenasie onthalwe, deur ‘n wit getroude man met ‘n swart vrou en ‘n kind word uit so ‘n verhouding gebore, is daar sprake van verbastering. Die kruks van die saak is egter dat egbreuk gepleeg is. ‘n Landswet teen gemengde huwelike mag verbastering waarskynlik teenwerk, maar ‘n wettige gemengde huwelik tussen twee mense van verskillende geslagte (een wit een swart) het nie die oortreding van die sewende gebod tot gevolg nie.

    Die volgende stelling in die boekie van herinnering verdien ook aandag: “‘n Algemene (katolieke) godsdiens van verbastering, broederskap en gelykheid word daagliks deur die Afrikaanse Kerke tot vervelens toe in hierdie “volk wat afgesonderd wou woon en hom nie tot die nasies wou reken nie” [Nύmeri 23:9] se kele afgedruk.”

    Dat die kerke die regering van die dag ter wille wil wees, is in baie gevalle waar. Dat verbastering (gemende huwelike) deur die Afrikaanse kerke verkondig word, is ek nie van bewus nie.

    Hoe afgesonderd wou die Trekkers woon? Tot watter mate wou hulle hulle self verskans teen verbastering?

    Vervolgens word die paragraaf waar die twee woorde uitgelaat is aangehaal:

    "Carolus heef Albag zijn zoon een slag met de vuijst gegeven boven zijn oog, dat hij een wond had. Ik vraag hem waarom hij zulks doet. Z(ei) hij dat -- ----- te trots is en zijn voor komst. Ik z(ei) dat hij het aan de ouders laten moet; dat een eider ouder zijn kind na zijn gevoelen straffen ken. Na dat zij haar loesing gehad had, vergeef wij het haar voor det maal alles.”

    Wanneer die twee woorde ingevoeg word lees die paragraaf as volg:

    "Carolus heef Albag zijn zoon een slag met de vuijst gegeven boven zijn oog, dat hij een wond had. Ik vraag hem waarom hij zulks doet. Z(ei) hij dat de Baster te trots is en zijn voor komst. Ik z(ei) dat hij het aan de ouders laten moet; dat een eider ouder zijn kind na zijn gevoelen straffen ken. Na dat zij haar loesing gehad had, vergeef wij het haar voor det maal alles.”

    In hierdie paragraaf, uit die dagboek van Trigardt slaan sy seun (Carolus) Albach se seun met die vuis bokant sy oog omdat de Baster – hier bedoelende basterkind (gemende huwelik) te trots voorkom. Sy pa vermaan hom om die straf aan die ouers oor te laat.

    Wie is Albach of meer volledig Izaak Albach? In die Dagboek is hy die uitlander met basterkinders ( volgens Preller ‘n Frans sprekende Elsasser). Prof. S. P. Engelbrecht dui aan dat hy in die huweliksregister van Beaufort-West, berustende in die Kaapse Argief, gevind het dat op 2 December 1821 getroud is “Isaak Albrach van Parijs en Leentjie Lukas”. Dit is stellig Izaak Albach van die Dagboek. Gemende huwelike was destyds toelaatbaar.

    Om dus te beweer dat Exodus 20:14 basterkinders sal verhoed, is reeds ter ruste gelê. Of die Trekkers daarop ingestem was om van verbastering weg te beweeg, volg dieselfde roete.

    Dat die Trekkers nie afgesonder wou woon nie word bevestig deur die rigtings waarin hulle getrek het. Piet Retief na Natal. Louis Trigardt na Soutpansberg, na Lorenço Marques oor die Drakensberg, en die oorblywendes van die Trigardt-Trek weer na die Voortrekkers in Natal.

    Groetnis

    Carel.

  9. #9
    Member Carel van Heerden's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    251
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    48

    Default Re: Bloedrivier gelofte: Van wie, met wie, vir wie?

    Van wie? [5]

    Ten slotte kan ons kyk na die karaktertrekke en algemene omstandighede van hierdie Trekkers wat uiteindelik tot ‘n Boerevolk ineen gevloei het.

    As vertrekpunt kan Louise Trigardt geneem word. Sy stamvader Carel Gustaaf, was afkomstig van Swede, vermoedelik in diens van die Oos-Indiese Kie. Hy trou met Susanna Kuun (van Duitse afkoms).

    Louise trou met Martha Elizabeth Susanna Bouwer (oorspronklik Duits: Bauer). Na sy huwelik woon Louise Trigardt op verskillende plekke in die distrikte Uitenhage, Graaff-Reinet en die latere Somerset-Oos. Hy neem deel aan landsake en word o.a. tot veldkornet benoem. Sowel hy as sy vader bots met die regering .

    Louise Trigardt was ‘n vermoënde man. ‘n Boer se rykdom het in daardie dae veral op sy veestapel berus. Sy veestapel het 1300 beeste, 8000 skape en bokke en 33 perde ingesluit. Selfs in vandag se terme is dit ‘n vermoënde man.

    Behalwe dat baie Voortrekkers vermoënd was, het hulle oor eienskappe beskik wat hulle die tog binneland in laat oorleef het. Hieronder is eienskappe soos godsdienstigheid, vasberadenheid, kreatiewiteit, intelligensie, hardkoppigheid, dwarstrekkigheid, eiewys, deursettingsvermoë, gehardheid, menslewendheid, toegewydheid asook die feit dat hulle onafhanklik kon optree.

    Hierdie eienskappe het tot meningsverskille gelei. Soveel so dat hulle binne sig van mekaar getrek het. Ver genoeg om nie met mekaar te praat nie, maar naby genoeg om mekaar te help indien omstandighede dit sou regverdig.


    Samevattend kan van die Trekkers – van wie die Gelofte gekom het – die volgende gesê word:

    • Hulle was ‘n besonder godsdienstige volk in wording.
    • Die argumente ten gunste van die trek binneland is was veroorsaak deur die regering van die dag maar die opdrag van God om die land te vul en te vermeerder het onbewustelik die swaarste geweeg.
    • Daar is onomstootlike bewyse dat hulle nie van Semietiese afkoms is nie. Baie beslis egter was hulle afstammeling van Jafet.
    • Hulle oorspronklik tale (Nederlands, Duits, Sweeds, Frans ensomeer) het ineengevloei tot ‘n nuwe taal naamlik dié van Afrikaans.
    • ‘n Nuwe volk die Boerevolk het uit hierdie samestelling van volkere ontstaan.
    • Hierdie Boerevolk het oor besondere eienskappe beskik wat hulle oorlewing in die onbekende moontlik gemaak het.
    • Hierdie Trekkers het die Nederlandse Bybel – met ‘n ou Testamentiese en ‘n nuwe Testament gehad wat as rigsnoer vir hulle godsdiensbeoefening gedien het.
    • Dit is egter te betwyfel of hulle die onderskeid tussen Yahweh en Elohim geken het.
    • Hierdie Trekkers wou nie in afsondering gaan woon nie en verbastering was aan hulle bekend.

    Dit is opvallend dat nie een enkele bestaande volk soos die Engelse, Duitsers, Nederlanders ensomeer op eie houtjie die binneland probeer intrek het om daar te vestig en te vermeerder nie. Ja fortuinsoekers was daar altyd, hetsy vir jag of ander voordele soos goud. Slegs die Boerevolk (as afstammelinge van Jafet) het die land beset om daar te woon en te vermeerder.

    Het hierdie Boerevolk in wording 'n ander Goddelike opdrag gekry waarvan ons onbewus was en selfs nog is?

    Ja Kus se nageslag het ook in gedeeltes gewoon en vermeerder. Meer daaroor later

    Groetnis,

    Carel.

  10. #10
    Member Carel van Heerden's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    251
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    48

    Default Re: Bloedrivier gelofte: Van wie, met wie, vir wie?

    Aan wie [1]

    Gelofte

    Alvorens gekyk word aan wie die Trekkers die gelofte gedoen het, is dit nodig om eers vas te stel wat met ‘n gelofte bedoel word en of daar meer as een soort gelofte is. Indien daar verskillende soorte geloftes voorkom, onder watter omstandighede geskied dit?

    In Gen 28:20-22 vind ons die eerste vermelding van ‘n gelofte in die Bybel en wel dié van Jakob. Hiermee verstaan ons ‘n belofte aan die Godheid gedoen – om iets te doen of iets na te laat. Byna alle volke in die Oudheid het die gelofte geken. In die Ou Testament word meermale daarvan gepraat. In tye van nood en in oorlog veral is geloftes gemaak, vergelyk Num. 21:23.


    Num 21:2 Daarop het Israel aan die HERE ‘n gelofte gedoen en gesê: As U hierdie volk heeltemal in my hand gee, sal ek hulle stede met die banvloek tref.
    Num 21:3 En die HERE het gehoor na die stem van Israel en die Kanaäniete oorgegee. En hy het hulle en hul stede met die banvloek getref en die plek Horma genoem.



    Die woord nēder wat daar vir “gelofte” gebruik word, skyn saam te hang met ‘n stam wat ook “wy” of “toewy” kan beteken. ‘n Persoon kan God belowe dat hy iets sal doen wanneer hy uit ‘n gevaar gered of op ‘n ander wyse geseën is.

    Hy kan ook belowe om hom van iets te onthou wat op sigself geoorloof, ja selfs aangenaam is, totdat hy van sy God verkry het wat hy begeer. In Num 30 word зIssār en ‘n werkwoord зāsar wat “bind” beteken. зIssār kan beskou word as ‘n gelofte tot onthouding. Sien ‘n gedeelte uit Num 30 hieronder.


    Num 30:3 Maar as ‘n vrou aan die HERE ‘n gelofte doen of haarself verbind om haar te onthou, terwyl sy in haar vader se huis is in haar jeug,
    Num 30:4 en haar vader van haar gelofte hoor of van die onthouding waartoe sy haarself verbind het, en haar vader swyg teenoor haar, dan sal al haar geloftes van krag wees, en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, sal van krag wees.



    Enkele voorbeelde van geloftes in die ou Testament vind ons in Gen. 28:20-22; Rig. 11:30-31 en 1 Sam. 1:11. Let op watter patroon volg die geloftes, eers As en daarna Dan. Die Here moet eers Sy deel nakom waarna dié een wat die gelofte tot stand gebring het, sy deel sal nakom.


    Gen 28:20 En Jakob het ‘n gelofte gedoen en gesê: As God met my sal wees om my te bewaar op hierdie weg wat ek gaan, en aan my brood sal gee om te eet en klere om aan te trek,
    Gen 28:21 en ek behoue na die huis van my vader sal terugkom,
    dan sal die HERE my God wees.



    In hierdie eerste gelofte in die Bybel wat Jakob gedoen het openbaar hy ‘n mate van selfsug. Daar is by hom geen volkome oorgawe nie. Jakob ken die HERE. Ten spyte daarvan stel hy ‘n voorwaarde aan die HERE, naamlik dan sal die HERE sy God wees. Die HERE aanvaar dat Hy vir Jakob ‘n God sal wees en in Gen. 31:13 word aangedui dat die HERE nou vir Jakob ‘n opdrag gee, naamlik om klaar te maak en weg te trek uit waar hy bly, terug na sy geboorteland. Jakob se gelofte het aan die HERE ‘n “vrye mandaat” gegee om hom te gebruik na goed denke. Of Jakob dit besef het word nie gesê nie. Jakob gehoorsaam egter die HERE. Hy kom sy gelofte na!


    Gen 31:13 Ek is die God van Bet-el waar jy die gedenksteen gesalf het, waar jy aan My ‘n gelofte gedoen het. Maak jou dan nou klaar, trek weg uit hierdie land en gaan terug na jou geboorteland.


    Rig. 11:30 En Jefta het aan die HERE ‘n gelofte gedoen en gesê: As U werklik die kinders van Ammon in my hand gee,
    Rig. 11:31 dan sal wat uitkom, wat uit die deure van my huis uitkom my tegemoet, as ek in vrede terugkom van die kinders van Ammon, aan die HERE behoort, en ek sal dit as ‘n brandoffer bring.



    1Sa 1:11 en sy het ‘n gelofte gedoen en gesê: HERE van die leërskare, as U waarlik die ellende van u diensmaagd aansien en aan my dink en u diensmaagd nie vergeet nie, maar u diensmaagd ‘n manlike kind skenk, dan sal ek hom aan die HERE gee al die dae van sy lewe; en geen skeermes sal op sy hoof kom nie.


    In Deut. 23:21-23 word uitdruklik bepaal dat ‘n mens nie moet versuim om ‘n gedane gelofte te betaal nie; maar kort daarop volg met net soveel nadruk: “as jy nalaat om te belowe (d.i. ‘n gelofte te doen), sal dit geen sonde in jou wees nie.”


    Deu 23:21 As jy aan die HERE jou God ‘n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want die HERE jou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word.
    Deu 23:22 Maar as jy nalaat om te belowe, sal dit geen sonde in jou wees nie.
    Deu 23:23 Wat oor jou lippe gaan, moet jy hou en doen soos jy aan die HERE jou God vrywillig beloof het—wat jy met jou mond gespreek het.



    ‘n Ander tipe gelofte is soos in 2 Sam. 11:9 vv. Onder hierdie soort gelofte neem dié van die nasireërskap ‘n afsonderlike plek in. In Israel was die Nasireër een wat homself afgeskei het van ander by wyse van ‘n spesiale gelofte aan Yahweh. Dit spreek vanself dat elkeen vry moes beskik oor wat hy aan die Here belowe het. Daarom kon iemand nie iets aan die Here belowe wat hy volgens wettige voorskrif aan Hom moes gee nie, byvoorbeeld die eersgeborenes van die vee (Lev. 27:25-27).


    2Sa 11:9 Maar Uría het gaan slaap by die ingang van die paleis, by al die dienaars van sy heer, en nie na sy huis afgegaan nie.
    2Sa 11:10 En daar is aan Dawid meegedeel en gesê: Uría het nie na sy huis afgegaan nie. Toe vra Dawid vir Uría: Kom jy nie van ‘n reis af nie? Waarom gaan jy nie af na jou huis nie?
    2Sa 11:11 En Uría sê vir Dawid: Die ark en Israel en Juda bly in hutte, en my heer Joab en die dienaars van my heer is gelaer in die oop veld; sou ek dan in my huis ingaan om te eet en te drink en by my vrou te slaap? So waar as u leef en u siel leef, ek sal dit nie doen nie!



    Lev 27:25 En alles wat jy skat, moet volgens die sikkel van die heiligdom wees; die sikkel moet twintig gera wees.
    Lev 27:26 Maar die eersgeborene van ‘n dier wat as eersgeborene aan die HERE behoort, dit mag niemand heilig nie; of dit ‘n bees is of ‘n stuk kleinvee dit behoort aan die HERE.
    Lev 27:27 Maar is dit van ‘n onrein dier, dan moet hy dit na jou skatting loskoop en die vyfde deel daarvan byvoeg; en as dit nie gelos word nie, moet dit na jou skatting verkoop word.



    Ten opsigte van ‘n gelofte kan nou die volgende gesê word:

    • Dit is ‘n gelofte aan ‘n Godheid.
    • Dit kan kollektief plaasvind.
    • Dit kan individueel plaasvind.
    • Daar is verskillende soorte geloftes.
    • ‘n Gelofte het ‘n as en ‘n dan komponent.
    • ‘n Gelofte word deur ‘n mens geïnisieer.
    • ‘n Gelofte is bindend.
    • ‘n Gelofte – indien nie nagekom word nie – sal sonde in jou word.

    Groetnis,

    Carel
    Last edited by Carel van Heerden; 5th March 2009 at 16:36.

Similar Threads

  1. Bloedrivier Naamlys
    By Die Ou Man in forum Volksake:
    Replies: 0
    Last Post: 18th May 2009, 08:54
  2. Volksplanting en Eerste Gelofte
    By Die Ou Man in forum Boervolk Teologie:
    Replies: 4
    Last Post: 10th February 2009, 21:57
  3. Bloedrivier 1838
    By Die Ou Man in forum Videos
    Replies: 0
    Last Post: 14th June 2008, 20:19

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •