Page 2 of 3 FirstFirst 123 LastLast
Results 11 to 20 of 25

Thread: GeslagsRegister van Jesus

  1. #11
    Member Pionier's Avatar
    Join Date
    Jul 2007
    Location
    Boerland
    Posts
    141
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    52

    Default Re: GeslagsRegister van Jesus

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post
    Knipmes.

    Jy moet my maar vergewe, maar die kennis kom na ons toe, nie in ons eie tyd nie, maar soos dit Diegene behaag wat dit deurgee. Terwyl jy, Vicky, Stefanus, Die Boer, D P v O, Jaco S, dan nou familie is, sal jy weet waarvan ek praat.

    Jy is reg. Die kerk leer ons dat Jesus deur die Heilige Gees verwek is. Maar dit is 'n halwe waarheid. En 'n halwe waarheid is 'n infame leuen. Lees die volgende gedeelte aandagtig.



    Waarom verswyg die kerk die rol van die Allerhoogste?

    Die Christus is gebore deur die Heilige Gees sowel as die Allerhoogste.

    Die Heilige Gees is Eva, die Trooster en Moeder van alles wat lewe.

    Die Allerhoogste is Adam, die heerser van die aarde, soos aangestel deur die Elohim.

    Die gedeelte wat ek aanhaal bewys dus dat die Christus nie fisies nie, maar wel geestelik die Seun van Adam en Eva was. Ek het dit hier verduidelik. Vader en Moeder

    Die fisiese geslagsregister van die Christus staan vas.

    Liefde groete.

    Die Ou Man
    DOM

    Die redenasie hier is bo verdenking of bo my denke, ons lees tog ook dat die Heilige Gees op Jesus uitgestort is eers nadat Hy deur Johannes gedoop is.

    Groetnis

  2. #12

    Default Re: GeslagsRegister van Jesus

    Quote Originally Posted by Pionier View Post
    DOM

    Die redenasie hier is bo verdenking of bo my denke, ons lees tog ook dat die Heilige Gees op Jesus uitgestort is eers nadat Hy deur Johannes gedoop is.

    Groetnis
    Kom ons kyk so daarna, as die Allerhoogste die Seun geseŽn het en aan Hom die mag oorhandig het om in beheer te wees, dan is dit aan Hom wie ons onderdanig moet wees.

    Hierdie is nÍrens van gepraat nie maar uit die betrokke aanhalings blyk dit die geval te wees.

  3. #13
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: GeslagsRegister van Jesus

    Natuurlik is dit so nieuwoudtrl.

    Daarom verklaar die Christus in sy gebed tot ons Vader dat die ewige lewe daarin geleŽ is om God te ken en Jesus die Christus wie hy gestuur het. En daarom lees ons ook verder dat die Christus die middelaar tussen ons en die Vader is.

    Sonder die Christus se Nuwe Testament is dit onmoontlik om die koninkryk van die hemele te herken en te beleef. Jesus die Christus is dus die skakel tussen ons en die Vader. Daarom is dit belangrik dat ons onself onderwerp aan die leringe van die Christus en daarvolgens lewe.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  4. #14
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: GeslagsRegister van Jesus

    Quote Originally Posted by sonette View Post
    In die eerste pos is daar twee geslagsregister van Jesus, soos beskryf word in Mat en Lukas. Waarom verskil die twee geslagsregisters van mekaar?

    Liefdegroete.
    Sonette.
    Sonette.

    Die antwoord op jou vraag is geleŽ in die Pentateug (Torah). Ons het reeds aangedui hoe die Pentateug op bedrieglike wyse vervleg, verdraai en aangepas is om die priesters van die tyd te behaag.

    Ons het ook reeds onderskei tussen die verhaal van die Jahwehis, die Elohis, die Deuteronůmis en die Priesterlike weergawe wat in Babilon vervleg is om 'n nuwe politieke bedeling gedienstig te wees.

    Geslagsregisters was ook onderworpe aan hierdie bedrog. By voorbeeld, watter Israelitiese priester sal erken dat hy van Kain afstam wanneer hy die die skrywer van die geslagsregister is?

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  5. #15
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: GeslagsRegister van Jesus

    Die geslagsregister van Kain is in die Pentateug vervat soos dit deur die Jahwehis beskrywe is in Genesis 4:17-22.

    Ons vind die Priesterlike weergawe van die geslagsregister in Genesis 5:3-31 en Genesis 11:10-26.

    Die onderstaande tabel vergelyk ooreenstemmende name uit die geslagsregister van die Jahwehis met die geslagsregister uit die Priesterlike weergawe.



    Let daarop dat Enos en Adam in Hebreeus dieselfde betekenis het, naamlik: "Mens."

    Die logiese gevolgtrekking is dat die Priesterlike bron van die Pentateug die name verander het om 'n sewe-generasie geslagsregister uit te brei na 'n tien-generasie geslagsregister, deur Adam te onderskei van Enos, deur Abel te vervang met Set en Noag die seun van Lameg te maak.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  6. #16
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: GeslagsRegister van Jesus

    Uiteindelik is Jahwehisme (Jahweh aanbidding) die godsdiens van die Keniete (Kain se nageslag).

    Gťnesis 4

    15 Maar die HERE sÍ vir hom: Daarom, as enigeen Kain doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word. En die HERE het 'n teken gegee aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie.

    Jahweh is dus die God van die merk/teken van Kain. Jahweh is ook die beskermheer van Kain en sy nageslag, die Keniete.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  7. #17
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: GeslagsRegister van Jesus

    Die Keniete (Kain se nageslag) en hul godsdiens (Jahwehisme) verdwyn van die Bybelse toneel totdat 'n koninklike Egiptiese voortvlugtende moordenaar genaamd Ptah-Moses, opgelei deur die priesters van Ptah, die dogters van 'n Midianitiese priester te hulp snel by 'n veesuiping in die woestyn.

    Die Midianitiese priester se dankbaarheid teenoor die Egiptenaar, sou die gang van die godsdiens dramaties verander.

    Moses, sou uiteindelik voorgestel word aan Jahweh Seboath (HERE van die leerskare), die oorlogsgod van die suidelike Bedouine. Die God van die Midianiete.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  8. #18
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: GeslagsRegister van Jesus

    Uit die bloedlyn van Kain, soos weergegee uit die geslagsregister van Kain (Genesis 4:17-22), word gebore:

    • Jetro (Priester van Jahweh en skoonvader van Moses)

    • Hobab (Tweede skoonvader van Moses)

    • Zipporah (Vrou van Moses)

    • Jael wat Sisera met 'n tentpen vermoor het ( Rigters 4:22; 5:24)


    Jahwehisme in die Bybelse verhaal, het dus prominensie verkry nadat Moses as voortvlugtige Egiptiese prins deur 'n familie ingeneem is, wat uit die bloedlyn van Kain gebore is.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  9. #19
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: GeslagsRegister van Jesus


  10. #20
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: GeslagsRegister van Jesus

    Quote Originally Posted by sonette View Post

    In die eerste pos is daar twee geslagsregister van Jesus, soos beskryf word in Mat en Lukas. Waarom verskil die twee geslagsrigisters van mekaar?

    Liefdegroete.
    Sonette.
    Sonette.

    Die geslagsregisters (wanneer dit langs mekaar geplaas word) skep verdere vrae.

    Kom ons volstaan eers by die twee geslagsregisters van die Nuwe Testament.

    Die verskil tussen die Mattheus 1 bloedlyn en die Lukas 3 bloedlyn tree in na Dawid.

    Ingevolge Mattheus 1 loop die bloedlyn van die Christus deur Dawid se seun, Salomo en ingevolge Lukas 3 is die Christus 'n afstammeling van Dawid se seun, Natan.

    Die teenstrydigheid begin dus direk na Dawid. Een van die 2 geslagsregisters is nie die geslagsregister van die Christus nie.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

Tags for this Thread

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •