Results 1 to 4 of 4

Thread: Nederlandse Taalmonument in Zuid-Afrika

  1. #1
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Nederlandse Taalmonument in Zuid-Afrika

    Nederlandse taalmonument

    Het taalmonument in Burgersdorp in de Oost-Kaap.


    Het Nederlandse taalmonument staat in het Zuid-Afrikaanse stadje Burgersdorp en is het enige monument dat aan de Nederlandse taal is verbonden. Het monument heeft als titel: De overwinning van de Hollandsche taal.

    Het monument

    Het Nederlandse taalmonument bestaat uit twee dames die zusterlijk naast elkaar staan op een apart voetstuk. De ene is het oorspronkelijke verwoeste beeld en de andere is de door Engeland gegeven replica. De dame heeft een gewaad aan . Op de zijkanten van het stavlak zijn panelen aangebracht met de datum en de titel van oprichting en verschillende


    Oprichting

    Het taalmonument voor de Nederlandse taal werd opgericht in 1893 ten nagedachtenis van de strijd die voor het Nederlands is gestreden om het Nederlands als taal in het parlement van de onlangs Britse Kaapkolonie te krijgen. De bewoners van de gemeente Albert waarin Burgersdorp lag waren namelijk nog steeds erg Nederlandsgezind.

    Bij de onthulling van het standbeeld kwamen er honderden mensen kijken inclusief de beroemde Jan Hofmeyr en du Toit, de leiders van de Afrikanerbeweging. Zij hielden toespraken over de trots van de Nederlandse taal met zowel de noordelijke (Europese) en zuidelijke (Afrikaanse) varianten.

    Verwoesting en replica

    In 1899 verklaarde het Verenigd Koninkrijk de oorlog tegen de Nederlandsgezinde Boerenrepublieken de Zuid-Afrikaanse Republiek en de Oranje Vrijstaat. Het standbeeld werd door de Engelsen in 1901 verwoest en de brokstukken werden zogezegd in de rivier gegooid.

    Toen de Tweede Boerenoorlog in 1902 ten gunste van de Britten werd afgerond besloten de Britten in 1907 uit eerbetoon een replica van het beeld te geven, het Nederlands werd namelijk ook weer (samen met Engels) de taal van geheel Zuidelijk Afrika. Het verwoeste beeld werd bij toeval in 1939 in een vuilnisbelt nabij King William's Town zonder hoofd en armen gevonden. Bron

  2. #2
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Nederlandse Taalmonument in Zuid-Afrika

    Nederlandse Taalmonument

    Petrus van Eeden

    Baie van ons mense weet dit nie meer nie en baie wil dit ook nie weet nie. Maar op 17 Januarie 1893 is daar in Burgersdorp die eerste Taalmonument opgerig. Hierdie monument was 'n mylpaal in ons taalgeskiedenis.

    Die erkenning van Nederlands as amptelike taal (naas Engels) in die Kaapse Parlement is op 9 Junie 1882 aanvaar. Dit was op voorstel van Onze Jan Hofmeyr wat 'n kampvegter vir ons taal was.

    Om die erkenning van Nederlands as amptelike taal te vier, is daar op 26 en 27 Junie 1882 te Burgersdorp fees gevier. 'n Reuse steen van 5 meter lank is voor die NG kerk neergelÍ waarop Jotham Joubert gestaan en die feesrede gelewer het. Op die feesrede het hy Afrikaners opgeroep om saam te staan en toe te sien dat Nederlands ook erkenning moes kry in die geregshowe. Ook het hy die gedagte geopper om 'n taalmonument op te rig en geld begin insamel. Op 17 Januarie 1893 is hierdie pragtige monument onthul. Die monument het bestaan uit 'n beeld van 'n vrou: Sy personifieer ons moedertaal Nederlands. By die onthulling van die monument was daar honderde Afrikaners aanwesig. Onze Jan Hofmeyr en SJ du Toit het nasionalistiese toesprake gelewer waar ons taal geprys is.

    Die Engelse het hierdie mooi monument afstootlik en verwerplik gevind. Tydens die Anglo-Boereoorlog is dit volledig vernietig. Die Engelse het beweer dat hulle die beeld fyngekap en in die see gegooi het. In werklikheid het hulle die beeld verniel en dit op die vullishoop van King William's Town gestort waar dit in 1939 ontdek is.

    In 1907 het die Britse regering 'n replika laat maak van die beeld en is dit in Burgersdorp heropgerig. Nadat die vernielde beeld ontdek is, is dit ook na Burgersdorp geneem en langs die replika opgerig. Met Uniewording is Nederlands saam met Engels erken as die twee amptelike tale van die Unie van Suid-Afrika.

    Tussen 1652 en 1925 het daar in Suid-Afrika 'n literatuur tot stand gekom wat later deur die Afrikaners simpelweg genegeer sou word. Ons koerante was in Nederlands. Die taal van die kerk was Nederlands. Die teologiese skool op Stellenbosch het in Nederlands gedoseer. Die skole van die Afrikaners was Nederlandstalig.

    En vandag? Vandag is Nederlands vir ons 'n vreemde taal. Engels, dit is ons taal! En Afrikaans? Die taal wat Nederlands moes vervang. Die taal sterf 'n vinnige dood. Hy is te klein. Hy kan ons nie kultureel voed nie.

    Kom mense, kom ons neem Nederlands se hand. 'n Mens versmyt nie jou erfgoed nie. Jy pas dit op. Jy hou dit in stand! Bron

  3. #3
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Nederlandse Taalmonument in Zuid-Afrika

    Afrikaans hoort by Nederlands

    taalmonum.gifDie enigste Taalmonument wat opgerig is ter ere van die Nederlandse taal, staan vandag in Burgersdorp, Suid Afrika. Hierdie monument is op 18 Januarie onthul en is 'n mylpaal in die geskiedemis van ons taal.

    Na die anneksasie van die Kaap deur Engeland, is Nederlands uit die openbare lewe verdring. In 1828 het Engels die enigste amptelike taal aan die Kaapkolonie geword. Die Afrikaners het hulle egter voortdurend beywer vir die erkenning van Nederlands as amptelike taal in die Kaap (naas Engels). Hierdie stryd om erkenning van ons taal, is gewen. Op 9 Junie 1882 is 'n wetsvoorstel in die Kaapse parlement aanvaar, op aandrang van 'Onze' Jan Hofmeyr, waarin Nederlands as amptelike taal erken was.

    Om hierdie oorwinning te vier, is daar op 26 en 27 Junie 1882 te Burgersdorp fees gevier. 'n Reuse steen van 5 meter lank is voor die NG kerk neergelÍ waarop Jotham Joubert gestaan en die feesrede gelewer het. Op die feesrede het hy Afrikaners opgeroep om saam te staan en toe te sien dat Nederlands ook erkenning moes kry in die geregshowe. Ook het hy die gedagte geopper om 'n taalmonument op te rig en geld begin insamel. Op 17 en 18 Januarie 1893 is hierdie pragtige monument onthul. Die monument bestaan uit 'n beeld van 'n vrou: Sy personifiseer ons moedertaal Nederlands. Die vrou wys met haar vinger na 'n boek (blad) en daarop staan:"De Overwinning der Hollandsche Taal".

    By die onthulling van die monument was daar honderde Afrikaners aanwesig. Onze Jan Hofmeyr en S.J. du Toit het nasionalistiese toesprake gelewer waar ons taal geprys was.

    Die Engelse het hierdie monument afstootlik en verwerplik gevind. Tydens die Anglo-Boereoorlog is dit deur die Engelse vernietig. Die Engelse het beweer dat hulle die beeld fyngekap en in die see gegooi het. In werklikheid het hulle die beeld verniel in dit op die vullishoop van King William's Town gestort waar dit in 1939 ontdek was.

    In 1907 het die Britse regering 'n replika laat maak van die beeld en is dit in Burgersdorp heropgerig. Nadat die vernielde beeld ontdek was, is dit ook na Burgersdorp geneem en agter die replika opgerig. Met Uniewording is Nederlands saam met Engels erken as die 2 amptelike tale van die Unie van Suid-Afrika.

    Bron

  4. #4
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Nederlandse Taalmonument in Zuid-Afrika

    Hier volg nog 'n artikel oor die onderwerp.

    Nederlandse Taalmonument

    Petrus van Eeden

    Baie van ons mense weet dit nie meer nie en baie wil dit ook nie weet nie. Maar op 17 Januarie 1893 is daar in Burgersdorp die eerste Taalmonument opgerig. Hierdie monument was 'n mylpaal in ons taalgeskiedenis.

    Die erkenning van Nederlands as amptelike taal (naas Engels) in die Kaapse Parlement is op 9 Junie 1882 aanvaar. Dit was op voorstel van Onze Jan Hofmeyr wat 'n kampvegter vir ons taal was.

    Om die erkenning van Nederlands as amptelike taal te vier, is daar op 26 en 27 Junie 1882 te Burgersdorp fees gevier. 'n Reuse steen van 5 meter lank is voor die NG kerk neergelÍ waarop Jotham Joubert gestaan en die feesrede gelewer het. Op die feesrede het hy Afrikaners opgeroep om saam te staan en toe te sien dat Nederlands ook erkenning moes kry in die geregshowe. Ook het hy die gedagte geopper om 'n taalmonument op te rig en geld begin insamel. Op 17 Januarie 1893 is hierdie pragtige monument onthul. Die monument het bestaan uit 'n beeld van 'n vrou: Sy personifieer ons moedertaal Nederlands. By die onthulling van die monument was daar honderde Afrikaners aanwesig. Onze Jan Hofmeyr en SJ du Toit het nasionalistiese toesprake gelewer waar ons taal geprys is.

    Die Engelse het hierdie mooi monument afstootlik en verwerplik gevind. Tydens die Anglo-Boereoorlog is dit volledig vernietig. Die Engelse het beweer dat hulle die beeld fyngekap en in die see gegooi het. In werklikheid het hulle die beeld verniel en dit op die vullishoop van King William's Town gestort waar dit in 1939 ontdek is.

    In 1907 het die Britse regering 'n replika laat maak van die beeld en is dit in Burgersdorp heropgerig. Nadat die vernielde beeld ontdek is, is dit ook na Burgersdorp geneem en langs die replika opgerig. Met Uniewording is Nederlands saam met Engels erken as die twee amptelike tale van die Unie van Suid-Afrika.

    Tussen 1652 en 1925 het daar in Suid-Afrika 'n literatuur tot stand gekom wat later deur die Afrikaners simpelweg genegeer sou word. Ons koerante was in Nederlands. Die taal van die kerk was Nederlands. Die teologiese skool op Stellenbosch het in Nederlands gedoseer. Die skole van die Afrikaners was Nederlandstalig.

    En vandag? Vandag is Nederlands vir ons 'n vreemde taal. Engels, dit is ons taal! En Afrikaans? Die taal wat Nederlands moes vervang. Die taal sterf 'n vinnige dood. Hy is te klein. Hy kan ons nie kultureel voed nie.

    Kom mense, kom ons neem Nederlands se hand. 'n Mens versmyt nie jou erfgoed nie. Jy pas dit op. Jy hou dit in stand!

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •