Kinderofferande aan Jahweh/Allah Vandag

Tiener vertel van nog 400 selfmoordbommers


2011-04-08

Islamabad – ‘n Tiener selfmoordbommer sę daar is nog 400 van hulle wat tans opgelei word om Pakistan in ‘n bloedbad te dompel.

Umar Fidayee (14) is beseer toe hy en twee selfmoordbommers ‘n Sufi-heiligdom teiken.

Vygtig mense is tydens die aanval oorlede.

Fidayee het vanaf sy hospitaalbed in Islamabad gepraat.

Hy is ná twee selfmoordbomme reeds afgegaan het, by die heiligdom ingestuur om oorlewendes wat na hul beseerde geliefdes probeer omsien, te teiken.

Hy is egter in hegtenis geneem na die bom wat hy gedra het, nie afgegaan het nie.

Die tienerseun is jammer oor sy dade en het ander seuns aangemoedig om nié by die opleidingsgroepe betrokke te raak nie.

“Moet asseblief nie selfmoordaanvalle uitvoer nie.

“Sulke aanvalle is teen Islam,” het hy tydens ‘n televisieonderhoud gesę.

Die nuwelinge word in Noord Waziristan opgelei.

Uit Nuus 24.