Page 1 of 5 12345 LastLast
Results 1 to 10 of 45

Thread: Die Witboek en Die Bybel

Hybrid View

Previous Post Previous Post   Next Post Next Post
  1. #1
    Member Jaco Slabbert's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Gauteng, Springs
    Posts
    22
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    52

    Default Die Witboek en Die Bybel

    Hallo almal ......
    Toe ek die eerste keer van die Witboek gehoor het het ek gewonder waar dit nou by Die Bybel in pas? Na ek Die Witboek gelees het het ek besef dat dit glad nie soos 'n Bybel gesien moet word nie maar dat die een nie gelees kan word sonder die ander nie........ So in totaal vul die Witboek die Bybel aan en laat ons dit beter verstaan....

    Ek sal graag wil hoor hoe julle daaroor voel en dink.

    Groete

  2. #2
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    60

    Default Die Witboek en die Bybel

    Hallo Jaco,

    Goed om met jou hier te kan gesels... Ja dis duidelik dat Die Witboek deure of dalkies werelde oopmaak, of hoe? dinge wat ek al vir jare in die Bybel raakgesien het, kom nou duidelik na vore, wonderlike nuus en maak my soos 'n kind voel... opreg nederig en vol verwondering!

    Welkom hier, ons is klaar tuis...

    groetnis
    knipmes

  3. #3
    Member Jaco Slabbert's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Gauteng, Springs
    Posts
    22
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    52

    Default

    Dankie Knipmes lekker om van jou te hoor....

    Weet jy 'n groot deurbraak in my geestelike lewe het gevolg na ek die Witboek ontdek het. Van die eerste bladsy af het ek geweet dit is wat ek gesoek het die aanvulling van my denke as ek dit so kan uit druk. Die antwoorde op my vrae wat die kerk nooit kon antwoord nie.

    Hier gaan ons lekker gesels.

    Groete

  4. #4
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    60

    Default

    Jaco,

    Die ander aand op E-tv wys hulle dat met die groot teleskoop in Mexico, het hulle op n planeet afgekom wat 20 ligjare van ons af is, wat volgens die kenners wel lewegewend met water ensomeer kan wees. Dalk is daar wel beskawing daarop... Die nadeel is dat tans met ons vinnigste ruimtetuig sal dit ons so 6500 jaar neem om dit te bereik. Met n teleskoop sien ons dit, maar fisies nie moontlik om te reis nie.

    Dit laat my toe wonder, want as Witboeker, is dit duidelik dat dit wel na vore sal kom soos nou gebeur. Ongelooflik, of hoe? Onwillikeurig is die vraag egter of ons wel eendag nie-fisies daarheen kan reis? Dalkies nie ontmoontlik nie ne?? ek sien uit na so n reis...

    groetnis
    knipmes

  5. #5

    Default Re: Die witboek

    Quote Originally Posted by Banksie
    ek het ook gelees dat die father king se die bybel is uit konteks, of oorvertaal verkeerd of mee getamper, die bybel se die witboek is mee getamper of soos somige se n leun, hoe find jy die waarheid dan, as mens dse die bybel is deur n mens geskryf wat deur die gees van God gelei is en die witboek is ook dan is daar n probleem die een stem nie saam met die ander een nie? maar tog is altwee duer die gees "inspired", kyk ek wil nie snaaks wees nie ek vra op reg vra wat my tyster.
    Hello Banksie

    Lekker om jou hier by ons te hÍ... Ek is jammer dat ek nie so gereeld kan reageer op alle vrae nie, maar ek is bietjie besig aan my kant...

    Ons kan nie weg redeneer dat die Bybel al male sonder tal vertaal is nie... Dat daar baie bedrog met vertalings, samestelling ensomeer plaasgevind het, kan ook nie wegredeneer word nie... Al hierdie is feite, hulle is alweer besig om die Afrikaanse Bybel te vertaal so gaan ons nou so dwaas wees om te sÍ dat hierdie "vertalings/verdraaiings" net nou plaasvind? Wie het die Bybel saamgestel en wie het bepaal watter boeke moet ingesluit word en watter nie... Glo my ek plaas baie van my vertroue, asook geloof op die Bybel, maar ek mag ook nie dwaas optree nie.

    As jy nie die ooreenkoms tussen die Bybel en die Witboek sien nie, dan weet ek regtig nie wat om aan jou te sÍ nie... Om maar net een voorbeeld te noem is die kruisiging... Is dit nie hieroor waaroor einlik die sentrale tema in die Christelike geloof draai nie? Ons probeer tog nie iemand bekeer deur hom van Simson en Delila te vertel nie! Gaan dink mooi wat is die sentrale tema van Christenskap en dan begin jy daar, want tog behoort dit daar te wees waar jou redding lÍ al dan nie!

    Soos ek al soveel male gevra het, hoekom is Jesus se eie werke nie in die Bybel ingesluit nie... Hoekom is werke van Maria Magdalena nie ingesluit nie? Hoekom verander ons Bybel nie nou met die opgrawing van die Dooie See Rolle en ander inligting wat na vore kom nie?

    Ek kan so aangaan, maar die eintlike punt wat ek wil maak is dat die boek waarvan ek weet wat die minste moontlike bedrog mee kon plaasgevind het, asook in detail die Skeppingsverhaal aan my verduidelik, asook die sondeval en hoe die hemele daar uitsien, hoe kan dit 'n boek wees wat ek net kan verwerp? Praat die boek oor die hel of hoe my padkaart na die hel loop? Nee, hierdie boek vertel my waar ek vandaan kom, hoekom ek hier is, hoekom gebeur wat met my gebeur en waarheen ek oppad is (of behoort te wees) en ook hoe ek weer eendag my weg gaan terugvind na my Moeder en my Vader!

    Gaan kyk na die intensie van enige ding of boek op Aarde en jy sal die eintlike doel vir daardie spesifieke werk kry... Nou, soos ek my Witboek verstaan, is dit hoe ek moet handel en optree om terug te kom by my hemelse Ouers... Hoe gaan hierdie boek my in die verderf laat beland?

    Ek hoop bogenoemde maak sin.

    Groetnis

    Diť Boer

  6. #6

    Default Re: Die witboek

    Quote Originally Posted by Banksie
    Ek het n n hele klomp draie in my lewe geloop met geloof en ander goed en die een ding wat uitstaan is dit nie enege ander geloof het n "God" wat hulle lief het en vergewe nie al die ander "gode" straf en vervloek, as dit wat christenskap so uniek maak.... N god wat ons lief het en niks meer van ons vra as ons liefde nie, ander gelowe is wel so bietjie erg kan ek se die een god soek dat jy jou self moet seer maak die ander se jy moet elke uur bid die ander een se jy moet dit en dit doen voor jy verlos waord maar in christen skap is daar net een gebod wat bo die ander uit staan en net met dit is jy "gesave".
    Hello Banksie

    Hierdie is juis my punt... Jy kan vergifnis ontvang, my Vader en Moeder het my ongelooflik lief... As jy die teendeel uit die Witboek gekry het, dan moet ek sÍ jy moet dit maar weer lees...

    Ek lees in die Bybel hoe ek gestraf gaan word, dat my God 'n jaloerse God is, en dat enige dominee of mens wat fundamenteel van my verskil my summier hel toe stuur... Vra maar aan die mense wat die Witboek ken en daaroor praat hoeveel keer hulle al hel toe gestuur is! En die mense matig hulle aan, want hulle geloof en/of Bybel gee hulle die reg om dit te doen...

    Daar sal nie 'n geloof bestaan het op aarde sonder Satan nie, want waarmee maak ek jou bang? Wat gebruik ek om op jou gevoelens te speel?

    Die Witboek is die Evangelie van eenvoud... Die Witboek is die Evangelie van liefde... Die Witboek vertel my hoe om te leef... Die Witboek vertel my hoe om my Bybel te verstaan... Die Witboek gebruik nie enige vrees middels of enige donker of duister karakters om jou "oor te wen" na hulle kant nie... Dit weerspieŽl net die ongelooflikste hoeveelheid liefde wat my Ouers aan my betoon, en dat dit my keuse is of ek my eendag weer saam met Hulle in Hulle huis gaan wees!

    Hoe kan hierdie my in die verderf kry?

    Groetnis

    Diť Boer

  7. #7

    Default Re: Die witboek

    Quote Originally Posted by Banksie
    Daar is een ding wat ek wel weet is dit satan (Satanaku) ken die bybel net so goed soos ek en jy dalk nog beter, nou die punt van satanaku is hy nou weer in die hemel ek bedoel die laaste hoofstuk of so se hy het repent ien is terug in die hemel onder die vader se vlerk, is dit so ? of het ek dit verkeerd verstaan.

    Wat ek ook verstaan is dat die sonde nie sin is soos ek dit verstaan nie maar die gehoor aan eie wil?
    Hello Banksie

    Dit is korrek dat die Satan tot bekering gekom het... Die Bybel praat ook tog van die 1,000 jarige vrederyk... God het tog Satan gemaak, dit beteken mos dat God die Vader van Satan is, asook dat Satan 'n kind van God is... Hoekom sal 'n Ouer 'n kind vir ewig die verderf instuur?

    Mat 18:12 Wat dink julle? As iemand honderd skape het en een van hulle verdwaal, sal hy nie die nege en negentig laat staan en op die berge die verdwaalde een gaan soek nie?

    Almal verwag vergifnis, preek vergifnis en dit is juis die sentrale tema van Christen wees, maar o wee, dit is net beperk tot 'n uitverkose paar individue! As jy nie in hierdie kerk is, of presies so glo of so gedoop word nie, dan sal jy jouself in die hel bevind...

    Hoekom mag net sekere siele/geeste gered word, maar 'n kind van God mag nie gered word nie? Hoe is dit moontlik? Gaan jy eerder 'n kind in jou huis neem, maar jou kind verwerp wat jou jare gelede verwerp het?

    Nie een van ons op aarde kan sÍ ons staan met die sleutels van of die hemel of die hel in ons hande nie, maar tog is dit wat die kerke verkondig! Ongelooflik!

    Om jou tweede vraag te antwoord, is dit in kort ja... Jou vrye wil oordeel jou... Jou dade oordeel jou... Dit is mos voor die handliggend! Wie sondig dan in jou plek? Jy doen verkeerde dade as gevolg van die gebruik/misbruik van jou vrye wil, wie anders wil jy die skuld gee?

    Groetnis

    Diť Boer

  8. #8

    Default Re: Die witboek

    Quote Originally Posted by Banksie
    dit voel vir my asof die witboek geskryf is volgens nie die bybel maar die bybel net plek plek gebruik om sy "waarheid" te staaf maar die res wat sy waarheid sal tot leun verklaar verwerp, Die bybel self is al oor en oor bewys! weetenskaplikes het al oor en oor bewys dat die bybel gegrond is op die waarheid.
    Hello Banksie

    As jy nie bereid is om na bogenoemde stelling met 'n oop gemoed te kyk nie, help dit nie eers ons redeneer verder nie!

    Wat is nou waar?

    "Mat 28:1 En laat nŠ die sabbat toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdalťna en die ander Maria om na die graf te gaan kyk.
    Mat 28:10 En Jesus sÍ vir hulle: Moenie vrees nie. Gaan heen en vertel my broeders dat hulle na Galilťa moet gaan; en daar sal hulle My sien."

    Volgens Mattheus het Jesus eerste verskyn na Sy opstanding aan Maria Magdalena en ander Maria.

    "Mar 16:9 En nadat Hy opgestaan het, vroeg op die eerste dag van die week, het Hy eers verskyn aan Maria Magdalťna, uit wie Hy sewe duiwels uitgedryf het."

    Volgens Markus het Jesus eerste verskyn na Sy opstanding aan Maria Magdalena. Let wel, net Maria Magdalena!

    "Luk 24:15 En terwyl hulle praat en mekaar ondervra, kom Jesus self nader en loop met hulle saam."

    Volgens Lukas het Jesus eerste verskyn na Sy opstanding aan die Emmausgangers.

    Kom nou Banksie, ek het nie 'n Wetenskaplike nodig om my te vertel dat hier 'n slang in die gras is nie! Die Bybel is vol van hierdie teenstellings!

    Wat weet 'n Wetenskaplike in elk geval van geloofsake af, of gaan ons nou Wetenskaplikes as Dominees kry? Ek regtig nie hulle maak die Dominees Wetenskaplikes nie, want dan het ons groot moeilikheid!

    Groetnis

    Diť Boer

  9. #9

    Default

    Quote Originally Posted by Banksie
    weer een dankie die stuk oor Manu is vir my snaaks dat die witboek en die Hare Krishna boek die selfde naam gebruik vir noah!
    Hello Banksie

    Jy kan tog nie sÍ omdat daar 'n naam ooreenkom, dan is dit dieselfde werk nie en stem ooreen nie! As die naam Johannes in 'n Satanswerk voorkom, beteken dit nou dat jy na die Bybel kyk met dieselfde oŽ en bril?

    Verder met vertalings, wie sÍ vir jou dat dit nie die oorspronklike naam was nie? Net soos wat Johannes en John hemelsbreed verskil! Wonder wat dit oor 2 000 jaat gaan wees... Miskien word nie meer een van hierdie tale op aarde gepraat nie, dan moet dit verseker hernoem word!

    Groetnis

    Diť Boer

  10. #10
    Banksie
    Guest

    Default

    Die Boer

    Dankie vir jou antwoorde wardeer dit rerig baie .

    So soos ek die witboek verstaan en ek mag verkeerd wees is as volg

    A. Jesus is nie God nie
    B. ook nie die seun van God nie.
    c. Die heilege gees is adam en eva
    D. ons ligame nou is n sondige liggam en ons word bevry eers as ons dood is - so die reincarnationis dit om ons te leer tot ons dit verstaan oor en oor amper soos n straf.
    E. Satan is in die hemel
    F. Ons verlossing kom nie van die bloed van Jesus nie maar duer ons aksies, so as ek moor moet ek gemoor word voor ek vergewe word? wat jy saai sal jy maai!
    G So ons woprd oor en oor gestraf tot ons alles wat ons gemaai saai het gemaai het, so ons bly terug kom na die aare in die vervloekte ligame tot ons ons verlosing bewerk het?
    H. Adam En eva (Ev-am het die tien of twalf gebooie geskryf
    I. Ons pad na God is duer die father king?
    J. So Jesus se woorde daar is geen groter offer van liefde as om jou lewe te gee vir na dner is eintlik die vroulike deel van wie ookal wat in die plek van haar dual ray gedood is en toe is die vervang net voor die dood.? so sy het dit vir hom geoffer nie Jeus vir ons sondes nie!
    K. Die sonde val was nie troe eva die vrug ge eet het nie maar toe satanaku sy eie wil gebruik !
    L. Die Bybel is verdraai en so geskryf dat dit nie waar is nie en net deur die witboek kan jy die waarheid in die bybel kry? So van die versiens in die bybel is reg maar meeste is verkeerd?
    M. So elke keer as ek dood word my gees of spark weer gebore en my dual ray is wie weet waar ?
    N. Atlantis is nie n storie nie maar n werklikheid.
    O. Die wit boek is net vir die Boer en vir niemand anders nie.
    P. Ons het nog nooit die God Seun gesien nie?
    Q. Satan is nou in die hemel so my geveg soos die bybel se (is nie teen vlees nie maar gees) is al alankal verby en ek hoef nie te worry or demone nie want hulle bestaan nie?
    R. die vVader en moeder en Seun godhead is die liefde volle ouers
    S. Die aarde is deur n woord van ev-am en kie tot werking gebrin. nie God nie.
    T. So waar die bybel se dat jy slags na die vader kom duer my (jesus)is dit n verwysing dan die father koning en nie God nie!
    U Manu was noah.

    DAAR IS SEKE MEER PUNTE MAAR VIR NOU IS EK KLAAR NOU MY STELLINGS.

    Die satanistiese bybel verwys baie na die Pen of my pen sal nie vervals word nie die selfde stellinas in die witboek.

    Baie van die stellings wat in die witboek gemaak word kan gevind word in die boek of satan ek sal dit gaan lees weer en aanhaal.

    Vir my is dit snaaks dat die bybel as onwaar gestemple word, maar net tot dit bewys wat die witboek wil he dit moet bewys. my opvatting soos ek se mag verkeerd wees.

    Die bybel se daar is slegs een waarheid en dit is Jesus is die waarheid die wit boek se nee dit is nie so nie1

    Soos ek gese het die witboek het my tale sonder maal amper oorgehaal om dit te glo maar dan skop ek vas teen iets wat vir my nwerklikheid is my verhouding met Jesus en my verhouding met my Abba Father God nie adam nie.

    Daar word gepraat van 2 ander boeke wat hy later sal laat uitkom wat is die twee boeke se name sodat ek dit kan probeer in die hande kry of weet ons nog nie wat die naam is nie!

    Ek is bereid om te glo daar is n moeder deel van God maar die res van die witboek kou ek met baie lang tande aan.

    Dankie vir jou gedudl met my soos jy soek ek wete en so ver kry ek nie die wete wat jy kry nie maar ek sal nie ouphou soek tot ek vind nie!

    Baie van die boek aanvaar ek tot op n punt maar nie alles nie!

Similar Threads

  1. Hoe sluit die Witboek by die Bybel aan?
    By Antje De waal in forum Witboek
    Replies: 186
    Last Post: 17th February 2012, 20:36
  2. Wat kom na die Bybel?
    By Die Ou Man in forum Boervolk Teologie:
    Replies: 14
    Last Post: 11th March 2011, 20:26
  3. Hoe betroubaar is die bybel
    By Francois in forum Besprekings
    Replies: 3
    Last Post: 26th July 2010, 08:43
  4. Teenstrydighede in die Bybel - Kom ons kyk!
    By Ou Sanna in forum Boervolk Teologie:
    Replies: 3
    Last Post: 13th March 2009, 06:48
  5. Die Bybel: Woord van God: Sowaar?
    By Die Ou Man in forum Boervolk Teologie:
    Replies: 35
    Last Post: 26th November 2008, 10:09

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •