Results 1 to 3 of 3

Thread: Siel van die Boerevolk Ontwaak!

  1. #1
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    69

    Default Siel van die Boerevolk Ontwaak!

    Die Boerevolk word deur die geskiedenis beskou as ‘n gelowige Volk. Tóg het hierdie Volk in sy vormingsjare nie met sy Skepper gekommunikeer op kerkbanke nie, maar wel in die saal van ‘n perd, in die natuur, op die wakis en menigmaal wanneer assegaaie op hulle gereën het.

    Ons kan sonder teenspraak aanvaar dat die omstandighede waarin die Boerevolk gevorm is, genoodsaak het dat hierdie Volk ‘n spesiale band met die Skepper buite kerkverband vestig.

    In die proses is ‘n direkte skakel tussen Volk en Skepper gevorm, sonder die teenwoordigheid van ‘n kerk as “middelman”.

    Die gebeure by Bloedrivier staan as ‘n grootse baken van hierdie spesiale band. Die feit dat die Volk wat die Gelofte afgelê het, deur die Kerk onder sensuur geplaas is, is in teendeel die wettige getuienis dat hierdie Volk ‘n direkte lyn tot die hoogste Gesag moes vind.

    Uit hierdie gebeure en met verloop van tyd, is die psige van die Boere en Boervroue gestimuleer tot hoëre vlakke van geestelike bewussyn.

    Die vermoë om “aan te voel”, die sesde sintuig, die bewustheid van die alomteenwoordigheid van God is verskerp en het bygedra om die oorlewing van die Volk te verseker. Daarom was die Gelofte van Bloedrivier ‘n logiese konsekwensie van hierdie reis deur die wildernis met die Skepper as mede-reisiger.

    Na die Bloedrivier Gelofte, keer die Boere terug na die Kerk om as middelman in te staan en gaandeweg vervaag hierdie spesiale band.

    Die geestelike bewussyn van ‘n eeu gelede het wel vervaag maar nie verdwyn nie.

    Die Boerevolk het in sy geledere meer persone wat geestelik ingestel is as enige ander volk op aarde. Daar is steeds baie volksgenote wat visioene sien, 'n voorgevoel kry, met die "helm" gebore is, ens.

    Die Boerevolk besit 'n kollektiewe siel wat vir die afgelope eeu sluimerend was. Hierdie siel is besig om te ontwaak. Reg deur die land, uit verskillende geloofsieninge, is daar persone in volksgeledere wat die kern van hierdie siel vorm. Sommige weet reeds en voel aan dat hulle geroep word, sommige weet nog nie.

    Wanneer hierdie kollektiewe siel van die Boer ontwaak, gaan berge versit word en dit gaan 'n totale herrangskikking van die geloofslandskap tot gevolg hê. Van hier af gaan dit uitkring na ons stamlande in Europa.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  2. #2
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    69

    Default Re: Siel van die Boerevolk Ontwaak!

    Ons moet net nie die fout maak om die Boerevolk te verwar met Regses, Verregses en Israel Visie verstrooides nie.

    Bovermelde is ideologiese randeiers en voldoen nie aan Boervolkskap nie.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  3. #3
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    61

    Default Re: Siel van die Boerevolk Ontwaak!

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post
    Ons moet net nie die fout maak om die Boerevolk te verwar met Regses, Verregses en Israel Visie verstrooides nie...

    Hiermee stem ek volkome saam, ware Boermanskap loop nie die pad van die politiek nie, maar verkies by verre die pad van die Geestelike Weg.


    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post
    ...die wettige getuienis dat hierdie Volk ‘n direkte lyn tot die hoogste Gesag moes vind...

    Het nog altyd lief gehad om te seg dat dit makliker is: "to bypass the Angels, better to go straight to God!"





    groetnis
    knipmes

Similar Threads

  1. Gees, Siel en Liggaam
    By Jaco Slabbert in forum Besprekings
    Replies: 16
    Last Post: 17th March 2019, 18:15
  2. Ek is die Boerevolk!
    By Trudie Rautenbach in forum Gedagtes wat Praat
    Replies: 0
    Last Post: 17th September 2009, 21:13

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •