Results 1 to 2 of 2

Thread: Adam se kalender of reuse van Genesis

  1. #1
    Member Carel van Heerden's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    251
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    47

    Default Adam se kalender of reuse van Genesis

    WIE SE VOETSPOOR?



    Ek plaas twee foto’s wat ek geneem het van ‘n voetspoor in 'n rots. Dit is so ‘n paar kilometer van ons af en ook naby die murasies van Adam se kalender. Daar is ook nuwe murasie wat nog nie op Wendag geplaas is nie. Hoop om dit eersdaags te besoek. Naby die voetspoor, in die nabygeleë rivierbedding is ook ‘n handafdruk in rots gekry. Sal ook kyk of ek dit kan opspoor.

    Volgens bewering is die voetspoor in antieke graniet vasgevang. Self het ek nog nie gehoor van antieke graniet nie. Het met ‘n geoloog gesels. Die ken ook nie antieke graniet nie.

    Die voetspoor is ongeveer 1.6 meter lank. Hiervolgens sou so ‘n persoon 10.2 meter lank gewees het.

    Die mense van Bata (skoenvervaardigers) is gevra om die voetspoor te meet om te bepaal of dit ‘n werklike voetspoor verteenwoordig en of dit bloot rots ersosie is soos sommige mense beweer. Hul bevinding was dat die spoor ten opsigte van lengte, toongroote, die brug van die voet ensomeer volmaak met die van die mens ooreenstem en dat die spoor van ‘n vrou se linkervoet afkomstig is. ‘n Eienaardigheid is dat die voetspoor vertikaal teen die rotswand ingetrap is.

    Met my besoek aan die voetspoor het dit duidelik geblyk dat die voetspoor nie deur erosie bewerkstellig is nie. Die toonholtes is volmaak gevorm en volgens ons voete se formaat – kleiner na die kleintoontjie toe. Die gesteente waarin die voetspoor voorkom moes sag gewees het – amper soos growwe sand. Met die trapslag het die sand tussen die tone inbeweeg en moes so “versteend” geraak het. Die voet se brug afdruk is duidelik waarneembaar. Soos die voet met die trapslag in die sagte gesteente getrap het, kan duidelik gesien word hoe die voet ingesak het.

    Daar moes een of ander grond opheffing op klein skaal plaasgevind het om die voetspoor vertikaal te laat staan. Die spoor is op ‘n opheffing (outcrop) geleë.

    Laat mens wonder hoe oud die gesteente is. Waarskynlik sal ‘n mens daaruit kan aflei of die voetspoor tydens Adam se Kalender daar getrap is, of in die Bybelse tydperk van die reuse soos aangedui word in Genesis?

    Soos ek inligting bekom sal ek laat weet.

    Carel.
    Last edited by Carel van Heerden; 21st July 2009 at 17:38.
    [SIGPIC][/SIGPIC]

  2. #2
    Member Carel van Heerden's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    251
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    47

    Default Re: Adam se kalender of reuse van Genesis

    LEGENDE VAN IMPULUZI


    Volgens legende het Shaka Zoeloe in die gebied waar die voetspoor voorkom Zwazi’s uitgedryf wat hulle in dié gebied gevestig het. Shaka het die gebied vernoem na die vrou wat die voetspoor – volgens oorlewering - nagelaat het naamlik iMpuluzi. Die woord iMpuluzi beteken “naakte godin” Hierdie reus het gewoon tydens ‘n tydperk wat nou in tyd verlore is. Volgens oorlewering was die voetspoor nagelaat toe sy oor ‘n oop stuk grond na haar geliefde gehardloop het. Die oop stuk grond was bedek was met warm lawa as en vandaar die voetspoor wat tans so prominent vertoon.

    Die omliggende heuwels wat die voetspoor omring word beskryf as ‘n plek van liefde, vrede en genesing. Baie glo dat iMpuluzi se voetafdruk daar is om die krag van goedheid tot diens te wees.

    Carel.
    [SIGPIC][/SIGPIC]

Similar Threads

  1. Adam, Eve, and the Serpent
    By Stefanus in forum Artikels uit die media
    Replies: 1
    Last Post: 6th May 2019, 10:56
  2. Genesis 1
    By leerling in forum Besprekings
    Replies: 2
    Last Post: 2nd November 2009, 01:24
  3. Replies: 0
    Last Post: 24th May 2009, 15:32
  4. The First Book of Adam and Eve
    By Stefanus in forum Boeke
    Replies: 81
    Last Post: 7th February 2009, 13:21
  5. Adam/Eva: Seun/Dogter van God
    By Die Ou Man in forum Boervolk Teologie:
    Replies: 11
    Last Post: 6th January 2008, 11:39

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •