Beeld-forum: Hoe praat jy godsdiens?


Jul 22 2009 05:13:25:710PM - (SA)

Neels Jackson

Die laaste tyd het ek onder die indruk gekom van ín nuwe soort polarisering in ons gemeenskap. Diť slag gaan dit nie oor ras of taal nie, maar oor godsdienstige beskouings.

Ek sien dit in sommige reaksies op berigte oor die evangelis mnr. Angus Buchan. Dis ook daar in baie gesprekke oor die Doppers se besluit om vroue nie as predikante of ouderlinge toe te laat nie.

Ek hoor dit soms in die interne teologiese gesprekke in die NG Kerk oor die opstanding.

Dis dikwels opvallend in interaksies tussen gelowiges en ateÔste.

ín Mens kan dit sien in lesersbriewe in koerante. Op my blog is dit ook soms duidelik.

Somtyds is dit in die vorm van beledigings, ander kere in ín blote ongeduld wat nie eens die ander kant wil hoor nie.

En dit kom van alle kante.

Wat my bekommer, is dat dit vir my lyk of die onverdraagsaamheid oor ander mense se godsdienstige standpunte al hoe meer word.

Ek het gewonder waar dit vandaan kom. VroeŽr het ek die indruk gehad dat Suid-Afrika die gods-dienstige polarisasie gespaar is wat ín mens soms in die VSA sien Ė en wat vroeŽr vanjaar in ín ekstreme geval daartoe gelei het dat ín aborsiedokter vermoor is.

Dit lyk my daar is aan ateÔstiese kant mense wat deur skrywers soos Richard Dawkins geÔnspireer word om ín aktivistiese veldtog teen godsdiens te voer.

In Christelike geledere sien ek soms ín geestelike meerderwaardigheid wat spruit uit ín oortuiging by iemand dat hy of sy die absolute waarheid beet het. Dikwels gaan dit oor in ín al te maklike veroordeling van ander mense. Aan weerskante mis ek soms ín gebrek aan respek vir ander en ín bereidwilligheid om ten minste net te probeer verstaan hoe daardie ander mens dink en hoekom hy of sy so dink.

Ek dink daar is minstens drie goeie redes waarom Suid-Afrikaners van verskillende oortuigings baie meer geduld moet hÍ met die mense om hulle wat van hulle verskil. Die eerste is dat dit geweldig verrykend vir jouself kan wees om regtig ander mense se manier van dink te begryp. As verslaggewer het ek die afgelope twee dekades van naby kennis gemaak met baie ander kerke as my eie, selfs met ander godsdienste Ė en ek het dit as ín wonderlike avontuur beleef.

As jy iemand anders se siening begryp, beteken dit nie jy hoef daarmee saam te stem nie. Dit gee egter vir jou iets waarteen jy jou eie denke kan spieŽl. Soms kan jy jou eie oortuigings verfyn of nuanseer.

Dan groei jy deur die ervaring. Nooit hoef jy armer van so ín ontmoeting weg te stap nie.

ín Tweede rede waarom ons vriendeliker met mekaar moet kommunikeer, is dat die manier waarop jy iets sÍ dikwels meer verraai as wat jy sÍ.

ín Knorpot wat sy siening van die evangelie op ín veroordelende wyse op ín nie-gelowige aflaai, doen sy boodskap waarskynlik meer kwaad as goed.

En dieselfde geld ín sarkastiese ateÔs wat sy siening probeer bevorder deur dinge belaglik te probeer maak wat vir ander mense baie dierbaar is.

ín Derde rede waarom ons meer geduld met mekaar moet aankweek, is dat ons nŠ al die getwis met mekaar in hierdie land moet saamleef.

Ons gaan mekaar nooit oortuig sodat ons almal dieselfde dink nie. Ons moet mekaar met al ons verskillende sienings ín plekkie in die son gun.

As ons mekaar gaan aanhou verkleineer en afkraak omdat ons van mekaar verskil, gaan ons dit net vir almal van ons ín onaangename plek maak om in te bly.

Dit beteken nie ons moet ophou om met mekaar te debatteer nie, maar dat ons goeie wyses moet ontwikkel om dit te doen Ė en daar Ūs mense wat dit regkry. Uit my eie godsdienstige beskouing sou ek wou sÍ ek dink dit is wat die liefde in praktiese terme beteken.

Bron