Page 1 of 3 123 LastLast
Results 1 to 10 of 29

Thread: My Getuienis!

  1. #1
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    55
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    46

    Default My Getuienis!

    (Moet asb nie julle eie gevolgtrekking maak oor hoe my getuienis eindig nie. Dit sal jul skok! Maar weet ook net dit dat niemand meer my hart sal kan verander of my seining sal kan verander nie)

    'n Paar jaar gelede het ek soos enige mens wat probleme ondervind na die Here/God/Jesus/Skepper toe gegaan vir hulp. Ek het op daardie tydstip deur vreeslike persoonlike probleme gegaan. Ek was in die greep van jaloesie en is nog steeds vandag! Ek het by 'n kerk aangesluit wat ek op daardie tyd van gehou het om na toe te gaan. Ek wil nie name en meer besonderhede noem nie want dit gaan die eintlik om die mense wat daarheen gaan nie, maar oor myself.

    Dit was toe in die tyd wat daar pinkster feeste gehou word. Hulle het die gebruik tydens die feeste gehad om vir mense vorentoe te roep om vir hulle te bid. Ek het elke keer vorentoe gegaan want ek het gesoek!! En elke keer as ek daar gestaan het het ek my eie gebed gedoen! Ja hulle het gebid maar dit was nie wat ek diep in my hart wou he nie.

    Maar ek het my eie gebed gedoen terwyl ek daar gestaan het. My diepste wese het geroep na iemand, iemand om my te help! Ek was altyd n mens wat diep in my vlees was ek het nooit werklik in geestelike dinge belang gestel nie! Ek het net vir die vlees gelewe. Maar omdat ek besef het dat ek n probleem het en dalk my man en kinders wat vir my als in hierdie lewe op aarde beteken het kon verloor het daardeur het ek hulp gaan soek by die skepper.

    Elke keer met die gebede het ek in my hart die here gesmeek om net tog ook asb in my hart te kom woon! By die vierde aand het daar n ding met my gebeur wat ek nie op daardie tydstip kon verklaar het nie. Ek het half in n beswyming gegaan en toe ek afsak grond toe het ek waaragtig as wat ek hier sit vandag my ribbekas voel eers op beweeg soos iets wat daarin gegaan het en toe het hy weer terug gesak. Ek was so verward dat ek het nie geweet wat werklik gebeur het nie. Ek het nog gerook daardie tyd en het toe gedink dat die here my vry gemaak het van sigarette. Maar dit was nie so nie ek het toe nog n ruk lank aangehou met rook! Maar ek rook nou al amper vir 8 jaar nie meer nie!

    In elk geval my lewe het na daardie aand baie verander en het net nie besef hoe baie my lewe sou verander het nie tot vandag toe. Onthou nou ek was geestelik blind . Maar n hele ruk daarna het dit vir my gevoel ek is nog steeds net waar ek was geen vordering nie. Toe het ek eendag in die veld net sommer so op my kniee neergesak en by die here gehuil ek kan hom nie gewaar nie hy moet nou darem maar waaragtig vir my iets gee of wys wat my weer nuwe moed sal laat skep om weer aan te gaan. My hart het daardie tyd van die smart van jaloesie so gepyn dat ek nie geweet het watter kant toe nie!! Dit gebeur toe dat ons genooi word vir koffie by n gesin wat ook die kerk bygewoon het.

    Ons het nog so gesit en gesels oor als wat daar aangaan toe die een man skielik vir my se hy dink hy moet my iets vertel. Hy was eers onseker maar praat toe op die ou einde! Hy se toe ek vorentoe gegaan het sodat daar vir my gebid kan word was hy ook daar by my en hy weet nie wat het gebeur nie maar skielik het hy hierdie helder verligte wolk om my sien hang. Hy se eers kon hy nie sy o glo nie. Hy se ook dit het vir hom gevoel soos krag van die here af ek weet nie eintlik nie. Ek kon niks sien daardie tyd nie of ervaar nie. Dit het my nuwe moed gegee. Ek het toe maar weer aangegaan en elke dag probeer om die regte dinge to doen. Na n lang tydperk het ek toe al baie geestelik begin lewe. Ek het selfs n ontmoeting plek gehad waar ek privaat saam met die here kon wees. Nogal in die veld. Ons bly op n plot. Ek het elke daarna toe gegaan. Ek het daar met hom gepraat en hom verduidelik hoe ek voel as ek so jaloers word , gehuil, hy ken my diepste gevoelens sleg of goed ek het alles van my met hom gedeel al het hy dit reeds geweet, vir hom gesing, hom geloof en geprys soos dit my pas! Ek respekteer hom met my hele hard. Ek is nie n wondelike sanger nie en het nie altyd by die wysies gehou nie! Daarom was dit beter as ek alleen saam met hom was. Mense is geneig om die werking van die here te breek deur te skinder of te beledig of selfs dink hulle dat hulle vir jou kan bid. Maar ek het geleer dat ek nooit vir n ander een kan bid nie. Ek ken nie n ander mens s hart nie. Ek weet nie wat om te vra nie. Maaaar ek weet wat om die here te vra vir myself.

    Ek het net eendag besef hier is groot dinge verkeerd ek kon nog nie presies s wat dit was nie! En ek het net skielik die begeerte gekry om myself vir die here te gee en myself te offer dit is nou om my vlees te offer! Vir wat hy wil he ek moet vir hom doen.
    Verskoon tog ek spring van een gebeurte na n ander want ek kan nie als hier in voeg nie dit sal te veel skrywe wees. Ek kan ook nie presies s dat dit in volgorde is nie,
    (Let ook op dat ek die gees wat in my hart kom woon het here noem want ek het toe nog nie geweet wat werklik aangaan nie)

    Nie lank daarna was ek in my huis besig met n gesprek met die here. Ek het ook gesing soos gewoonlik. Daardie lied wat so gaan soos n hert wat smag na waterstrome smag my siel na u o heer, u alleen is my harts verlange en ek bring aan u my eer.... Ja, ek Onthou al hierdie tye saam met die here soos gister! Terwyl ek nog so sing het n ander stem skielik hier deur my keel gekom en die lied vir my voltooi! Daar het ek besef daar is n wese in my vleeslike liggaam wat smag na vrede, vreugde en geluk, maar ook beslis nie soort wat mens op die aarde kry nie! Want hier is nooit vrede, vreugde of geluk nie
    ....Sal vervolg....

    Die Vrou

  2. #2
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    55
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    46

    Default MY GETUIENIS (vervolg)

    Ek het elke dag gewonder hoekom ek my vlees moes offer ek het nie geweet nie! Wel n paar weke later het ek in my voorhuis op die bank gesit en al die dinge van die here bedink. En toe skielik voel ek hoe my hart uit my borskas gaan en hier reg voor my o spin hy toe stadig in die ronte net soos n tol sou spin regop. Ook toe ek so na my hart staar sien ek net hande en nogmaals hande wat so na my hart gryp. Hierdie dinge gebeur op so n manier dat n mens eers dink dit was jou verbeelding. Maar dit het so helder voor my geestesoog gebly ek het dit nooit vergeet nie.

    Nog n ander gebeurtenis wat ek onthou is ek het eenkeer amazing grace gesing en by die gedeelte wat ek gesing het I once was blind but now I see het ek die ervaring gehad dat ek weer kan sien. Alhoewel ek nie blind is nie het ek geweet dit is geestelik.

    Ook het ek n groot begeerte gekry om die satan te kan sien, ek het elke dag daardie stuk in die bybel gebid wat lui om die satan in die openbaar te kan tentoonstel.

    Ek hoop nie ek verveel julle met hierdie vertellinge nie, maar ek moet eers hierdie dinge vertel sodat julle die einde sal verstaan!

    In elkgeval, verder het dinge nie so goed met ons gegaan nie, dit is nou met my en my gesin. Daar was n hele paar lelike ervarings wat ons diep seergemaak het. Die eenkeer het my oudste seun byvoorbeeld n woord van die here ontvang Ma, het hy nog vir my ges! Niks wat in die bybel staan is van die here af nie. Ek was stom ek het nie geweet wat om my kind te antwoord nie. Hy was toe alreeds n ouderdom wat hy die verstand gehad het om oor die here s dinge te kon redeneer. Hy was toe al in graad 12. Ek het n hele paar dae geloop met dit wat hy my verduidelik het in my gedagtes. Dit probeer insien soos hy, maar ek kon nie. Dit het my kind geknak geestelik. Op die ou einde het net ges dit kan nie wees nie, dit is verkeerd. Hy moet die satan sien in die saak en dat hy nou probeer om hom te laat verdwaal. Ek het gekyk hoe my kind s hart verskeur word deur my woorde. Ek het die pyn gesien. Maar saam het ons die stukke opgetel en aangegaan. Ons het baie oor die here se dinge gesels veral ek en hy. Die verhouding het in n mate weer herstel tussen hom en die here en my, of altans so het ek gedink en so het dit gelyk. Maar sy wonde was so groot dat hy naderhand heeltemal die dinge van die here nie meer aanvaar het nie. Hy het my eendag net ges hy het hopeloos te te seergekry om weer die so na die here te luister. Ag, ek kon niks aan die saak verander het nie, maak nie saak hoe ek met hom gepraat het nie. Hy wou niks meer weet nie. Hy het maar net gewoonweg aangegaan soos elke ander dag. Ja daar was baie ander gevalle soos die in die res van die gesin. Nou nie die selfde nie maar net so erg. Vir my is dit erg ek het gevoel asof alles net my skuld was. Ek het maar daardie las toe op my skouers gepak. Ek het die skuld van dit gevat. Ook het my worsteling met jaloesie vererger glad nie beter geword nie. Dit maak nie saak hoe ek gesmeek en soebat het en myself in die kerke verneder het nie. Ek was desperaat om vry te kom van die satan ek het alle maniere probeer. Self gegaan dat hulle die bose geeste soos hulle dit noem uitdryf. Maar nee dit het nie gehelp nie. Ek het ook nog met daardie las geloop. Ek meen nou die las van jaloesie. Ek wil julle kortliks verduidelik wat behels jaloesie.

    As daar iemand is wat weet wat n persoon met jaloesie deurmaak dan is dit ek! Jy ondergaan nou waaragtig waar n totale verandering in jou persoonlikheid. Jy word selfsugtig, alhoewel jy dit nie so bedoel nie. Jy is altyd kwaad en nors en het niks goeds om oor ander mense te s nie. Soos ek byvoorbeeld jaloers is op my man. Ek wil doodgaan by die gedagte dat hy my sal los vir n ander of selfs jonger vrou. Ook wil ek stel dat daar sekere gebeurtenisse in die persoon se lewe plaasgevind het, soos bv. Verwerping dit is een van die grootste redes dan is daar ook afkraking van jou persoonlikheid. Voorbeelde soos die bv jy is dom of lelik of stupid of vet noem dit maar op! Dit kan n man of vrou of kinders so knak dat jy naderhand met die probleem van jaloesie sit.

    Dan, wanneer jy nou met die probleem van jaloesie sit dan is jy die lelikste jaloerse monster soos die mense dit ook noem die groenoog monster. Dan kyk die wat die skade by jou aangerig het nie wat hulle eerste aan jou verkeerd gedoen het nie. Nee, hulle kyk net na jou. En dit is n ding wat enige mens sal knak, geestelik meen ek nou. Party mense gryp na dinge soos drank en dwelms om konsuis hulle hartseer en pyn te vergeet maar dan vererger hulle net die probleme. Dit word dan meer. Ek wil nie die diep dinge van wat jaloesie in my lewe veroorsaak het bespreek hier nie. Ek kan net s dat so n persoon deur geestelike hel gaan. Jaloesie ontstaan ook nie onmiddelik nie. Dit neem eers n hele paar jare voordat dit gebeur hang seker maar ook af van mens tot mens. Ook veroorsaak jaloesie n bitterheid hardhei d van die hart. Die uiteinde n geestelike verwoeste mens!

    Ek het naderhand kwaad en verontreg gevoel teenoor die skepper hy wil my dan nie help nie!!! Ek het n verslaentheid en toe n groot woede voel ontvlam diep, diep uit my hart uit jeens hom!!
    (Sal vervolg)

  3. #3
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    55
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    46

    Default Re: My Getuienis!

    Woensdag 14 Oktober 2009

    Intussen onthou ek eerste hierdie stem wat my knaend geroep het. My ges kom, kom hou gemeenskap met my kom sit hier langs my en gesels met my. Dit was so n aanhoudende geroep, onthou ek. Ek kon dit net nie mis nie. Dit het elke sondag in die kerk so gegaan vir n paar weke lank. Dat hierdie onsigbare iemand my geroep het en hy in my doen en late belang gestel het was verseker. En daarna toe die eintlike gevoel liefde aan my verduidelik was. Ek het net eendag besef dat ek of geen ander mens so lief kan he soos hierdie onsigbare wese wat met praat nie. Daar was so verwarring in my binneste. Ek kon toe ook nog net nie verwerk hoe kan hy my so lief he en tog ook my nie help in my uur van nood nie. Want om deur hierdie jaloerse gees geteister te word, is hel se ek vir julle. Absolute hel! Dit is n soort geestelike molestering wat niemand van weet nie net eke weet hiervan. Want die ander mense kan hom nie sien nie. Net eke voel en hoor hom hier in my hart praat elke dag van my lewe. Dit voel of ek net nerens meer van hom af kan wegkom nie. Hy gebruik soms ook vreemde mense om my mee te teister. Maar sy gunsteling is om die te gebruik wat ek die liefste het hier op die aarde!!

    Dit is vir my swaar om hieroor te praat, maar al hierdie dinge moet wat eers in die donker was nou in die LIG aanskou word!

    Net toe! het my o oor die skepping begin kyk. Ek het net nou die dag van stefanus se fairy tales gelees. Dit is waar wat hy se. In fairy tales is daar meer dinge vir die hart omdat dit onwerklik is. Wat ek bedoel met onwerklik is dat die geestelike lewe nie sigbaar is vir die vleeslike oe nie. So ek lees nou nie so baie fairy tales nie maar ek hou baie van cartoon films. Voorbeelde soos fairytopia n Barbie film, Brother bear, Lion King 1 , daar is nog hordes ander. Ek het in die films geleer dat baie dinge hier in die skepping verkeerd is. Ek lees nie graag meer uit die bybel nie maar gaan n paar stukke daarin aanhaal. Dit staaf my woorde dat alles hier op die aarde verkeerd is. Die hele skepping. Maar ek sal dit eers later doen. Nou eers weer, onthou ek het die here gevra om my te wys wie die satan is! Deur my net al die slegte dinge hier op die aarde te toon van die skepping, het my laat besef dat die een wat verantwoordelik is vir die skepping kan beslis nie n Goeie hart he nie! Met n skok , julle weet daardie soort skok wat jou maag sommer so laat inmekaar trek het ek besef maar die skepper, god, heilige gees en nog baie ander name wat hulle hom noem is eintlik die SATAN! HY IS DAN OOK N JALOERSE GOD!!!!! En ek kan julle almal verseker jaloesie is een van die mees walglikse emosies wat bestaan. Hoe sal ek dit nou nie weet nie. Ek loop dan elke dag en ly daaronder. Uit jaloesie spruit alle kwaad wat op hierdie aarde voorkom.

    Kom ek haal aan uit die bybel uit genesis 9 verse 1 tot wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde.
    2. Die vrees en die skrik vir julle sal wees oor al die diere van die aarde en al die vols van die hemel: alles wat op die aarde beweeg, en al die visse van die see. Hulle is in julle hand oorgegee . Net tot hier.

    Nou kom ons kyk na hierdie stuk van wat op hierdie oomblik aangaan in die skepping! As ons na die diere kyk ek gaan hulle as voorbeeld gebruik vir wat ek wil verduidelik. Wat sien ons as ons hulle gedrag waarneem! Ek kyk na hulle so op die manier. n Dier kan liefh hy kan ook kwaad word. Hy leef van die selfde voedsel as ons. Ook het hy al die soorte emosies as wat by mense is. Hy het ook n hart. Met die hart kan hy liefh, kwaad word, verslae voel, hartseer ervaar als net soos by ons, nie waar nie! Hy kan ook lewens red. Net soos mense dit kan doen. So daar is n stem in die hart van diere. n stem wat praat met emosie! Hulle kan jou liefkry as jy hulle regmatiglik behandel met baie liefde bedeel. Hulle sal enigiets doen om jou gelukkig te maak soos jy hulle gelukkig maak. Maar hulle kan ons nie wreld se goed offer nie. Hulle offer hulle vriendskap en liefde en getrouheid aan ons. Nou dit is die selfde van dier tot dier. Dit is nou net die huisdiere wat ek hiervan praat. Maar ek weet onder die verskillende soorte wilde diere is daar die selfde emosies wat daar tussen mense is. Om nou terug te kom na genesis se verse is n vraag wat ek wil vra: hoekom moet alles hier op die aarde dan bang wees vir die ander een. Kyk almal wil dan graag lewe. Hoekom moet die een sy lewe gee vir die ander een. Goed en wel as dit so moet wees maar sien die wreedheid raak wat gebeur as die leeu die bokkie vang om te eet. Eerste vlug die bokkie want die bokkie wil nie kos word nie. Die leeu kap dan as hy die bokkie vang sy naels agter in die lyf van die bokkie in. Wat sou jy ervaar het as die leeu jou so gekap het met sy naels. Nou wel net so voel die bokkie ook die pyn. Verlam in sy of haar agterlyf val hy hulpeloos neer. Nou word hy sommer aan die keel gebyt tot hy dood is. Versmoring dalk! Of dalk word sy lugpyp uitgeruk deur die sterk kake van die leeu! Hoe voel dit as ons nie asem kan kry nie? Aaklig, dit is wat ek julle kan se! Jy staar die onbekende dood in die o. Dit is nou dieselfde ding wat met die bokkie gebeur. Ja, nou is die bokkie dood! Leeukos!

    Gestel nou daar was dalk n kleintjie iewers weggekruip en wag nou vir die mamma om terug te kom! Hy is hulpeloos. Gaan dalk deur diere soos hyenas opgeet word. Lewendig verskeur word, wie sal nou weet! Niemand kyk na sulke dinge in diepte nie! Hulle sien dit maar ook tog nie.
    Tot die insekte se leefwyse spreek boekdele vol van die skepper. Hy het hulle dan so gemaak. Die een om van die ander een te leef. Kyk na hulle eetgewoontes!! Sommige eet sommer hulle prooi lewendig! Dink nou vir jouself hoe sou jy gevoel het!!! As dit jy was wat lewendig geet word! Sit jouself in die prooi se skoene! Wees jy nou die prooi! Wat ervaar jy? Vrees, verskriklike vrees vir die dood! En nie net dit nie. Die liggaam waarin jy is kan seerkry. As jy die dood in die o kyk dan moet jy die pyn van die liggaam ook in die o kyk! Hoekom sou die skepper ons dan in die liggame plaas as hy dan nou weet die liggame kan seerkry! Dit maak nie sin nie. Hy het ons dan so baie lief! Ek weet dit is n leun. Hy het ons nie lief nie. Hy laat ons ly in die liggame!!! Ons is sy slawe ons moet werk vir als wat ons wil he al is dit net kos! Dan moet n ander een nog boet met sy lewe sodat jy kan lewe. Dit is mos nie regverdig nie. Alles hier wat lewe wat kan groei het n reg!!! En as ons nie na hom luister nie dan straf hy ons op allerhande slegte maniere! n geestelike pyniging! Het iemand van julle al die geestelike pyniging ervaar in julle harte met allerhande soorte dinge wat verkeerd gaan in die lewe hier! Dit is erg! Dis baie erg!

    (Sal Vervolg)

  4. #4
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    55
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    46

    Default Re: My Getuienis! (Die slang)

    Wie en wat is die slang nou eintlik. Die mense kryt hom uit as die satan.

    Maar eindelik is hy maar net nog een van die skepper se slagoffers. Hy is gevang met leuns net soos ons en en is toe op die ou einde hier gevangenis geneem in die vlees. (die vleeslike geboorte as 'n baba) Dit is hoe ons almal gevange geneem word in die vlees! Kyk wat gebeur alles met 'n slang. Ek het dit aanskou met my eie o, 'n werklikheid is dit! mense vorm 'n sirkel om 'n slang gereed om hom stenig net omdat hy giftig is en hulle 'n bedreiging. Nie omdat hy hulle skade aangedoen het nie. Nee, dis so wreed want hulle gooi hom uit alle rigtings met klippe hy weet nie watter kant toe nie. Hy probeer wegkom met sy gebroke liggaam maar vergeefs. Hy sterf later aan al sy wonde wat mense veroorsaak net omdat hulle bang is vir hom. Maar weet net dit hy is net so bang vir julle!!! Maar hy kan homself op geen manier beskerm behalwe met sy gif nie!!! En as hy vasgekeer word is hy eintlik hulpeloos! Hy kan ook voel hoe sy liggaam verwond word alles net soos mense. Mense is niks beter as hulle nie.

    Mense is die mees vernietigendste spesie wat ek ken!! WANT hulle kan mos maak net op die aarde wat hulle wil, want die hooggeagte skepper het hulle mos nou konsuis die toestemming gegee. Wel, ek weet nie van ander mense nie maar al vir 'n baie lang tyd vandat hierdie ander gees wat ek my pappa noem my hierdie kom wys het, sak ek my kop in skaamte want ek het soos julle ook alles hier so skade aangedoen. Ek en my man en kinder het ook al slange so doodgemaak. Sal nie eers praat van die rotte nie! Ook nie van die spinnekoppe nie! Miskiete, Kokkerotte, vliee, vols het ons al hoeveel keer doodgery, vismotte. Kyk na hulle deperaatheid om uit ons pad uit te kom, kyk hoe skarrel hulle uit vrees uit! Uit vrees dat ons hulle gaan doodtrap!! Daar is nog baie ander insekte en reptiele wat doodgevaarlik is! Noem hulle maar op, daar is baie wat ons so vernietig. Sommige maak ons nie eers heeltemal dood nie, en los hulle dan net so om verder te ly tot die dood kom!!

    (Vervolg)

  5. #5
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    55
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    46

    Default Re: My Getuienis!(Nuwe Vader)

    Ja, ek is seker ek hoef julle nie eintlik verder te vertel oor wat nou eintlik hier op die aarde aangaan nie,julle kan mos self sien! alles hier het 'n prys weet julle selfs die liefde vir die vlees ook. Selfs Liefde! As jy bv. iemand liefhet wat jou baie probleme gee, dan moet jy maar verby die lelik van die persoon kyk en hom of haar lief te he met al sy of haar swakhede! Ook as jy lief is om heerlik te eet moet jy maar die vet om liggaam verdra, daar is 'n prys op als hier niks is hier verniet nie! Hoekom moet 'n mens altyd vir als betaal dit beteken nie noodwendig in geld nie! Dit kan baie verskillende maniere voorkom!

    Selfs vir die woord van die skepper moet jy betaal. "die bybel" Als het 'n prys hier!

    kyk jesus hy moes met sy lewe boet sodat ander sondevry kan wees. Maar tog die sonde het nie minder geword nie! Ek kan dit sien dat hy verniet aan daardie kruis gehang en baie voor die kruisiging gely het! Sommige moet selfs met hul lewe boet sodat 'n ander kan leef, wat 'n prys moet hulle net nie betaal nie! As jul wil sien wie die skepper werklik is begin dan na die skepping te kyk! Sien die swaarkry en die smart raak! Kyk na die bome wat heeldag in die son staan die punte van hul takke en blare verskroei! kyk as daar 'n veldbrand uitbreek die klein insekte wat nie kan vlieg nie brand lewendig dood sal nie eers praat van die plante en bome nie. hulle voete sit in die grond vas hulle kan nie weghardloop nie, brand dan sommer net daar dood! mense dink plante en bome kan nie ervaar of seer kry nie maar dit kan ek nie meer glo nie.

    Ek en my man het 'n paar roosbome gekoop en geplant maar daar was die enetjie wat nie eintlik mooi wou groei nie die insekte het al sy blaartjies afgeeet en hy het sommer elendig gelyk. Ek het toe maar gedink dat hy sou doodgaan! Maar my man het my vertel dat die mense wat planteliefhebbers is het gese 'n plant kan op liefde en baie aandag weer herstel en mooi groei. Ja ek het dit nie eintlik geglo nie. Maar my man het dieselfde terapie aan die roosboompie gegee. En ek kon my eie oe nie glo nie toe nie eers 'n week later nie toe is die kaal roosboompie sonder blare vol blomme!

    Daar en dan het ek toe besef dat in elke plant selfs onkruid plante want hulle leef en groei ook mos is daar iewers weet net nie waar nie ook 'n hart! Ook 'n wese wat kan reageer op liefde!!
    Ag, die smart op die aarde is groot te groot vir my om dit aan julle te verduidelik. Ek het ook agtergekom dat die stem wat in die hart praat duideliker praat as woorde van mense!

    Nou ja toe ek besef het wie die skepper is het ek my rug op hom gedraai totaal en al!

    Ek loop sederdien saam die Vader wat ek geleer ken het en wat ek nou my Vader noem! Deur en deur verdien hy meer as wat hy vra! Hy wou net my vriend wees maar ek voel hy verdien meer!

    Hy het gekom en my totaal van alle laste en sonde wat hier op die aarde aan my toegeskryf word vry te maak. Hy het my baie dinge geleer! Te veel om als te onthou in 'n paar dae se tyd! Ek het geen geloof meer nie behoort ook nie tot die een of ander organisasie nie! Ek loop net elke dag saam met Pappa wat in die Koningkryk van die Lig woon. Ek weet Hy is altyd by my, ek is nie eers 'n sekonde alleen nie! Hy praat gedurig in my hart met emosie stem. EK BEMIN HOM MET MY HELE WESE! DAAR IS GEEN GOD, OP ANDER SOOS HY NIE!!! EN EK VERLANG ELKE DAG NA HOM EN WIL WEER TERUG WEES VAN WAAR EK VANDAAM KOM! EK WIL NIE MEER HIER OP DIE AARDE WEES WAAR DIE SMART EN PYN ALLES OORHEERS NIE! EK IS SPYT DAT EK OOIT HIER IN DIE VLEES GEBORE IS, EK WIL EERDER WEER BY MY PAPPA WEES IN DIE GEESTELIKE KONINKRYK VAN DIE LIG!

    O, ja ek het toe ek my fout agter gekom het en dat die ware Pappa wat ons liefhet se woorde nie in die bybel staan nie na my seun toe gegaan en hom gevra om my te vergewe, EK het hom toe gese ek weet ek het 'n fout gemaak!

    Wel, dit is my GETUIENIS!

    As julle hierdie Pappa wil ontmoet dan moet jul net met hom 'n vriendskap aanknoop en hy sal jul bystaan in al jul smart en swaarkry hier op die aarde!
    En ek kan julle nie die dinge leer of dit laat aanneem as jul eie nie, net Hy kan harte verander Net hy kan julle leer soos Hy my geleer het! Niemand anders kan sy woorde na julle toe bring nie, NET HY KAN WANT AS HY MET JOU GEPRAAT LUISTER JY!!!! SY STEM VERGEET 'N MENS NOOIT WEER NIE!!! HY MY GELEER DAT NET ALLES HIER SAL OORWIN GEEN KRAGTE EN MAGTE NIE MAAR MET NET LIEFDE!!!!
    (C",)

  6. #6
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    55
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    46

    Default Re: My Getuienis!

    Hierdie getuienis is die waarheid en wat diep uit my hart kom. Die geestelike wese wat roep na my Pappa om my te kom red!!!

    Ek is moeg net soos vele ander om my soek ek om terug te gaan van waar ek vandaan kom! Ander kry ook daai velange maar hulle dink dit is na die skepper! Maar dit is nie so nie die skepper hou almal hier gevange in die vlees en martel en pynig ons almal en alles wat leef!!

    DIE SKEPPER IS NOU EINTLIK DIE SATAN EN EK HOOP JULLE NEEM HIERDIE WOORDE VAN MY TER HARTE!!!

    SAAM SAL ONS STAAN!

    Hoor jy die stemme oral om jou!
    Trots in jou Gloria, hoor die skepping druis,
    n volk se verlange na hulle Vader in die Koningkryk
    Van die Lig!
    Sy aan sy dawerend en dapper!
    Deur storms sal ek U liefde verkondig
    Vir ons U volk in die Gevangenis
    Saam, saam sal ons staan,
    Vir ewig my Vader in die Koningkryk van die Lig
    Wyd oor die vlaktes van die skepping
    Hef ons n vryheids lied aan!
    Mag die Liefde van ons Vader in ons harte bly lewe
    Om skouer aan skouer te staan
    Sy aan sy dawerend en dapper!
    Deur storms sal ek U liefde verkondig!
    Vir my Vader in die Koningkryk van die Lig!
    Saam, saam, saam sal ons staan,
    Vir ewig my Vader in die Koningkryk van die Lig

    VIR EWIG MY PAPPA..

    Groete

    Die Vrou.....

  7. #7
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    69

    Default Re: My Getuienis!

    Die Vrou.

    Gaan lees asb hier.

  8. #8
    Member Antje De waal's Avatar
    Join Date
    Jul 2007
    Location
    in the west
    Posts
    79
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    51

    Default Re: My Getuienis!

    Die Vrou

    Dit is jammer om te lees hoe mens soms God sien, ek vra jou nou opreg dink jy rerig God is wreed, ek dink nie mens kan rerig dit voor God se deur vee nie. Dink daar aan ek dink nie dit was aan die begin so nie, maar slegs na die sondeval, ons swaar kry kom voor ons voete te staan en nie God sinne nie, ek hoop rerig dat jy kan eendag sal sien hoe lief God jou werklik het!

    Jy is hier geplaas vir iets so stunning net jy kan dit doen niemand anders nie, jy is geroep tot n doel en ek hoop eendag sal jy staan en kan se aan jou ewige pappa, ja pappa hier is ek gebruik my!
    Ek weet met wie ek te doen het ... PC van der walt

  9. #9
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    55
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    46

    Default Re: My Getuienis!(Antjie)

    Antjie

    Ongelukkig moet ek jou se daar is nie net een God nie! Hulle is baie!

    Jy bly op die aarde jy is in die hande van die satan! S vir my kan jy sien
    watter god se hand jy vas hou! En as die skepper jou god is ... Ken jy hom werklik?
    Dink ook twee keer voordat jy skade aan 'n lewendige wese doen... Hulle doodtrap vergif
    ens. Want hulle het net so 'n reg soos jy!

    Jy moet ook pasop vir die bybel dit is is nie 'n heilige ding nie dit is maar net 'n boek!
    Wat deur mens geskryf is! Dit is nie die ware woord van 'n god nie! Dit is 'n versameling van baie ander gode se woorde!

    Die ware woorde kom van 'n Vader wat jou werklik liefhet! Net Hy kan met jou werk en met
    jou praat! Nie 'n mens nie! Nie eers ek kan jou die waarheid vertel van die Vader in die hemel nie! Hy kan dit alleen doen!

    Groete

    Die Vrou....

  10. #10
    Member Manw's Avatar
    Join Date
    Oct 2009
    Location
    New Zeeland
    Age
    52
    Posts
    8
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    0

    Default Re: My Getuienis!

    Vrou

    Dit is duidelik dat jy ten minste al dink en nie net alles wat jy aangeleer het om te glo vir soetkoek opeet nie maar die pad gaan nog verder aan as waar jy nou is. Mense wat verkeerdelik geglo het dat God wat Hemel en Aarde en alles daarbo, in en op geskape het 'n "goeie" ou oom is wat almal oorval met liefde skrik hulself gewoonlik oor 'n mik as hulle besef dat die nie die geval is nie en dan kom mens by jou huidige uitkyk uit en dan vervloek jy Die Skepper.

    Die Skepper is egter nie goed en of boos in die menslike sin van die konsepte nie. Dit is ons wat gekies het om die gegewe skepping te oordeel na gelang van ons menslike voorkeure en dit is hoe menslike goedheid en boosheid ontstaan. Dit is waaroor die Adam en Eva storie gaan. Noudat jy die Skepper as Boos sien is jy self net soos ou Lucifer. Jy dog jy kan met jou beperkte verstand 'n beter toestand bedink as wat die werklik gegewe is en jy rebeleer teen jou Skepper. Nou aanvaar jy die Engel van Lig as jou Vader maar die uiteinde van sy pad is geensins aangenaam nie.

    Die Skepper skep net en ons as skepsels be- en veroordeel die skepping en daarom kan Jesaja met reg aanvoer dat God alles, lig en duisternis, die goeie en die bose, skep en dit is ook God Die Skepper wat jou selfs nou in jou dwaling deurdring en omgord al besef jy dit nie.

    As jy nog langer die pad van selfondersoek stap sal jy later besef dat die onderskeid wat jy nou tref tussen die innerlike en uiterlike, die goeie en die bose, en alle ander dualistiese nosies 'n sinteties menslike onderskeid is en dat wat jy nou as innerlik en uiterlik ens ervaar weens jou ingesteldheid, eintlik een en dieselfde ononderbroke werklikheid is. Die faktore wat jou blind maak vir die werklike stand van sake is onkunde, haat en selfsug. Dieselfde faktore hou die mense wat meestal met jou gaan stry ook blind. Dit is die natuurlike menslike kondisie en ons kan dit slegs oorkom met moeite. Dit is die sondige aard wat ons moet oorkom as ons die ewige lewe wil beerwe.

    Net soos meeste Christene verwerp jy die helfte van God en daardeur verwerp jy ook die helfte van jou eie wese.

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •