Page 3 of 3 FirstFirst 123
Results 21 to 29 of 29

Thread: My Getuienis!

  1. #21
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    54
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Re: My Getuienis!

    Halo almal,

    Ek wil julle graag vertel van op watter manier my Pappa my vertel dat hy my liefhet! In die begin het ek dit verwar met vleeslike gevoelens. Ek kon nie hierdie gevoel verstaan het nie, dit is n onverwagse gevoel van liefde diep diep in die hart, gedink dit was maar net n gevoel vir vleeslike dinge, want die satan is maar altyd ook byderhand om n mens te verwar, en vir mens ook n gevoel te gee want Hy praat ook met dieselfde stem as my Pappa. Die emosie, gevoel stem! Al hoe ek hom kan onderskei is dat sy stem gee jou emosie of gevoelens of begeerte vir die vleeslike dinge, natuurlik als met die vlees te doen!

    Het jul nog nooit gewonder waar kom die liefdes gevoel vandaan nie. Soms gebeur dit as daar niemand by jou is nie, het jul nog nooit gewonder nie? Dit skep nogal verwarring by n mens. Wel ek weet nie van by julle nie maar dit het met my gebeur. Dan is daar ook nog, soms verlang jy so baie maar jy verstaan nie hoekom of waarna jy verlang nie! Weereens verwarring, onthou nou jou gees praat dieselfde taal as hierdie geestelike Pappa, dus jy het ook n emosie stem! Want ons almal soos ek voorheen ges het, het dieselfde stem. Ons gebruik hom net nie meer nie! Want ons het geleer om met die vlees te kommunikeer en nie meer met die gees nie! Partykeer gebeur dit dat hierdie wonderlike Vader ons waarsku met gevoelens teen gevaar of selfs vir ons Inligting gee inverband met n ander persoon op hierdie manier. Jy sal dadelik reageer of soms stel ons dit uit hierdie gevoel van onrus of bekommernis en ja, dan met slegte nagevolge! Soms reageer jy onmiddelik en dan vra die ander persoon maar hoe het jy dan geweet, jy antwoord dan, ek het net so n gevoel gekry! Die gevoel emosie stem is ons geestelike taal!

    Nou wil ek julle n vraag vra, julle hoef dit nie te antwoord nie, maar dink daaraan! Het julle al die gevoel van liefde so ervaar, en nie verstaan waar dit vandaan kom nie? Dan sal julle nou weet waar dit vandaan gekom het!

    Groete

    Die Vrou.

  2. #22
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    54
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Re: My Getuienis!

    Goeie more aan almal wat hier lees,

    Mense vandag wil ek met jul bespreek n baie belangrike aspek van die geestelike en vleeslike lewe! Ons sal nooit solank ons geeste in die vleeslike liggame is kan geestelik lewe nie, want as ons in die vlees is soek ons die vleeslike dinge!!

    Kyk ek wil jul waarsku dat Jesus n vlees is en al word daar ges dat hy nou god is, kan hy nie instaan vir wat hier in die skepping gebeur nie!! Want ja, hy het wreed gesterf en daar is ges dat dit vir almal op die aarde is! Maar kyk om jul rond!! Daar het nog niks verander sedert Jesus dood is nie!! Die sonde is nog steeds hier en dit het erger geword sedert Jesus se dood!!

    Kyk nou dit is so dat wanneer ons nog in die vlees is soek ons bewyse in die vlees, Jesus was gebore en hierdie god het Jesus gebruik om baie mense nog verder in die verdoemenis van die vlees in te sleep!! Kyk, wat aangaan hier op die aarde, Jesus het julle hier agter gelos in al hierdie gevare om konsuis vir jul n plek in die hemel voor te berei!! Maar onder tussen gaan al die wrede en slegte dinge voort hier in die skepping! Dit s my duidelik dat die god wat op die aarde regeer selfsugtig is en te heilig is sodat ons in sy teenwoordigheid kan kom!!! Nou moet ons deur n vlees van sy keuse na hom toe gaan vir hulp!!! Mense, dit is verkeerd!! Want dit is net nog n bewys dat ons eers vleeslik dinge moet kan sien voordat ons glo!! Dit is verkeerd mense!!! Ek het nie n vlees nodig om met my Vader of soos wat ek hom ook nog noem Die Prins van Liefde te kan kommunikeer nie!! Ek het nie nodig om heeltyd om vegiffenis te smeek vir my sonde nie!! Ek kan met Hom praat elke oombliik elke sekonde van elke dag en Hy is daar vir my!!! Ek voel altyd deur sy teenwoordigheid wanneer ek met Hom praat!! Ek repekteer Hom vir wie en wat Hy is!!!! Maar ek aanbid Hom nie!!! Dis net die skepper en Jesus wat will aanbid word!
    Jesus was onskuldig in dinge van die skepper ingesleep, ek voel jammer vir wat hy moes deurmaak. Die god het aan hom belowe dat hy net soveel mag en krag as hy sou h. Dit was ook n leun!!! Jesus het alleen doodgegaan!! Want toe het die afstootlike god die skepper om ontrek!! Daar is net een skepper god!!! Daar is geen ander nie!!! Daar is nie n slegte of goeie skepper nie!!! Daar is net een en hy is afstootlik, en wreed!!!!! Die skepping is sy gevangenis vir geeste!!!!

    En hier word die geeste verlei met allerande vleeslike dinge en ook is hulle sy slawe, hulle werk hul lewe om hier en bereik eintlik net wind, want als hier gaan eindelik tot niet!!! Ek het nou die dag nog n stokou tannie gewaar haar liggaam so oud sy sukkel vreeslik om te loop en oor die weg te kan kom en dan is haar kinders nog daar om haar aan te jaag, maar ek sien haar ou bene wou net nie meer nie, ek het haar so bitter jammer gekry!!!! Ek het gesien hoe kyk sy om haar rond op soek na hulp, maar niemand het gehelp nie!!! Dan word daar nog ges dat dit n sen van god is om so lank te lewe hier op die aarde!!! Dit is gn n sen nie dit is n straf om in so n gedane liggaam te moet oor die weg kom!!! Almal sien wat hier op die aarde gebeur, en aanvaar dit sommer maar net, en s!!! Nou wat kan ons nou eintlik doen!!! Maar ek s vir julle vandag ek gaan dit nie aanvaar as my eie nie, ek het n Pappa ontmoet wat my liefhet net soos ek is en ek gaan Hom nie verruil vir hierdie vleeslike dinge nie!!! Ek sal aanhou en aanhou tot ek eindelik weer terug is by Hom!!!! Ek aanvaar nie hierdie vleeslike goed as my eie nie!!! Dit is walglik en afstootlik!!!! Kyk ook nou Jesus is lankal oorlede en die mense vier sy verjaardag!!! Maar dit is al!!!! Vir meeste gaan dit vandag net oor die vleeslike geskenke wat hulle kan kry dit gaan ook oor patytjies waar hordes verkeerde dinge plaasvind!!! Jesus se lyding is lankal vergete!!! Dit gaan nou net oor geskenke en partytjies!!! Jesus wat n vlees was kon niemand na die ware Heer en Vader toe lei nie want hy was maar net n vlees!!!! En hy het ook die skepper se woord verkondig!!! Partykeer het hy dinge nog moeiliker vir mense gemaak om nou konsuis by die skepper uit te kom!!!! Hoor wat ek julle vertel vandag Alles hier op die aarde is verkeerd en vir die verderf!!!!

    Kom laat staan die vleeslike dinge en kom ons roep in n eenheid na n Vader en pappa wat ons waarlik lief het en ons wil vry maak van die slawerny en vleeslike dinge hier in die skepping!!!!

    Groete

    Die Vrou.....

  3. #23
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    54
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Re: My Getuienis!


    Massa Slawerny en handel dryf met lewende wesens!!


    Hierdie is n seer gebeurtenis op die aarde! My Vader het my gewys hoe word baie lewende wesens deur dit gedryf en terselftertyd ook verwoes en gemartel. Eerstens wat hy doen hy gee die mens n begeerte in die hart om te werk! Dan sal die mens op die begeerte reageer en s ek voel lus om te werk of selfs net iets te doen. En ek persoonlik dink dat die mens die meeste afstootlikste dinge hier op die aarde bedrywe want ek het nog nooit n dier teegekom wat slawerny dryf met lewende wesens om geld in te samel sodat hulle meer skatte kan he hier op die aarde nie!! Hulle het dit nie eintlik nodig nie maar nogtans wil hulle dit h!!! Ja, hy gee aan ons die begeerte om besighede te stig om sodoende ryk te kan word in die skepping of soos dit nog genoem word die wreld. Is dit nie verskriklike nie? Want net deur die gedagte van om ryk hier op die aarde te wees dryf die mens voort om al hoe meer besittings in die hande te kry. En natuurlik kos dit geld!!! Die een ding waarvoor sommige mense ook moord sal pleeg om dit in die hande te kry. En dan is daar ook ander wat nie geld in die hande kan kry nie, en dan gaan hulle sommer maar net dood van die honger!! Ek het al voorheen ook genoem dat alles hier in die plek n prys het! Wel hierdie is die fisiese prys waarvan ek praat die vleeslike een! Sien, dit is hoe die mens n slaaf is, en nou omdat die mens n slaaf is nou maak hy of sy ook n ander mens n slaaf om hulle werk vir hulle te doen sodat hulle kan rus. Baie mense is onder betaal vir die harde werk wat hulle moet doen! Maar die eienaar van die besigheid kyk nie na hoe sy mense hard werk sodat sy bankbalans groter kan word en hy net al ryker nie. Hierdie liggame kan net soveel verduur en niks meer nie! Dan gaan dit afdraende met daardie mens. Dan kan die mens voel dat hy of sy nie meer so hard kan werk nie. Party het hulle rue seergemaak toe hulle jonger was met fisiese harde werk en die dag wanneer hulle ouer raak pynig daardie besering hulle! Ja, en kan n mens glo dat die mens dan ook die diere en insekte hulle slawe maak, net hulle werk verniet vir geen beloning nie! Soms word hulle net forseer om dit te doen wat die mens wil he hulle moet doen, en niks anderste nie. Byvoorbeeld hoender henne vir die eiers wat hulle l. En elke eier wat gel word is n geboorte vir die hen en alle vroulike geslagte is gestraf deur die skepper na die ding wat Eva gedoen het sodat elke geboorte pynlik is vir die vroulike geslag maak nie saak wat jy is nie dier, insek, mens, vis of vol! En wanneer hulle nou gedaan is en niks meer eiers kan le nie, dan is hulle nou net goed vir een ding en dit is om geslag te word sodat die mens kan eet! Afstootlik is dit vir my vader! Want daardie henne het ook n hart en het ook gevoelens. Het julle al gesien hoeveel liefde kan n hen in haar hart he vir haar kroos, wel dan weet jul dat hulle ook net soos die mens dinge kan ervaar! En dat hulle ook begeertes kan he, en n verlange soos bv om vry te kan wees of selfs net n beter lewe kan he as om net eiers te moet l elke dag van hul lewe! Daar is nog baie ander soorte soos kuikens wat n soort voedsel kry om gouer te groei en vet te kan word sodat die mens net hulle lekker vet kan eet en die een wie se boerdery dit is net al vinniger ryker kan word, dit gaan mos so in die hoender bedryf. Ook gehoor dit gebeur by die rooivleissoorte soos beeste. Hulle word n middel toegedien om vinniger te kan groei om slaggereed te kan wees. Die mens probeer al hoe meer om die lewens siklus van die diere so te beinvloed dat hulle vinniger groei sodat die mens meer produksie kan lewer! Dit is n gruweldaad in my Pappa se o! Dit is n gruwel om diere net groot te maak om jouself te verryk hier op die aarde! Dan is daar ook nog natuurlik handeldrywe met insekte!!! Kom ons begin by die mees gewildste een die by Ek weet nie of julle mense werklik weet hoe gevaarlik n klomp bye bymekaar kan wees nie. Maar ek het al gesien en ons kon net toekyk hoe hulle ons diere doodsteek toe hulle die dag kwaad geword het vir die een of ander rede dit was net een nes. Die boere hou meer as 50 neste bymekaar aan, en daar is miljoene bye in een nes. Mens kan hulle nie stop nie, daar is taal verwarring, hulle kan jou nie verstaan nie en jy kan hulle nie verstaan nie!! Dus kyk jy maar net toe hoe hulle alles doodsteek! Hulle hou nie op voordat daar geen meer wese is wat beweeg in die omgewing nie. Ek weet die bye is onskuldig, hulle doen wat hulle nodig vind om hul byenes te beskerm. Soos ons ook maar sou doen by ons huise. n byeboer noem daardie mense hulle self. Hulle steel ast ware die voedsel van die bye om te verkoop vir geld. Hulle stel duisende ander lewende wesens in gevaar met hulle boerdery! Hulle plaas hulle kaste net waar hulle wil en ry doodeenvoudig weg sonder enige bekommernis wat nou van die omgewing se lewende wesens gaan word. Die bye word ook vergas en dan beroof die mens die byenes van sy voedsel! Skande is dit net nie!! Nog n gruwel in my Vader s o! Die mens bedrywe aangevuur met die begeertes in hulle harte die mees afskuwelikste dade! Die dier of insek probeer maar net om te oorleef. Maar die mens, nee wat, hulle probeer om alles vir hulle self te kry hier op die aarde! Hulle sal hulle huise en doolhowe bou oor ander lewende wesens. Hulle ruk al die gras en plante uit en ook talle bome wat al meer jare op daardie stuk grond bly as die mens vir hulle geboue en paleise! Hulle gee nie n duit om vir die wese wat sy lewe moet opoffer vir hulle menslike giere nie! Hulle neem ook meeste van die grond in besit sodat daar weinig oorbly vir die plant en die dier. Gaan besoek gerus bietjie die vlooimarkte waar hulle met lewende wesens handel dryf! Julle sal geskok staar na wat daar aangaan! Alle soorte vols se voete word met insolation tape vasgemaak bv hoenders, poue, kalkoene, eende, makoue, ganse, ens. En hulle word net so laat val in die hokke waar hulle moet bly l totdat hulle verkoop word! Die mens gee nie eers om of die dier op sy gesig of nek val nie! Ek kon die lyding van die dier waarneem! Dit het my sommer hartseer laat voel! Ja, en dan sal die ander mense wat diere aankoop op daardie vlooimarkte net loop en spog hoe goedkoop hulle van die soorte diere of vols gekry het!! Maar weet julle daar is nie eintlik n prys hier op die aarde wat vir die waarde van die lewende wese kan betaal nie!! Daar is nie genoeg geld ter wreld om vir dit betaal nie! Dit het my Vader aan my gewys!

    Dit is waaroor alles hier gaan werk om geld te kan verdien om te kan eet of oorleef! As jy nie kan nie, is jy verlore en op jy eie!

    n Slawerny is hierdie plek die aarde ook genoem deur die skepper die tuin van eden

    Groete

    Die Vrou..

  4. #24
    Member
    Join Date
    Nov 2009
    Location
    thabazimbi
    Age
    64
    Posts
    30
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    40

    Default Re: My Getuienis!

    Alles waar liewe mens maar ons moet eet. Die bekende profeet Kalil Gibran se in een van sy geskriffies dat hy die bees bedank daarvoor dat die sy lewe gegee het sodat hy Kalil gevoed kan word. Is dit nie wat die ONSE VADER OOK SE WANNEER ONS DIE SKEPPER DANK VIR VOEDSEL NIE ? Dankie dat U AAN ONS VOEDSEL verskaf laer af op die skeppingsorde wat ons dan sonder gewetenswroeging kan eet! Daarom dan ook dat n vegetarier dieet fyner geestesontwikkeling tot gevolg het?!

    SCHALK

  5. #25
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    54
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Re: My Getuienis!

    Halo Schalk,

    Ja, reg genoeg, daar word gedank vir die voedsel, maar nie vir die dier nie. Die Skepper word bedank. En as ek kyk hoe die dier ook maar spartel om nog aan die lewe te bly kan ek niks anders dink as dat hy onwillig doodgaan vir my lewe nie. Hulle hulpgeroep is vir ons nie hoorbaar nie omdat hulle uit hulle harte om hulp roep. Dan verder is daar ook nogal mense wat hulle ete lewendig voorberei dit wil se lewendig kook sonder om dit eers dood te maak. Ek weet nie of jy my hele getuienis gelees het nie, maar ek glo die skepper is die satan! Hy is nie 'n goeie wese nie! Ek het 'n vriendskap en verhouding met 'n gees wat nie die skepper is nie. En sy woorde staan nie in die bybel nie en daarom neem ek ook nie die onse vader meer ter harte nie! Sy woorde word direk met my gepraat. ek hoef deur 'n mens of enige ander manier met hom te praat nie. Ek praat direk met hom. Hy is vir my die wonderlikste vriend en Vader! Ek het hom innig lief en kan nie wat totdat ek weer by Hom kan wees nie. Want die vlees is nie mmeer vir my begeerlik nie inteendeel dit het vir my afstootlik geword as ek na alles kyk wat hier aangaan.

    Groete

    Die Vrou....

  6. #26
    Member
    Join Date
    Nov 2009
    Location
    thabazimbi
    Age
    64
    Posts
    30
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    40

    Default Re: My Getuienis!

    Ai so n doodsbegeerte tog! Is dit die mens of die GROOT GEES wat opneuk? Ek kry die indruk jy lewe baie afgesonderd. Miskien moet jy net bietjie webreek met n lekker naweek!

    Terloops het jy al DIE GROOT GEES as vroulik ook ervaar?
    Ek praat ook direk en nie deur dominee, Jesus of wie ookal nie maar jou kommunikasie met
    '' JOU GEES'' bekommer my want dit laat jou al hierdie negatiewiteit ervaar!

    SCHALK

  7. #27
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    54
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Re: My Getuienis!

    Schalk,

    Doodsbegeerte se jy, nee dit is net 'n begeerte om by my Vader te kan wees in die gees. Inteendeel ek leef nie afgesonderd nie! ek het 'n man en vier woelige kinders hulle hou my baie besig en gelukkig!! Ek het nie 'n wegbreek kans nodig nie! Ek doen dit wanneer ek met my Vader gesels ek breek weg van al die stress van die lewe op aarde wanneer ek by Hom sit en gesels!! En dit is gereeld! Ek weet nie van die GrootGees waarvan jy praat nie!

    Schalk jy het dan nou gese dat alles wat ek skryf die waarheid is, nou hoekom is die waarheid dan negatief. Kan dit wees dat julle nie die waarheid in die o kan staar nie, en dat jul nou agter 'n leun wil wegkruip! Ek dink ook dat dat 'n gebed om te dank vir voedsel net 'n trooster is, om skuld gevoel van die dier se dood te bedek!

    En 'n vegatariers, ons plant wortels bv. hy is nog besig om te groei dan pluk ons hom uit en eet hom! Hy leef nog, nou wat is die verskil tussen plante of diere wat leef! Ek verstaan ons moet eet, so ek en almal wat hier bly is skuldig om als dood te maak. Maar die mens is die ergste! Ons moet eet omdat ons dit nodig het maar party hulle onnodig eet agter die lekker aan!
    En ook net nog 'n ding almal wil meer geestelik lewe maar almal besef nie dat solank ons in die vlees is ons nooit geestelik sal kan lewe nie, omdat die vlees die dood beteken en die gees die ewige lewe!

    Groete

    Die Vrou...

  8. #28
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    54
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Re: My Getuienis!

    Die Boervolk!

    Ek lees nog gereeld op die eerste werf waar ek my eerste boodskap aan mense geplaas het! En ek het in die begin gedink " Sies dat volwasse mense tog so kan tekere gaan" Hulle vloek mekaar letterlik uitmekaar uit! Hulle beledig nie net mekaar nie, hulle stel die afgryslikste voorbeelde vir enigiemand wat daar gaan lees. Ja, ek het 'n wroeging ervaar soos nog nooit tevore nie! En wanneer mens die dinge wat als daar gese word lees, word mens sommer so koud in die hart! Dat hulle nie kan besef dat hulle eintlik almal van die selfde familie afkom nie! Dat as hulle in 'n gevegskryt geplaas moet word, kan ek niks anders dink as dat hulle mekaar te lyf sal gaan en letterlik sal verskeur net soos die diere sal doen nie. Ek het gisteraand weer daar gaan lees! En, ja, my Pappa wys my toe dat hulle ook maar maak nie saak wat hulle verkeerd doen nie, per slot van rekening ook sy KINDERS is! En dat Hy hulle net so liefhet soos wat Hy my liefhet! My Pappa is nie 'n Groot Gees nie Hy is my beste vriend en Vader in die Koninkryk van die Lig! Hy verhewe Homself nie bo my of enige iemand hier op die aarde nie! Maak nie saak hoe bevlek ons hier op die aarde is van die laste en skulde en sonde nie, Hy vertel my Hy gee nie om nie! Hy s dat ons na Hom toe moet kom, self, net soos ons is! Hy wil ons self leer en self in die regte rigting stuur! Hy wil nie h dat ons agter al die vleeslike dinge aanhardloop en Hom daar gaan soek nie, want Hy staan reeds langs elkeen van ons en wag dat ons Hom moet roep om ons in al ons swaarkry hier op die aarde te kom verlos! Die enigste manier is maar om die vlees agter te laat en net na die geestelike vreugdes te soek! Ek het reeds al genoem dat die vlees die dood beteken mense. Want wanneer hierdie liggame waarin ons geeste is, siek word of seerkry op so 'n manier dat dit doodgaan, sal ons gees vry kom van die gevangenskap van die satan! Ons sal dan weer geestelik gebore word vry van die vleeslike liggaam!

    Wat hierdie boerevolk van ons betref, waaroor twis ons dan nou oor waar die waarheid gaan opstaan en hier seevier op hierdie aarde!!! Hoop eerder tesame dat hierdie hele skepping spoedig bevry sal word en alles weer in die gees herbore kan word! Moenie asseblief nie!...Weer 'n mens julle arm maak nie!!!! Jesus was 'n mens net soos ons!!! Jesus gaan julle nie kom Haal nie!!! Julle hoop is verniet op hom! Hoekom wil julle weereens h dat 'n vlees julle moet kom red as julle geestlike Pappa reeds nou langs julle staan en wag dat julle Hom moet roep om julle vry te maak!!! Hoor wat ek julle s mense Ons Pappa wag angstig om ons vry te maak!!! Maar ons moet tesame na Hom roep want Hy wil geeneen agterlaat hier op die aarde om nog verder so swaar te kry nie!

    Saggies en teer is die roepstem van ons Pappa
    Hy roep, my kinders, kom tuis! Almal wat moeg is kom TUIS. Hy staan en wag aan die deur van ons harte, Hy wag daar vir jou en vir my!


    Vandag, mense HOOP ek Dat daar van nou af met julle gepraat sal word deur my Vader, nie met 'n stem wat hoorbaar is vir die vleeslike oor nie! Maar met sy spesiale stem wat alles hier kan verstaan, "Sy emosie stem" wat 'n klipharde hart sal oopbreek en onmiddellik weer sag sal maak! Daar waar dit in daardie hart eens soos 'n woestyn was dor en leeg en kaal sal hy dit besprinkel met lewendige water sodat dit weer kan begin lewe. Hy sal dit vertroetel met 'n liefde wat geen lewende wese sal kan weerstaan nie!!!

    En weereens s ek dat net liefde alles hier gaan oorwin!!! Geen oorlo en bloeddorstige gevegte nie, Maar, "Net Liefde, Sy liefde, ons Pappa sin"

    Liefde en Groete

    Die Vrouw.....

  9. #29
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    54
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Re: My Getuienis!

    Halo daar weer almal,

    n Eenheid wat beteken dit nou eintlik in die geloofs afdeling! Ek stem saam dat die Groot Lig eerste in Suid Afrika gaan skyn. Dit weet ek verseker! Maar voor dit kan gebeur sal elke mens in die land tot inkeer gebring moet word dat hulle n eenheid sal moet vorm. Dit beteken dan dat almal een Here, Vader of Pappa sal moet ondersteun. En op die oomblik wat ek sien is n deurmekaarspul. Ja, baie dien die Skepper. Maar al dien hulle een God of Koning of Pappa vorm hulle nog steeds nie n eenheid nie. Want groepies mense reg oor die land spring op en hulle almal s hulle dien die God of Vader op die regte manier. En ek weet verseker dat geen Lig hier sal begin skyn voordat die mense nie n eenheid sal kan vorm nie. Ja, ons kan maar oral soek hier op die aarde in geskrewe stukke na die waarheid oor n geestelike Koninkryk, hierdie is n woestyn wat die waarheid betref. Die waarheid staan nie in een boek geskryf nie! Dit is wat die woorde Die nuwe wyn nou eintlik beteken. Dit is woorde wat vars is en nog aan geen mens gegee is nie. Niemand ken daardie woorde nie. Dit is woorde wat reg uit die mond van die Vader sal kom! Nie uit die mond van n mens of boek nie!!!

    Ek hoop dat hierdie tydperk wat voor ons l, hierdie land se mense tot inkeer sal kom en dat hulle sal moet besef alvorens die Lig hier sal kan begin skyn hulle eers sal moet besef dat hulle n eenheid sal moet vorm in n geloof!

    Nou watter geloof sal nou die regte een wees? Net Vleeslik, Of, net Geestelik. Onthou nou die vleeslike dinge gaan alles tot niet. Dit sal net die Geestelike lewe wees wat gaan oorbly!!! Wat gaan julle kies?

    Groete

    Die Vrou

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •