Results 1 to 5 of 5

Thread: Skepper vs God

  1. #1
    Member
    Join Date
    Nov 2009
    Location
    thabazimbi
    Age
    65
    Posts
    30
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    42

    Default Skepper vs God

    Wat dink mede- denkers en filosofeerders van die gedagte dat daar n Skepper is van alles
    wat bestaan en vir elke bewoonde planeet of sterrestelsel n God met sy adjudante bv.
    engele, serafs ens.
    Dat hierdie god dalk n mens of ander lewende wese was wat in geestesontwikkeling so
    gevorderd is dat hy/sy afgevaardigd is om God van die aarde te wees?

  2. #2
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    61

    Default Re: Skepper vs God

    Hallo schalk, gaan lees gerus die draad

    Boerseun / dogter vir God

    Onder die Boervolk Teologie afdeling (Boerseun / dogter vir God) op hierdie werf. Dit behoort meer insae te gee oor waar en hoe alles ontstaan het, dis 'n lekker reis, geniet...

    groetnis
    knipmes

  3. #3
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    69

    Default Re: Skepper vs God

    Quote Originally Posted by schalk View Post
    Wat dink mede- denkers en filosofeerders van die gedagte dat daar n Skepper is van alles
    wat bestaan en vir elke bewoonde planeet of sterrestelsel n God met sy adjudante bv.
    engele, serafs ens.
    Die onderwerp Jahweh of Elohim sluit aan by jou vraag.

    Jahweh, die God van Israel is, volgens die oorspronklike tradisie deur die Allerhoogste (El) oor die Israeliete aangestel. Die Bybel verwys na die Seuns van God wat oor verskillende volke aangestel is. In die Nag Hamadi teks is Jahweh, die God van die Ou Testament, een van die Seuns van God.

    Dat hierdie god dalk n mens of ander lewende wese was wat in geestesontwikkeling so gevorderd is dat hy/sy afgevaardigd is om God van die aarde te wees?
    Volgens die Witboek is Adam (Mens) deur die Skepper aangestel om te "heers" oor die aarde as geestelike Vader en gaan hy met die wederkoms weer in die vlees verskyn.

  4. #4
    Member
    Join Date
    Nov 2009
    Location
    soekend
    Posts
    50
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    42

    Default Re: Skepper vs God

    Goeiemiddag oom Schalk. Ek het die pos gelees - Critias by Plato - en die verhaal sluit vir my aan by oom se vraag. Dit stem nou nie heeltemal ooreen nie, maar dit se vir my dat ,n -soortgelyke- moontlikheid defnitief vandag oorweeg en ondersoek MOET word. Want ek dien ,n God waar/wat NIKS onmoontlik was, is of OOIT sal wees nie, en die GOD is nog onbekend aan my. Ek se so a.g.v. Al die leuens en snert wat al deur die eeue aan ons opgedis word en ons eet maar altegraag lepeltjie vir lepeltjie die gemorskos! Daarom soek ekself (deur die hulp van MY Opperwese/Skepper/God/Heer,Koning) soos EK verstaan en dien met my hele hart, siel en verstand, (met die mate wat aan my toebedeel is) en dus glo ek dan ook dat ek netso leiding sal kry. Groete en aangename dag.
    Last edited by leerling; 30th November 2009 at 15:19.

  5. #5
    Member Manwë's Avatar
    Join Date
    Oct 2009
    Location
    New Zeeland
    Age
    52
    Posts
    8
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    0

    Default Re: Skepper vs God

    God die Allerhoogste, Wese Self/Grenslose Lig, skep wesens en deur wesens, soos mense.

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •