Results 1 to 3 of 3

Thread: Die NG Kerk gaan herbesin oor saamwoon

  1. #1
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    57
    Posts
    1,606
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default Die NG Kerk gaan herbesin oor saamwoon

    NG Kerk kan saamwoon dalk toelaat

    2009-11-28
    Johannes de Villiers


    Die NG Kerk gaan herbesin oor saamwoon en die vraag of die wetlike huwelik die enigste model vir seksuele verhoudings hoef te wees.

    Waar diť kerk tradisioneel alle saamwoonverhoudings buite die statutÍre huwelik afgewys het, gaan daar nou gekyk word na die moontlikheid van groter verdraagsaamheid teenoor sommige verhoudings wat tradisioneel as sonde afgemaak is.

    Dit volg kort op Rapport se berig dat talle stemme in die Hervormde Kerk ín soortgelyke gesprek in diť kerkverband vra.

    Die NG Kerk se algemene sinode se taakgroep vir leer en aktuele sake (Atlas) het die afgelope week bevestig hulle neem die eerste treŽ om ook vir diť kerk ín beleid oor hierdie kwessie uit te klaar.

    Volgens dr. James Kirkpatrick, voorsitter van Atlas, het verskeie lidmate by hulle navraag gedoen oor diť kwessie. Hulle het besef ín nuwe beleid is nodig.

    Die kommissie het laas in die 1970ís oor die saak besin (en toe nog besluit die regering moet gevra word om saamwonery onwettig te verklaar). Nou sal hulle na verwagting ín ander rigting inslaan.

    Een van die lidmate wat die kwessie onder Atlas se aandag gebring het, is dr. Chris Jones, bekende teoloog-skrywer en ook voorsitter van die kantoor vir moraliteit en morele leierskap aan die Universiteit van Stellenbosch.

    Nadat Jones gelees het oor die Hervormdes se gesprekke het hy heelwat oor die kwessie nagedink. Volgens hom is daar baie jong mense wat buite die huwelik monogaam saamwoon en nie meer die kerk se eise oor diť kwessie as realisties beskou nie. Die tyd het dalk aangebreek dat die kerk aanpas.

    Jones wil egter nie hÍ die kerk moet promiskuÔteit goedpraat nie Ė mense moet steeds aangemoedig word om verhoudings op evangeliese waardes soos getrouheid, liefde en wedersydse ondersteuning te grond.

    Maar dit sluit nie alle saamwoonverhoudings uit nie. Talle jong mense bedryf hul saamwoonverhoudings volgens diť waardes en maak hul saak voor God uit. ďIn die Bybel is geen klinkklare gronde om te sÍ dat seksualiteit net in die huwelik kan afspeel nie. Veral jong mense besef dit en daarom vertrou hulle nie meer wat die kerk oor seks sÍ nie.Ē

    Eerder as om alle seks buite die huwelik af te wys, meen Jones die kerk moet mense leer om volwasse besluite te neem. ďDie rol van die kerk lÍ daarin om mense tot geestelike en emosionele volwassenheid te begelei sodat hulle eendag verantwoordelike besluite kan neem.

    ďOns verafgod dikwels die huwelik onnodig. Die huwelik is nie ín goddelike instelling nie. Dit kan net heilig wees afhangend van hoe dit bestuur word.Ē

    Nie almal in die NG Kerk is egter te vinde vir ín meer liberale siening oor saamwoon nie. In September nog het die NG gemeente Doornkloof ín openbare verklaring aan die Kerkbode, lyfblad van die NG Kerk, gestuur waarin hulle gemaan het ďvoorhuwelikse seks, selfs tussen verloofdes, word in die Bybel sterk veroordeelĒ en dat ďenigeen wat vasgevang is in enige vorm van onsedelikheid, saamblyery ingesluit,Ē berou moet toon.

    Dr. Gerhard Lindeque, redakteur van Die Hervormer, lyfblad van die Hervormde Kerk, het onlangs gesÍ daar is al hoe meer stemme in diť kerkverband met vrae oor diť kwessie.

    ín Gesprek sal na verwagting op die Hervormdes se volgende algemene kerkvergadering volgende jaar plaasvind.

    ďOns verafgod dikwels die huwelik onnodig. Die huwelik is nie ín goddelike instelling nie. Dit kan net heilig wees afhangende van hoe dit bestuur word.Ē

    bron - Rapport

  2. #2
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    69

    Default Re: Die NG Kerk gaan herbesin oor saamwoon

    Storm in Kerk oor saambly

    Johannes de Villiers


    ín Storm dreig in die NG Kerk oor saamwonery.

    Diť kerkverband kan binne die volgende twee maande ín nuwe voorstelbeleid oor saamwonery hÍ Ė iets wat tradisioneel onomwonde as sonde afgewys is.

    Die gewilde prediker Angus Buchan het die afgelope paar jaar talle behoudende lidmate se mening saamgevat deur saamwonery onder meer as hoereerdery te beskryf.

    Die NG Kerk se taakspan vir leer en aktuele sake (Atlas) gaan egter nou herbesin oor diť kwessie omdat die kerk tans geen duidelike amptelike beleid daaroor het nie. Boonop meen al hoe meer progressiewe lidmate die kerk moet meer verdraagsaam teenoor sommige saamwoners wees.

    Maar behoudende lidmate en kerkleiers, onder wie die moderator, het die afgelope week gesÍ dit sou ín fout wees as die kerk ín vorm van saamwonery buite die huwelik goedkeur.

    ín Johannesburgse predikant het aan Rapport gesÍ ín debat oor diť kwessie kan vir baie mense selfs meer emosioneel as die homoseksualiteit-debat van ín paar jaar gelede wees.

    Dr. James Kirkpatrick, Atlas-voorsitter, sÍ hulle wil einde Ja-nuarie ín voorstelbeleid aan die algemene sinodale kommissie voorlÍ.

    Die kommissie sal dan oor die pad vorentoe besluit. Die voorstelbeleid sal waarskynlik voor die volgende algemene sinode dien.

    Dit gons in die NG Kerk nadat die amptelike lyfblad, Kerkbode, sy jongste voorblad aan diť kwessie afgestaan het. Saamwonery kom wyd onder (dikwels vrome) lidmate voor.

    Heelwat lidmate, ook teoloŽ soos dr. Chris Jones, het aan Atlas geskryf om te vra dat die kerk ín nuwe, minder veroordelende beleid formuleer. Jones meld spesifiek jong mense wat saamwoon en wat later wil trou en ouer mense wat dit om pensioenredes nie kan bekostig om te trou nie.

    Kirkpatrick het Vrydag gesÍ hulle wys nou kenners aan om die kwessie te bestudeer. Die nuwe beleid moet verduidelik ďhoekom ons tog graag sal wil hÍ dat paartjies in ín huwelik ingaan, maar jy kan saamwoon nie sommer net aan losbandigheid gelykstel nieĒ.

    Prof. Adrio KŲnig, ín teoloog wat wyd as ín behoudende stem beskou word, meen die gesprek sal sinvol wees. Hy bied kursusse vir voornemende doop*ouers aan en ďby elke doopvoorbereiding daag mense op wat nie getroud is nie en hul baba wil laat doopĒ.

    Hy raai sulke paartjies aan om eers te trou, maar hy glo die tyd is ryp dat die kerk die kompleksiteit van saamwoon weer bekyk. ďEk hoor diť gesprek al sedert die 1960ís. Dit het onder ongelowiges begin, maar vind nou ook onder gelowiges plaas.Ē

    Volgens KŲnig is daar nie in die Bybel tekste wat ondubbelsinnig op die hedendaagse huwelik van toepassing is nie. ďDie huwelik was destyds ín ekonomiese reŽling. Nou gaan dit oor liefde.Ē

    Heelwat NG kerklui is egter teen die kondonering van saamwoon gekant. Die moderator, prof. Piet Strauss, sÍ besinning oor etiese kwessies is altyd welkom, maar dit is onwaarskynlik dat die kerk seks buite die wetlike huwelik sal verdra. ďIn ons debat oor homoseksualiteit het ons gesÍ seks hoort binne die huwelik. Saamwoon is nie vir die kerk aanvaarbaar nie. Ek glo daar is genoeg Skrifgetuienis vir diť siening.Ē

    Strauss sÍ die waarde van die wetlike huwelik lÍ daarin dat ín egpaar se verbintenis deur die breŽ gemeenskap erken word.


    Uit Rapport dd 2009-12-05

  3. #3
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    69

    Default Re: Die NG Kerk gaan herbesin oor saamwoon

    Die huwelik is nie deur God ingestel

    deur Willem

    Die debat oor die huwelik wat die NG Kerk blykbaar op die tafel geplaas het, loop gevaar om deur wedersydse emosionele aanvalle oorheers te word.

    Dit is helaas nie waarop enige argument gebou moet word nie.

    Oor en weer beskuldigings en verdagmakery dien nie die doel van ín argument nie. Stellings en gevolgtrekkings bou argumente.

    God is in beheer en sal nie deur mense (kerke) beperk word in hoe Hy saamvoeg nie.

    Die huwelik as instelling is deur die staat ingestel as ín poging om die samelewing te orden en omdat die kerk aan die staat onderhewig was (is, soos die onlangse verlede aangetoon het) het die huweliksinstelling in die kerk neerslag gevind.

    Om die kerk se onderdanigheid te regverdig, word ín teks uit Genesis voorgehou asof dit sou beteken dat God nťt in ín huwelik saamvoeg.

    Deur die eeue het die kerk in hierdie dwaalleer volhard. Die huwelik is niť ín instelling van God soos wat die meeste kerke se huweliksformuliere graag aantoon nie en om hierdie rede alleen behoort die huwelik as enigste ruimte vir ín seksuele verhouding nie as Bybelse norm aanvaar te word nie.

    Net so is daar geen waarheid in om seksualiteit en die uitlewing van die seksuele buite die ruimte van ín huwelik sonder meer as losbandigheid en hoerery af te maak nie.

    Die oppervlakkige hantering van geselekteerde Bybelse tekste wat algemeen aangewend word om hierdie blindelingse gelykstelling te regverdig het meesal ín heeltemal ander hermeneutiese betekenis.

    Norme vir ín seksuele verhouding moet op ín dieper vlak gesoek word as bloot net om alles waaroor jy onkundig is of nie mee saamstem nie, as sonde te tipeer.

    ín Seksuele verhouding is bedoel vir ín vaste en langdurige verhouding waarin twee mense se liefde vir mekaar in intimiteit na vore kom, met ander woorde, in ín verhouding waarin hulle verantwoordelikheid vir mekaar binne ín liefdesverbond aanvaar.

    Dit het met die juridiese huweliksluiting eintlik niks gemeen nie.

    Uit Beeld dd 2009-12-08

Similar Threads

  1. NG Kerk ondersoek die Duiwel
    By Die Ou Man in forum Artikels uit die media
    Replies: 5
    Last Post: 2nd May 2019, 17:00
  2. Die kerk is nie 'n debatvereniging nie
    By Die Ou Man in forum Nuus
    Replies: 5
    Last Post: 11th April 2012, 13:46
  3. Ek glo nie meer in die god van die kerk nie!
    By Die Ou Man in forum Witboek
    Replies: 0
    Last Post: 22nd May 2009, 12:28

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •