Page 2 of 2 FirstFirst 12
Results 11 to 12 of 12

Thread: Openbarings en ander.

  1. #11
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    54
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Re: Openbarings en ander.

    Ou Sanna

    Ek het jou op my ander draad "No more heroes" geantwoord.

    Groete

  2. #12
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    54
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Re: Openbarings en ander.

    More aan Almal,

    Nee wat lyk vir my of jy 'n liberalis of humanis is! Nee daar is nie 'n hande gevattery nie.
    Nee, ek is nie ‘n humanis of ‘n liberalis nie, nee, definitief nie! Ek dink nie dat ek dit mooi verduidelik het nie. Maar sal dit nou graag doen.

    My Pa het my geleer dat omdat die vlees aan die skepper daarvan behoort, behoort ook die vuilheid (sonde) daarvan ook aan hom. Dit is nou die volgende: “jaloersheid, moord, molesteerders, haat, nyd, vloek, skel, skinder, leuns, mishandel, wreedheid, twis, onmin, rasse verskille, hoerery, egbreek, misbruik van drank of dwelms of sigarette of voedsel of enigiets wat die liggaam kan inneem, steel, verkeerd begeertes seksueel en ander, rasisme en nog baie ander wat ek nie nou kan opnoem nie.

    Hierdie sondes en vuilheid gebruik hy dan om ons geeste wat in die liggaam vasgvang is met die laste van die sonde daarvan te pynig en te martel en selfs ook deurentyd skuld gevoelens te gee van wat jy verkeerd doen terwyl jy in die vlees is. En ook nog wil hy jou die heeltyd vertel dat dat volmaaktheid moet bereik in die vlees wat onmoontlik is. Self Jesus kon nie volmaak wees nie, want hy het nog steeds kwaad geword. Vir my beteken volmaak, totaal en al vry van alle sonde en verkeerde emosies!

    Ek gaan jul ‘n voorbeeld gee van wat eenkeer met my gebeur het. Ek het ‘n baie sensitiewe maag en word gou naar vir die geringste, my vlees bedoel ek.
    Ek en my jongste dogter het bietjie gaan inkopies doen en terwyl ek en sy so stap struikel ek toe amper oor ‘n mensekind wat voor ‘n winkel op die sypaadjie lę in die son in sy vorige aand se ete, hug, ek het so naar geword. Maar ‘n ruk later toe ek sit en dink aan die hele situasie, het my Pa my gewys waar ek die vleeslike dinge erg vind of selfs onvergeeflik, is dit nie die geval by Hom nie. Hy is ‘n gees en is nie onderworpe aan die verderflike vlees nie. Daardie man, ‘n boemelaar neem ek aan, het vir my afstootlik voorgekom omdat my sintuie van my vlees dit nie kon aanvaar het nie. Nie vir my Pa nie, Hy het daar by hom gestaan maak nie saak wat die mensekind verkeerd doen is sy/haar lewe nie, Hy het daar bly staan, dit is dan Sy kind wat daar binne in die vuil vlees vasgevang is. Hy kyk verby die verderflikheid van die vlees en sien net Sy kind wat hulp nodig het, dus bly Hy daar en probeer help deur iemand te kry om vir die ou jammer te voel en soedoende Hom help om Sy kind te help wat daar lę weerloos teen die verslawing van die vlees, weerloos teen die tong van die ander mensekinders. Want almal wat verby hom loop bedink en sę nie goeie dinge van hom nie.

    Dus wanneer jy hande vat met iemand al is hy/sy vuil bevlek in die vlees van die sonde, en heeltemal onaanvaarbaar vir jou vlees, moet jy nie die vlees raaksien nie maar die geeslike wese binne-in die vlees wat skoon en mooi is, en so met hom/haar hande vat al doen jy dit in die vlees.

    Groete

    Die Vrou..

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •