Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 10 of 16

Thread: No more heroes!

  1. #1
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    55
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    46

    Default No more heroes!

    Goeiemore aan almal hier op Wendag!

    Vanoggend wil ek ietsie baie spesiaal met julle deel.
    My Pappa se Liefde!

    Ek weet ek het dit al vele kere aan julle verduidelik, maar miskien het iemand vanoggend hierdie liefde baie nodig. Ek wil julle vertel dat daar niks so genesend is soos my Pappa se liefde nie.
    Vanoggend weereens het my Pappa my weer verduidelik hoe lief Hy my het met die lied wat ek hieronder vir julle neergeskryf het van Westlife.
    Hierdie liefde van my Vader roer my hart darem vreeslik vanoggend, en ek wil Sy liefde met julle deel!

    No more heroes(Westlife)

    When your waves are crashing down
    Pulling you to sorrow
    I will sail you back to shore
    When there are no more heroes
    Over under near a farm
    I will be right beside you
    Standing here with open arms
    When there are no more heroes
    And through it all, and through it all,
    When youre tired and you stumble
    I will carry you
    When starlight falls
    My love will guide you
    You will never be alone
    When there are no more heroes

    It was You who showed me how,
    Brought me back to glory
    Through hopeless loves and darkest days
    It was breath you gave me

    And through it all, and through it all
    When youre tired and you stumble, I will carry you
    When starlight falls
    My love will guide you
    You will never be alone
    When there are no more heroes

    ++++++++++++++++

    NS: Miskien as julle eendag vir Hom nodig het onthou net altyd Hy staan alreeds langs julle met Sy hande uitgestrek om dit vas te vat en julle te help en lei!


    Groete

    Die Vrou
    Last edited by Die Vrou; 22nd February 2010 at 11:17.

  2. #2
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    55
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    46

    Default Re: No more heroes!

    Hello Wendag!

    Hierdie lied is eintlik 'n boodskap van my Pappa na JULLE toe! Ja die lied het ook sy eie betekenis vir my!

    Ek gaan ook deur 'n groot stryd teen die satan soos ons almal maar doen..
    Daar is dae wat ek werklik voel dat eke dit nie gaan haal nie.. Maar my Pappa is altyd daar om my te verseker dat Hy daar is. My dae voel deesdae so bewolk en donker soos die nagte .. Want die satan se stem het ek jul al vertel het is soos 'n emosie net soos my Pappa sin. Omdat ek teen hom getuig verseker hy my vele kere al dat hy my gaan dood maak. So die lied se betekenis vir my is soos volg: My Pappa weet ek bly op 'n klein Plasie, so daar waar die woorde s "Over under near a farm" en I will be right beside you" en ook nog " Standing here with open arms" Is vir my..
    Hierdie woorde: " Over under near a farm" moet eintlik s " Over under near afar "

    Miskien het julle dit al agtergekom ek weet nie eintlik nie.. Daarom wil ek julle vertel wat my Pa my gewys het vandag!

    Vandag het ons mense maar baie helde party wereldse helde en ander weer goddelike helde! Sy bedoeling met die woorde van die lied s dit eintlik duidelik.. Dat julle nooit alleen sal wees wanneer julle die dag uitvind dat Jesus en al die ander goddelikke helde maar net 'n klug is.
    Hy het julle en myself innig lief en wag maar geduldig met ope arms vir ons om ons besluite te neem!

    Ek het maar net gedink ek moet julle vertel van my Pappa se liefde vir julle WENDAG!

    'n Aangename dag vir julle!

    Groete

    Die Vrou..
    Last edited by Die Vrou; 24th February 2010 at 11:38.

  3. #3
    Member Ou Sanna's Avatar
    Join Date
    Jan 2009
    Location
    Potchefstroom
    Posts
    75
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    45

    Default Re: No more heroes!

    Quote Originally Posted by Die Vrou View Post
    Hello Wendag!

    Hierdie lied is eintlik 'n boodskap van my Pappa na JULLE toe! Ja die lied het ook sy eie betekenis vir my!

    Ek gaan ook deur 'n groot stryd teen die satan soos ons almal maar doen..
    Daar is dae wat ek werklik voel dat eke dit nie gaan haal nie.. Maar my Pappa is altyd daar om my te verseker dat Hy daar is. My dae voel deesdae so bewolk en donker soos die nagte .. Want die satan se stem het ek jul al vertel het is soos 'n emosie net soos my Pappa sin. Omdat ek teen hom getuig verseker hy my vele kere al dat hy my gaan dood maak. So die lied se betekenis vir my is soos volg: My Pappa weet ek bly op 'n klein Plasie, so daar waar die woorde s "Over under near a farm" en I will be right beside you" en ook nog " Standing here with open arms" Is vir my..
    Hierdie woorde: " Over under near a farm" moet eintlik s " Over under near afar "

    Miskien het julle dit al agtergekom ek weet nie eintlik nie.. Daarom wil ek julle vertel wat my Pa my gewys het vandag!

    Vandag het ons mense maar baie helde party wereldse helde en ander weer goddelike helde! Sy bedoeling met die woorde van die lied s dit eintlik duidelik.. Dat julle nooit alleen sal wees wanneer julle die dag uitvind dat Jesus en al die ander goddelikke helde maar net 'n klug is.
    Hy het julle en myself innig lief en wag maar geduldig met ope arms vir ons om ons besluite te neem!

    Ek het maar net gedink ek moet julle vertel van my Pappa se liefde vir julle WENDAG!

    'n Aangename dag vir julle!

    Groete

    Die Vrou..
    Hallo Die Vrou

    En presies hoe kom jy daarby uit dat Jesus 'n klug is? Brei meer uit hieroor sodat ons kan verstaan.

    Groete

  4. #4
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    55
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    46

    Default Re: No more heroes!

    Hello Ou Sanna,

    Jesus is net n mens en geen mens kan teen die satan veg nie, want die satan is n gees! Jesus is en was n vleeslike mens net soos ek en jy! En boweal watter god het Jesus gedien die skepper Die skepper is die satan. Daar word ook ges Jesus gaan op die wolke kom, die mense sien n wolkie wat die beeld het van n mens en s hulle dit is Jesus! Nou waar is hy? Daar word beweer dat as hy op die wolke kom gaan elke menslike oog hom kan sien, hoe kan net Mosselbaai hom nou konsuis gesien het?

    n Vreemdeling het eendag vir my iets interressant vertel van Jesus.

    Toe Jesus mos opgevaar het na die hemele soos die bybel dit noem, het hy ges hy gaan vooruit om vir ons n plekkie voor te berei in die hemel, reg! Nou hoor wat s die vreemdeling toe vir my:
    Nou hoekom los hy ons dan nou hier op die aarde as hy weet hoe gevaarlik dit hier is!! Dit is mos net so goed dat ek my kinders tussen n klomp kwaai Rottweiler honde sit en s dat hulle moet doodstil sit en vir my wag, wetende van die gevaar! HOEKOM?
    En ook nog watter god sit ons in die vleeslike liggame wat so gepynig kan word, tesame met ander lewende wesens wat n gevaar vir ons inhou?
    Nie ek of jy of geen ander mens in die vlees kan die satan beveg nie. Nou hoe gaan Jesus? En ook nog n ding hoekom moet hy ons kom haal as dit dan ook sy vader se wil is dat ons in die liggame moet wees?
    Jesus het nog nooit kan ook nooit en gaan ook nooit vir ons hier op die aarde kom red nie! Net my Vader kan.
    Jesus is ook maar net ook n menslike hoop om uit hierdie hel van die skepper gered te kan word! Hier waar ons sy slawe is.

    Groete

    Die Vrou

  5. #5
    Member Ou Sanna's Avatar
    Join Date
    Jan 2009
    Location
    Potchefstroom
    Posts
    75
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    45

    Default Re: No more heroes!

    Die Vrou

    Ek hoor wat jy s, maar waar staan dit geskrywe dat die mens nie satan kan weerstaan nie? Natuurlik kan 'n mens as hy die wildskrag het, die satan weerstaan. Ek moet vir jou die skrif net eers kry.....

    Dit is die lering in Jakobus 4:7.
    Jy moet wys dat jy van God afhanklik is deur na Hom te luister. Weerstaan die duiwel en hy sal van julle af wegvlug.

    Sien as jy in GOD staan kan jy definitief die duiwel weerstaan, hoekom het die satan in die eerste plek gerebelleer?
    Omdat hy jaloers was op die mens wat GOD geskape het en dat GOD die mense bo die Engele, Sy Godeseuns, verhoog het, maar ongelukkig a.g.v. sondeval het die mense daardie posisie tydelik verloor.

    Alhoewel Christus mens was, het Hy dan self die satan ook weerstaan en die duiwel het Hom vir 'n WYLE uitgelos....

    Groete

  6. #6
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    55
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    46

    Default Re: No more heroes!

    Ou Sanna

    Jou woorde..

    "Alhoewel Christus mens was, het Hy dan self die satan ook weerstaan en die duiwel het Hom vir 'n WYLE uitgelos...."

    Die duiwel het hom vir 'n wyle uitgelos... maar hom agterna nog steeds getreiter. Wie was Jesus se god?

    Moenie dat dit jou flous nie die duiwel gaan weg maar hy kom weer...

    Maar vertel my eerder weerstaan jy die duiwel as jy deur Jesus van die krag voorsien is of kan jy self ook die duiwel sien. In die bybel staan daar dat Jesus gekom het om die duiwel aan ons te openbaar en die duiwel naak uitgetrek sodat almal die duiwel kan sien. nou vra ek jou hoekom is hy nog steeds nie sigbaar vir ons nie??

    My grootste ervaring met my diepste wese het ek geveg om volmaaktheid te bereik as ek my weer kom kry het, het ek weer gesondig volgens die bybel dan was die duiwel daar om my weer om die bos te lei en ek kon hom nie sien nie! En hoeveel mense sit tot vandag toe nog met daardie begeerte, leraars, leerlinge, kinders, volwassene en ou mense tot die wat se en die woorde van god versprei maar als tevergeefs. mense se die duiwel is geopenbaar maar wys vir my waar is hy geopenbaar....

    Die bybel beskryf in Rom 8:5 Want die wat vleeslik is, bedink" vleeslike dinge" en die wat geestelik is bedink "geestelike dinge" . Hier word beskryf dat die wat in die vlees lewe net vleeslike bewyse sal soek en die geestelik sal geestelike bewyse soek . met ander woorde hulle sal nie mense of boeke raadpleeg nie maar direk met die Hemelse Vader praat.

    Groete

    Die Vrou

  7. #7
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    55
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    46

    Default Re: No more heroes!

    Hello daar weer,

    Ek wil graag nog n stuk uit die bybel aanhaal waar my Pappa my gewys het dat ons glad nie op mense mag vertrou nie en dat hulle n mens maklik kan mislei.

    Jeremia 17 : 5 Staan daar: So s die Here: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die Here afwyk.

    Met hierdie woorde het my Pappa my gewys dat ek nie mense se leringe kan vertrou nie en dat ek my net op Hom moet fokus.

    n Mens is geestelik blind en kan nie sien wie hom lei nie daarom eerder laat die Here jou self lei, want as jy na Hom toe gaan vir antwoorde gee Hy dit vir jou.

    Daarom het ek my Pappa in die koninkryk van die Lig my arm gemaak en vertrou net op Hom en geen ander.

    Daarom is die lering van Jesus vals en dus nie waar nie. Dit is hoekom ek hom n klug noem.

    Maar soos die vers praat van vervloeking dit is nie my Pa se woorde nie. Hy Vervloek ons nie, Hy het ons lief. En ook verkwadelik hy ons nie vir wat ons hier in die skepping verkeerd doen nie.

    Want oral om ons is daar geeste wat die vlees kan beheer volgelinge van die satan wat gees is en hulle kan ons soos poppe aan toutjies laat dans net soos hulle wil h ons moet dans.
    Soos wat alreeds hier op die aarde gebeur. Die satan sweep ons so teenmekaar op net soos hy wil en sodoende sukkel ons dan om n eenheid te vorm. Maar hy gaan verloor as ons dan die een en die ander kan oorsien vir sy of haar swakhede of soos ook genoem kwaaddoenery of ook nog sondes en ons man teen hom staan om te oorwin en vir ewig dan so vry gemaak te kan word van die slawerny hier op die aarde in die skepping. Met ander woorde Hande vat en vir die regte Here My Pappa te vra om ons te kom help en te red.

    Ek is aan geen kerk gelowe gebind nie, ek het maar net by my Pa geleer dat as Hy die grootste kwaaddoener of sondaar soos baie dit noem kan oorsien kan ons ook. Hy het ons altyd lief en veroordeel of vervloek ons glad nie oor die dinge wat ons verkeerd doen nie. Sy liefde kan deur geen mens weerspieel word nie want geen mens kan soos Hy lief he nie. Ook nie Jesus nie want hy het op verskeie plekke in die bybel kwaad geword! Mense het swakhede en foute oftewel sonde Hy nie. Hy is en bly altyd dieselfde. Hy word nie kwaad nie, Hy is nie jaloers nie, Hy is nie selfsugtig nie, Hy neem nie wraak nie, Hy vervloek nie en so baie nog meer kan ek opnoem. Maar die god in die bybel wat my Pa aan my gewys het as een god die god wat die skepper van mens en dier en plant is, hy is die satan en hy doen al die slegte dinge want hy se self vir julle in sy boek die bybel "ek is 'n jaloerse god". Nou gaan sit nou maar net by jouself en dink watter slegte emosie is jaloesie!!! En ook watter emosies gaan met jaloesie gepaard of gaan vind bietjie uit by mense wat jaloesie ken!! Dan sal jy self sien.

    Groete

    Die Vrou..

  8. #8
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    69

    Default Re: No more heroes!

    Quote Originally Posted by Die Vrou View Post
    Hello Wendag!

    Vandag het ons mense maar baie helde party wereldse helde en ander weer goddelike helde! Sy bedoeling met die woorde van die lied s dit eintlik duidelik.. Dat julle nooit alleen sal wees wanneer julle die dag uitvind dat Jesus en al die ander goddelikke helde maar net 'n klug is.

    Die Vrou..
    Die Vrou.

    Jou persoonlike beskouing soos in jou poste hierbo verwoord, is gegrond op 'n wanvoorstelling wat baie oud is. Daardie wanvoorstelling is deur die Rooms Katolieke Kerk gevestig, deurdat hulle van Jesus 'n afgod gemaak het.

    Daar is geen geskrif wat daarop dui dat die dissipels of ander volgelinge vir Jesus aanbid het of dat hy op aanbidding aangedring het nie. In teendeel, die Christus het homself beskou as Middelaar tussen ons en sy Vader en het ons deur sy model gebed geleer hoe om tot die Vader te bid. (Die Onse Vader/ Pater Noster)

    Die Meester is juis deur die Satan versoek en uiteindelik deur Satan en sy priesterdom gemartel en vermoor. Maar deur die opstanding het Hy die oorwinning behaal oor die Satan sowel as oor die wette van die Ou Testament, ingevolge waarvan hy aangekla is.

    Indien die Kerk daarmee staak om van die Meester 'n afgod te maak en liewer daarop konsentreer om sy boodskap te verstaan, sal hierdie misverstande nie realiseer nie.

    Jy kan my persoonlike geloofsbelydenis hier gaan lees.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  9. #9
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    55
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    46

    Default Re: No more heroes!

    Die Ou Man

    Ek kan jou eerlik antwoord ek ken nie eers die Rooms Katolieke kerk nie, of hulle geloofswyse nie. Ek het ook nog nooit oor hulle gelees nie. Vir die eenvoudige rede dat ek nie daarin belangstel nie.
    Ek het nie ges dat Jesus ges het mense moet hom aanbid nie, maar tog gebeur dit so in baie kerke en selfs by mense wat ook nie eers kerk toe gaan nie.
    Ek was een van hulle, mens word geleer van kindertyd af om te glo dat net die wat in Jesus glo hemel toe sal gaan. Die rituele en aanbiddings prosesse vind mens maar in die kerke.

    Toe die tyd aangebreek het vir my om na die Here te soek vir sy hulp en leiding, het ek ook terselftertyd vuriglik gesmag na die geestelike lewe. Maar vinnig het ek besef by mense en in boeke kan mens nie die Here se dinge vind nie. Daar is nie een wat dieselfde geloof het nie. Almal se gelowe verskil van mekaar. Die groep glo so en ander groepe weer op n ander manier. Ek het toe hierdie besluit geneem op myself dat ek die waarheid nie by mense gaan soek nie maar by die Here self.
    My Pa het my verduidelik dat Jesus gebruik word om baie van Sy kinders op die verkeerde spoor te plaas. Ek het niks teen Jesus as persoon nie. Vir my is dit baie hartseer dat hy so verskriklik moes ly vir n leun. Ek stem saam dat die satan hom vermoor het, hy het vlees gebruik om dit te doen.

    (die Christus het homself beskou as Middelaar tussen ons en sy Vader en het ons deur sy model gebed geleer hoe om tot die Vader te bid. (Die Onse Vader/ Pater Noster)
    Ek wil jou vandag n vraag vra, het jy nie n begeerte om eerder persoonlik self met ons Vader te praat as om via n mens te gaan nie?

    Vir my ek weet nie van ander mense nie, is dit baie belangrik om as moeder van my kinders
    n persoonlike verhouding met hulle te h. Hulle weet ek wil altyd self met hulle praat oor hulle probleme en ook oor al die Goeie dinge in hulle lewe hier op aarde. Ek wil persoonlik self deel in hulle hartseer en vreugdes. Dit grief my absoluut om via n ander mens van hulle dinge te hoor. Dit hoort nie so nie. Presies so is my verhouding met my Vader. Ek staan direk onder Hom. Ek gaan nie via Jesus of enige ander mens na Hom toe nie. Ek praat direk met Hom en Hy met my. En wanneer ek dan bid is my o nie toe en kniel ek nie op my kniee nie. Ek staan of sit partykeer hang net af hoe die omstandighede is. Soms sit ek sommer so in my motor of ander kere loop ek om ons kleinplasie in die veld, n plekkie waar ek rustig kan gesels sonder om gesteur te word. Soms roep ek en nooi ek my pappa om n rukkie by my te sit en gesels. Partykeer ook soms so tussen my daaglike pligte deur. Net wanneer ek wil. Hy is altyd daar vir my.

    Ek het reeds jou geloofsbelydenis gelees. Ek het nie al jou kennis van al die soorte bybels en geloofs lere nie. Ek lees ook baie min in engels.
    Nog steeds s ek dat n mens nie op n mens kan vertrou nie. Dit is verkeerd. Ons almal moet een geloof h en n eie verhouding met ons Vader in die hemel.

    En nog iets vir my is die skepper van die hemel en aarde die satan. Want wreed is die skepping, aanskou dit bietjie van naderby. Mense s n skaap word mak na die slagpale gelei. Hy gaan glad nie gewillig dood vir ons nie, dit is n leun. Was julle al teenwoordig wanneer n skaap geslag word. Ek was al vele kere, ons boer met Damara skape. Ek het al gehelp om die skape te slag, baie kere. Hulle voer ook nog vir oulaas n stryd net soos n bokkie in die wild om aan die lewe te bly. Hulle skop en ruk om los te kom maar tevergeefs, die vyand die mens is sterker as hulle.

    Nee wat wreed is die skepping, en die een wat dit gemaak het kan nie liefde in sy hart h nie!

    Groete

    Die Vrou

  10. #10
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    69

    Default Re: No more heroes!

    Die Vrou.

    Besoek asb hierdie skakel en luister ook na die klankbaan.

    Dit is hier waar dinge begin skeef loop het.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •