Page 3 of 4 FirstFirst 1234 LastLast
Results 21 to 30 of 36

Thread: Verslag van die Teokrasie-komitee

  1. #21
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    59

    Default Re: Verslag van die Teokrasie-komitee

    Regtig, ek speel eerder die Lotto!

    groetnis
    knipmes

  2. #22
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Verslag van die Teokrasie-komitee

    Die Teokrasie Komitee bestaan uit selferkende Jahwehiste wat met hul teokrasie model die Jahweh-kultus van die Ou Testament wil koppel aan die Wenkommando van Bloedrivier.

    3.3 Naam

    Die Naam van die staat is Gelofteland.

    3.4 Grondgebied

    Die grondgebied is dit wat ons Vader aan ons sal gee.


    Dit is bekend dat die Gelofte gesluit is met die God van hemel en aarde.

    Dit is ook bekend dat Jahweh nie die Skepper van hemel en aarde is nie, maar 'n Midde-Oosterse stamgod uit die Kanašnitiese panteon.

    Jahweh was nie 'n party tot die Gelofte nie.

    Die Jahwehiste se aanspraak op die term "Geloftevolk" is dus on-Goddelik.

  3. #23
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Verslag van die Teokrasie-komitee

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post

    Die oppergesag van Jahweh soos verklaar in die Teokrasie Dokument is 'n blote gedweep met Jahwehisme, want uiteindelik is Jann Schlebusch se hoogste gesag 'n dobbelsteen. Die onderstaande is 'n aanhaling uit Schlebusch se: "Verslag van die Teokrasie Komitee."

    Elke konsepwet moet debatteer en dan eenparig goedgekeur word. Gedurende hierdie reses mag lede mekaar nie mondelings probeer oortuig nie. Hulle mag wel skriftelike motivering aan mekaar gee vir oorweging. As hulle weer vergader, moet geen bespreking toegelaat word nie. Die vergadering word dan weer gevra of daar enige beswaar is. As daar steeds nie eenstemmigheid is nie, moet die lot gewerp word om ons Vader se beslissing te vra.


    Die hoogste gesag in Gelofteland sal dus 'n dobbelsteen wees.
    "Rooi Jan" rapporteer soos volg uit die vergadering van die Geloftevolk KoŲrdineringskomitee op 8 Oktober 2010.

    More Boere

    Ek sit in die saal hier by Nampo. Die groot vergadering is op die punt om te begin. Op die stadium is daar sowat 100 persone teenwoordig.

    ********

    Daar is besluit dat daar indringend gekyk moet word na hierdie volk se identiteit. As ons nie weet wie ons is nie, hoe kan ons vorentoe gaan? M.a.w. is ons Boere, Boere-Afrikaners of geloftevolkers? Dit is 'n baie teer punt, maar ek glo dat ons die antwoord sal vind.

    Bron: Artikel-GKK-Nampo-vergadering
    Die teenwoordiges is nie seker of hulle Boere, Boere-Afrikaners of Geloftevolkers is nie. Die oplossing is eenvoudig.

    Hou by die reŽling soos bepaal in die "Verslag van die Teokrasie Komitee" soos hierbo aangehaal.

    Werp die lot!

  4. #24
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Verslag van die Teokrasie-komitee

    Ter wille van diegene wat dit vreemd vind dat die Geloftevolk-manne antwoorde van hul stamgod, Jahweh bekom deur "dobbelstene te gooi" is dit bloot regverdig om aan te dui dat hul geloof dit wel voorskryf.

    URIM AND THUMMIM

    Urim-and-Thummim.jpg



    Urim_and_Thummim.jpg
    Urim and Thummim were precious stones (jems) carried by the High Priest. They were used by him to determine Yahís answers to the questions in certain matters.
    There is not a lot said about them in the bible but there are some theories as to what they were and how they worked.

    The Urim and Thummim were on, by, or part of the Ephod worn by the High Priest. For this reason the breastplate is often referred to as the breastplate of judgement.
    Many believe these stones were thrown in a similar way as die are thrown. In the throwing of the stones Yah would somehow reveal a decision to Aaron the High Priest.

    In the isnstructions for making the breastplate in Exod. 28:16, it says the linen was to be double stitched to form a square. It is possible that these two stones were kept in a type of pocket or pouch that was part of the breastplate. Many believe that whatever the question presented was, the stones represented either true or false as an answer to the High priest. Some historians think that by staring into these jems the priest would go into a state of a trance or ecstacy and receive the answer from Yah.

  5. #25
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Verslag van die Teokrasie-komitee

    Terwyl die "werp van die lot" 'n erkende Jahwehistiese praktyk is, moet ons erken dat dit 'n uiters primitiewe wyse is om die wil van God te raadpleeg.

    Mense wat van "bo gebore" is, werp nie die lot nie.

    Die "lot" is vir diegene wat nie die "goddelike substans" of die "koninkryk van God" binne hulle kan vind en ervaar nie.

    Die praktyk van die "lot" behoort tot die primale gelowe van hierdie wÍreld.

  6. #26
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Verslag van die Teokrasie-komitee

    Barend Paul Kruger rapporteer soos volg uit die Geloftevolk KoŲrdineringskomitee op 9 Oktober 2010 om 22:11.

    Vandag het hulle gepraat oor die werp van die Lot.

    Dit was in die Teokratiese verslag. Toe word daar voorgestel uit mense op die vloer dat die verslag as 'n werks dokument aanvaar moet word waarna 'n tipe van chaos tussen die mense uitgebreek het naby my.

    Die gevoel was dat dit aanvaar moet word as 'n werks dokument en uit die hele saal het net twee hande opgegaan wat nie die dokument aanvaar het nie. Die man op die verhoog het gesÍ dat dat nog 'n komitee gestig moet word om verder oor die verslag te praat en verskille te bespreek en weer terug te kom.

    EK wou opstaan en se dat hulle die Lot moet gebruik om daar en dan die verslag te aanvaar of verwerp maar het gesien dat hierdie dag baie lank gaan wees. En ook dat die mense daar baie geÔrriteerd was want hulle soek resultate en resolusies wat daar en dan aanvaar en vasgelÍ sou word, en nie nog vergaderings nie.
    Bron: boerevryheid.co.za

  7. #27
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Verslag van die Teokrasie-komitee

    JJG Smith, 'n selferkende Israeliete en ampsdraer van die GKK van Gelofteland rapporteer soos volg na die afloop van die groot beraad.

    Boere

    Die volksvergadring was geen sukses nie. Ek skat dat daar op geen tydstip meet as 150 mense in die saal teenwoordig was nie - 'n paar het hulle self verskoon omdat enige debat oor Boer en Afrikaner in die kiem gesmoor is.

    Dit het meegebring dat die Boere hulle aan die vergadeing onttrek het en ek het vanoggend van Dr Lets Pretorius telefonies verneem dat hy ook nie meer op die komitee dien nie. Dr Jann Schleubusch, die voorsitter van die teokratiese komitee, het hom ook nie weer verkiesbaar gestel nie. Ekself het reeds 2 maande gelede uit die komitee getree, maar onderneem om my pligte as penningmeester tot 30 September uit te voer.

    Daar was versoeke dat ek besluit moet heroorweeg, maar die verste wat ek kon gaan, is om aan te bied om die penningmeester pligte uit te voer in terme van 'n professionele aanstelling as onafhanklike, met die spesifieke opdrag dat ek nie deel van die komitee vorm nie. Dit sal uit en uit 'n profesionele aanstelling wees, indien die komitee nie, uit eie geledere, 'n geskikte persoon vind. Maar ek glo en vertrou dat daar wel 'n geskikte persoon na vore sal tree. Inteendeel die huidige sekretaris bedryf 'n boekhou praktyk. So hy kan beslis die taak hanteer.


    Maar daar is glo darem 'n paar nuwe gesigte op die komitee- maar heeltemal onbekend aan my.

    Dit is my persoonlike mening dat die GKK voortgevloei het uit die BVI, wat 'n vryheidorganisasie in die suidelike deel van die land is. Ek dink dat sal in die toekoms hoofsaaklike 'n vryheidsorganisasie wees wat uit Kapenaars bestaan.

    Dr.Pretorius het 'n baie goeie voorlegging gedoen van die BVR se nuwe rekenaar databasis. Dit is egter met groot kritiek van die sekretaris, Mnr Frikkie Strauss afgeskiet.

    My persoonlike grootste kritiek teen die GKK is, soos Dr Jann Schleubusch dit aan my gestel het, is die rein harte van mense. Ons is nie oortuig van die rein harte van lede van die komitee nie.

    En dan my persoonlike standpunt oor die Boer/Afrikaner. Dit het 'n wig ingedryf tussen my en spesifiek die Sekretaris van die GKK, maar ook waarskynlik baie ander lede van die GKK.

    Daar is openlik verklaar deur lede dat hulle aan 'n Geloftevolk behoort. Nooit, maar nog nooit het daar so 'n volk in SA bestaan nie en word die geloftes van die Boerevolk se voorgeslag aangewend om as identiteit van die 'nuwe' volk te wees.

    Dit is niks ander as om die geloftes van die Boerevolk se voorouers te probeer kaap nie.

    Ons sit nou in die situasie, dat nie alleen die identiteitslose Afrikaner [ terloops ek verneem hulle verwys nou na hulleself as Afrikaner Patriote ] ons volksgeskiedenis en geloftes kaap nie, maar dat daar nou 'n tweede groepie bestaan wat beplan om die Boervolk se identiteit te kaap.

    Ek het dit ook reguit so dan die ondervoorsitter Flip Swanepoel so gestel. Boere kom ons bewaar on identeiteit soos goud. Dit sal en gaan tot ons uiteindelike vryheid lei.


    Ek sal ook graag my voorlegging oor Volkgeloftes met lesers van die forum wil deel. Ek plaas dit afsonderlik vir die persone wat sou belangstel om dit te lees.

    jjgs

    ********

    Al die lede van BVI is ook komiteelede van die GKK. Met ander woorde, die GKK is gebruik as verlengstuk om lede te werf en die Boervolk te probeer betrek. Dit kan nie werk nie, veral as hulle die Boervolk se identiteit wil kaap nie.

    jou vriend
    jjgs
    Bron: boerevryheid.co.za

    Nou ja, die Boer/Afrikaner samesmelting binne die Geloftevolk het nie lank geneem om homself te vergal en uit te braak nie. Dit was nie te moeilik om te voorspel nie.

    Toe hierdie aspek 'n jaar gelede aan hierdie here uitgewys is, het JJG Smith sy Geloftevolk met hand en tand verdedig.

    Lees meer aangaande JJG Smith en sy dreigemente ala die Joodse Tenakh by Israel Waarheid Psigose (pos #5).

  8. #28
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Verslag van die Teokrasie-komitee

    JE Fourie gee sy insigte in die volgende aanhaling. (My verheldering)

    Ek stel dit hier duidelik dat dit die laaste keer is wat ek na 'n sogenaamde 'Volksvergadering' ry en my tyd en petrol mors net om uit te vind ek daag by die verkeerde vergadering op. Ek was onder die indruk dit was 'n volksvergadering vir die Boer, en tot my ontnugtering moes ek vind dat sowat die helfte van die 200 aanwesiges nie tot die Boervolk behoort nie, maar eerder tot 'n sogenaamde fiktiewe en lagwekkende 'verlore-Israel'. Selfs 'n REGTE Israeliet wat daar was en hul meegedeel het dat hul drome droom, kon egter nie hierdie ekstriministe tot besinning bring nie.

    Geen wonder dat daar deur die hele vergadering mense buite in groepies gestaan en gesels het nie, in 'n staduim amper meer mense as diť wat binne in die saal na die nonsens gesit en luister het. Ook het mense in strepe die vergadering verlaat lank voor die einde en liewer erens anders met volksgenote gaan sit en kuier terwyl die toekoms bespreek is.

    Die Volksvergadering my NAMPO? 'n Totale mislukking! Afgesien van die swak bywoning en die vroee vertrek van al die Boere, was daar absoluut GEEN boodskap wat inspirerend vir die toekoms was nie. Steeds donder die volk voort op dieselfde uitgetrapte paadjie soos die afgelope 30jr met geen vernuwe strategie of oplossing vir ons situasie.

    Moet asseblief nie weer die moeite doen om my uittenooi na 'n sirkus soos hierdie, ek het baie beter dinge om te doen met my tyd en geld. Die 600+km wat ek gery het sou veel meer genot verskaf het as ek Durban toe gery het om te kyk hoe die WP die Sharks wen (en ek haat die WP).

    Boeregroete.
    Bron: boerevryheid.co.za

    Die volgende breukspul is ook nie te moeilik om te voorspel nie. Dit gaan egter meer pynlik wees en met groot bitterheid gepaard gaan.

    Dit gaan die breuk tussen die Boer en die Israeliet wees.

    Die Israeliet is die gevaarlikste vyand van die Boer. Hy steel die identiteit van die Jode en besoedel die psige van die Boerevolk daarmee.

    Gelukkig weet ons dat Siener voorspel het dat die Israel Waarheid deur 'n groot vlam verbrand gaan word. Heel gepas, sou ek reken.

  9. #29
    Member
    Join Date
    Sep 2010
    Location
    Noord Transvaal
    Age
    52
    Posts
    38
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    37

    Talking Re: Verslag van die Teokrasie-komitee

    Nie net was hierdie vergadering senutergend nie maar het dit uitgeloop op n totale israelvisie gekoppelde twak.EK het eintlik nie woorde vir dit nie. DIe 4 Kleur kan nie gekoppel word aan hierdie twak nie.Gelukkig was hy nie oopgemaak nie.Die voordeel is dat die volksvergadering nou al die israeliete mooi onder een dak het.Nou hoef ons nie verder met hulle twak opgeskeep te sit nie.
    Die drie Fleur de Lills

  10. #30
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Verslag van die Teokrasie-komitee

    Ons hoef nie daaroor te twyfel dat die Goddelikheid aan die stuur van sake is nie.

    Ons voorsate het gepraat van die Voorsienigheid wat aan die werk is.

    In ons persoonlik hoedanigheid, is die essensie van ons geloof daarin gesetel om ons eie Goddelike rol binne die groter drama te vind. Met ander woorde, hoe kan ek daagliks nader beweeg aan God se plan met my in belang van God se groter plan. Dieselfde geld in volksverband. Waar skakel die Boerevolk by God se plan in.

    Tot en met die wederkoms, sal die Christus se handel en wandel op aarde 2000 jaar gelede die bloudruk bly. Hy het gesÍ dat hy deur sy Vader gestuur is om 'n opdrag uit te voer. Net voor sy kruisiging rapporteer hy soos volg aan sy Vader.
    Die werk wat U my gegee het om te doen, het ek volbring. (Johannes 17:4)

    Daar is 'n sekere groep wat gekies is om in hierdie tye voor die wederkoms hier op aarde te lewe. Party weet reeds wat hul "werk" is, ander is besig om dit te besef en ander moet dit nog uitvind. En die rede vir die stadige ontwaking, is die lang tydperk van indoktrinasie waaraan ons almal in die kerk blootgestel was.

    Wat ons egter reeds weet, is dat God se gekose Boere besig is om in lyn te kom met God se resonans. Wanneer dit afgehandel is, sal ons 'n innerlike Goddelike krag besit wat ons laas gehad het op 16 Desember 1838.

Tags for this Thread

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •