Dogter van Sion: Laaste Asem of Nuwe Begin
Toevallig lees ek vanoggend die Verbondskoeriers (publikasies van Dogter van Sion) gedateer 10 Oktober 2003, 17 Oktober 2003, 20 Oktober 2003. Ek lees ook die dokument Profetiese gebeure vanaf Augustus12, 2004 tot September 13.
Hierdie skrywes neem my terug na die tyd toe Die Dogters van Sion, Jahweh se eie uitgesoekte familie was. Toe hulle onder die lapa gestaan het en in die rigting van die Vrystaat, Jahweh se gees geblaas het om die half onbinde lyk van Meintjies, in die naam van Jahweh te laat opstaan. Onthou julle nog die Meintjies sage? Dirk van Vuuren was 'n voor-blaser.
Dirk van Vuuren was ook die voorste dissipel van Linda Newkirk. Hy het tonne vals professiee die land in gestuur, voordat hy tot sy sinne gekom het. Toe, in die uitgawe van 2 Okt. 2004, verduidelik hy aan ons met 'n lang omhaal van woorde en verwysings uit die Skrif, dat Linda 'n vals profeet is. Dirk self ook natuurlik. Dirk gaan toe verder en gee 'n lesing van hoe 'n profeet moet lyk. Ek was verstom. Hy rig die skade aan en dan preek hy vir die Volk. In die proses is die nalatenskap van Siener van Rensburg ernstige skade berokken.
Terug in die hede, gaan kyk ek toe vanoggend watter twak Dirk deesdae as evangelie aan niksvermoedende mense verkoop. Nou wil ek beleefd vra dat enigiemand wat nou staan, liewer moet sit. Ek haal nou die geswore Israeliet woordeliks aan:
"Ja, geagte leser, dit is net so eenvoudig soos dit. Die Koninkryk het 'n Vader,
'n Moeder en daar is kinders, ouer broers en susters, sowel as jonger boeties en sussies.
26 En Elohim het gesê:
Laat ONS adamiete maak na ONS beeld, na ONS gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die Hemele en oor die vee en oor die hele Aarde en oor al die diere wat op die Aarde kruip.
27
En Elohim het die adamiet geskape na SY beeld; na die beeld van Elohim het HY hom geskape; man en vrou het HY hulle geskape
Hieruit kan ons dan die volgende aflei:
Daar moet 'n Man en 'n Vrou in die Hemele wees.
- Die kern van die Elohim is die van 'n gesin.
- Hulle moet 'n soortgelyke, maar veel meer verheerlikte verhouding as die van 'n getroude man en vrou hê.
- Die Wil van JaHWeH geskied in die Hemele net soos op die aarde.
- Die aardse koninkryk is 'n direkte afbeelding van die Hemelse Koninkryk. Daar is dus twee of dalk meer Koninkryke.
Alles in die Skrifte moet herlei kan word na die opset van 'n huisgesin, want anders het JaHWè;shua vir ons gelieg en dit kan onmoontlik waar wees. Die afbeelding van die Tabernakel in Levítikus, die Tempel in Konings, sowel as die Troon in Openbaring, moet een en dieselfde ding voorstel - naamlik die Hemelse Huisgesin.
Daarin moet 'n Vader, 'n Moeder en kinders wees.
Bookmarks