Results 1 to 10 of 10

Article: Al wagtend op ons ondergang

  1. #1
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,437
    Rep Power
    60

    Default Al wagtend op ons ondergang

    Al wagtend op ons ondergang


    Stanley Uys

    Lester Venter, ’n joernalis-vriend, herinner my dat daar jare gelede in Windhoek, Namibië, ’n bekende joernalis genaamd Smittie, ’n groot ou, was wat altyd kopskuddend gevra het: “Waar is ons, kêrels, waar is ons?”

    Hoeveel Suid-Afrikaners vra hulself hierdie einste vraag?
    Grafika: Salomé Nourse


    Venter antwoord die vraag as volg: “Ja, ja. Dit is waar ons is. Ons wag om te sien wat oor die bult kom. Ons hoor al die geraas. Ons verbeel ons dit is die halfmens-stiefkind van Gog en Magog. Ons hoor hoe knor en brul hy, hoe sleep hy sy mank been. En ons is bang.”

    Google ’n mens Gog en Magog is dit volgens Islamitiese tradisie “Seuns van Adam” – menslike wesens wat losgelaat gaan word wanneer ’n nasie terugkeer na ’n dorp wat verwoes is en waaruit hulle verban is.

    Hulle sal by hul loslating oor groot mag beskik, korrupsie in die samelewing veroorsaak en uiteindelik die meeste na ’n brandende hel lei.

    Dit herinner ’n mens aan Yeats se “The Second Coming”:

    And what rough beast, its hour come round at last,
    Slouches towards Bethlehem to be born?

    (Pleks van Bethlehem lees die Uniegebou, Pretoria.)

    Ek het die afgelope week meer as my normale kwota e-pos gekry (gebruik mense nog telefone?) en hierdie is dus ’n ietwat persoonlike, eksentrieke rubriek.

    Tussen hierdie boodskappe was een van my ou vriend (prof.) Hermann Giliomee. Raai wat vra hy? “Waar sal ons hulp vandaan kom?”

    Hierdie vraag, van ’n uitmuntende historikus, is duidelik nie net aan my gerig nie, maar aan almal wie dit mag aangaan.

    Ek het ’n antwoord gegee wat terselfdertyd pessimisties én optimisties is:

    Die pessimistiese antwoord is dat die land ’n Götterdämmerung (mite oor die uiteindelike vernietiging van die gode in ’n geveg) nodig het.

    Suid-Afrika moet op sy knieë gedwing word voordat die land weer regop kan staan. Daar moet ’n suiwering van hierdie korrupte en toenemend gewelddadige land wees.

    Intussen kan burgers ’n vesting skep van waar hulle die finale, vernietigende stryd tussen die gode kan aanskou. Die gode is natuurlik die groot spelers in die feller as ooit binnegevegte in swart politiek.

    Die optimistiese antwoord is dat sodra die strydlustiges uitgeput is, ’n nuwe Suid-Afrika gebore kan word. Oudpres. Nelson Mandela was voortydig toe hy die Reënboognasie verklaar het, nes oudpres. Thabo Mbeki voortydig die Afrika-renaissance uitgespreek het. Verskille moes eers bygelê word.

    Hierdie spel ontvou nou op ’n ongelooflike manier:

    Die 37 miljoen Afrikane, gewillig of ongewillig, is in ’n ringmuur byeengeroep deur hul leiers ter voorbereiding van die interne geveg, terwyl die 10 miljoen “minderhede” (wit mense, bruin mense, Indiërs) toekyk – geraak, maar nie deelnemers nie.

    Stel jou ’n groot amfiteater voor om ’n prentjie van die slagveld te kry. Die stryders is byeen, die groot deure is gesluit. As pres. Jacob Zuma steeds president is, sal hy voorsit soos Caesar en op die uitkoms wag, wetend dat sy eie lot op die spel is.

    Politieke drif is ongetwyfeld aan die toeneem in Suid-Afrika. Wat vir ons voorlê, kan ’n soort Afrika-“burgeroorlog” wees. Dis wel steeds monderlings, maar het die potensiaal vir rowwe spel.

    As daar ’n optimistiese uitkoms is, sal daar ’n geskiedkundige ontsnapping wees uit die reuse-kringloop waarin Afrikane vasgevang is (of hulself vasgevang het), ’n warm verwelkoming van die “minderhede” en die begin van ’n herskryf van die ANC se 100 jaar oue politieke draaiboek.

    Dit sal ’n revolusie wees – ’n beskrywing waarteen die ANC nie beswaar kan aanteken nie omdat dit sy eie, sentrale doelwit van ’n nasionale demokratiese revolusie sal verklaar.

    Wie sal buitendien ’n gewelddadige revolusie bo ’n verbale een verkies?

    Tog, histories het revolusionêre drif dikwels teen homself gedraai, sy eie kinders verslind en van sy eie gif gesterf. So ’n ritueel van selfkannibalisme behels altyd vraatsige vergrype aan korrupsie, misdadigheid, outoritarisme en weelde.

    Dis egter ’n belangrike vraag: Kan die leiers van die stryders hul volgelinge (en hulself) dissiplineer in die stryd waarvoor hulle nou hul voetsoldate bymekaar hark – van lae ANC-takke en geaffilieerde vakbonde tot die veldmaarskalke en generaals self?

    Daar is min gerusstelling dat die leidende stryders nie tweegesigte sal wees nie. Mnr. Zwelinzima Vavi, Cosatu se sekretaris-generaal, het gesê: “Ons stuur af op ’n roofdierstaat waar ’n magtige, korrupte en demagogiese elite van politieke hiënas die staat toenemend gebruik om ryk te word.”

    En tog, toe Cosatu se lede gestaak het en op skandalige wyse voor hospitale en skole betoog het, het Cosatu anderpad gekyk.

    Sover dit die ANC-jeugliga aangaan, moet ’n mens dalk vra: Is dít waar Yeats se “rough beast” rusteloos wag?

    In Februarie 2008 het ek in hierdie rubriek verwys na ’n wonderlike gedig getiteld “Waiting for the Barbarians” deur C.P. Cavafy, wat in 1931 dood is. Sonder om hoegenaamd aan Suid-Afrika te dink, het hy presies vasgevang wat nou besig is om in die land te ontvou. (J.M. Coetzee se klassieke 1980-roman is ook getiteld Waiting for the Barbarians).

    Venter het Cavafy se gedig in e-pos as volg bespreek:

    “Wat my fassineer, is die vreemde, hipnotiese staat waarin die oppassers van die kasteel verkeer wanneer hulle hul lot bepeins.

    Die koms van die barbare word beskou as onafwendbaar en alle weerstand syfer weg.

    Dis die effek van die haas in die kopligte, gehipnotiseer deur sy naderende dood. Toe hul ryk aan die ondergaan was, het die Romeine eenvoudig dieper gesink in hul see van oordadigheid en morele losbandigheid terwyl hulle gewag het op hul ondergang – die koms van die barbare.

    “Vir ’n tyd lank is dít wat my gefassineer het omtrent die Zuma-administrasie: sy vreemde passiwiteit.

    “Dink daaroor: In ’n land wat skreeu en pleit om radikale ingryping in armoede, werkskepping, opvoeding, misdaad en gesondheid word eenvoudig niks gedoen nie.

    “Die heersers vermaak hulself met die (beweerde) plundering van staatskoffers, desperaat om bymekaar te skraap wat hulle kan terwyl die geskreeu van die massas daar buite al hoe harder, al hoe dreigender word.”

    In die artikel wat ek in 2008 oor Cavafy se “Waiting for the Barbarians” geskryf het, het ek sy kragtigste reëls uitgelaat:

    What are we waiting for, assembled in the forum?
    The barbarians are due here today.
    Why isn’t anything happening in the senate?
    Why do the senators sit there without legislating?
    Because the barbarians are coming today.
    What laws can the senators make now?
    Once the barbarians are here, they’ll do the legislating.


    En dis my antwoord op Smittie se vraag: Dít, Smittie, is waar ons nou is.

    Uit Beeld dd 2010-09-15

  2. #2
    Member Arius's Avatar
    Join Date
    Dec 2007
    Location
    .
    Age
    71
    Posts
    9
    Blog Entries
    1
    Rep Power
    0

    Default Re: Al wagtend op ons ondergang

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post


    Die pessimistiese antwoord is dat die land ’n Götterdämmerung (mite oor die uiteindelike vernietiging van die gode in ’n geveg) nodig het.

    Suid-Afrika moet op sy knieë gedwing word voordat die land weer regop kan staan. Daar moet ’n suiwering van hierdie korrupte en toenemend gewelddadige land wees.

    Intussen kan burgers ’n vesting skep van waar hulle die finale, vernietigende stryd tussen die gode kan aanskou. Die gode is natuurlik die groot spelers in die feller as ooit binnegevegte in swart politiek.
    Van alle mense lê Stanley Uys 'n verbasende insig aan die dag. Iets wat talle Afrikaners nie kan doen nie. In sommige van ons se oerbewuste rus die herinneringe van vorige sodanige konflikte. Waar ons oorwin het. En waar ons weer in sal slaag. Ongeag die dwalinge van talle van ons volksgenote.
    Andries Pretorius was nie net alleen 'n uitmuntende militaris nie; hy was ook 'n ingewyde.
    Ex Africa semper aliquid novi

  3. #3
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    56
    Posts
    652
    Blog Entries
    7
    Rep Power
    52

    Default Re: Al wagtend op ons ondergang

    Quote Originally Posted by Arius View Post
    ...hy was ook 'n ingewyde....
    Arius, ag verduidelik tog wat hier bedoel word met ingewyde... wat beteken dit vir jou? sal graag wil weet, ek gaan akkoord dat hy Gods gerigd was.

    groetnis
    knipmes

  4. #4
    Member Arius's Avatar
    Join Date
    Dec 2007
    Location
    .
    Age
    71
    Posts
    9
    Blog Entries
    1
    Rep Power
    0

    Default Re: Al wagtend op ons ondergang

    Quote Originally Posted by knipmes View Post
    Arius, ag verduidelik tog wat hier bedoel word met ingewyde... wat beteken dit vir jou? sal graag wil weet, ek gaan akkoord dat hy Gods gerigd was.

    groetnis
    knipmes
    Knipmes: Iemand, wat so 'n vraag vra, weet wat dit beteken. Die misterie is waar die ingewydes vandaan kom? Hulle het derduisende eeue voor die mens op hierdie aarde ontwikkel, volgens wetenskaplike evolusie. En hulle het hier in Suidelike Afrika ontwikkel, daar is bewyse daarvoor, maar die argeloë kan nie daaruit sin maak nie. Hul gene het met die mens s'n verstringel geraak (Genesis 6 v2), maar om een of ander rede word die gesuiwerde geen weer hier gebore. Pretorius was een van hulle en sy afstammelinge dra die geen verder. Dus: ingewyde = gesuiwerde.
    Ex Africa semper aliquid novi

  5. #5
    Member Moeder's Avatar
    Join Date
    May 2007
    Location
    Deutsch Sudwestafrika
    Posts
    12
    Rep Power
    42

    Default Re: Al wagtend op ons ondergang

    Quote Originally Posted by Arius View Post
    Hul gene het met die mens s'n verstringel geraak
    Die koninkryk van die God / stralekind wat binne ons is?
    http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=471

  6. #6
    Member Arius's Avatar
    Join Date
    Dec 2007
    Location
    .
    Age
    71
    Posts
    9
    Blog Entries
    1
    Rep Power
    0

    Default Re: Al wagtend op ons ondergang

    Quote Originally Posted by Moeder View Post
    Die koninkryk van die God / stralekind wat binne ons is?
    Absoluut. Ons moet eers weet die koninkryk is binne ons, dan soek en uiteindelik vind. Ons kan nie ewigdurend in die koninkryk leef nie, ons moet nog in 'n fisiese liggaam in die alledaagse wêreld leef. Maar ons kan daarop terugval wanneer nodig en dan die kosmiese krag ontvang. Nie maklik nie.
    Ex Africa semper aliquid novi

  7. #7
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,437
    Rep Power
    60

    Default Re: Al wagtend op ons ondergang

    Quote Originally Posted by Arius View Post
    Absoluut. Ons moet eers weet die koninkryk is binne ons, dan soek en uiteindelik vind. Ons kan nie ewigdurend in die koninkryk leef nie, ons moet nog in 'n fisiese liggaam in die alledaagse wêreld leef. Maar ons kan daarop terugval wanneer nodig en dan die kosmiese krag ontvang. Nie maklik nie.
    Dit is opgesluit in die siklus van die rusper (vlees) en vlinder (gees).

    Weet die rusper dat daar 'n vlinder binne hom opgesluit is? Waarskynlik nie.

    Dieselfde geld vir ons en daarom het Jesus (die vlinder) weer die liggaam van 'n rusper opgeneem om aan ons te verduidelik dat daar 'n vlinder binne ons opgesluit lê.

    Die ewige lewe is dus binne ons vleeslike liggaam vasgevang.

    En dit is hier waar die kerk die hele boodskap mis.

  8. #8
    Member Arius's Avatar
    Join Date
    Dec 2007
    Location
    .
    Age
    71
    Posts
    9
    Blog Entries
    1
    Rep Power
    0

    Default Re: Al wagtend op ons ondergang

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post
    En dit is hier waar die kerk die hele boodskap mis.
    Die kerk mis dit nie; hulle is vir duisende jare opsetlik besig om sielkundige slawe van die mensdom te maak deur 'n skuld/sonde sindroom in hulle te plant. Dit het niks met die heiligheid te doen nie.

    Die ware leiers van ons volk het altyd in die opelug 'n gelofte teenoor God gemaak. En daar was geen priester naby hulle nie:

    ..............................Slagtersnek
    ....................................Bloedrivier
    ........................................ Paardekraal
    .................................................. ??????
    Ex Africa semper aliquid novi

  9. #9
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    56
    Posts
    652
    Blog Entries
    7
    Rep Power
    52

    Default Re: Al wagtend op ons ondergang

    Die kerk mis dit nie; hulle is vir duisende jare opsetlik besig om sielkundige slawe van die mensdom te maak deur 'n skuld/sonde sindroom in hulle te plant. Dit het niks met die heiligheid te doen nie...
    en Dit bring ons by die ware rede vir alles samevattend in Die Christus se woorde dat hulle die duiwel het as vader en hul weet dit nie....

    Die groot stryd wat voorhand is, is die stryd wat gevoer word om juis daardie band met die werklike Hemele te verwoes, sodat slegs die van onder gebore oorbly op aarde, en dus kinders van die nuwe God op aarde sal wees...

    DieOuMan...Die ewige lewe is dus binne ons vleeslike liggaam vasgevang....
    Die stryd gaan wees, was nog altyd en is steeds teen diegene wat van "Bo" gebore is...

    groetnis
    knipmes

  10. #10
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,437
    Rep Power
    60

    Default Re: Al wagtend op ons ondergang

    Lees die monoloog aangaande die Koninkryk van die Hemele by hierdie skakel.

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •