Results 1 to 5 of 5

Thread: Wanneer mismoedigheid jou verblind

  1. #1
    Member Silencio's Avatar
    Join Date
    Oct 2010
    Location
    Bloemfontein
    Age
    38
    Posts
    208
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    40

    Default Wanneer mismoedigheid jou verblind

    Ek wil iets deel om aan te dink, hierdie lied is baie bekend, gesing deur Phil Collins, ons is so geneig om te kla so maklik oor ons lot, maar ons moet eerder kyk na die wat minder bevoorreg is as ons en dankbaar wees as om te kyk na die wat meer het as ons en mismoedig word daaroor. Dit is die duiwel se grootste wapen teen ons, mismoedigheid, dink ek. daar is 'n gesegde wat ek baie van hou en wil deel wat sÍ "the happiest people do not necessarily have the best of everything but make the best of what they have and find joy in the simple things in life" wees dankbaar vir 'n sonnige dag, die voŽls wat sing, die feit dat jy kan asemhaal, dat jy op jou eie voete kan staan en alles waarneem wat goed en mooi is, baie mense het nie eers die voorreg nie, en dit wat sleg is - help waar jy kan, al word jou goeie daad vinnig vergeet, moet nie ophou goeie dade doen nie, is daar nie 'n beter vreugde in die lewe as om te gee en te weet vandag het jy iemand se hart verbly het nie? so kan elke gelowige 'n verskil maak en die liefde van Ons Vader laat deurskyn soos sonstrale deur die wolke. Ons lewens is so gejaagd en ons is so vasgevang in ons eie probleme dat ons nie daaraan dink dat elke ander persoon wat jy teŽkom besig is met 'n stryd en ons het nie tyd om liefde en moed oor te dra nie.

    Mag ek ook aanhaal "It is by God's grace that I am able to give and ease the suffering of those in need" - Author unknown.

    She calls out to the man on the street
    "Sir, can you help me?
    It's cold and I've nowhere to sleep,
    Is there somewhere you can tell me?"

    He walks on, doesn't look back
    He pretends he can't hear her
    Starts to whistle as he crosses the street
    Seems embarrassed to be there

    Oh think twice, it's another day for
    You and me in paradise
    Oh think twice, it's just another day for you,
    You and me in paradise

    She calls out to the man on the street
    He can see she's been crying
    She's got blisters on the soles of her feet
    Can't walk but she's trying

    Oh think twice...

    Oh lord, is there nothing more anybody can do
    Oh lord, there must be something you can say

    You can tell from the lines on her face
    You can see that she's been there
    Probably been moved on from every place
    'Cos she didn't fit in there

    Oh think twice...

    vriendelike groete
    Silencio
    Cause and effect applies to us all, consider therefore your thoughts, words and actions carefully.

  2. #2
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    60

    Default Re: Wanneer mismoedigheid jou verblind

    Quote Originally Posted by Silencio View Post
    ...so kan elke gelowige 'n verskil maak ...
    Pragtige stukkie, Silencio!

    Wil graag net 'n punt uitlig wat vir my so vas staan soos 'n paal bo water...

    Ons is so geneig om alles in hierdie lewe te etiketeer en in kategoriee plaas...

    Daar is 'n onmiskenbare verskil tussen geloof en godsdiens. en merk ek plaas albei met klein letters. ek glo in niks nie, en is glad nie deel van enige godsdiens nie, tog is my geloof in myself deur werking van my Hemelse Herkoms elke oomblik van my bestaan as aardse mens so standvastig soos die paal.

    Ongelukkig word die term "gelowige" onder die kategorie van godsdiens geplaas deur die aardse mense in die algemeen want daar is gelowiges te vinde onder elke godsdiens op aarde. En meeste van hulle gebruik hul sogenaamde "Samaritaan" dade tog uiteindelik net vir eie gewin, ongeag hul geloof, solank hulle tog net as "gelowiges" daar uitsien as goeie daaddoeners...

    Wanneer iemand van "Bo" gebore is, word hierdie dade van welwillendheid glad nie eers opgemerk of hoegenaamd as gelowiges aangebied nie, want die eer kom werklik ons Hemelse Ouers toe! Onthou hoe Die Christus altyd vermaan het dat Sy welwillendheid tog 'n geheim moet bly, maar die swakkelinge het tog nogtans elke keer die daad uitbasuin!

    Ons roem glad nie daarop nie, verkoop nie aartappels en en nie, byvoorbeeld!

    Ek is ook mal oor hierdie liedjie, en ja dit behoort elke mens met 'n gewete te ruk, maar dit beteken ook nie dat elke misgebakte ui daar buite verdien om soos 'n skepsel swakkeling my samaritaansheid te wil uitbuit soos deur byvoorbeeld die duisende boemelaars van vandag dit op ons afdwing nie. Die is nogals besig om 'n welvarende bedryf weer te word, soos deur die eeue, selfs in Die Christus se tyd, hulle maar altyd daar was, en slegs die van hulle wat werklik hulp nodig vir die regte redes sal uiteindelik gehelp word, want die res maai slegs wat hulle voorheen gesaai het... vir die wat ore het om te hoor...

    Jy sal wel deur Hemelse leiding kan onderskei tussen die ware en valse aan beide kante van die draad, die weldoener of die behoeftige een...

    groetnis
    knipmes

  3. #3
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    60

    Default Re: Wanneer mismoedigheid jou verblind

    Quote Originally Posted by Silencio View Post
    ...as om te kyk na die wat meer het as ons en mismoedig word daaroor. Dit is die duiwel se grootste wapen teen ons, mismoedigheid, dink ek...
    Silencio,

    Mismoedigheid is 'n woord wat Die Siener vele kere oor gesels het, weens die agteruitgaan van die Volk! Ek kan daardie gevoel van Oom Niklaas so intens aanvoel, dat sy prentjie wat dit so duidelik uitbeeld deesdae my avatar is... dis vir my baie swaar om te kan seg dat die leed in daardie gesig net so deur Die Christus ondervind was twee duisend jaar gelede... dit spreek boekdele!

    Tog wil ek daarop wys, dat wanneer dit op die swaarste gaan, en opkyk al is wat oorbly, dan nogsteeds is die lewe "Bliss" want waar kom jy vandaan... en waarheen is jy op pad?

    Keuses, keuses, keuses.... vrye wil en uiteindelik die vryheid en verlossing ... (van die duiwel af en/of dalkies net van mismoedigheid af?)

    die son kom more weer op? ek wonder soms? veral as ek so luister...

    groetnis
    knipmes
    Last edited by knipmes; 13th October 2010 at 20:44. Reason: spelfout

  4. #4
    Member Silencio's Avatar
    Join Date
    Oct 2010
    Location
    Bloemfontein
    Age
    38
    Posts
    208
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    40

    Default Re: Wanneer mismoedigheid jou verblind

    Knipmes, dankie, ja jy lig goeie punte aan my uit, ek sal nog my bewoording regkry soos ek leer, ek het heelwat om te leer, dit gaan nie vir my so erg oor welwillendheid nie maar meer meegevoel. Goeie dade is nie iets waaroor mens moet "brag" nie, en om die waarheid te sÍ ek is eintlik meer 'n diereliefhebber maar die wreedheid van die wÍreld raak my diep.

    Vriendelike groete
    Silencio
    Cause and effect applies to us all, consider therefore your thoughts, words and actions carefully.

  5. #5
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    60

    Default Re: Wanneer mismoedigheid jou verblind

    Dit raak ons almal... so wees nie alleen nie!

    groetnis
    knipmes

Similar Threads

  1. Wanneer god nie meer sin maak nie
    By Stefanus in forum Nuus
    Replies: 0
    Last Post: 12th March 2010, 23:18

Tags for this Thread

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •