Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 10 of 14

Thread: Slagtyd op die Plaas

  1. #1
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Slagtyd op die Plaas

    Ons begin hierdie draad met 'n tafelgebed. Voor die ete word die seŽn gevra. Die een waarmee ek groot geword het, het soos volg gelui:

    Segen Vader.
    Gee by die ete
    dat ons U
    nimmer sal vergete.
    Amen.


    Na afloop van die maal, is die dankgebed gedoen.

    Vir spys en drank
    seg ons U naam
    met lof en dank
    Amen.


    Sonder slagtyd op die plaas, was daar egter geen vleis op die tafel nie. Tafelgebed of te not.

  2. #2
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Slagtyd op die Plaas

    Rondom slagtyd is 'n hele kultuur gebou.

    Met die eerste koue van die winter is bees (vetgemaakte os), vark en/of vetstert skaap geslag. Alles het om 04:00 vroegoggend begin met die stook van 'n vuur onder 'n groot konka vol water.

    Die voorbereiding het egter maande vroeŽr begin. Die gemeste kalf is onder die tollies (bulkalwers) uitgesoek en gekastreer, deur twee snitte in die sak te maak en die testikels te verwyder. Dit is iets wat ek baie gedoen het as jongman.

    Daarna het die ossie spesiale aandag gekry en sou hy bekend staan as die slag-os.

  3. #3
    Member Silencio's Avatar
    Join Date
    Oct 2010
    Location
    Bloemfontein
    Age
    38
    Posts
    208
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    40

    Default Re: Slagtyd op die Plaas

    Die Ou Man, julle praat nou van dae nog voor my pa my ma by die "drive in" gaan verlei het. so ek het ongelukkig nie self berigte daaroor nie, ek weet my pa moes vier uur in die oggend opstaan om die koeie te gaan melk sodat ouma lekker vars roommelk kon he vir oupa se moerkoffie en ander verhale van hul dae as kinders op die plaas, moet sÍ ek wens ek kon op 'n plaas gebly het.

    Vriendelike groete
    Silencio
    Cause and effect applies to us all, consider therefore your thoughts, words and actions carefully.

  4. #4
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    60

    Default Re: Slagtyd op die Plaas

    Oupa het nie nonsens gedult op die plaas nie... seuns en dogters moes teen vieruur elke oggend opstaan...

    Die geel swart Ellis koolstoof moes gestook word met hout wat ons as seuns die vorige aand gekap het, om die koffie water op te sit. Die dogters het begin met die meel en brood bak en so aan, dan as Ouma die koffie (meelsakkie) sakkie met die moerkoffie in die koffie pot laat afsak met die kookwater, dan kry Oupa so 'n gevoelentyd op sy gesig wat saliger was as om gesalf te worre...

    Daarna was dit reguit uit stalle toe om te gaan melk!

    ai die ou dae!

    groetnis
    knipmes

  5. #5
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    60

    Default Re: Slagtyd op die Plaas

    Vader
    seen die voedsel wat aan ons voorgesit is
    en die sagte hande wat dit voorberei het
    en maak ons opreg dankbaar daarvoor
    Amen.

    groetnis
    knipmes

  6. #6
    Member Pionier's Avatar
    Join Date
    Jul 2007
    Location
    Boerland
    Posts
    141
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    51

    Default Re: Slagtyd op die Plaas

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post

    Daarna het die ossie spesiale aandag gekry en sou hy bekend staan as die slag-os.
    Die slagos het gewoonlik in 'n vleikamp naby die huis geloop waar hy allerlei lekkernye, gewoonlik oorskiet slaaiblare en 'n bietie mielies ens. gevoer is.

    Daar is ook 'n varkie geidentifiseer wat saam met die slagos geslag sou word.

    Ek plaas later 'n paar fotos van die toerusting wat gebruik is met die slag en verwerk van die vleis.

  7. #7
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Slagtyd op die Plaas

    Quote Originally Posted by Pionier View Post
    Daar is ook 'n varkie geidentifiseer wat saam met die slagos geslag sou word.
    Ja, en daardie vark sou ook spesiale behandeling kry. Hy sou daagliks smul aan die oorskiet dikmelk van die melkkoei. En verder het al die afvalkos van die plaaskombuis na sy hok gegaan.

  8. #8
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    60

    Default Re: Slagtyd op die Plaas

    ...ons het altyd gemompel....

    "blerrie vark! gelukkige blikskottel! sy dag sal nog kom!

    en glo my ,het dit nie! keer op keer! mensdom, nou's ek darem lus vir so 'n ou lespuntjie ou ingelse mostert... ai ai

    groetnis
    knipmes

  9. #9
    Member
    Join Date
    Sep 2010
    Location
    Noord Transvaal
    Age
    52
    Posts
    38
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    37

    Default Re: Slagtyd op die Plaas

    Weet dat ek van die punt af is maar was 3 weke terug besig om n hings n reun te maak op die ou manier..Boere ek se vir julle dat daardie perd sterk is en ek speel nie as ek dit se nie.

    N ou oom het dit vir ons jongklomp geleer want deesdae vrae die diere dokter jou R2500.00 plus vir die operasie terwyl die Boere dit slegs doen met twee dik rieme en vyf of ses sterk boerseuns,een klein bottltjie savlon of dettol,n naald en gare en spiere wat bult.

    Hoe word n bul geknip?
    Die drie Fleur de Lills

  10. #10
    Member
    Join Date
    Sep 2010
    Location
    Noord Transvaal
    Age
    52
    Posts
    38
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    37

    Default Re: Slagtyd op die Plaas

    Quote Originally Posted by knipmes View Post
    ...ons het altyd gemompel....

    "blerrie vark! gelukkige blikskottel! sy dag sal nog kom!

    en glo my ,het dit nie! keer op keer! mensdom, nou's ek darem lus vir so 'n ou lespuntjie ou ingelse mostert... ai ai

    groetnis
    knipmes
    Kan n Boer varkvleis eet?
    Die drie Fleur de Lills

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •