Page 2 of 2 FirstFirst 12
Results 11 to 20 of 20

Thread: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.

  1. #11
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.

    Nog kommentaar in Rapport op die artikel:

    Boomstomp 2010/11/07
    Nee mnr viking, lyk my jy en jou/jul volgelinge het die pad heel verloor. Met n voorkoms soos op die foto dink ek eerder jy/jul moet uit die gemeenskap verwyder word. Jul is net n skande vir eenige gelowige of selfs die Afrikaner bevolking. Sies man, hou op om net deur n pyp te kyk, kyk wyer rond om jul en begin jul lewe te geniet. Die simpele kokon waarin jul leef maak jul net dom en onnosel lyk


    APH 2010/11/07
    die ou het dalk iets beet....kyk na [skakel bestaan nie meer nie]

    Wat is die ware betekenis...van ons monument?


    wieza 2010/11/07
    So wat gaan Gunther volgende doen om aandag te trek? n Bom plant?

    Hy het voorspellings in die naam van sy geloof gemaak. Niks het gebeur soos hy voorspel het nie. n "Profeet" wat in dieselfde asem n rassis en haat draend is en nie verstaan nie dat die bybel oor liefde handel nie.

    Die Duiwel se regterhand

    Sluit hom toe!


    Stefan 2010/11/07
    So baie van julle AFRIKANERS kla oor julle kultuur en erfenis wat aangetas is deur hierdie Daad .Wel ek het nuus vir julle. Daar was nie AFRIKANERS in die konsentrasiekampe nie .Hul was almal BOERE en deel van die BOEREVOLK.
    Wat doen Jy vir jou geloof?Is jy bereid om in die tronk te gaan sit vir jou geloof?
    Gunther is. Eksremiste is nodig.Sonder ekstremiste was ons as Protestante nog almal KATOLIEKE .Luther was 'n ekstremis in sy dae.
    As jy deel wil wees van die HOER BABILON bly in jou kerk.
    Openbaring sê vir ons KOM uit die Hoer Bablion uit.
    Katolieke kerk en kerke is BABILON.


    nic 2010/11/07
    Boere Viking jy is n baie siek mens ek glo ook aan die wit mens moet n bestaansreg he maar jy ken duidelik nie jou BYBEL nie gaan sit in die tronk en maak vrede met ons VADER jy is heeltemal van die pad af mag jy vrede vind want jy is n baie ongelukkige mens


    Frikkie Botes 2010/11/07
    Ek kan my mond tot op my knioee laat oophang vir al die kommentaar. Waar is die boere en afrikaner monumente? Mense los maar vir Gunther uit, hy het een naald afgeslaan. Gaan eerder na die ANC wat die boere en afrikaner erfenis heeltemal verwoes sodat daar niks gaan oorbly nie. Wat Gunther doen is n druppel in die oseaan van ANC verwoesting. Hou op om dubbelsinnig te lewe. Gebruik eerder julle energie om die ANC te stop om Afrikaans en alles wat te doen het met die afrikaner uit te vee asof dit nooit bestaan het nie. Gunther is geen geelgat nie.

    Die Ou Man 2010/11/07
    Die beheptheid met Satan se penis het dieper simboliese waarde. Dit is ongeag die feit dat die Satan van die Israel Visie 'n geestelike penislose wese is.

    Jahwehisme is opsigself 'n religie wat gebou is rondom 'n beheptheid met die manlike geslagsorgaan. Vandaar die besnydenis van die Ou Testament.

    Ware gelowiges kyk na 'n monument en sien die dieper simboliese waarde daarvan.

    Armsaliges van gees kyk daarna deur die bril van Jahwehisme en sien 'n penis.

    Die probleem is dat hierdie trawante 'n sekte mentaliteit op die Boerevolk wil afdwing omdat hulle ons beskou as die reïnkarnasie van ’n primitiewe nomadiese volk van 2000 jaar gelede uit die Arabiese woestyn.

    Lees meer oor hierdie psigose by die volgende skakel.

    Israel Waarheid Psigose

  2. #12
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.

    'Boere-Viking' lieg

    deur Leser

    Na aanleiding van die artikel oor die Boere-Viking net die volgende feite.

    Persone wat al by die konsentrasiekamp-kerkhof was weet dat die "vernietiging" soos wat die Viking dit noem n leuen is.

    By die ingang na die kerkhof is daar soos op die foto 'n granietblok wat beskadig is met n inskrywing daarop wat al vir 'n geruime tyd daar is.

    Die verhaal wat hy op Facebook geplaas het is van alle waarheid ontbloot, ekself was sowat 'n maand gelede daar en het die inskrywing gelees op die granietblok.

    Verder kan ek waarborg dat enige persoon wat daar wil skade aanrig hulle beslis gaan vasloop in die vorm van die eienaar van die private museum aldaar.

    Dis uiters treurig dat die Boere-Viking sulke leuens uitstuur oor die terrein wat werklik baie netjies onderhou word.

    Dalk moet hy eerder sy tyd aan beter dinge bestee as om leuens te versprei.

    Aan die verslagewer en genl-maj Opperman van die Voortrekkermonument, net die volgende raad - ondersoek eers die feite voordat julle weghardloop met 'n leuen.

    Aan almal: 'n Besoek aan die terrein is beslis die moeite werd om te besef waardeur ons voorouers is gedurende die Anglo-Boere oorlog.

    Ek het geen verbintenis met die terrein nie, ek was net 'n besoeker aan die terrein.

    Uit Beeld dd 2010-11-05.

  3. #13
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    57
    Posts
    1,606
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.

    ‘Boere-Viking’ in hegtenis oor monument

    2010-12-01 00:25

    Gerhard Pretorius

    Die “Boere-Viking” is gister buite die landdroshof in eMalahleni (Witbank) in hegtenis geneem nadat hy glo ’n Boeremonument afgebreek en met ’n foto op Facebook daaroor gespog het.

    Mnr. Günther Kotze het op Facebook laat blyk hy het weens sy godsdienstige beskouing die gedenknaald van die Balmoral-konsentrasiekamp*monument naby eMalahleni op
    2 November stukkend gekap.

    Kotze, wat na homself “Babilon se vyand nommer een” verwys, het op dié sosiale netwerk gesê die Bybel beveel ’n mens “om ’n obelisk te vernietig”.

    Hy is by die hof in hegtenis geneem waar hy as een van oudkmdt. Willem Ratte se medebeskuldigdes verskyn het.

    “Ek gaan terug tronk toe. Dit voel al soos my huis; ek gaan kuier vir my tjomme,” het Kotze ná sy arrestasie aan Beeld gesê.

    Kotze het die gedenknaald herstel.

    Beeld het vertroulik verneem die klag van opsetlike saakbeskadiging teen hom gaan laat vaar word.

    Ao. Steve Msiza, ondersoekbeampte in dié saak en ook die saak waarin Kotze saam met Ratte verskyn, het gister gesê hy het gehoor die saak teen hom sal moontlik laat vaar word, maar kan in dié stadium niks bevestig nie.

    Kotze is saam met Ratte en ander op ’n plaas by Balmoral in hegtenis geneem en later van diefstal, die onwettige besit van vuurwapens en dwelmhandel aangekla.

    Hy sal waarskynlik môre op die aanklag van opsetlike saakbeskadiging verskyn.

    Intussen is die saak teen Ratte, Kotze en die ander agt beskuldigdes tot Januarie uitgestel.


    Bron: Beeld 2010-12-01

  4. #14
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    57
    Posts
    1,606
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.

    ‘Boere-Viking’ gestraf

    2010-12-02 08:16

    Gerhard Pretorius

    Johannesburg - Günther Kotze (32), die sogenaamde “Boere- Viking”, het skuld beken op aanklag van opsetlike saakbeskadiging nadat hy ’n gedenknaald van ’n boeremonument afgebreek het.

    Kotze is Woensdag in die landdroshof in eMalahleni (Witbank) gevonnis tot ses maande tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar.

    Hy het erken hy het die gedenknaald van die Balmoral- konsentrasiekamp*monument naby eMalahleni stukkend gekap.

    Kotze, wat homself verdedig het, het gesê hy is baie jammer oor wat hy gedoen het, al was dit volgens sy geloofsoortuiging reg om die naald af te breek.

    “Die gedenknaald is ’n obelisk en ’n belediging vir my geloof. Dit behoort met ’n kruis vervang te word.

    “Ek is wel jammer oor wat ek gedoen het. Ek het op daardie oomblik nie gedink wat ek gedoen het nie.

    “Ek en twee ander mans het die monument gaan regmaak,” het Kotze in die hof gesê.

    Dit het R6 000 gekos wat deur oudkmdt. Willem Ratte en Eugene Bekker betaal is.

    Kotze, Ratte en Bekker staan met sewe ander tereg op aanklagte van onder meer diefstal, dwelmhandel en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

    Hulle is tydens ’n polisieklopjag by ’n jeugherberg in Balmoral in hegtenis geneem.

    Landdros Daleen Venter het gesê hoewel Kotze die reg het tot vryheid van geloof, het hy nie die reg om ander se eiendom te beskadig nie.

    “Jy moet verstaan dat daar ander gelowe is en dat hulle ook gerespekteer moet word. Jy het egter ook die volste reg om jou geloof te beoefen.

    “Ek kan sien jy berou jou dade en die hof neem dit in ag as dit by vonnisoplegging kom.”

    Nadat Venter hom tot ses maande tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar, gevonnis het, het Kotze met ’n groot glimlag by die hof uitgestap en sy oom, mnr. Louis Viviers, omhels.

    Kotze het aan Beeld gesê dat die tronk “soos ’n vakansieoord is met k***erige kos en geen kamerbediening nie”.

    - Beeld

  5. #15
    Member Pionier's Avatar
    Join Date
    Jul 2007
    Location
    Boerland
    Posts
    141
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    51

    Default Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.

    Quote Originally Posted by Stefanus View Post

    “Die gedenknaald is ’n obelisk en ’n belediging vir my geloof. Dit behoort met ’n kruis vervang te word.

    Dus wil hy nou die "satanspenis" afbreek en dit vervang met satan se vloekhout?

  6. #16
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    57
    Posts
    1,606
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.

    Kriminele Verhoor Gunther J Kotze

    Persverklaring : 2 Desember 2010


    Bogenoemde is op 1 Desember 2010 skuldigbevind aan opsetlike saakbe*skadiging. Die verhoor het plaasgevind in die Magistraatskantoor, Witbank. Kotze het skuldig ge*pleit en is tot ses maande gevangenisstraf gevonnis wat vir 5 jaar opgeskort is. Hy het skuldig gepleit dat hy die Boeremonument by die Balmoral-konsentrasiekamp-kerk*hof beskadig het. Geen getuienis is gelei nie.

    Die straf na ons mening is besonder lig maar die opgeskorte vonnis sal, meebring dat Kotze nie sy dreigement om ook die Vrouemonument te Bloemfontein te beskadig, ten uitvoer kan bring sonder om tronk toe te gaan nie.

    Dit wil voorkom asof daar uit sekere kringe, en veral uit Afrikanergeledere, ‘n aan*slag onder valse voorwendsels is om Boere-gedenktekens en -monumente te be*skadig en dit gemotiveer word onder verdraaide godsdienstige beskouiings dat dit Bybels korrek sou wees en dat sulke Boere-erfenisse ‘afgodery’ is.

    Dit is voorts jammer dat ‘n oormoedige en op die oog-af aangename jongman deur ander gesigloses misbruik en aangevuur is om onder valse dryfvere van Vrymesse*laarstekens, redes te vind om die Engelse Oorlog en die aanslag om vernietiging van die Boerevolk so subtiel voort te sit. Dit kan verwag word dat hulle gebrek aan moed om self iets te doen, nie daar sal eindig nie.

    Die skuldig pleit van Kotze het verhoed dat enige getuienis gelei kon word oor sy sogenaamde motivering oor Vrymesselaarstekens, wie en wat dit is en wat die aanslag ‘genoodsaak’ het. Ook oor die besondere betekenis van dié helkamp van koningin Victoria, en die Britte se poging om die Boere te probeer uitwis, op die psige van die Boerevolk gehad het.

    Die gedenknaald by Balmoral staan reeds 50 jaar. Oor die 400 kinders en vrouens is by Balmoral vermoor en begrawe. Dit is behalwe die ongebore babas en fetusse wat na bewering aldaar vir die varke gevoer is. Die verhoor sou self ‘n goeie kykie kon gee oor die godsdienstige aanstigtings uit sekere geledere en die poging uit die regeringsgeledere om die ware Jisraelsiening van die Bybel, verdag te maak as ‘n ‘staatsgevaarlike godsdiensbenadering wat met El-Kaida vergelyk is.’

    Dit dien daarop gelet te word dat die Skepper wat ons aanbid, ‘n God van Orde is en geen regskapene hom sal neerbuig voor ‘n God van chaos nie.

    Diegene wat hulle beroep daarop dat Kotze ‘n volksgenoot is wat nie by die ower*heid verkla moes gewees het nie omdat hy dan aan die ANC uitgelewer sou word se argument is net sover van die waarheid af. Kotze is nie ‘n Boer nie en kan dus geen volksgenoot van ‘n reggeaarde Boer wees nie. Hy is nie eers Afrikaanssprekend nie.

    Miskien eerder ‘n bondgenoot van die vyande van die Boerevolk. Dit is diegene wat met hierdie gebeure inderdaad hulle vyandskap teen die Boerevolk en sy erfenis, soos ‘n seerduim laat utstaan het. Diesulkes wat skreeu dat beroep op die regs*pleging, samewerking met die ANC-regering is, is juis die mense wat voor die owerheid trou; in hulle howe skei; hulle eiendomme registreer; hulle vuurwapens by hulle registreer, paspoorte en motor- en bestuurslisensies van hulle bekom; hulle belastings aan die owerheid betaal en in die algemene sin, die ‘verdrukker’ onder*danig is. Dit sal met die huidige graad van verset teen die owerheid, vir nog ‘n honderd jaar so voortduur sonder enige instansie by wie daar anders gekla kan word.

    Laat die gebeure rondom Kotze vir elke ‘sielsgenoot’ van hom, ‘n les wees ─ vat aan die Boere se goed en jy vat aan ons. Sy optrede het ‘n uitmuntende geleentheid vir ons vyande en die owerheid geskep om die die Boere monumente en ─ kon*sentrasiekampe onder hulle aktiewe toesig en beheer te plaas soos wat met Bloed*rivier gebeur het. So word daar subtiel in die hande van die vyand gespeel.

    Boerevolk word wakker en ken jou vyand.

    Opgestel en uitgegee namens die Aksiekomitee van die Orde Boerevolk deur Piet Rudolp

  7. #17
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.

    Viking nou ’n jammergat

    Deur Scoop Cloete
    Dinsdag 07 Desember 2010


    Gunther Jurgens Kotze

    En daar sien die “Boereviking”, Günther Jurgens Kotze, toe sy GAT!

    Gunther Jurgens Kotze. Child of the Yahweh Cult
    Kotze was nog laas in die nuus toe hy ’n Boeregedenkwaardigheid van sowat ’n eeu oud met ’n hamer stukkend gebliksem het.

    Die viking het gemeen die gedenknaald by die konsentrasiekamp-begraafplaas in Balmoral herinner hom heeltemal te veel aan “Satan se Penis”.

    Toe lê hy sommer in met sy tuisgemaakte hamer!

    Maar Kotze het die afgelope week in die hof getuig hy is “jammer” oor wat hy gedoen het.

    Kommentaar op die artikel.

    Die grootbek is eerste aan die woord.

    Gunther. :
    you bunch of low class immoral scum, all you braai vleis vegters can kiss my ass, you are a bunch of useless alcoholic liberal scum and deserve to live with and mate with your kushite friends.

    who wants to moer me?
    come on sondag kakhuis newspaper, organise a voluntary fight for us, so i dont break my house arrest conditions. i want a couple bigmouths. faggots and girlsblouses the lot of you.

    Baas'Boerseun :
    Ergste van alles is dat daar baie soos hy is wat hulkself "Israeliete" noem. Gaan lees geruds bietjie op oor Pastoor Neser, groepe soos die ":verbondsvolk ens" Hulle is orals aan die gang met hul spesiale manier van die "waarheid " verkondig.

    Johan :
    Hierdie ou moes kleintyd hard op sy kop geval het. Hy moet dringend hulp kry

    Koos :
    Duidelik kyk hy nie vir homself in die spieel in die oggend nie. .. anders sou hy die met die hamer stukkend geslaan het! Lelike ding!

    Tyrone :
    Hierdie ou is definitief 2 dumpies short van 'n six pack. Ek kan aan baie ander maniere dink om publisiteit te soek. Hy maak sy naam gat in die hof om soos 'n pateet jammer te se maar voor die hofsaak is hy "Mr. Macho" homself. HY IS MEER SOOS DIE SKAAP IN WOLF KLERE as die wolf in skaapklere.

    paulvs :
    Viking se gat, die arme **** moet net hard gemoer word, tipiese kommin rubbish

    Attie :
    Die arme ****. Ek dink hy is siek in sy blerrie kop.

    Bron: www.sondag.co.za "Viking nou n jammergat"

  8. #18
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.

    ‘Regses wou kerke opblaas'

    2011-11-25 22:44

    Marietie Louw-Carstens

    Die beweerde verregse groep waarvan drie lede gister in Limpopo in hegtenis geneem is, was glo van plan om die NG en Hervormde kerke in Mookgophong (Naboomspruit) en Mokopane (Potgietersrus) op Sondae te blaas terwyl eredienste daar aan die gang was.

    So het ’n 30-jarige man, een van die aangekeerdes, glo aan die polisie gesê.

    ’n Oud-Koevoetlid is een van die drie wit mans wat gister by dié opleidingskamp vir veiligheidswagte buite Mookgophong gearresteer is nadat hulle glo tente van die rekrute aan die brand gesteek het.

    Die drie is in polisie-aanhouding. Hulle sal oormôre in die landdroshof in Mookgophong op voorlopig aanklagte van brandstigting en die besit van gevaarlike wapens verskyn.

    Die mans is glo lede van ’n okkultegroep. Pamflette met pentagramme en die naam “Lucifer” is by die mans gekry. Daar was ook inligting oor satanistiese rituele op die pamflette.

    Daar is gister ook op kameras en selfone beslag gelê waarop foto’s van kerke in Mokopane en Mookgophong is.

    Die polisie het op onder meer tuisgemaakte swaarde, knuppels met ysterpunte, valhelms en koeëlvaste baadjies beslag gelê. Plofstof, ontstekers en kamoefleerdrag is ook in die kamp gekry, asook aanwysings om bomme te maak.

    Brig. Hangwani Mulaudzi, die polisie se kommunikasiehoof in Limpopo wat díé inligting gister bekendgemaak het, sê die ondersoek na regse opleidingskampe is nou landwyd uitgebrei. “Ons vermoed hulle wou verskeie terreurdade pleeg. Die polisie se misdaadintelligensie-eenheid gaan lede van die groep in ander dele van die land ook ondervra,” het hy gesê. Hy wou nie uitwei oor waar mense ondervra sal word nie.

    Mulaudzi het gesê ’n man het tydens ondervraging gesê hulle glo “slegs wit mense moet in Suid-Afrika bly”.

    Die ander twee mans wat aangekeer is, is onderskeidelik 50 en 48 jaar oud. Die 50-jarige is ’n oudlid van Koevoet, die destydse polisie se teeninsurgensie-eenheid.

    Die plaas in die Boekenhout-gebied buite Mookgophong behoort aan ’n man van Springs wat volgens Mulaudzi ook ondervra gaan word.

    Een van die opleidingskamp se doelwitte is ook om wit boere op plase teen moontlike aanvalle te beskerm. Die opleidingskamp is sowat agt maande gelede begin. Mans word glo hier opgelei voordat hulle na plase landwyd ontplooi word om as veiligheidswagte te werk. Hulle word spesifiek in “plaasbeveiliging” opgelei.

    Die mense wat opgelei word, woon in tente en woonwaens terwyl verblyfgeriewe gebou word. Mense van so ver as Springs aan die Oos-Rand en Rustenburg in Noordwes het die kampe bygewoon.

    Mulaudzi het gesê die drie mans wat gearresteer is, is Saterdag by die opleidingskamp “weggejaag.”

    Teen druktyd was die groep se naam nog nie bekend nie.

    ’n Voorstellingsparade is verlede week by die sentrum gehou.

    Uit Beeld.

  9. #19
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.

    Die onderstaande insette is op www.boerevryheid.co.za geplaas na aanleiding van bostaande berig.

    BOERE BESKERMINGSFORUM
    Die saak word uit verband geruk. Dit was die BBF lede op die plaas self wat die SAP geskakel het om n saak van brandstigting te open. Gunter Kotze en 2 ander mans het dronk op die plaas aan gekom laasnag en was toe van die plaas verwyder deur BBF lede. Die 3 het terug gekom en 2 tente aan die brand gesteek. Daarna is hulle gevang deur BBF lede en toe die SAP geskakel. Die sap het die 3 mans gearresteer en BBFlede het gevra dat die SAP die voertuig ook moet saamneem. By die SAP stasie is die voertuig ondersoek en onwettige ware is in die voertuig gevind. Die plaas word gebruik om wettiglik sekuriteitswagte vir plaasboerbeskerming op te lei. Ons huis is in orde want dit wat ons doen is wettig en die SAP is genooi om maandeliks n besoek te kom afle. Die BBF se kant is skoon.


    Gunther Kotze en sy twee maaitjies het nie die keurings proses gehaal nie en het uit wraak beplan om die kamp se tente aan die brand te steek. Die wapens en sg. planne is in hulle kar gevind deur die polisie. Gunther Kotze moet absoluut vermy word. Hy is n los kanon wat nog baie dae in die tronk gaan deurbring. Al wat hy doen is om ons pogings te vergat.

  10. #20
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    57
    Posts
    1,606
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default

    Verregse toe die een wat op sy herrie kry

    Deur: rapport - Jacques Steenkamp in Johannesburg 2011-12-10

    Die verregse mnr. Gunther Jurgens Kotze (31) was baie opgewonde toe hy hoor hy gaan teen ’n swart man boks en mag hom dus wettiglik “donner”.

    Maar toe is dit dié sogenaamde “Boere-Viking” wat binne 90 sekondes van die geveg sterretjies gesien en uitgeslaan is.

    Kotze is een van die drie regses wat op 24 November in Mookgophong (Naboomspruit) in hegtenis geneem is nadat hulle ’n opleidingskamp vir veiligheidswagte aangeval het.

    Hulle het na bewering twee tente aan die brand gesteek en beplan om kerke in Mookgo*phong en Mokopane (Potgietersrus) op te blaas. Nou blyk dit Kotze is kort voor dié gebeure droomland toe gestuur in ’n boksgeveg.

    Hulle het vir Kotze ’n geveg gereël nadat hy op Facebook laat blyk het hy wou deelneem aan ’n toernooi, sê mnre. Michael Stoltz en Ruben Groenewald van die organisasie White Collar Boxing (WCB) aan Rapport.

    “Ons het nie geweet hy is ’n moerse rassis nie,” sê Groenewald.

    Kotze is toe geloot om op 5 November teen mnr. Vusi Mtula (34) op ’n WCB-toernooi in Boksburg te boks.

    “Hy was baie opgewonde om te hoor dat hy teen ’n swart man – hy het die woord ‘zot’ gebruik – gaan baklei.

    “’n Vrou het my selfs twee dae voor die geveg anoniem gebel en gesê ons gaan die man se lewe in gevaar stel – Gunther gaan hom vermoor,” sê Stoltz.

    Van meet af was dit duidelik dat Kotze niks van boks weet nie, sê Groenewald.

    “Ek kon dit nie glo nie. Hy het probeer om Vusi met sy elmboë aan te val. Dis mos nie boks nie?”

    Kotze is in die eerste helfte van die eerste ronde (sowat 90 sekondes) uitgeslaan.

    Stoltz-hulle sê uitklophoue in WCB-gevegte is ongewoon – die deelnemers gebruik groter, dikker handskoene om beserings te probeer voorkom.

    “Die beste man het gewen en die skare geniet altyd ’n knockout. Die paramedici het Kotze ná sowat twee minute weer op sy voete gehad,” sê Stoltz.

    “Hy was ’n goeie verloorder en het gevra of hy volgende keer teen ’n Jood kan baklei.”

    * Kotze en sy makkers, mnre. Juan “Snorre” van Zyl (48) en Thomas James (TJ) Stickling (49), word in verskillende hoëveiligheid-fasiliteite aangehou, sê brig. Hangwani Mulaudzi, polisiewoordvoerder in Limpopo.
    Dié drie regses het Vrydag weer in die Mookgophong-landdroshof? verskyn, maar daar kon nog nie vasgestel word of hulle borgtog kan kry nie.

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •