Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 10 of 20

Thread: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.

  1. #1
    Member
    Join Date
    Sep 2010
    Location
    Noord Transvaal
    Age
    52
    Posts
    38
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    37

    Default Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.

    Net toe jy dink dat sg. Boere wat maskereer as n Viking Boer dan kan jy die arrogansie nie glo van hierdie flagrante daad nie. Sonder slag of stoot vernietig hierdie perd Boereoorlog grafte.
    More Suzette.
    Ek persoonlik het nie `n probleem met WAT jurgens gedoen het nie, my probleem is hoe en wanneer hy dit gedoen het. Net daarna is daar toe geslaan op die plek en hy was nie eens lank daar nie. Ek ruik iets wat nie lekker is nie
    More almal,

    Ja, ek is bevrees ek stem saam met Hein. Ons is al redelik lank besig met ondersoek van hierdie tekens en simbole. Ek voel ek moet kommentaar lewer, maar ek is ook al gewoond daaraan om ‘n baie heftige reaksie terug te ontvang wanneer ons oor hierdie “sentimentele” dinge praat.

    Ek glo nie al ons voorvaders was bewus van die oorspronklike wortel van hierdie simboliek en betekenis nie. Daar was vir hulle ander dinge verduidelik en nie die regte betekenis nie. Dis net so goed ons vier wel Kersfees en se: “Ag ja ek doen dit vir my Vader , dit is aan Hom wat ek dink”, terwyl dit eintlik geensins ons Vader se verjaarsdag is nie. Baie van die dinge het begin deurmekaar raak in Constantyn se tyd toe hy die heidene ook die kerk toegelaat het, en om hulle tevrede te hou het hy hulle okkultiese gebeurtenisse (rituele) ingebring. Semiramis (hoer godin) was met Nimrod (persoon wat Babilon gebou het) getroud, Nimrod was soos ‘n god in die stad en toe hy sterf besef Semiramis sy gaan haar “status” verloor, maar sy was alreeds swanger met Tamus (partkeer Tammuz of Tammus gespel). So sy vertel toe vir die mense dat Nimrod weer gaan terugkeer (reinkarneer), hulle moet net wag. Soek gerus op Tamus se naam kom in die bybel voor (moeder Maria beeld met seuntjie in arms is dieselfde twee – Semiramis met Tamus).

    Toe Tamus nou eindelik te voorskyn kom, het sy vir die mense gevra om elke jaar op dieselfde dag denneboom takke bymekaar te maak en met silwer versiersels ens. te behang. So ja so het dit toe ook na ons Christene oorgekom en ons het dit ook begin vier. Ek verstaan ons Messias se verjaardsdag is eintlik 11 September, maar party se 23 September. So is dit nie ons plig om ons kinders van hierdie dinge te vertel nie? Bevry hulle, ons is dit aan hulle verskuldig! Breek die bande met hierdie vieslike goed.

    Al ooit gewonder wat ‘n haan op ‘n kerk se dak doen? Die obelisk (kerktoring) stel eintlik uit Babilon se tyd die manlike geslagsorgaan voor en dan nou nog die haan wat vrugbaarheid voorstel. Onthou dit is nou eintlik waarvandaan die simbole oorgekom het na ons land! Direk met die okkulte te doen en NIKS met ons Vader nie. Die dinge loop baie diep en die simbool is baie kragtig daarvan. Satan lag baie lekker, want ons Vader se plekke van aanbidding is deurtrek met sonaanbidding. Dit is geen wonder dat Vader se hy draai sy gesig weg van ons waneer ons die feeste ens. vier. Ongelukkig was ons heel EERSTE predikant wat die land ingekom het, ‘n Vrymesselaar. Sy graf is in die Kaap met die obelisk op die graf.

    Asseblief daar is nog so baie dinge, maar word wakker en neem kennis van die dinge, want deur van hierdie dinge agter te kom, kan ons vry ook raak. Die mense wat almal in die konsentrasiekampe gesterf het ens., moet in ons harte eer he, nie deur ‘n monument nie. Ons moet naak voor Vader staan, gestroop van alles, en dan sal ons seen van Hom ontvang. Op hierdie stadium is daar nie plek vir Hom nie! Moenie met my stry nie, ek weet dis hoe ons groot geword het ens., maar onthou alles wat vir ons vertel word is nie altyd die waarheid nie en satan is baie slu en loop nou met ‘n swiepende stert rond!

    Doen julle self ‘n guns en kontak Eben Swart - 021 948 0096 en bestel by hom die DVD’s wat handel oor Sonaanbidding, Vrymesselaars en Die Hemekoningin. Jy sit verstom oor al die navorsing en bevindinge wat hier voorkom. Hy se ook reguit dat indien jy ‘n 4de, 5de of selfs 6de graad Vrymesselaar is, sal jy nie met hom kan stry nie, want jou kennis gaan nog te beperk wees (m.b.t. wat hulle vir jou vertel). Kyk hierna en dan kan mens nog self besluit wat jy daarvan dink, en moenie net se “Ag dis net monumente of stene nie, ek heg my eie waarde daaraan”, verbreed eers jou kennis en moet nie ten gronde gaan nie!

    Mooi daggie

    Groete
    Suzette
    Subject: RE: Balmoral Konsentrasiekamp Monument

    More

    Ek is bevrees dat Gunter reg is met sy stelling want dit is n bose teken wat deur die vrymesselaars ingestel is, die selfde met kerktorings ens. Doen jou self n guns en gaan maak n studie oor die dinge en ek belowe jou dit gaan jou koud laat as jy die betekenis daarvan naslaan. Hy moes dalk eers sy rede verduidelik het voor hy die obelisk afgebreek het en die mense ingelig het waaroor dit gaan en hoekom dit verwyder moes word. Ons mense is ongelukkig baie oningelig oor die dinge en dis tyd dat ons ingelig word oor dit. Dit IS n sataniese teken en ons as christinne sien elke dag die goed en aanvaar dit maar net as vanselfsprekend maar ongelukkig is ons oe toe want ons het duidelik n gebrek aan kennis omtrent die dinge. Dis deels die rede waarom die kerk n vals Christendom verkondig want 99% van die kerke sit met n satanistiese toring op hulle dakke. Dit is 100% n vrymesselaar instelling en ons is veronderstel om dit totaal te verwerp. Dis ons plig as Boervolk om ons mense in te lig oor die soort van ding.

    Ek kom weer terug na my stelling wat ek altyd maak; ons sluit onwetent kompromiee met die vyand en GOD kan ons nie bevry of seen terwyl daar bande tussen ons en die vyand is nie. Ons as volk moet hierdie kompromiee identifiseer en dit vernietig, sport is n baie groot kompromie wat ons mense sluit met die vyand. Ja ek weet,rugby en krieket is lekker om na te kyk en baie van ons is skuldig daar aan maar dit bly n kompromie met die vyand. Daar staan nie verniet in die Woord dat alle heidense tempels en beelde in jou land vernietig moet word nie. Daar is n rede daarvoor want as jy dit toelaat sluit jy n kompromie met die vyand en dit is teen GOD se wil. Jy kan nie met jou voete aan weerskante van die draad staan nie,JY MOET KIES. Ons kan begin om die kompromie te beiendig deur te begin wat Gunter gedoen het om al die volksvreemde satanistiese onbybelse tekens te verwyder in ons land. MAG GOD ONS HELP!

    BOERE GROETE
    Subject: FW: Balmoral Konsentrasiekamp Monument

    E k kry hierdie nou net van 'n vriend oorsee. Gert Opperman stuur hierdie skokkende goed aan.

    Ek dink Jurgens het ietwat sy perke gaan oorskry..
    --- On Tue, 11/2/10, Gert Opperman <hub@voortrekkermon.org.za> wrote:

    From: Gert Opperman <hub@voortrekkermon.org.za>
    Subject: Balmoral Konsentrasiekamp Monument
    To: "Gert Opperman" <hub@voortrekkermon.org.za>
    Date: Tuesday, November 2, 2010, 1:44 PM
    Geagte Vriende

    Vir u kennisname, asb. Ons voer die saak verder in oorleg met SAEHA, aangesien sulke wandade in die naam van ekstremistiese geloof net eenvoudig nie geduld kan word nie, nie in Afghanistan nie en ook nie in Suid-Afrika nie. Volgens onbevestigde berigte is die vandalis een van die persone wat pas saam met Willem Ratte gearresteer was.

    Vriendelike groete

    Gert Opperman
    Hoof Uitvoerende Beampte
    From:
    Sent: Wednesday, November 03, 2010 8:19 AM
    To: Subject: Balmoral Konsentrasie Kamp Monument



    Beste vriende,

    Vind hierby aangeheg fotos en teks vanaf die profiel van ene Gunther J urgens Kotze van Balmoral.Trots en kaalkop verkondig hy dat hy veranwoordelik is vir die vandalisasie van die monument omdat die "duiwels" is.Graag wil ek he dat julle moet kennis dra en as moontlik optree.Hierdie man beskadig sy eie erfenis om sy fundementalistiese geloof te beoefen,soos die Al-Qahida vandale gedoen het in Afghanistan.

    Dit moet stop!

    Groete


    An obelisk (from Greek ὀβελίσκος - obeliskos,[1] diminutive of ὀβελός - obelos, "spit, nail, pointed pillar"[2]) is a tall, narrow, four-sided, tapering monument which ends in a pyramid-like shape at the top, said to resemble a 'petrified ray' of the sundisk.


    The obelisk symbolized the sun god Ra, and during the brief religious reformation of Akhenaten was said to be a petrified ray of the Aten, the sundisk. It was also thought that the god existed within the structure.

    The word matstsebah in Hebrew means standing images or obelisk and it can be found in many places of the Bible. Here is Strong's definition of the Hebrew word matstsebah-

    H4676. matstsebah, mats-tsay-baw'; fem. (causat.) part. of H5324; something stationed, i.e. a column or (memorial stone); by anal. an idol:--garrison, (standing) image, pillar.

    In the following verses matstsebah has been translated as image(s)-

    Exo 23:24 Thou shalt not bow down to their gods, nor serve them, nor do after their works: but thou shalt utterly overthrow them, and quite break down their images.

    Exo 34:13 But ye shall destroy their altars, break their images, and cut down their groves:

    Lev 26:1 Ye shall make you no idols nor graven image, neither rear you up a standing image, neither shall ye set up any image of stone in your land, to bow down unto it: for I am the LORD your God.

    Deu 7:5 But thus shall ye deal with them; ye shall destroy their altars, and break down their images, and cut down their groves, and burn their graven images with fire.

    Deu 12:3 And ye shall overthrow their altars, and break their pillars, and burn their groves with fire; and ye shall hew down the graven images of their gods, and destroy the names of them out of that place.

    1 Ki 14:23 For they also built them high places, and images, and groves, on every high hill, and under every green tree.

    2 Ki 3:2 And he wrought evil in the sight of the LORD; but not like his father, and like his mother: for he put away the image of Baal that his father had made.

    2 Ki 10:26 And they brought forth the images out of the house of Baal, and burned them.

    2 Ki 10:27 And they brake down the image of Baal, and brake down the house of Baal, and made it a draught house unto this day.

    2 Chr 14:3 For he took away the altars of the strange gods, and the high places, and brake down the images, and cut down the groves:

    2 Chr 31:1 Now when all this was finished, all Israel that were present went out to the cities of J udah, and brake the images in pieces, and cut down the groves, and threw down the high places and the altars out of all J udah and Benjamin, in Ephraim also and Manasseh, until they had utterly destroyed them all. Then all the children of Israel returned, every man to his possession, into their own cities.

    J er 43:13 He shall break also the images of Bethshemesh, that is in the land of Egypt; and the houses of the gods of the Egyptians shall he burn with fire.

    Micah 5:13 Thy graven images also will I cut off, and thy standing images out of the midst of thee; and thou shalt no more worship the work of thine hands.

    Another Hebrew word is also used for "sun images" or obelisks, the word chamman. Again, here is the Strong's definition-

    H2553. chamman, kham-mawn'; from H2535; a sun-pillar:--idol, image.

    Chamman is also translated as simply image(s) in the King J ames:

    Isa 17:8 And he shall not look to the altars, the work of his hands, neither shall respect that which his fingers have made, either the groves, or the images.

    Isa 27:9 By this therefore shall the iniquity of J acob be purged; and this is all the fruit to take away his sin; when he maketh all the stones of the altar as chalkstones that are beaten in sunder, the groves and images shall not stand up.

    2 Chr 34:4 And they brake down the altars of Baalim in his presence; and the images, that were on high above them, he cut down; and the groves, and the carved images, and the molten images, he brake in pieces, and made dust of them, and strowed it upon the graves of them that had sacrificed unto them.
    Die drie Fleur de Lills

  2. #2
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,606
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.

    Hierdie ekstremiste soek die duiwel agter elke klip en sal die ook in alles vind as hulle net lank genoeg soek, Waldor beskryf die so:

    Die Duiwel is soos die ‘Holocaust’. Hy word lewendig gehou vir ekonomiese en propagandistiese redes – sekere mense se lewensaar hierdie gehoringde Atlas wat die aarde se sondes op die skouer neem... Hy teer op die mense se onkunde. Sal ‘n voorbeeld gee:

    So ‘n hele paar jaar gelede was daar amok toe gevind word dat Telkom die gaatjies aan die mondstuk van die telefone wou rangskik dat dit die ‘hoenderpoot’ of die sogenaamde “peace sign” sou vorm. Sommige Christinne sê dit is ‘n ‘onderstebo kruis’, en ‘n satanistiese teken is. Nou is dit so, dat sataniste die teken wel gebruik. Nou wil ek weet – as die sataniste skierlik die Mercedes teken begin gebruik, is die Mercedes teken dan satanisties? Beeld het ‘n kort artikel oor die mondstuk dilemma geplaas en die verslaggewer het daarin geskryf dat hulle navorsing gedoen het maar nie die oorsprong van die teken kon vasstel nie. Dit was toe dat ek hulle skakel en reghelp. Hulle het gladnie geweet dat dit oorspronklik ‘n ou Germaanse Rune teken was nie, en dat dit later gebruik is om aan te toon wanneer mens te sterwe kom. Dit word ook in Runetaal die ‘Toten’ Rune genoem. Die middelste streep met die twee aan die sy toon aan hoe die mens na die aarde terugkeer. Die omgekeerde daarvan is die ‘Lebens’ Rune, en lyk dan soos die mens wat sy arms in die lug hou soos wat hy die lewe verwelkom. Net soos wat die ‘Hagal’ Rune krag, lewe en energie aandui maar inderdaad word die vorm daarvan in sneeuvlokke en alle elektroniese plaatjies gevind word. Die ou Germane het voordat hulle deur die Roomse priesters korrupteer is die magiese kragte in hierdie tekens ontdek omdat hulle God met oorspronklike strewes nagejaag het. Ons weet dat die bose sataniste hul om die dode en aanverwante tekens en die mistieke van die duister gaar. So het hulle dalk by die “peace Sign” uitgekom. Die selfde met die heksagoon. Daar is op hierdie aarde net een kragbron en een energie. Daar is verskeie kanale daartoe. Daardie krag is vir almal beskikbaar. Die boosheid of goedheid word bepaal van hoe en deur wie dit aangewend word. So gebruik die priesterlike gespuis die mens se onkunde om die Duiwel lewe te gee. En daarom dan word die skakelpunte tot die kragbron as boos weergee om te verhoed dat die ‘gemeente’ geestelik op hulle eie aangewese raak.
    Daar is geen regverdiging vir hierdie mense wat eintlik maar net 'n verlengstuk is van die "priesterlike gespuis" is wat uit onkunde en vir eie gewin hul wandade pleeg nie, hoe gouer hulle uit die samelewing verwyder word hoe beter.

    Sien ook:

  3. #3
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,606
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.


    Beskadiging van die Gedenknaald by die Balmoral-konsentrasiekampkerkhof

    Na aanleiding van bogenoemde sinnelose gebeure en die dreigement van ene Gunther Kotze om ook die Vrouemonument te Bloemfontein te beskadig, het die Orde Boerevolk dit goedgeag om die aangeleentheid aan die SAPD te rapporteer. Bogemelde verwysing het betrekking.


    Verklaring:

    PETRUS JOHANNES RUDOLPH, ID-nommer 370620 5091 085, Woonagtig te Plot 398 , Kameeldrift-Wes, Pretoria, Telefoon 072 419 3516



    Verklaar bevestigend soos volg:


    Ek is die sameroeper van ‘n Burgerreg-organisasie, Die Orde Boerevolk, wat hom beywer vir die instandhouding en bewaring van die geskiedenis en kultuur van die Boerevolk.

    Die Balmoral Konsentrasiekamp-kerkhof, geleë te Balmoral, in die landdrosdistrik, Witbank gedenk die dood van Boerevroue en -kinders uit die Anglo-Boere-oorlog van 1899-1902 en is ‘n nasionale monument.

    Ek het gister, die 1ste November 2010 op die Internet, Facebook, gelees dat ene Gunther Jurgen Kotze, woonagtig te Balmoral, wederegtelik en kwaadwilliglik die gedenknaald beskadig het waarop die name van die gestorwenes in daardie kon*sen*trasiekamp verskyn, deur hom met ‘n hamer stukkend te slaan.

    Ek het Mev Frieda Muller by Balmoral geskakel en sy het dit bevestig.

    Daar is sover my kennis strek nog geen klagte teen Kotze aanhangig gemaak nie en hy dreig ook op Facebook om die Vrouemonument in Bloemfontein te beskadig.

    Sodanige optrede gaan ‘n beroering veroorsaak en meebring dat die onsteltenis kan meebring dat mense reg in eie hande neem.

    Ek verlang ondersoek en vervolging. Ongelukkig kan ek nie self by Witbank kom om die saak aldaar aanhangig te maak nie.

    geteken Piet Rudolph)

    Bostaande verklaring deur my afgelê en bevestig te Pretoria, hede die 3de November 2010 om 11:00




    Piet Rudolph namens die Orde Boerevolk.

    E-pos:
    piet.rudolph@gmail.com

  4. #4
    Member Vicky's Avatar
    Join Date
    Jun 2007
    Location
    Bloemfontein
    Posts
    97
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    50

    Default Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.

    Briljante inisiatief Oom Piet!
    I am a child of Earth and starry Heaven;
    But my race is of Heaven alone"

  5. #5
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.

    Grafskending is nie deel van ware Boere se kultuur nie. Dit hoort by die Israeliete en hul Jahwehisme.

    Hierdie is nie ons mense nie. Hulle psige is besoedel met 'n primitiewe Midde-Oosterse kultuur.

    Die stomme man weet beslis nie waarin 'n Viking geglo het nie.

  6. #6
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.

    Boere-Viking val monument aan

    2010-11-06 22:27

    Mnr. Günther Jurgens Kotzé verduidelik waarom
    hy die gedenknaald vernietig het. Agter hom
    is die monument sonder die naald op.
    Foto: Lisa Hnatowicz


    Carien Kruger

    Die sogenaamde Boere-Viking sê sy godsdienstige oortuigings het hom genoop om die gedenknaald van die Balmoral-konsentrasiekampmonument naby eMalahleni (Witbank) stukkend te kap.

    Die “penis van Satan” hoort nie op ’n “Boere-monument” nie, het mnr. Günther Jurgens Kotzé Donderdag aan Rapport gesê.
    Volgens die 32-jarige Kotzé, wat op borgtog en onder huisarres is nadat hy onlangs saam met oudkmdt. Willem Ratte in hegtenis geneem is, is obeliske simbolies van die merk van die dier en daarom moes hy die bepaalde gedenknaald volgens die derde gebod in die Bybel vernietig.

    Hy het dit sowat twee weke gelede “op ’n dag van boetedoening” ná 15 dae in die tronk gedoen.

    Hy, Ratte en ander word onder meer aangekla van die onwettige besit van wapens en dwelmhandel.

    Kotzé werk op ’n plaas vir Ratte deur onder meer die kombuis skoon te hou en by die Volksmoord-museum toesig te hou. Die kerkhof is langs die museum.

    Kotzé het foto’s van en verduidelikings oor sy verwoesting van die gedenknaald op sy Facebook-blad geplaas en volgens hom het hy dit ook per e-pos aan mense gestuur.

    Hy sê hy behoort nie aan ’n kerk nie, maar is ’n “Sewe”, iemand wat Vrydagaande en Saterdae as die Sabbat gedenk.

    Dit is net hierdie mense wat volgens hom “die groot verdrukking” gaan oorleef wat op pad is.

    Dr. Jackie Grobler, kultuurhistorikus en kenner van konsentrasiekampe, het die beskadiging van die monument as “ ’n tragedie” bestempel.

    “Dit maak my hartseer as ons mense ons eie monumente skend. Dit is ’n simptoom van ’n verwarde gemeenskap.”

    Grobler sê verskeie Anglo-Boereoorlog-monumente, maar ook uit die ZAR-tyd voor die oorlog bestaan uit gedenknaalde, soos die Vroue- en die Paardekraalmonument.

    “Ek dink nie destyds se mense het énige godsdienstige verbintenis aan gedenknaalde geheg nie. Dit was bloot die teksboekvoorbeeld van hoe ’n monument moet lyk.”

    Genl.maj. Gert Opperman, uitvoerende hoof van die Erfenisstigting, het die voorval by die SA Erfenishulpbronagentskap aangemeld.

    “Sulke wandade in die naam van ekstremistiese geloof kan nie geduld word nie, nie in Afganistan nie en ook nie in Suid-Afrika nie,” sê hy.

    Die Balmoral-terrein is in onderhandelings tussen die stigting en die agentskap as een van 15 prioriteite uitgewys.

    Die stigting wil, met staatsfinansiering, die instandhouding van alle konsentrasiekamp-kerkhowe van die Anglo-Boereoorlog, burgergrafte en krygsgevangenekampe in die buiteland oorneem.

    ’n Ooreenkoms hieroor kan binne dae onderteken word.

    Mnr. Troy Phili, die agentskap se bestuurder van begraafplase en grafte, sê alle grafte van slagoffers van konflik is beskermde terreine.

    Verder is die beskadiging van ’n monument kragtens die Wet op Erfenishulpbronne ’n oortreding wat deur die polisie ondersoek moet word.

    Die agentskap doen sy eie ondersoek na die voorval en oorweeg of hy hom as klaer wil voeg in die klag wat mnr. Piet Rudolph Woensdag namens die Orde Boerevolk by ’n Pretoriase polisiekantoor teen Kotzé ingedien het.

    Volgens kapt. Leonard Hlati, ’n polisiewoordvoerder in Mpumalanga, was die dossier teen Donderdag nog nie na eMalahleni oorgeplaas nie.

    Uit RAPPORT

    Hier volg kommentaar in Rapport op die artikel:

    JP 2010/11/07
    Sjoe, as n trotse Afrikaner kan ek nie hiemee saamstem nie. So alle monumente met n punt na bo moet nou afgebreek word, omdat iemand met n perwerse uitkyk dit as n geslags deel sien. Net so kan dit as vinger gesien word wat Hemel toe wys.

    mg 2010/11/07
    mnr. Kotzé, jy het dringend sielkundige hulp nodig


    louis 2010/11/07
    Moroon !! Plaas dat jy jou liewer hou by die gees van jou godsdiens en konsentreer op naasteliefde.

    leon 2010/11/07
    Hierdie ou het 'n klap van die windmeul weg! Los die "penis van satan" en breek liewer jou eie af, my ou.


    @louis 2010/11/07
    "MOROON, plaas dat hy jou liewer hou by die gees van jou godsdiens en konsentreer op NAASTELIEFDE" eish...maar jy weerspreek jou self. Ja, nee stem ook nie saam wat hierdie ou gedoen het nie.


    Dirk Hall 2010/11/07
    Wag so 'n bietjie almal wat so skreeu. Ek het 'n uitdaging aan elkeen. Kry vir julle 'n goeie boek oor kultussimbole en blaai daardeur.

    Vergelyk dit met baie van ons kultuur historiese bouwerke.

    Maak dan jou eie afleiding.

    Julle almal skreeu sonder enige teen bewys.

    Julle skreeu omdat die massa media julle minds gevat het.

    Wat het jy objektief gedoen om jouself van die waarheid te vergewis. TV gekyk? Radio geluister? Jou eie objektiewe navorsing gedoen?

    Kuk biedjie hoeveel satans tekens is aangeheg aan baie van ons kerk geboue.

    As jy tuis is daar fine ek bly uit!

    Viva die BOERE VIKING!

    Jakkals 2010/11/07
    Jealousy makes you nasty "satan se penis" het jou seker jaloers gemaak. Jy het hulp nodig, my vriend. Hulle moet jou toesluit en die sleutel weg gooi.


    Relax 2010/11/07
    Dit is blatante grafskending. Boere-Viking???


    AdeK 2010/11/07
    Alhoewel ek nie saam stem met die militaristiese manier waarop hy sy geloof uitleef nie, is hy heeltemal reg aangaande die obelisk betekenis as 'n simbool van Baal aandbidding. En dit is einaanrdig dat hulle gewoonlik by monumente aangetref word met 'n christelike verbintenis. As ek 'n christen was, sou ek die hierdie verskeinsel sterk bevraagteken het.

    Rudi 2010/11/07
    Nee Günther!!!
    Jy gaan geen een oortuig met geweld en haat nie. Net met liefde en n kalm houding kan die boodskap verstaan word.

    Die "penis van satan" sjoe waar kom jy aan daai snert!!!

  7. #7
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.

    Nog kommentaar in Rapport op die artikel:

    annabel 2010/11/07
    Mnr Kotze is n oudleerling van St Alban's in Pretoria. Plaas van om sy bevoorregte opbrengs te gebruik en die Afrikaner te "help" deur suksesvol te wees mors hy sy tyd met sulke twak! Dit is sulke mense wat Afrikaners n swak naam gee


    Jan van Pretoria 2010/11/07
    Mens moet eerder vir hom bid. Hy is so mal soos 'n hoender! Ons het werklik nie ekstremiste in ons land nodig nie, al is hulle van lotjie getik.


    Hendrik 2010/11/07
    Sies is dit hoe jou ours jou grootggemaak het. Wonder waardes en respell vir and ere se eiendom..... Wiking???? ek dink ek moet Wikkie Die Viking cry om vir jou een helse pak sale te gee.


    Die Ou Man 2010/11/07
    Grafskending is nie deel van ware Boere se kultuur nie. Dit hoort by die Israel Visie en hul Jahwehisme.

    Hierdie is nie ons mense nie. Hulle psige is besoedel met 'n primitiewe Midde-Oosterse kultuur.

    Die stomme man weet beslis nie waarin 'n Viking geglo het nie.


    Johannes 2010/11/07
    Die ou is meer van 'n tipe akteur en nie die ware jakob nie. Volgende sal hy seker die taalmonument gaan afbreek in die Paarl?


    Werner 2010/11/07
    Mat 5:10 Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
    Mat 5:11 Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.

    Netjies Günther, as ons meer mense gehad het wat vir Vader veg en nie vir Baal nie, sou ons 'n beter wêreld gehad het om in te lewe.

    En vir julle wat so opkom vir dit wat nie van Vader is nie, maar wel van die bose, dink mooi wat julle doen. Julle is ligsinnig en vinnig om vinger te wys. Passop, Vader slaap of sluimer nie...

    Boetie Burkett 2010/11/07
    Hier sogenaamde boere viking is n nar.Hy is nou besig om met my kultuur en erfenis te speel.Elke Afrikaner is trots op sy geskifenis.Hier kom hierdie mannetjie beskadig ons erfenis.Verstaan die simpel ideooit nie dat dit is wat die ANV wil he nie.One eie Afrikaner beskadig ons geskiedenis. Die ANC sit nou lekker en lag in die agtergrond. Kotze jy is n nar en het n paar breinselle weg.Ek sal daarvan hou om jou te ontmoet, jy kort n regte pak slae.Jou pa het jou seker nie genoeg speelgoed gegee toe jy n kind was nie.As jy graag wil ontmoet kyk op facebook, dan kan ek en jy gesels op die regte Afrikaner manier. Jou vierkantige karton


    viking 2010/11/07
    Dit moes sy tyd in die gevangenis gewees het....klink my hy wil terug gaan.
    Sustersvansion 2010/11/07 08:31:06 AM
    Is dit nou weer die suster van sion sekte wat nou weer die branewyn en coke brigade tot optrede dwing, ontspan mense die ou gaan deur 'n dwase fase

  8. #8
    Member
    Join Date
    Jul 2010
    Location
    ZAR
    Age
    52
    Posts
    113
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    38

    Default Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.

    Eseg. 6:4 en julle altare sal verwoes en julle sonpilare verbreek word; en Ek sal die wat uit julle verslaan is, neerwerp voor julle drekgode;

    Eseg. 6:5 en Ek sal die lyke van die kinders van israEL voor hulle drekgode werp en julle beendere rondom julle altare strooi.

    Eseg. 6:6 In al julle woonplekke sal die stede verwoes en die hoogtes ‘n wildernis word, sodat julle altare woes en eensaam sal wees, en julle drekgode verbreek sal word en verdwyn, en julle sonpilare omgekap en julle werke vernietig sal word.

  9. #9
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.

    Aanhalings uit die heilige boek van die Jode kan nooit grafskending regverdig nie.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  10. #10
    Member
    Join Date
    Jul 2010
    Location
    ZAR
    Age
    52
    Posts
    113
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    38

    Default Re: Afbreek van die sogenaamde falliese simbool.

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post
    Aanhalings uit die heilige boek van die Jode kan nooit grafskending regverdig nie.

    Liefde groete.

    Die Ou Man
    More Ou Man,

    Ek stem saam, maar die Aanhaling is uit n Boek van n Profeet van Die ALMAGTIGE-SKEPPER.

    BoereGroete

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •