Results 1 to 9 of 9

Thread: Wat is die verskil tussen "geloof" en "gevoel"

  1. #1
    Member Silencio's Avatar
    Join Date
    Oct 2010
    Location
    Bloemfontein
    Age
    37
    Posts
    241
    Rep Power
    36

    Default Wat is die verskil tussen "geloof" en "gevoel"

    As jy vir my moet definieer wat is die verskil tussen jou geloof en jou gevoel, hoe sou jy te werk gaan? Dit is immers menig male teenstrydig is dit nie? Jy glo jy tree op volgens wat jy glo vir die "regte" redes maar jou "gevoel" daaroor is nie reg nie. Hoeveel miljoene lewens is nie geneem in die naam van geloof nie? hetsy daar opgetree is in opdrag of watter rede ookal verskeie aksies veroorsaak het. Waarop baseer ons ons geloof? Hoe ons grootgemaak is, wat ons ouers ons geleer het, wat die kerk jou probeer wysmaak, bybelstudie, navorsing, soektog na die waarheid en dieper insig, so dit is moontlik dat jou geloof kan verander, net soos jou gevoel, maar as jy 'n aksie uitvoer omdat jy glo dit is reg maar jou hart s vir jou anders, dan bring dit derhalwe die vraag: twyfel jy in jou geloof, is wat jy glo werklik reg want wat binne jou "s" vir jou anders? Kan dit moontlik die Heilige Gees wees wat teenstrydig is met jou rasionele denke? En as jy twyfel in jou eie geloof, is jy vatbaar vir die wreld se aanslae wat veroorsaak dat jy verlore voel en jou geloof derhalwe verder betwyfel word, hetsy deur jouself of die wreld. Niemand van ons Ken God se wil en we nie, so wat maak van jou 'n goeie mens, jou geloof of hoe jou hart is? Ons is so geneig om op onsself staat te maak en vergeet om letterlik op te kyk in geloof na God om jou die regte pad te wys, ons is menslik en fouteer maklik en as ons geloof nie sterk genoeg is nie is ons "vulnerable" so die antwoord sal daarin l dat miskien moet ons ons verhouding met God moet versterk. Jy voel immers jy het God nodig en jy het Sy leiding nodig maar jy glo nie sterk genoeg dat Hy jou as swakkeling sal help nie. Ek voel dat dit 'n groot oorsaak is dat die mensdom vandag so verlore en eensaam in hierdie wreld is.

    Groetnis
    Silencio

    images.jpg
    Last edited by Silencio; 27th November 2010 at 22:57.
    Cause and effect applies to us all, consider therefore your thoughts, words and actions carefully.

  2. #2
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,437
    Rep Power
    64

    Default Re: Wat is die verskil tussen "geloof" en "gevoel"

    Silencio.

    Die belangrikste is dat ons deurgaans moet dnk oor ons geloof, soos wat jou plasing hierbo doen.

    Ons moet onderskei tussen die persoonlike band tussen Skepper en skepsel aan die een kant en dogmatiese snert en rituele aan die ander kant.

    Wat weeg die swaarste in die guns van ons saligheid?

    Is dit die aantal Kinderkrans sels op jou sertifikaat, jou betrokkenheid by basaars, eredienste, die feit dat jy voorgestel en aangeneem is, of is dit jou persoonlike verhouding met jou Maker?

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  3. #3
    Member Silencio's Avatar
    Join Date
    Oct 2010
    Location
    Bloemfontein
    Age
    37
    Posts
    241
    Rep Power
    36

    Default Re: Wat is die verskil tussen "geloof" en "gevoel"

    Dankie Ou Man, jy het tussen die lyne gelees amper kan ek s en my boodskap baie goed, kort en kragtig gestel wat ek probeer deurgee aan die mensdom.

    Vriendelike groete
    Silencio
    Cause and effect applies to us all, consider therefore your thoughts, words and actions carefully.

  4. #4
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    57
    Posts
    652
    Blog Entries
    7
    Rep Power
    56

    Default Re: Wat is die verskil tussen "geloof" en "gevoel"

    Vir my is daardie verskil juis dit wat verskuil is in Die Christus se boodskap:
    Luk 17:21 En hulle sal nie s: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.
    As kind van die natuur is dit maklik om te weet dat net soos die strale van die son een is met die son self, deel is daarvan onteenseglik, net so is die son een van die strale onteenseglik... daarom is daar vir my baie beslis nie 'n skeiding tussen my en my Skepper nie, want God is altyd en werklik altyd en ewig deel van my , elke oomblik, elke gegewe breukdeel van elke atoom gesplete sel sonder ophou, want sonder God se Lewe BINNE-IN my kan ek nie bestaan nie... nie as aardse liggaam of as aardse Siel of as Hemele Gees nie. Die mens kan alles namaak en alles onder die son doen behalwe een ding... en dis om die lewe in 'n sel te sit, iets lewend te maak... daardie lewe kom van God af, dis ons nie bekore as aardlinge om dit te wil vermag nie. Tog het ons 'n direkte spreekbuis of selfoon of telefoonlyn direk soos 'n presidensiele rooi foon na Die Skepper toe... maak hoe?

    Die grootste fout wat almal maak is om daardie "link" tussen elkeen en die Skepper te vermy of liewer te ignoreer want jy dink mos dis nie daar nie! God is mos daar... en jy is mos hier! En alhoewel jy dink God is ver weg, is die een ry voetspore eintlik jou eie (God het jou nie gedra nie, maar deur binne-in jou te wees, saam met jou jou eie tree laat gee, soos wat jy dit wou loop... eie keuse, vrye wil, selfs selfmoord is deur jouself maar God is daar en neem jou hand ten alle tye... wat jy saai sal jy self maai...

    Mat 13:19 As iemand die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai isdit is hy by wie langs die pad gesaai is.

    Joh 8:47 Die wat uit God is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie.

    en hoe ignoreer ons daai "link" ??? Maklik, want daardie HOLKOL gevoel op jou maag wat soos vlinders voel as jy iets goeds doen, en so mislik soos loodswaar gewig van naarheid is as jy kwaaddoen, is juis die liggaamlike manier (Geestelike Stemmetjie) waarmee jou Skepper met jou praat, elke oomblik van elke dag... ons ignoreer ons "stemmetjie" binne-in ons want die bybel en die kerk onderandere leer ons dat God daar is en ons hier.... dis mos die engeltjie en die duiweltjie wat op jou skouers sit! En al die tyd is dit jou eie persoonlike direkte skakel na jou Skepper toe!

    God was nog al die tyd hier, net ons was en is blind. Ons soek Hom daar terwyl hy reeds en nog al die tyd deurentyd binne-in jou was, deel van jou bestaan konstant. Dit het tyd geword om weer daardie stemmetjie op te neem en aandagtig daarna te luister... want dan hoor mens nie net nie, jy luister!


    Luk 8:10
    En Hy antwoord: Aan julle is dit gegee om die verborgenhede van die koninkryk van God te ken; maar aan die ander deur gelykenisse, sodat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie verstaan nie.


    Mar 8:18 Het julle o en sien julle nie? En het julle ore en hoor julle nie?

    Joh 8:47 Die wat uit God is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie.
    en as jy na jou "link" luister, en dit hoor verstaan jy wanneer Die Christus vir jou voorhou:

    Joh 3:8 Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.

    Een van die dae gaan ons weer luister...

    Joh 10:16 Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder.
    groetnis
    knipmes
    Last edited by knipmes; 28th November 2010 at 22:46.

  5. The Following 2 Users Say Thank You to knipmes For This Useful Post:


  6. #5
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    57
    Posts
    652
    Blog Entries
    7
    Rep Power
    56

    Default Re: Wat is die verskil tussen "geloof" en "gevoel"

    Quote Originally Posted by knipmes View Post

    ...Een van die dae gaan ons weer luister...



    Joh 15:19 As julle van die wreld was, sou die wreld sy eiendom liefh. Maar omdat julle nie van die wreld is nie, maar Ek julle uit die wreld uitverkies het, daarom haat die wreld julle.


    As ek so luister na die gevegte op verskeie fronte oor wie se God en Godsdiens nou regtig DIE een is... dan maak die bogenoemde werklik vir my sin, en kan ek stil nederig net dankbaar wees vir die ongelooflike voorreg om te kan luister en hoor, te kan kyk en sien, en sien ek uit na die dag dat ek dalk een klein skakel kan wees waarin almal daardie voorreg kan saam geniet om ook te luister en te sien...

    groetnis
    knipmes

  7. #6
    Member Silencio's Avatar
    Join Date
    Oct 2010
    Location
    Bloemfontein
    Age
    37
    Posts
    241
    Rep Power
    36

    Default Re: Wat is die verskil tussen "geloof" en "gevoel"

    Knipmes, dit is een van die redes hoekom ek die pos geplaas het, die hane het al gekraai toe l ek nog in draai rond in die bed en dink hieraan, want soveel gevegte en verskille, wat is reg en verkeerd, blah, blah, is dit jou gevoel wat meestal reg is, (as jy nou goeie mens probeer wees van nature en goed wil doen van nature en nie wrelds is nie) die reinheid en liefde en waarheid wat in jou oor fluister is waaraan ek gehoor moet gee, want geloof kan misleidend en soms verkeerd wees al is dit vir die "regte" redes.

    Vriendelike groete.

    ps. ek kan jou nou nie hartjies terugstuur nie, my man sal dink ek like jou kwaai!

    groetnis
    Silencio
    Cause and effect applies to us all, consider therefore your thoughts, words and actions carefully.

  8. #7
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    57
    Posts
    652
    Blog Entries
    7
    Rep Power
    56

    Default Re: Wat is die verskil tussen "geloof" en "gevoel"

    Quote Originally Posted by Silencio View Post
    ...want geloof kan misleidend en soms verkeerd wees al is dit vir die "regte" redes...
    Bokkie, onthou dat daar 'n reuse verskil is tussen Geloof en godsdiens!!!!

    Die onderskeid is juis dat dit godsdiens is wat soms reg of verkeerd "gevoel" word, want elkeen se opinie word deur verskeie menslike redenasies en voorbeelde gelei, reg of verkeerd ongeag.

    Geloof aan die anderkant is daardie onmiskenbare onveranderlike nie-fisiese band tussen jou en jou Skepper wat nie deur enige opinie verander kan word nie.... en jou skakel is juis daardie "gut-feeling" of holkol op jou maag wat jy net mooitjies niks aan kan verander nie! Doen iets goed, en jy voel bo- aards verhewe so asof jy sweef, maar doen iets wat teen jou eie gewete is en teen jou Skepper se wil gaan, dan kry jy daardie onmiskenbare mislike gevoel wat ek dink deesdae as die "goeie een" beskou worre.

    Ek wil juis op hierdie noot gesels oor ons ("Guardian Angels") Beskermings Engele, want ons eie gewete kom hier ter sprake, maar ons sal dit in 'n ander draad vervat...

    groetnis
    knipmes

    ns. stuur maar die hartjies... en manlief hoef nie te bekommer nie.. ek is mal oor al ons Blommetjies in God die Moeder se Paradys, en mens hoef nie skaam te wees oor opregte skoonheid van binne wat na buite straal nie! Dis duidelik dat jou ewige Wederhelfte ook netso beeldskoon sal wees, of is ek verkeerd? Loop soen hom en seg oom knipmes "like" hom ohk netso baie...

  9. #8
    Member Fulcrum X's Avatar
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Bloemfontein
    Age
    33
    Posts
    55
    Rep Power
    42

    Default Re: Wat is die verskil tussen "geloof" en "gevoel"

    Naand Knipmes,

    Sjoe, solank daai soen net nie namens jou is nie, anders gaan ek darem maar aardig voel na die tyd!

    Nee gaan julle maar voort, ek is nie een wat bekommerd is oor hartjies in poste nie, en lag nog elke keer as ek julle twee se geselsies lees.

    Groete,
    x

    We are not human beings on a spiritual journey, We are spiritual beings on a human journey.

  10. #9
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    57
    Posts
    652
    Blog Entries
    7
    Rep Power
    56

    Default Re: Wat is die verskil tussen "geloof" en "gevoel"

    Kyk, as ek jou moet soen ... gaat ek nie van jou kan ontslae raak nie!

    Maar terug tot die punt...

    Hierdie "gevoel" wat ervaar word... hoeveel daarvan het deels met, en wat het, jou Beskermings Engel daarmee te doen?

    groetnis
    knipmes

Similar Threads

  1. Hier spring alweer nuwe "Boere" uit
    By Boerland in forum Nuus
    Replies: 0
    Last Post: 11th November 2010, 12:52
  2. Renmaker is enigste "ware" god
    By Die Ou Man in forum Artikels uit die media
    Replies: 1
    Last Post: 22nd June 2010, 22:45
  3. THE DAYS OF NOAH and the "Sons of God"
    By Stefanus in forum Artikels
    Replies: 11
    Last Post: 2nd January 2010, 18:15
  4. Israel "Waarheid" of Leuen?
    By Luther in forum Boervolk Teologie:
    Replies: 32
    Last Post: 31st May 2009, 21:03
  5. Erichthonios, the "Earth-Born" One
    By Stefanus in forum Mitologie
    Replies: 0
    Last Post: 8th February 2009, 02:12

Tags for this Thread

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •