Page 3 of 3 FirstFirst 123
Results 21 to 26 of 26

Thread: Naaste, Liefde en Naasteliefde

  1. #21
    Member Carel van Heerden's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    251
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    48

    Default Re: Naaste, Liefde en Naasteliefde

    Die antwoord op die betekenis van die woord liefde word aangetref in n nie-wetenskaplike skrywe en wel in n slaprandboekie met die titel Life after Life. Die outeur, Raymond A. Moody. Jr. (M.D.) het die bevindings van wat sy, en ander dokters se pasinte vertel het, aangeteken. Hierdie pasinte was vir n tydperk klinies dood. Uit hul verhale van dit wat hulle ervaar het en wat in die meeste gevalle tot n groot mate ooreenstem, word aangedui dat nadat hul geestelike liggaam hul fisiese liggaam verlaat het, n wese van lig hul genader het. Een man beskryf dit as volg: ..a loving, warm spirit of a kind he has never encountered before a being of light appears before him. en .He is overwhelmed by intense feelings of joy, love, and peace. Na sy terugkeer uit sy naby-dood ervaring, die volgende: Later he tries to tell others, but he has trouble doing so. In the first place, he can find no human word adequate to describe these unearthly episodes. He also finds that others scoff, so he stops telling other people. Still, the experiences affects his life profoundly, especially his views about death and its relationship to life.
    [SIGPIC][/SIGPIC]

  2. #22
    Member Carel van Heerden's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    251
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    48

    Default Re: Naaste, Liefde en Naasteliefde

    Wanneer n mens lees van die belewenis van mense wat n naby-dood ervaring gehad het, kan n mens nie anders as om saam met Johannes te stem dat God liefde is nie (1 Johannes 4:8). Trouens, n mens kry n beter begrip wat God se liefde beteken. n Volmaakte liefde wat die menslike verstand te bowe gaan. n Liefde wat n mens nie in woorde kan beskryf nie aangesien daar geen geskikte woorde in ons woodeskat beskikbaar is om di liefde te kan beskryf wat hulle ervaar het nie. Di mense wat n naby-dood ervaring gehad het, se lewens het met hul terugkeer uit hul geestelike ervaring, ingrypend verander. Mense wat hul voor die tyd geken het, het getuig dat hulle na hul ervaring meer geduldig was, rustiger, sagter. Daar het iets vanaf hulle uitgestraal wat hulle nie kon beskryf nie.

    Om op n hedoniese kontinuum God se liefde te meet sou net nie moontlik wees nie. Die liefde van God val totaal en al buite enige menslike meetinstrument.

    Daar is egter n ander kant van die muntstuk. Di mense wat God se liefde ervaar het tydens n naby-dood ervaring het ook getuig dat tydens hul ontmoeting met die wese van helder lig, hul aardse lewe voor hulle begin afspeel het. Amper soos n vertoning van n video waar die betrokene die toeskouer was. Alles wat hy/sy ges en gedoen het, het voor hom/haar afgespeel. Maar veral belangrik en dit is keer op keer uitgelig is die impak van dit wat ges of gedoen is, op die ander mense met wie hul gepraat of betrokke by was, gehad het.

    Nou waarom doen mens dan dit wat verkeerd is. Die Bybel verwys na die vleeslike en die geestelike. Nou weet ons dat teenoor God staan satan wat self n god in eie reg wil wees. Satan se domein is die dood, sy kleur is swart en sy werkwyse is vrees. Di beginsels van satan staan lynreg teenoor God se liefde.

    Op n hedoniese kontinuum is ek bevrees sal ook satan se haat en afguns teenoor God en sy skepping nie moontlik wees nie. Die liefdeloosheid van satan val ook totaal en al buite enige menslike meetinstrument.

    Beide God se liefde en satan se liefdeloosheid het hul oorsprong in die geestelike wreld. Ons as aardse wesens word vasgevang tussen die twee uiterstes. Ons het dus n keuse om te maak. Die ewige lewe of die dood. God se liefde of satan se liefdeloosheid. Op sigself klink dit baie maklik. Maar is dit? Wat het Judas wat saam met die Christus as dissipel beweeg het, sy wonderwerke aanskou het eventueel laat besluit om die Christus te verraai vir geld? Met ander woorde om die keuse op satan te laat val? Het Judas dan oor geen liefde beskik nie? Indien jy oor liefde beskik is dit n waarborg vir die ewige lewe?

    n Moordenaar, verkragter, rowers en ja selfs plaasaanvallers beskik oor liefde. Van hulle het ook gesinne en tree liefdevol op teenoor hulle kinders.

    Ons weet nou wat God se liefde is en wat daarmee bedoel word. Wat word dan nou bedoel met die liefde wat ons byvoorbeeld aan ons naaste moet betoon? Anders gestel, wat beteken liefde op die aarde dan?
    Last edited by Carel van Heerden; 20th January 2011 at 05:15.
    [SIGPIC][/SIGPIC]

  3. #23
    Member Carel van Heerden's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    251
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    48

    Default Re: Naaste, Liefde en Naasteliefde

    Op aarde word liefde aangedui en beskryf op bepaalde maniere en om bepaalde redes. So praat ons van verliefdheid, liefde vir jou kinders, liefde vir mekaar, liefde tussen man en vrou asook byvoorbeeld moederliefde. Daar word selfs verder gegaan en gepraat van o.a. ware liefde, egte liefde en liefdes soos in die begin van di artikel aangetoon. Indien u gekonfronteer sou word met die vraag, watter liefde wat beskryf word, die naaste sou kom aan die liefde van God, wat sou u antwoord wees?

    Waarskynlik sou moederliefde di liefde wees wat genoem word. Waarom? Die feit dat n moeder die baba nege maande in haar voel ontwikkel en groot word, smee al n band tussen die moeder en baba wat uniek is. n Man kan dit nie ervaar nie. Wanneer die baba na geboorte in die moeder se arms geplaas word is dit n besondere ervaring vir die moeder. Mens merk dit op aan die uitdrukking en liggaamstaal van die moeder. Jy sien dit in die o. Jy voel dit aan. Jy as buitestaander beleef dit. Soveel meer as jy die vader van die baba is. Later as die baba deur die moeder versorg word. Die wyse waarop die moeder met die baba praat en speel. Hoe sy die baba teen haar vasdruk. Haar liggaamstaal, uitdrukking op die gesig. Dit spreek van liefde.

    Op n hedoniese skaal kan hierdie moederliefde waarskynlik hoog gemeet word op die positiewe indeks.

    Kom ons veronderstel nou dat die baba die moeder en vader se eerste een is en dat hulle op reis is deur n onbekende gebied in die nag. Die baba begin huil. Die baba is nie gemaklik nie, wil nie melk h nie en hou aan met huil. Deur die baba op te tel en mee te speel of te sus help niks. Die dringendheid van die gehuil word erger en meer intensief. Dit is wel bekend dat die aanhoudende gehuil van n baba die mees onstellende en frusterende geluid is. Terloops, dit is in die bosoorlog gebruik om troepe te ontsenu, te onstel en te frustreer.

    Wat is besig om met die ouerpaar en die baba te gebeur. Die moeder kan begin ongeduldig raak. Die ongeduld kan verder versterk word deur die vader se se ongeduld met die moeder wat nie die baba kan stilkry nie. Die eksterne faktore soos die aanhoudende gehuil van die baba en die vader se ongeduld begin nou die moeder se emosionele belewenis van ongeduld versterk. Die kwaliteit, intensiteit en duur van die gehuil stuur haar na breekpunt. Omdat sy nie oor die kognitiewe inhoud van oorontsteking by n baba beskik nie, kan al die eksterne impulse tot n negatiewe handeling lei wat aanleiding gee tot n paar rapse op die baba se boude. Dit kan selfs n geskree aan die baba afgee om stilte te bewerkstellig. Di moeder se radeloosheid en optrede kan waarskynlik ook spruit uit die feit dat hulle niemand kan skakel om raad, of weet waar die naaste dokter aangetref kan word nie.

    Wat gebeur met di moeder? Indien die hedoniese skaal weer gebruik sou word beteken dit dat die moederliefde wat vroer hoog getoets is, nou met die gehuil van die baba kan afskuif na die nulpunt. Met die slaan van die baba verskuif die skaal nou na die negatiewe indeks. Hoe groter die negatiewe optrede hoe groter die lesing op die negatiee indeks.

    Nou kan gevra word of di optrede van die moeder teenoor haar baba, haar liefde vir haar baba nie meer laat bestaan nie? Sou nie so dink nie. n Waarskynlike rede is dat lankmoedigheid, geduld en verdraagsaamheid ontbreek. Natuurlik ook n gebrek aan kennis aangaande oorontsteking.

    Dit is ook so dat nie alle moeders teenoor hulle babas sou optree soos hierbo beskryf nie. Al het die kennis ontbreek sou hulle waarskynlik die gehuil verduur het en die baba bly sus en troos het. Selfs probeer om die baba te laat slaap. Hulle sou planne beraam het om hulp te bekom.

    Bogenoemde is slegs n voorbeeld van wat ons daagliks in die lewe ervaar. Nie noodwendig net met babas nie maar veral in ons verhoudinge met mekaar en gebeure in en om ons werk en rondom ons waar ons ook al mag beweeg. Ons is deurlopend onderhewig aan verskillende impulse wat n invloed uitoefen op ons emosionele belewenis, negatief of positief. Dit wissel in kwaliteit, intensiteit en tydsduur. Dit laat ons somtyds onwillekeurig optree en het die neiging tot n handeling, positief of negatief. Dink byvoorbeeld aan al die slaggate wat ons moet ontwyk. Die slaggate wat getref word. Op die hedoniese skaal vind daar dus gedurig n verskuiwing plaas wat geringe verskille kan aantoon maar ook lesings op die uiterste grense van n hedoniese skaal kan bewerkstellig. Dat hierdie impulse n uitwerking het op ons emosies wat ons ervaar is n gegewe. Aangesien liefde ook n emosie is wat onderhewig is aan genoemde impulse, beteken dit ook dat liefde op die hedoniese skaal kan wissel.

    Waarom skei mense wat eens so lief vir mekaar was nadat hulle die groot stap geneem het om te trou? Waarom word ons kwaad wanneer ons op die Ben Schoeman ry en motors (veral taxis) druk voor jou in? Wat laat mens ander mense beledig? Hulle selfs klasifiseer in groeperings soos byvoorbeeld Afrikaner en Boer en dan baie beledigend kan optree (verbaal en skriftelik) indien iemand met hulle verskil. Waar is die liefde dan waarvan gepraat word? Trouens wat is die liefde se betekenis as dit op negatiewe gevolge uitloop?

    Dink aan u liefde vir u vrou tydens n romantiese kersligete om u huweliksherdenking te vier teenoor u liefde vir u vrou wanneer u in die warm son sukkel om n band aan u motor te vervang. Die motor l te laag en u kan die domkrag nie onder die as inkry nie. Dit alles terwyl u aangetrek is om n belangrikke afspraak na te kom en u vrou karring aan u dat u moet gou maak, dat u laat gaan wees en dat sy warm kry. Dat u moes voorsorg getref het vir n korrekte domkrag in die motor en dat sy nie kan verstaan waarom u nie destyds al die domkrag vervang het nie. Ek glo daar sal n verskil wees. Op daardie oomblik gaan u waarskynlik minder lief wees vir haar.

    Dit blyk dus dat aardse liefde kan wissel na gelang omstandighede. Trouens dit kan somtyds heeltemal afwesig wees.
    Last edited by Carel van Heerden; 20th January 2011 at 18:13.
    [SIGPIC][/SIGPIC]

  4. #24
    Member Silencio's Avatar
    Join Date
    Oct 2010
    Location
    Bloemfontein
    Age
    39
    Posts
    208
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    41

    Default Re: Naaste, Liefde en Naasteliefde

    Carel ek dink ek kan dit so antwoord, liefde word in 'n gegewe situasie, soos die voorbeelde wat jy genoem het nie, nie vervang of verminder of vermeerder in emosie nie dit word net op daardie stadium oorweldig en onderdruk deur 'n ander emosie, ma met baba wat nie ophou huil, moedeloosheid, taxi's wat voor jou indruk, ongeduldigheid, man en vrou langs pad -dit grens aan verdraagsaamheid. dit maak nie saak hoe ons liefde probeer bewoord en verduidelik nie, jy kan nie want ek sal vir jou se byvoorbeeld - ek is bitterlief vir my man, ek het hom so lief ek sal sterf vir hom, ek sal emosioneel sterf sonder hom, ek sal hel toe en teruggaan vir hom, hy laat my voel ek kan vlieg sonder vlerke en hy kan ook my vlerke afbreek so vinnig soos wat dit weer opbou, partykeer wil ek hom net opvreet van liefde ander kere kyk ek na hom, skud my kop en dink hy is 'n blerrie idioot! onlogies en onprakties en dan ervaar ek werklikwaar die begeerte om sy kop teen iets stukkend te slaan, as ons baklei kan ons even op mekaar se skouers huil as ons baklei, so liefde is altyd daar, dit word net onderdruk deur 'n negatiewe emosies as gevolg van negatiewe omstandighede, en omgedraai ook

    groetnis
    Silencio
    Cause and effect applies to us all, consider therefore your thoughts, words and actions carefully.

  5. #25
    Member Carel van Heerden's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    251
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    48

    Default Re: Naaste, Liefde en Naasteliefde

    Silencio, dankie vir jou inset. Ek verstaan wat jy skryf. Emosies kan wissel en n ander uitwerking op n mens se emosionele toestand h. Ek self sal eerder die woord onderdruk gebruik om die beheer n bepaalde emosie soos byvoorbeeld woede te beskryf.

    Jy is reg as jy s die emosie van liefde verdwyn nie. Alle emosies is blywend. Of dit haat, woede, teleurstelling, liefde of ander is. Ek sal die artikel bietjie aanpas om die konsep van hedoniese skaal beter te verduidelik aangesien die verstaan daarvan belangrik is in die verduideliking van die laaste gedeelte van die artikel naamlik die oor naasteliefde.


    Groetnis.


    Carel.
    [SIGPIC][/SIGPIC]

  6. #26
    Member Carel van Heerden's Avatar
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    251
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    48

    Default Re: Naaste, Liefde en Naasteliefde

    Dit is n bekende feit dat God se liefde vir die mens geopenbaar is deur dat God sy eniggebore Seun in die wreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe. Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy liefgehad het en sy Seun gestuur het as n versoening vir ons sondes. (1 Johannes 4:9,10). Belangrik om hier op te let na die verwysing en gebruik van die woord God. Dit is seker te wagte dat God n tenprestasie van ons sal verwag vir Sy liefde aan ons betoon. Israel het die wette van Moses gehad wat rigting aan hulle lewens gegee het.

    In Matteus 22:36 vind ons dat die Christus n wetgeleerde antwoord wat n vraag aan Hom gestel het om Hom te versoek, naamlik: Meester, wat is die groot gebod in die wet? Die skrifgeleerde het waarskynlik verwys na Deuteronomium 6:4 naamlik: Hoor, Israel, die HERE onse God is n enige HERE. In Markus 12:29 lees ons: En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is n enige Here;

    Barnes beskryf dit baie mooi in sy verklaring van Deuteronomium 6:4:

    The Lord our God ... - Literally, Yahweh, our God, is one Yahweh. The other nations worshipped many gods, but the God of the Jews was one, and one only. יהוה Yahweh was undivided; and this great truth it was the design of the separation of the Jewish people from other nations to keep in mind. This was the peculiar truth which was communicated to the Jews, and this they were required to keep and remember forever.

    Hierdie teks bevat meer as bloot n verklaring van een (monotestiese) God teenoor politesme (veel gode). Dit maak die aanname dat die HERE God die absolute God van Israel is en niks anders nie. Hy en Hy alleen is Yahwe, die absolute God wat deur Sy verkiesing homself bekend gemaak het aan Israel.

    Soos hierbo aangetoon verskil die bewoording van Deuteronomium 6:4 met die van die Christus in di opsig dat daar nie na die HERE (Yahwe) verwys word nie maar na die Here (titel). In Markus 12:29 vind ons dan: En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is n enige Here;

    Dit wil vir my voorkom asof hierdie verskille n draaipunt, weg van die die HERE (Yahwe) verteenwoordig. Dit gaan nou nie meer oor Yahwe as n absolute God van Israel nie maar n omswaai na God (Elohim). Ook n wegbeweeg van die wettiese voorskrifte van Moses na die liefde van God. As n mens wil, na die toe nog onbekende God na wie Paulus verwys het toe hy in die middel van die Arepagus staan en ges het: Atheners, ek sien dat julle in elke opsig baie godsdienstig is. Want terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan n onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle (Handelinge 17:22,23).


    Dit bring ons gevolglik na die eerste gebod van God naamlik: Jy moet die Here jou God liefh met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand (Matteus 22:37). In Markus 12:30 word die Christus se antwoord weergegee as: Jy moet die Here jou God liefh uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod (Markus 12:30). En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefh soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as di nie (Markus 12:31). Die tweede gebod sal onder die loep geneem word onder die laaste afdeling naamlik naasteliefde.

    In die eerste gebod staan drie/vier aspekte uit hoe ons God se liefde behoort te beantwoord.

    Ons moet God liefh:

    (Matteus) Met jou hele hart / (Markus) uit jou hele hart,

    (Matteus) Met jou hele siel / (Markus) uit jou hele siel,

    (Matteus) Met jou hele verstand /(Markus) uit jou hele verstand en

    (Matteus) Geen / (Markus) uit jou hele krag.

    As ons onseker is oor die begrip liefde, hoe moet ons, of behoort ons God dan lief te h met of uit jou hele hart en met of uit jou hele siel en met of uit jou hele verstand en uit jou hele krag?
    [SIGPIC][/SIGPIC]

Similar Threads

  1. Wie is jou "Naaste"?
    By knipmes in forum Besprekings
    Replies: 43
    Last Post: 5th September 2011, 00:41
  2. Stille rivierstroom
    By Die Vrou in forum Gedigte
    Replies: 1
    Last Post: 14th November 2010, 09:01
  3. Oproep tot die liefde
    By Carel van Heerden in forum Artikels uit die media
    Replies: 3
    Last Post: 17th June 2009, 20:22

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •