My Kind

Het jy geweet As die lewe jou sny Dan bloei Ek
Het jy geweet As die son oor jou skyn Dan gloei Ek
Het jy geweet As jy weg gaan Is daar leemtes in My
As jy geweet het Sou jy geweet het Ek sal bly
As jy weet Sou jy dan verstaan hoe Ek voel
Hoe diep Ek jou lief het Wat ek bedoel
As jy weet Ek is altyd by jou Dat gebede jou bou My liewe kind
As jy nie weet nie SÍ Ek jou nou
Het jy geweet As Ďn traan oor jou wang rol Verstaan Ek
Het jy geweet Waar jou hartseer moet weg kruip Daar gaan Ek
Het jy geweet As jy seer kry Voel Ek tien maal jou pyn
As jy geweet het Sou jy geweet het Ek kan nooit verdwyn
As jy weet Sou jy dan verstaan hoe ek voel
Hoe diep Ek jou lief het Wat Ek bedoel
As jy weet Ek is altyd by jou Dat gebede jou bou
My liewe kind As jy nie weet nie SÍ Ek jou nou
My Liefde is groot En dit is al wat Ek jou kan gee
Roep net my naam in die nag En Ek staan voor jou deur
As jy weet Ek is altyd by jou Dat gebede jou bou My liewe kind as jy nie weet nie
SÍ Ek jou nou My liewe kind As jy nie weet nie SÍ Ek jou nouÖÖ
Juanita du Plessis