Results 1 to 3 of 3

Thread: Nuwe Vrae

  1. #1
    Member
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Ireland
    Posts
    4
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    0

    Default Nuwe Vrae

    Die Ou Man

    Ek het jou en Stephanus se skrywes oor en oor gelees en daaroor besin. Ek het jare reeds baie vrae gevra wat met die soeke in die Bybel, teenstrydighede na vore gebring het. Antwoorde by die geleerdes het net meer vrae en ondersoek mee gebring. Ek kan nie anders as om saam te stem nie. Dit maak met skok sin. Dit wat ons jarelank geleer is, deur kerke, om dinge net te aanvaar al is daar vraagtekens, maak dit net moeilik om die waarheid in die oe te staar.

    Graag wil ek net ‘paar vrae voorle wat my pla:

    Die HERE se erf deel (Israel) hoekom het Jesus gese Hy was gestuur om hulle te red – van wat? Het hulle oortree teen die HERE of teen God? Omdat dit die HERE se erf deel was kon hy nie met hulle maak soos hy wil nie solank hulle net sy wette nakom?

    Wat is dan die oordeel en straf vir 1. Israel volk en 2. Nie-Israel volk wat dan nie onder die wet van die HERE aan Moses is nie?

    Hoe weet ons waar val ons in?

    Groete

    Tollie

  2. #2
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Nuwe Vrae

    Quote Originally Posted by UITLANDER View Post
    Die Ou Man

    Die HERE se erf deel (Israel) hoekom het Jesus gese Hy was gestuur om hulle te red – van wat?

    Groete

    Tollie

    Tollie.

    Ek plaas die verse waarna jy verwys.

    Matteüs 10

    5 Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in 'n stad van die Samaritane nie;

    6 maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel.

    7 En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
    Matteüs 15

    24 Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.
    Kom ons hanteer eers die ideologiese beskouing van die Israel Visie. Volgens daardie doktrine is die sogenaamde "Tien Stamme in verstrooiing", die hedendaagse Wes-Europese nasies. Ingevolge hierdie ideologie, was die Tien Stamme reeds vir ongeveer 400 jaar in Wes-Europa, teen die tyd dat die Christus in Bethlehem gebore is. As ons die redenasie van die Israel Visie ernstig bejeen, moet ons aanvaar dat die Vader 'n "mistykie" van 'n paar duisend kilometer gemaak het deur die Christus in die Midde-Ooste te laat geboorte neem. Dan moet ons verder aanvaar dat die Vader nie geweet het dat die "verlore skape" lank reeds in Europa was nie. Dit is mos twak.

    As die Christus gestuur is na die verlore skape van die huis van Israel en die Vader plaas Hom tussen die Jode, weet ons mos waar om na hierdie verlore skape te soek. Die Christus is tussen hulle geplaas, juis omdat hulle verlore was. Die feit dat hulle hom verwerp het bevestig in welke mate hulle verdwaald was. Nie geografies nie maar geestelik.

    As ons die Christus se woorde so aanvaar, is die volgende gedeelte nie meer in geskil nie.

    Matteüs 24:14:

    "En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom".
    Ek vervolg met die tweede gedeelte in jou vraag, naamlik, van wat moes hulle gered word.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  3. #3
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Nuwe Vrae

    Quote Originally Posted by UITLANDER View Post
    Die HERE se erf deel (Israel) hoekom het Jesus gese Hy was gestuur om hulle te red – van wat? Het hulle oortree teen die HERE of teen God? Omdat dit die HERE se erf deel was kon hy nie met hulle maak soos hy wil nie solank hulle net sy wette nakom?

    Wat is dan die oordeel en straf vir 1. Israel volk en 2. Nie-Israel volk wat dan nie onder die wet van die HERE aan Moses is nie?

    Hoe weet ons waar val ons in?
    Gesprek vorder verder by Torah vir die res van die antwoord.[/B]

    Liefde groete.

    Die Ou Man
    Last edited by Stefanus; 20th March 2019 at 17:27.

Similar Threads

  1. Bydrae tot nuwe wêreldorde?
    By Carel van Heerden in forum Kletshoekie
    Replies: 7
    Last Post: 4th November 2014, 14:35
  2. Nuwe Wyn, Nuwe Sakke
    By Die Ou Man in forum Artikels uit die media
    Replies: 0
    Last Post: 29th December 2009, 10:18
  3. Die Nuwe Evangelie?
    By Ou Sanna in forum Boervolk Teologie:
    Replies: 5
    Last Post: 31st May 2009, 19:51
  4. Nuwe Intrekker
    By Fulcrum X in forum Aanmelding
    Replies: 4
    Last Post: 19th July 2008, 18:32

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •