Page 2 of 3 FirstFirst 123 LastLast
Results 11 to 20 of 22

Thread: Besetenes braak en brul

  1. #11
    Member Pionier's Avatar
    Join Date
    Jul 2007
    Location
    Boerland
    Posts
    141
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    51

    Default Re: Besetenes braak en brul

    'n Kopdokter kan jou beswaarlik die ewigheid instuur, dit daar gelaat.

    Hier was gister 'n pos oor Piet Retief en Dingaan, waarmee kan ons dan die verwoestende gees van Dingaan beskryf?

  2. #12
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Besetenes braak en brul

    Quote Originally Posted by Pionier View Post
    DOM

    J� se tog self die duiwel word as bondgenoot ingespan om Jahwehisme te bevorder, dws die duiwel word hoewel oorwin, geloofwaardig geag.
    Satan word slegs veertien keer in die Ou Testament genoem. In die Ou Testament is Satan nie 'n bose gees nie maar 'n bondgenoot van Jahweh (stamgod van die Jode). In die Ou Testament staan Satan aan die regtehand van Jahweh.

    Die benaming "Duiwel" en "demoon" kom nie in die Ou Testament voor nie. Sefs die begrip van 'n "hel" is afwesig in die Ou Testament.

    Die benaming "bose gees" kom wel in die Ou Testament voor. Die bose geeste van die Ou Testament is werktuie van Jahweh (stamgod van die Jode en god van die Ou Testament).

    Demone en bose geeste is skeppings van primale gelowe. Mense wat van bo gebore is, ken dit nie.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  3. #13
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Besetenes braak en brul

    Quote Originally Posted by Pionier View Post
    'n Kopdokter kan jou beswaarlik die ewigheid instuur, dit daar gelaat.

    Hier was gister 'n pos oor Piet Retief en Dingaan, waarmee kan ons dan die verwoestende gees van Dingaan beskryf?
    Id versus superego.

  4. #14
    Member Pionier's Avatar
    Join Date
    Jul 2007
    Location
    Boerland
    Posts
    141
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    51

    Default Re: Besetenes braak en brul

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post
    Satan word slegs veertien keer in die Ou Testament genoem. In die Ou Testament is Satan nie 'n bose gees nie maar 'n bondgenoot van Jahweh (stamgod van die Jode). In die Ou Testament staan Satan aan die regtehand van Jahweh.

    Die benaming "Duiwel" en "demoon" kom nie in die Ou Testament voor nie. Sefs die begrip van 'n "hel" is afwesig in die Ou Testament.

    Die benaming "bose gees" kom wel in die Ou Testament voor. Die bose geeste van die Ou Testament is werktuie van Jahweh (stamgod van die Jode en god van die Ou Testament).


    Liefde groete.

    Die Ou Man



    Demone en bose geeste is skeppings van primale gelowe. Mense wat van bo gebore is, ken dit nie.
    Dan moet ons onderskeid tref tussen onrein en bose geeste? Dingaan se gees van verwoesting moet ergens hier inpas.


    Id versus superego.

    Ek is nie met jou nie?

  5. #15
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Besetenes braak en brul

    Ter wille van duidelikheid die volgende.

    Jahweh, die god van die Ou Testament is (in terme van die Ou Testament) ten volle verantwoordelik vir alle onheil en boosheid op aarde. Daar bestaan dus geen boosheid buite die opdrag van Jahweh nie.

    Jahweh is boos/onheilig en goed.

    Jahweh is (ingevolge die Ou Testament) die aanstigter/gesag agter alle boosheid op aarde. Satanisme is bloot 'n manifestasie van Jahwehisme. Satan het sy gesag te danke aan Jahweh wat die meerdere aandeel in hulle werksverhouding beklee.

    Hierdie begrip behoort 'n nuwe dimensie tot "duiwel uitdrywing" teweeg te bring.

    Is dit geregverdig vir Pieter Fourie om demone uit te dryf wat in opdag van sy god (Jahweh) opereer?

  6. #16
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Besetenes braak en brul

    Quote Originally Posted by Pionier View Post
    Ek is nie met jou nie?
    Lees hier.

  7. #17
    Member Pionier's Avatar
    Join Date
    Jul 2007
    Location
    Boerland
    Posts
    141
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    51

    Default Re: Besetenes braak en brul

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post

    Is dit geregverdig vir Pieter Fourie om demone uit te dryf wat in opdag van sy god (Jahweh) opereer?
    Nee, daardeur erken ons die bestaan van demone .

  8. #18
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Besetenes braak en brul

    Quote Originally Posted by Pionier View Post
    Nee, daardeur erken ons die bestaan van demone .
    Wat eintlik maar die manifestasie van Jahweh is!

    Wie is dan die hoof-demoon of leier van die demone?

  9. #19
    Member Pionier's Avatar
    Join Date
    Jul 2007
    Location
    Boerland
    Posts
    141
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    51

    Default Re: Besetenes braak en brul

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post
    Wat eintlik maar die manifestasie van Jahweh is!

    Wie is dan die hoof-demoon of leier van die demone?


    Mense..

    https://www.wendag.com/forum/showthr...-Mense-Geskep?
    Last edited by Pionier; 4th February 2011 at 07:13.

  10. #20
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Besetenes braak en brul

    Dominee op stresverlof na herrie oor duiwels

    2011-02-19 21:14
    Johannes de Villiers

    Die duiwel is los in Krugersdorp.

    Die bevrydingsbediening van ds. Pieter Fourie, een van die predikante van die NG gemeente Rant en Dal, het tot soveel ongemak in die gemeente gelei dat Fourie nou openlik daaroor praat om die NG Kerk te verlaat.

    Fourie is die laaste weke in die nuus nadat ’n mediaherrie ontstaan het oor dié bediening waardeur hy duiwels en demone uit mense dryf.

    Hy het in ’n stadium op Facebook sy bereidwilligheid verklaar om “spoke” en duiwels uit mense se lewe te verjaag.

    Nou blyk dit daar is reeds sedert verlede jaar ongemak in sekere kringe in die gemeente oor dié bediening van Fourie. Sy duiweluitdrywing is toe al deur die gemeenteraad bespreek.

    Volgens Fourie het sy medeleraar, ds. Jannie Pelser, hom ná een van sy preke (waarin hy glo vertel het hoe ’n groep kinders van demoniese belasting bevry is) selfs ’n dokument laat onderteken waarin hy onderneem het om nie weer oor duiweluitdrywery te preek nie.

    Pelser het buite die gemeente ’n hoë profiel as sanger, radio-omroeper, TV-aanbieder en leier van die Nuwe Hart-stigting.

    Sedert die storm om Fourie se kop losgebars het, is hy op siekteverlof. “Dis eintlik stresverlof,” sê hy.

    “Daar is só baie mense wat positief is oor my bediening,” sê hy. “Dit is net die leiers van Rant en Dal en die NG Kerk wat negatief is.”

    Fourie is ook kwaad dat hy deur die gemeente aangesê is om nie met die media onderhoude te doen nie, terwyl sy kollega in die jongste uitgawe van Kerkbode oor die spanning in hul gemeente praat.

    “Hulle trek my uitmekaar. En dit terwyl ek getuienis op getuienis het van mense wat ek gehelp het. As hulle dit nie aanvaar nie, is my tyd binne die NG Kerk dalk verby.”

    Pelser sê die versoek dat Fourie nie meer oor bevryding preek nie, was bloot ’n tydelike ordereëling en dat hulle reeds die saak met hom verder sou bespreek het, as dit nie was vir die feit dat hy intussen op siekteverlof gegaan het nie.

    “Ons vertrou dat ds. Pieter gou sal herstel sodat ons rondom hierdie saak kan vorder.”

    Selfs al is hy op verlof, sê Fourie hy kry daagliks nog sowat 30 versoeke om hulp van oor die land heen. “Een skryf daar is ’n spook op sy plaas, ’n ander vertel haar kind raak soggens drie uur wakker nadat hy iets gesien het. Saterdagoggend het ’n oom en tannie hier opgedaag, die heelpad van Germiston af, om te vertel hulle het ’n sangoma gaan sien en sedertdien gaan dinge mal.”

    Fourie se bediening, wat insluit dat hy talle jong kinders van demone en bindings bevry en dat hy mense waarsku teen wierook, Boeddha-beelde en Afrika-maskers, lei intussen tot ’n al hoe wyer gesprek in die NG Kerk. Kerkbode, lyfblad van dié kerkverband, het selfs twee volbladsye afgestaan aan ’n debat van verskillende teologiese sienings oor die kwessie.

    Fourie is ook ongelukkig dat baie van die kritiek teen hom uit snedige aanmerkings oor sy voorkoms bestaan. Mense kom gereeld op sy Facebook-blad en beskuldig hom van vraat- en vetsugtigheid.

    Hy was tot onlangs erg oorgewig, maar het sedertdien glo al omtrent 20 kg afgeskud.

    Uit Rapport

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •