Wie verstaan 'n moederhart?

Wie verstaan 'n moederhart?
'n Hart so vol liefde groter as smart.
Sy maak 'n verskil in die gejaag
van alles wat om ons wil vervaag.
Wie verstaan 'n moederhart?
'n Hart vol liefde wat ons soms vertrap...
Sonder dat ons dit altyd besef
het ons haar hart met 'n pyl getref!
Wie verstaan 'n moederhart?
'n Hart vol liefde wat in haar kinders glo.
Al kyk ander met groot misno
maar sy bly kyk vol verwagting met groot o.
Wie verstaan 'n moederhart?
'n Hart vol liefde met Job se geduld.
Sy wat nooit kan stilsit
behalwe as sy uit God se woord kan put.
Wie verstaan 'n moederhart?
'n Hart vol liefde wat nooit genoeg kan doen.
Om almal om haar te versoen
tenspyte van alles bly 'n ma 'n kampioen!
Deur A3