My Lalie my lief.. (Gedeeltelik)

Ek sal wonder of julle weet hoe vreeslik dit vir ons sonder jou is
my kind

Ek staan langs jou
of agter jou of voor jou
Ek sal jou optel om beter te sien
Ek sal weg staan om jou ruimte te gee
Ek sal wegkruip as jy skaam is
Ek sal soos n rots tussen jou en gevaar staan
Ek sal jou vashou as jy hartseer is
Ek sal jou uitlos as jy b......d is

Ek sal tussen-die-lyne-lees en probeer verstaan wat jy min praat
Ek sal altyd jou Ma wees
Ek sal jou probeer keer voor īn afgrond
en jou wonde ontsmet en jou mooi polse met satyn verbande vasdraai
my kind, my blom
ouma se Katryn en oupa se Parifien
boeta se sussa
my lag, my huil, my lewe, my Lalie, my pyn....