Page 1 of 3 123 LastLast
Results 1 to 10 of 26

Thread: Die Aarde Vergaan op 21 Mei 2011

  1. #1
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,437
    Rep Power
    63

    Default Die Aarde Vergaan op 21 Mei 2011

    Coetzee, kan ons praat op 22/05?


    Mnr. Johannes Coetzee, een van n groep mense
    wat glo die einde van die wreld breek aan
    op 21 Mei vanjaar. Foto: Neels Jackson

    Die voorspelling van mnr. Johannes Coetzee dat die einde van die wreld op 21 Mei aanbreek, trek baie aandag. Die teoloog Adrio Knig kyk na sy en ander voorspellings.

    21Mei is D-dag. Dan gaan die Christen-gelowiges verdwyn en n vreeslike chaos op aarde uitbars, tot 21 Oktober, dan verbrand alles.

    En dit so kort op die hakke van die vorige een wat darem n bietjie meer uitsteltyd gegee het: 21.12.2112 is di D-dag.
    21 Mei se voorspelling verskil ingrypend van alle groepe Christene wat self n duidelike beeld het van die toekomsgebeure. Kom ons neem die sogenaamde chiliastiese as voorbeeld.

    Volgens hulle sal daar inderdaad n Groot Verdrukking kom wanneer die antichris sal verskyn wat beheer oor die hele wreld sal oorneem. Dan sal alle Christen-gelowiges skielik weggevoer word, f aan die begin van die verdrukking, f eers drie en n half jaar in die verdrukking in.

    Daarna moet daar dan nog baie ander dinge ook gebeur voordat die wreld regtig verbrand sal word.

    Al di dinge wat nog moet gebeur, sou dus nog n taamlike tyd kon duur.

    Maar nou skielik 21 Mei.

    Waar kom di nuwe inligting of interpretasie van die Bybel skielik vandaan?

    Die aanspraak is dat dit nie vooraf bekend was nie, maar dat die Here eers op 21 Oktober verlede jaar bekend gemaak het hoe die Bybel genterpreteer moet word. 21 Oktober sou die dag wees waarop die kerk verwerp is, en die eindtyd aangebreek het.

    Eers van toe af is die metode bekend hoe die Bybel uitgel moet word om presies hierdie datum te kry.

    Van toe af sou alle ander interpretasies, en daar was al baie, heeltemal verkeerd wees. Hoe nou?

    n Paar interessante opmerkings. Daar was deur die eeue heen honderde voorspellings hieroor. En die punt is natuurlik dat daar genoeg getalle in die Bybel is om by omtrent enige datum uit te kom, afhangende van hoe jy die getalle interpreteer. Want die getalle, soos 21 Oktober 2011 staan nie s in die Bybel nie. Jy moet die getalle op n manier ontdek of aflei.

    In Danil lees jy van iets wat sal gebeur n n tyd, tye en n halwe tyd.

    Jy kan dit interpreteer as n jaar, jare en n halwe jaar. As jy dan aanvaar die tye is twee jaar, kom jy uit op drie en n half jaar.
    S interpreteer di Chiliaste dit wat glo die gelowiges sal eers drie en n half jaar in die verdrukking in weggevoer word. Maar is die jare regtig twee jaar?

    Hoekom nie drie of vier nie? Trouens is die tye regtig jare? Waarom?

    Dit is ook interessant dat elke voorspelling wat deur die eeue heen gemaak is, gepraat het van die toekoms wat voor die deur was en direk moes aanbreek.

    Die huidige voorspelling s ons kan nou eers die regte datum kry omdat die Here eers op 21 Oktober verlede jaar die sluier gelig het. Maar dit beteken natuurlik daar is nou nuwe inligting wat nooit vroer bekend was nie.

    En die meeste Christene is nogal huiwerig oor sulke nuwe openbarings. Maar daar is nog n interessanter feit. Die oomblik as die datum verby is, is dit dadelik duidelik waarom dit verkeerd was, en dink niemand weer aan hierdie manier van uitleg nie. Waarom nie?

    Natuurlik wil niemand terugwaarts voorspel nie! Daar was ook nog nooit n berekening wat gelui het dit moes al gebeur het nie. Hoekom nie?

    Hoekom het niemand nog ooit n die tyd die regte metode ontdek nie?

    Nee, dan is die opwinding weg!

    Iemand het gevra dat die koerant weer op 22 Mei met die huidige voorspeller moet praat. Die insinuasie is natuurlik die wreld sal nie op 21 Mei vergaan nie en dan gaan dit vir hom n groot verleentheid wees.

    Daar was ook in die verlede sulke reaksies. Die leier van die Adventiste het eenvoudig herhaaldelik haar datum aangeskuif met die argument dat sy n sekere getal nie in haar berekening ingesluit het nie. Die Jehovah-getuies se voorspelling was dat Christus in 1918 sou kom. Toe dit nie gebeur nie, het hulle beweer Hy het inderdaad gekom, maar onsigbaar.

    Maar nou moet ons versigtig wees. Is ons so seker die wederkoms gaan nie op 21 Mei wees nie? Of voor dit?

    Soos ek die Nuwe Testament verstaan, is alle profesie vervul, en is al waarvoor ons wag, Christus se wederkoms. As die hele Nuwe Testament oor en oor s sy koms was al in die apostels se tyd naby, kan dit regtig enige oomblik gebeur, ook voor 21 Mei. As ons Jesus se boodskap aanvaar dat niemand die dag sal weet nie, kan dit mre gebeur.

    Of dalk nog lank duur.

    Ons moet immers onthou ons leef in die laaste dae. Die laaste dae het nie 22 Oktober laas jaar aangebreek nie. Dit het volgens die Bybel met Jesus se eerste koms aangebreek (Heb. 1:1-2) sodat ook die Heilige Gees in die laaste dae uitgestort is (Hand. 2:17), en die eerste gemeentes al in die laaste dae geleef het (Jak. 5:3). Daar is nie in die Bybel sprake van n ander laaste dae as hierdie een nie.

    Ons leef dus nog steeds in hierdie selfde laaste dae waarin die apostels al geleef het, sodat ook nou nog sy koms enige oomblik kan plaasvind.

    Daarom is dit goed om te luister na Jesus se vermaning dat ons elke oomblik gereed moet wees (Mat. 24:44).

    Dit beteken om regtig op Jesus as ons Verlosser te vertrou en Hom na te volg in sy diens aan mense in nood.

    * Prof. Knig is afgetrede professor in sistematiese teologie aan Unisa.

    Uit Beeld

  2. #2
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,437
    Rep Power
    63

    Default Re: Die Aarde Vergaan op 21 Mei 2011

    Waar kom di nuwe inligting of interpretasie van die Bybel skielik vandaan?
    Dit is darem wonderlik wat 'n bundel Joodse mitologiese verhale en 'n skeppende gedagtewreld alles kan optower.


  3. #3
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    57
    Posts
    652
    Blog Entries
    7
    Rep Power
    55

    Default Re: Die Aarde Vergaan op 21 Mei 2011

    Dis nou net hier waar daar dalk 'n tydlyn opgestel moet word!

    Trouens, daar is so baie dinge wat gaan en moet gebeur dat hier dalk nie genoeg plek gaan wees nie...

    Tog, dink ek, dis dalk tyd vir so 'n ou lyntjie wat ons vorentoe vat...

    Ek sal begin deur die volgende op die tydlyn te sit>>>

    16/02/2011 Dis erge warm hier, die trokdrywers staak, verbrand voertuie links en regs
    17/02/2011 Dis vreeslik baie warm, die trokdrywers staak , verbrand nou alles om hulle
    18/02/2011 Dis weer vreeslik warm, die trokdrywers staak, verbrand nog dinge, maak nou mense om hul dood met die trokke as dryfmiddel in Pretoria
    19/02/2011 ...vermoed dit gaan weer baie warm wees... oops - dis 'n voorspelling en sommer profesie... sal maar moet sien of dit so sal wees, dalk sneeu dit!












    groetnis
    knipmes

  4. The Following User Says Thank You to knipmes For This Useful Post:


  5. #4
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    57
    Posts
    652
    Blog Entries
    7
    Rep Power
    55

    Default Re: Die Aarde Vergaan op 21 Mei 2011

    19/02/2011... dis nogsteeds erge warm hier... nes gister... geen sneeu nie... is dit werklik vandag al? dog dis dan verby met doris day? oops, sorry... dis nog nie 21 Mei nie, hoe warm van my!! hoop dit sneeu op daai dag ook soos gister vir vandag voorspel was...

















    groetnis
    knipmes

  6. #5
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    57
    Posts
    652
    Blog Entries
    7
    Rep Power
    55

    Default Re: Die Aarde Vergaan op 21 Mei 2011

    Hallo Almal,

    Die twee bogaande snitte van my was tong in die kies en spottend, wat ook vertolk kan word as uiters onsensitief en beledigend teenoor Meneer Coetzee en andere wat soos hy dink.

    Glo my vry, geensins is dit my bedoeling nie, en staan hul oortuiging vir hulle so vas soos staal, en ek eerbiedig dit volkome. Ek mag dalk glad nie saamstem met hulle nie, maar tog kan mens nie anders as om soms vir en met andere en jouself net te lag en te spot, veral oor dinge wat uiters verregaande voorkom. As dit wat hulle voorspel wel waar is, en ons kan dit bevestig, dan dink net aan die chaos wat dit gaan veroorsaak van nou tot dan, praat nie eers van daarna nie!

    So lag maar saam en wees tog uiters bedag dat enige oomblik kan enige ding gebeur wat mens se laaste oomblik kan wees, is ons wel gereed soos onderandere Die Vrou en Pionier hier elders vra?

    groetnis
    knipmes

  7. #6
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,437
    Rep Power
    63

    Default Re: Die Aarde Vergaan op 21 Mei 2011

    Die tyd kom nader.

    Ek aanvaar dat die manne se tasse al gepak is.

  8. #7
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    57
    Posts
    652
    Blog Entries
    7
    Rep Power
    55

    Default Re: Die Aarde Vergaan op 21 Mei 2011

    Bogger die tasse.... met ys ja... met ys!!




















    groetnis
    knipmes

  9. #8
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,437
    Rep Power
    63

    Default Re: Die Aarde Vergaan op 21 Mei 2011

    Mre is die groot dag.

    Die gelowiges wat weet s dat Jesus teen 06:00 gaan opdaag, sy mense gaan wegneem en die res gaan vermoor deur die aarde te vernietig.

    Waar kom die stomme mense aan hierdie dinge?
    Waar anders as uit die Bybel, wat reeds soveel bedrog opgelewer het?

    By(bel)gelowigheid maak mense snaakse dinge glo en doen.

    En die dag na mre moet hul weer probeer om van voor af sin te maak van die dinge in en om hulle.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  10. #9
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    55
    Posts
    1,324
    Blog Entries
    1
    Rep Power
    10

    Default Re: Die Aarde Vergaan op 21 Mei 2011


    21 Mei 2011: Einde van die wreld?


    Johannes de Villiers



    Mnr. Johan Coetzee van Nelspruit
    is een van Suid-Afrika se mees
    entoesiastiese voorstanders van
    die idee dat die wreld op
    21 Mei 2011 gaan eindig.
    (Foto: Johannes de Villiers)
    Op 21 Mei 2011, glo mnr. Billy Hopley van Klerksdorp, gaan sowat 200 miljoen mense skielik weggeraap word.

    Die res van die wreldbevolking gaan agtergelaat word om vyf maande van hel en chaos hier op aarde te verduur.

    Die meeste van di 7 miljard sal waarskynlik sterf op 21 Mei, wanneer n massiewe wreldwye aardbewing sal plaasvind wat die grafte sal oopgooi.

    Sommige mense sal dink Hopley se gedagtes is eiesoortig, maar hulle sal verkeerd wees, want n snelgroeiende aantal Suid-Afrikaners glo saam met hom vas die wreld gaan op 21 Mei 2011 eindig.

    Hoewel niemand weet presies hoeveel van di mense daar is nie, kom hulle landwyd onder alle ras- en taalgroepe voor, versprei hulle stil-stil derduisende pamflette en boekies in hul tuisdorpe en raak hulle vinnig meer.

    En saans n 18:00 skakel hulle hul radios op 1197kHz AM om na Family Radio te luister, landwye radio-uitsendings wat die 21 Mei 2011-boodskap versprei.

    Dit het byna 20 jaar gelede begin, vertel mnr. Johan Coetzee, n Nelspruiter en een van die mees uitgesproke predikers van die 21 Mei 2011-idee in Suid-Afrika. Toe het Family Radio, warvan die basis in die VSA is en wat die apokaliptiese prediker Harold Camping se leerstellings versprei, begin om vanaf n sender in Lesotho uitsendings Suid-Afrika in te stuur. Die afgelope dekade saai hulle op AM uit.
    Coetzee het eers in 2003 begin luister, die idees aanvanklik eienaardig gevind, maar mettertyd besef dit is heel oortuigend.

    Eers het hy gedink hy is alleen, totdat hy uitgevind het daar is duisende mense oor die land heen wat almal op Family Radio inskakel en sy idees deel.

    Family Radio het geen amptelike kerk of strukture in die land nie; mense vind informeel daarvan uit en versprei die idees sonder veel ophef in hul omgewing.

    Die idee van 2011 is besig om soos varkmasels oral uit te slaan, s Coetzee.

    Hy en geesgenote het al n paar honderdduisend pamflette in verskillende landstale gedruk en versprei. Tydens verlede jaar se Aardklop-kunstefees was hulle byvoorbeeld in Potchefstroom. Tydens die somervakansie is nog n paar duisend pamflette in Hermanus versprei.

    Sedert Coetzee op vrywillige grondslag as Family Radio se verteenwoordiger in Suid-Afrika begin werk het, sit hy met bokse vol briewe van mense wat die radio-uitsendings hoor en hulle by di gedagte skaar.

    Een van di, mnr. Michael Tshabalala, is n taxibestuurder van Fourways. Baie mense hou nie van ons boodskap nie, maar as ek dit aan hulle verduidelik, begin hulle ook glo.

    Mnr. Edmund Buys vertel hy het al in 2000 in Atlantis aan die Weskus na Family Radio begin luister en eers gedink hy is die enigste. Weldra het hy nog n luisteraar in Bloubergstrand ontmoet. Ons praat toe onmiddellik dieselfde taal.

    En Coetzee vertel hulle gee nie om dat mense dink hulle is vreemd nie. Hoe meer die spotters lag, hoe meer aandag kry ons. S word mense nader getrek en uiteindelik sluit hulle ook by ons aan.

  11. #10
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    55
    Posts
    1,324
    Blog Entries
    1
    Rep Power
    10

    Default Re: Die Aarde Vergaan op 21 Mei 2011

    Kommentaar op artikel "21 Mei 2011: Einde van die wreld?" in Rapport


    Vinnie - Maart 07, 2010 om 02:53

    Maar net nog 'n sekte wat glo hulle is reg, kyk maar op internet na Harold Camping se agtergrond en beginsels, of het Johan nie internet daar waar hy bly nie?



    Abdulhalli Shittu - Maart 07, 2010 om 06:40

    ...ek gaan daai dag my boot vat en ek gaan heeldag visvang en braai, net die dag geniet! Dis dalk die rede hoekom Mal-Emma nie belasting betaal nie, sy weet iets wat ons nie weet nie? (Die Goeie Vader se niemand weet wanneer nie - lees julle Bybels)...he,he net in ZumZimLand, Mandelatopia!



    carel - Maart 07, 2010 om 07:23

    het na hom geluister in vsa en hy het dit al gevoorspel vir erens in 1996 ook,nou weer n ander datum,die woord se egter dat niemand die tyd en dag weet behalwe ons VADER in die hemel.



    Kapenaar - Maart 07, 2010 om 07:24

    As tot die engele in die hemel nie weet wanneer die wederkoms is nie, hoe sal julle weet. Ek kan jul nou 'n brief gee om te se julle is verkeerd, en julle laster.



    Susan - Maart 07, 2010 om 08:07

    God se Woord se duidelik dat niemand nie eers JESUS en die engele weet wanneer die einde is nie. Hoe kan ons as mense sommer besluit die wegraping gaan op 21 Mei 2011 wees. Tekens sal daar wees maar ons kan nie sulke voorspellings maak nie!



    JAAK - Maart 07, 2010 om 09:25

    So nou is dit 21 Mei 2011, n ruk terug was dit 21 Desember 2012? Ek stem volkome saam met Susan, net God weet waneer hy sal terugkom aarde toe, dit is nie vir die mens om te bepaal nie. Hoeveel snert gaan die mensdom nog uit hulle duime suig. Billy Hopley en aanhangers, ek hoop julle saak is reg met julle Jesus waneer dit ookal sal gebeur.



    frikkie botes - Maart 07, 2010 om 09:46

    Al 7 biljoen wil graag deel wees van die 2 miljoen,maar volgens die bybel word net 144 000 weggeraap, en dit is mans wat nooit seks gehad het nie. pasop vir a nuwe David Koresh en Jim jones



    Johann - Maart 07, 2010 om 09:47

    As enige iemand dit glo wil ek he hy moet asb sy strand huis en ander luukse besittings aan my bemaak vanaf die datum. Ek sal dan regtig baie lekker leef. Kom ons kyk watter dapper ou gee my al sy besittings



    Will- Maart 07, 2010 om 10:00

    Nee hel, waar kom al die naive vertraagde mense van daan? 21 Mei 2011 gaan kom en gaan en hierdie klomp gaan soos mis voor die son verdwyn. Julle moet 'n donnerse lewe begin kry!



    Mike W @ A N Other - Maart 08, 2010 om 05:51

    Stem saam, wat gaan in mense se koppe aan. Sommige se dat die oordeelsdag 21 Mei 2011 is. Die ander se die wereld in 6 dae gemaak is. En dat n praatende slang die sonde in die wereld gebring het. Hoe mal is ons nie? Die mens se gode maak hulle mal, of is dit dalk anders om, die mense maak hulle gode mal. AS ek god was, sou ek lankal mal gewees het met alle julle voorspellings, en verklarings, en spoke in die wolke wat julle sien kort kort sien. Die mensdom is mal verby!



    Apostel en Profeet - Johannes - Maart 08, 2010 om 08:32

    Die spotters was ook in Jesus se tyd. Die Bybel is n wetenskaplike bron van die waarheid. Die Here gaan die valse kerk uitspoeg soos vrot appel. Niemand kan meer redding en verlossing kry deur te sit en luiter na die satanswoorde van die kerk. Die tyd het op sy einde gekom. Turn or Burn want alles is verby op die 21 Mei 2011 so s die Here Here . Hierdie boodskap is bevestig aan my deur ernstige gebed , visioene en deur Jesus . In 2009 na weke van vas is ek opgeneem na die hemel waar God en sy duisende engele hierdie wonderlike gebeurtenis aan my bekend gemaak het . Ek het die boek van die lewe gesien met nie name wat daarin geskryf staan; dit was hartseer om ook die boek van die verlore siele te sien . God is besig om hierdie name met ink te graveer . Turn dadelik voordat dit te laat is.



    Diana - Maart 08, 2010 om 08:34

    Ek kan nie wag vir 21 Mei 2011 nie!!! Dan sal hierdie 'wysheid' van hulle tot niet gaan en die skille van hul o afval soos Saulus van ouds..... en miskien dan sal hulle die Woord van God verkondig in plaas van doemboodskappe! Die wreld het evangeliste nodig wat praat oor die eindtyd, maar nie 'slimmes' soos hulle wat beweer hulle ken die datum nie!!!


Similar Threads

  1. Will there be Doomsday on May 21, 2011?
    By Silencio in forum Besprekings
    Replies: 0
    Last Post: 8th January 2011, 23:13
  2. God van Hemel en Aarde
    By Die Ou Man in forum Boervolk Teologie:
    Replies: 14
    Last Post: 15th July 2007, 21:14

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •