Page 3 of 5 FirstFirst 12345 LastLast
Results 21 to 30 of 41

Thread: Die slag van bloedrivier.

  1. #21
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    54
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Re: Die slag van bloedrivier.

    knipmes

    tog is daardie kind gemaak uit liefde (passie, ek en jy), alhoewel dit buite die raamwerk van goedheid (buite-egtelik) gedoen is. Dis nie God wat daardie kind gemaak het nie, dit was ons... verkeerdelik onaanvaarbaar so!
    Nee wat knipmes hierdie verduideliking slaag nie ... want .... (passie, ek en jy) is vleeslike begeertes en kan glad nie met ware liefde vergelyk word nie! Ja, heeltemal reg ek en jy het in daardie verhaaltjie van jou die vlees geskep, ek stem saam daarmee. Maar die gees wat god genoem word is self verantwoordelik vir die gees wat gevange geneem word in die vlees liggaam wat deur ons voortplanting (sex) plaasgevind het. (sex is nie liefde nie dit is 'n vleeslike funksie!) Jy sien, hy gebruik die mens deur vleeslike begeertes in hom of haar te plaas om sy taak te voltooi anders sal geen gees daarin die vlees gevang kan word nie.

    Ek was tog nie verkeerd met die in rooi gemerk nie, ons kan nie 'n gees in 'n vlees plaas nie net die god wat die skepping van die begin of gevormeer het kan! Hy is dan die skepper daarvan. Sien, dit is nie die mens nie!! Die lewende vonkie waarvan jy praat is die gees, want 'n vlees liggaam kan nie sonder 'n gees daarbinne lewe nie.

    Liefde groete

    Die Vrou..
    Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
    and that is what is making me strong.

  2. #22
    Member Silencio's Avatar
    Join Date
    Oct 2010
    Location
    Bloemfontein
    Age
    38
    Posts
    208
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    39

    Default Re: Die slag van bloedrivier.

    Liewe vrou, waar kom die gees in die vlees vandaan? As 'n kind gebore word, maak nou nie saak hoe of in watter omstandighede die kind verwek is nie, as jy praat van vlees kan nie sonder gees, watter gees praat jy van? ek nie mooi met jou?

    Vriendelike groete
    Silencio
    Cause and effect applies to us all, consider therefore your thoughts, words and actions carefully.

  3. #23
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    54
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Re: Die slag van bloedrivier.

    Silencio

    Re: Die slag van bloedrivier.
    Liewe vrou, waar kom die gees in die vlees vandaan? As 'n kind gebore word, maak nou nie saak hoe of in watter omstandighede die kind verwek is nie, as jy praat van vlees kan nie sonder gees, watter gees praat jy van? ek nie mooi met jou?

    Vriendelike groete
    Silencio
    Silencio

    Elke vroulike of manlike liggaam het 'n gees wat daarin vasgevang is, die gees kom van 'n ander woning wat onsigbaar is vir die vlees se oŽ. Die god wat verantwoordelik is vir die skepping neem hierdie geeste en tydens die bevrugting proses word die gees in die vlees vasgevang. Dit is dan wanneer daar 'n vleeslike baba gebore word. Om weer geestelik gebore te word moet die vleeslike liggaam afsterwe en eers na dat die ander wesens die vlees opge-eet het word die gees vry gestel.

    Liefde groete

    Die Vrou..
    Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
    and that is what is making me strong.

  4. #24
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    59

    Default Re: Die slag van bloedrivier.

    Quote Originally Posted by Die Vrou View Post
    n eers na dat die ander wesens die vlees opge-eet het word die gees vry gestel...

    Met ander woorde, as ek doodgaan liggaamlik en veras word... is ek moe.. toe! want daar is niks vir die ander wesens om aan te eet nie, en dus gaan ek nie wegkom nie...

    nou wat van die eeue se eeue se eeue se mense wat wel aan die een kant uit gebruik veras is in 'n vuurstapel, en die wat as ketters in die vuur verbrand is... hulle is ook moe.. toe!!! ???



    Die Vrou, die werklikheid is dat elke man en vrou het die vermoens om vleeslik te vermeerder en dan word in daardie nuwe baba wel 'n gees geplaas wat Siel genoem word, en is van onder gebore...

    Al sulke (sommige meer as ander weens vrye keuse) Siele kom telkemale terug (reinkarnasie) totdat alle lesse geleer is en daardie Siel dan reg is om verder aan te beweeg... Sommige bly egter agter en kom nie hul blokke oor nie, en sommige selfs verkies om hier te bly, glo daarin dat die ewige lewe in die vlees le, soos die duiwels jou wil maak glo. Nie alle geestes versteurde mense is egter satanisties of duiwels nie, maar meestal egoisties, selfgesentreerd materialisties georienteerd...

    Mat 19:24 En verder sÍ Ek vir julle, dit is makliker vir Ďn kameel om deur die oog van Ďn naald te gaan as vir Ďn ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.









    groetnis
    knipmes

  5. #25
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    54
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Re: Die slag van bloedrivier.

    Met ander woorde, as ek doodgaan liggaamlik en veras word... is ek moe.. toe! want daar is niks vir die ander wesens om aan te eet nie, en dus gaan ek nie wegkom nie...


    Nee knipmes, my liewe vriend jy is nie moe.... toe nie!!! Jy's dan net tydelik verlos. Die skepping in geheel is die hel!! Ons word hier gevange gehou in 'n sfeer. Jy kom weg maar dit is net tydelik tot hy weer vir jou 'n liggaampie vind.
    En wanneer die liggaam uitgebrand word gaan die gees vinniger vry.

    Ek's ernstig knipmes!

    Die Vrou, die werklikheid is dat elke man en vrou het die vermoens om vleeslik te vermeerder en dan word in daardie nuwe baba wel 'n gees geplaas wat Siel genoem word, en is van onder gebore...
    Ja, dit is waar van die vleestelike vermeerdering ... maar .... die gees van elke lewende wese is reeds gebore in die geestelike woning maar word weer hieronder herbore in die vlees. En eers wanneer die gees in die vlees gebore is ... word daardie gees dan blind en hulpeloos en kan die satan hulle beheer net soos hy wil.

    Al sulke (sommige meer as ander weens vrye keuse) Siele kom telkemale terug (reinkarnasie) totdat alle lesse geleer is en daardie Siel dan reg is om verder aan te beweeg... Sommige bly egter agter en kom nie hul blokke oor nie, en sommige selfs verkies om hier te bly, glo daarin dat die ewige lewe in die vlees le, soos die duiwels jou wil maak glo. Nie alle geestes versteurde mense is egter satanisties of duiwels nie, maar meestal egoisties, selfgesentreerd materialisties georienteerd...
    Hier kan ek glad nie saamstem nie .... want wanneer ek iets evalueer dan evalueer ek dit volgens ware liefde .... dan klink die god wat dit verwag net soos Jahweh die satan "'n hartlose kranksinnigjaloerse god".

    Gaan lees asb weer die gedig van "My seun" daarin is 'n pappa se vrese vir sy kind se lyding vasgevang. Ware liefde is nie dieselfde as die vleeslike liefde nie .... dit is baie meer spesiaal, want dit berokken geen wese skade nie, nie smart nie, nie pyn nie, nie swaarkry nie, nie strafgerig nie, die wese hoef geen vuurdoop deur te maak om volmaak te word nie ..... met ander woorde die wese sal geen laste of selfs vrese hÍ meer nie die wese word deur daardie spesiale liefde volkome vrygemaak!

    Ek geniet die geselsie knipmes!

    Liefde groete

    Die Vrou..
    Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
    and that is what is making me strong.

  6. #26
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    59

    Default Re: Die slag van bloedrivier.

    Quote Originally Posted by Die Vrou View Post
    ...dan klink die god wat dit verwag net soos Jahweh die satan "'n hartlose kranksinnigjaloerse god".
    Nee, mensdom is mos van vroeg af geleer dat God soos ons hier op aarde kan kom kuier, en tussen ons wees... Dis tyd om te besef dat die God (Godhoof = God die Vader en God die Moeder) van alle Gode (Vader Ad-am [Allerhoogste] en dan al die ander na Hom in pikorde) nie ooit aarde (materie - heelal) toe sal kom nie. Al die heelal en alles in dit staan buite die Hemele, maar tog ook in dit, want alles maar alles is deel van Godhoof. Die Liefde afkomstig van Godhoof is so verhewe bo aardse denke dat die mens dit heeltemal misverstaan. Jesus het ons dit geleer, byvoorbeeld as jou kind iets doen wat verkeerd is soos dwelmgebruik, verwerp jy daardie kind? Die vrou wat betrap was in owerspel, het Jesus haar geoordeel? Ons is so geneig om Gods Liefde met ons eie denke van liefde te verwar, dat ons nie besef dat alles, selfs die swaarkry en leed, deel is van die bestaan hier waaraan ons gemeet word, nie volgens wie dit kan hanteer en wie nie, maar deurdat ons alles in liefdevolle nederigheid kan verstaan.


    Quote Originally Posted by Die Vrou View Post
    Gaan lees asb weer die gedig van "My seun" daarin is 'n pappa se vrese vir sy kind se lyding vasgevang. Ware liefde is nie dieselfde as die vleeslike liefde nie .... dit is baie meer spesiaal, want dit berokken geen wese skade nie, nie smart nie, nie pyn nie, nie swaarkry nie, nie strafgerig nie, die wese hoef geen vuurdoop deur te maak om volmaak te word nie ..... met ander woorde die wese sal geen laste of selfs vrese hÍ meer nie die wese word deur daardie spesiale liefde volkome vrygemaak!
    Om die Liefde wat Jesus voorgestaan het, te verstaan is nie maklik nie!

    Een manier om dit verstaan is:

    Gestel die aarde, van die stratosfeer af tot in die grond... is alles in 'n glasbol.

    Gestel die glasbol is vol verskillende kleure balletjies, der miljarde daarvan, vol gemaak.

    Gestel alles, elke ding, van atome tot berge verteenwoordig 'n balletjie... atome een balletjie, berge miljoene balletjies...

    Gestel jy staan in die moddel daarvan... om jou heen, teenaan elke deeltjie van jou is balletjies... suurstof, stikstof, vaste stof soos klere en ene en...

    Getsel jy beweeg jou arms wyd oop na bo om soos Jesus (nie toe oe nie waar jy jou afsonder en alleen staan, weg van God nie, want dis nie moontlik nie) maar opkykend sodat alles deel vorm van jou gebaar, jy en elke balletjie om jou...

    Daardie beweging veroorsaak dat die balletjies om jou beweeg soos 'n rippelende tsunami...

    Hoe groter die fisiese liggaamlike beweging, hoe groter die tsunami rondom ons.

    Nou kom die wysheid te pas....

    Fisiese beweging bring tsunami's wat rippel om ons eie lewens, groter of kleiner na gelang van die beweging en dan.... die intensie agter dit!


    Mat 13:38 en die saailand is die wÍreld. Die goeie saadódit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose,

    Elke geestelike denkbare gedagte en doelstellende intensie veroorsaak tsunami's wat so wyd uitsprei dat dit die aardbol oor versprei... dink aan Hitler of Mandela...

    Alles wat ons doen het 'n effek op die natuur, die mens, en die toekoms... denke en wat ons intensies verlang, is en was nog altyd die middel waardeur ons vorentoe of agtertoe beweeg, goed of sleg, in liefde of haat... niks is moontlik sonder om die balletjies te laat beweeg nie!

    Jesus leer ons dat, [alhoewel op hierdie aarde alles in plek geplaas is, soos goedgedink deur verskeie Gode en selfs die mens self (beide weens vrye wil),] as mens besef dat die middelpunt bestaanpunt van elke atoom, 'n energie balletjie is, [wat nog deur die Gode (Satan en sy Broers), nog deur die mens as wetenskaplikes, self kon of kan laat bestaan nie, ons probeer, en het dit al gekloon dupliseer, maar laat ontstaan is net nie moontlik nie] wat afkomstig is vanaf Godhoof en dat daardie energie balletjie (Lewe) vol Godhoof se LIEFDE is, dan kan mens nie anders om te besef dat Jesus se boodskap van:


    Luk 17:21 En hulle sal nie sÍ: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.

    so helder verduidelik word in:


    1Co 13:2 En al sou ek die gawe van profesie hÍ en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hÍ, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.
    Mat 16:19 En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.

    en dan is ALLES maar alles moontlik, want ons beweeg al die balletjies wereldwyd in harmonie en vreedsame vredeliewendheid, want is ons dan nie tog deelagtig soos Jesus aan Sy Vader, en Die se Vader en Moeder nie??


    Mat 18:3 en Hy sÍ: Voorwaar Ek sÍ vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!

    Mat 18:4 Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele.

    so ek verkies om maar 'n stout seuntjie te bly vir eers....


    groetnis
    knipmes


    Quote Originally Posted by Die Vrou View Post
    Ek geniet die geselsie knipmes!
    Akkoord!
    Last edited by knipmes; 3rd April 2011 at 10:19.

  7. #27
    Member Silencio's Avatar
    Join Date
    Oct 2010
    Location
    Bloemfontein
    Age
    38
    Posts
    208
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    39

    Default Re: Die slag van bloedrivier.

    Maar liewe vrou

    jy glo die gees kom van 'n onsigbare woning? uhm, maar hoe nou, want as ateis glo julle net in dit wat julle kan sien, hoor, proe, ruik, en aanraak, iets wat nie wetenskaplik verduidelik kan word nie kan nie bestaan nie, so ek verstaan nie hoe jy in 'n gees kan glo nie?

    liefde groete
    nb: liefde groete ne!
    Silencio
    Cause and effect applies to us all, consider therefore your thoughts, words and actions carefully.

  8. #28
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    54
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Re: Die slag van bloedrivier.

    Quote Originally Posted by Silencio View Post
    Maar liewe vrou

    jy glo die gees kom van 'n onsigbare woning? uhm, maar hoe nou, want as ateis glo julle net in dit wat julle kan sien, hoor, proe, ruik, en aanraak, iets wat nie wetenskaplik verduidelik kan word nie kan nie bestaan nie, so ek verstaan nie hoe jy in 'n gees kan glo nie?

    liefde groete
    nb: liefde groete ne!
    Silencio
    Hello jy

    Wel ek kan dan seker nie met 'n ateis vergelyk word nie .... want ek verag die dinge van die vlees ... ek glo nie in 'n god nie want 'n god is 'n verwaande wese wat net wil aanbid, geloof en geprys wil word vir sy dade en ook wil hy gevrees word omdat hy jou vleeslike dood kan bewerkstellig met al sy krag en mag! En dan is hy nog partydig en wil hy hÍ dat sy kinders herhaaldelik deur 'n vuurdoop moet gaan om hom almagtige te bevredig.

    Ek het 'n vriendskap, kameraadskap met 'n Vader gees wat ek 'n paar jaar gelede ontmoet het.

    Dus kan ek nie met 'n Ateis vergelyk word nie ..... ons is glad nie die selfde nie.

    Liefde groete

    Die Vrou..
    Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
    and that is what is making me strong.

  9. #29
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,605
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default Re: Die slag van bloedrivier.

    Quote Originally Posted by Die Vrou View Post
    ek glo nie in 'n god nie want 'n god is 'n verwaande wese wat net wil aanbid, geloof en geprys wil word vir sy dade en ook wil hy gevrees word omdat hy jou vleeslike dood kan bewerkstellig met al sy krag en mag! En dan is hy nog partydig en wil hy hÍ dat sy kinders herhaaldelik deur 'n vuurdoop moet gaan om hom almagtige te bevredig.
    Die gode en hul dinge, veral uit die oog gesien uit die skrywers wat die verhale opgedis het en hoe ons dit vandag verstaan, so asof daar vandag geen kontak met die geestes wereld bestaan wat ons lei nie, moet ons net "glo" dat dit wat uit die pen van 'n primatiewe midddeoosterling afkomstig was die enigste en finale "waarheid" is wat vir ons geopenbaar was? Ek "glo" nie, nie meer soos wat die skepsels ons probeer wysmaak nie, want ek weet van beter.

    Mens moet nie veralgemeen nie, ook nie met die wesens aan die ander kant nie, soos daar goeie en slegte mense is, is die ook aan die anderkant teenwoordig en net so in die gode-wereld.

    Die Gode en gode wat in die Bybel opgeteken was vertel 'n verskeidenheid van verhale, die priesterdom poog egter om die verhale as een te lees asof daar net een god was waaroor die verhale sou gaan. Die Ou testament handel egter meer die bose gode en probeer die kamofleer deur brokkies en stukkies van die verhaal van die Vader en Godhoof daarin te vleg. Die Bybel bevat goeie lesse en verhale maar mens moet die met handskoene hanteer want die grootste gedeelte van die inhoud handel oor 'n kranksinnige god wat van die begin 'n mense moordenaar was, indien ons beweer dat die boek die "onfeilbare woord van God is" moet ons sterk daaroor besin wie ons as "ons God" eer.


    Quote Originally Posted by Die Vrou View Post
    Ek het 'n vriendskap, kameraadskap met 'n Vader gees wat ek 'n paar jaar gelede ontmoet het.
    Daar is 'n groot hoeveelheid mense, en veral uit die Boervolk wat kontak het met geeste van die ander kant, die word natuurlik stil gehou uit vrees vir wat "die mense" wat natuurlik gelowig is en die tipe ding nie aanvaar nie, want dis nie "Bybels" nie, so asof hulle van beter weet.
    Sou die mense eerder meer geredelik hul ondervindings en kennis oor die "ander kant" openbaar sou die meeste mense nie nog in die donker wees oor die "onbekende" nie, sal ons kinders wat wel kontak het nie in "vrees" lewe oor hul "onnatuurlike" vermoŽ nie.

    Liefdegroete,
    Stefanus

  10. #30
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    54
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Re: Die slag van bloedrivier.

    Quote Originally Posted by Stefanus View Post
    Die gode en hul dinge, veral uit die oog gesien uit die skrywers wat die verhale opgedis het en hoe ons dit vandag verstaan, so asof daar vandag geen kontak met die geestes wereld bestaan wat ons lei nie, moet ons net "glo" dat dit wat uit die pen van 'n primatiewe midddeoosterling afkomstig was die enigste en finale "waarheid" is wat vir ons geopenbaar was? Ek "glo" nie, nie meer soos wat die skepsels ons probeer wysmaak nie, want ek weet van beter.

    Mens moet nie veralgemeen nie, ook nie met die wesens aan die ander kant nie, soos daar goeie en slegte mense is, is die ook aan die anderkant teenwoordig en net so in die gode-wereld.

    Die Gode en gode wat in die Bybel opgeteken was vertel 'n verskeidenheid van verhale, die priesterdom poog egter om die verhale as een te lees asof daar net een god was waaroor die verhale sou gaan. Die Ou testament handel egter meer die bose gode en probeer die kamofleer deur brokkies en stukkies van die verhaal van die Vader en Godhoof daarin te vleg. Die Bybel bevat goeie lesse en verhale maar mens moet die met handskoene hanteer want die grootste gedeelte van die inhoud handel oor 'n kranksinnige god wat van die begin 'n mense moordenaar was, indien ons beweer dat die boek die "onfeilbare woord van God is" moet ons sterk daaroor besin wie ons as "ons God" eer.



    Daar is 'n groot hoeveelheid mense, en veral uit die Boervolk wat kontak het met geeste van die ander kant, die word natuurlik stil gehou uit vrees vir wat "die mense" wat natuurlik gelowig is en die tipe ding nie aanvaar nie, want dis nie "Bybels" nie, so asof hulle van beter weet.
    Sou die mense eerder meer geredelik hul ondervindings en kennis oor die "ander kant" openbaar sou die meeste mense nie nog in die donker wees oor die "onbekende" nie, sal ons kinders wat wel kontak het nie in "vrees" lewe oor hul "onnatuurlike" vermoŽ nie.

    Liefdegroete,
    Stefanus
    Mens moet nie veralgemeen nie, ook nie met die wesens aan die ander kant nie, soos daar goeie en slegte mense is, is die ook aan die anderkant teenwoordig en net so in die gode-wereld.
    Ja, dit is waar ... dit weet ek beslis! Daarom wanneer jy 'n verhouding het met die gees leer jy hom ken aan dit wat hy jou uitwys en ook dit waarin hy glo ..... jy leer sy hartseer ken dit wat hom pla en ook watter drome hy koester. As't ware leer jy hom ken net soos dit met 'n mens sal wees. Daar's net een verskil die gees kan jou waarsku teen baie gevare en hy kan jou ook sÍ wanneer daar 'n kwaadaardige gees besig is om probleme te skep. Maar die arme mense kan en word self partykeer gebruik om jou seer te maak! Baie keer gebeur dit dat dit die mense baie naby aan jou is wat hy gebruik.

    Die Gode en gode wat in die Bybel opgeteken was vertel 'n verskeidenheid van verhale, die priesterdom poog egter om die verhale as een te lees asof daar net een god was waaroor die verhale sou gaan. Die Ou testament handel egter meer die bose gode en probeer die kamofleer deur brokkies en stukkies van die verhaal van die Vader en Godhoof daarin te vleg. Die Bybel bevat goeie lesse en verhale maar mens moet die met handskoene hanteer want die grootste gedeelte van die inhoud handel oor 'n kranksinnige god wat van die begin 'n mense moordenaar was, indien ons beweer dat die boek die "onfeilbare woord van God is" moet ons sterk daaroor besin wie ons as "ons God" eer.
    Jap, ek stem saam daar is ook dinge daarin wat vir die toekoms van nou is teenwoordig in daardie boek. Maar ja mens kan nie die bybel eers in ag neem as riglyn na die geestelike dinge nie. Dit is soos jy sÍ daar is sleg en goeie geeste oralom ons en wie weet nou met wie het daardie mense gekommunikeer in die gees. Dit is waarom daar eers 'n persoonlike verhouding tussen die mens en gees moet ontstaan ... leer ken mekaar eers .... dan sal jy weet na watter vrug jy moet kyk (onderskyding van die gees)

    Daar is 'n groot hoeveelheid mense, en veral uit die Boervolk wat kontak het met geeste van die ander kant, die word natuurlik stil gehou uit vrees vir wat "die mense" wat natuurlik gelowig is en die tipe ding nie aanvaar nie, want dis nie "Bybels" nie, so asof hulle van beter weet.
    Sou die mense eerder meer geredelik hul ondervindings en kennis oor die "ander kant" openbaar sou die meeste mense nie nog in die donker wees oor die "onbekende" nie, sal ons kinders wat wel kontak het nie in "vrees" lewe oor hul "onnatuurlike" vermoŽ nie.
    Eerlik gesproke, ek was baie bang in die begin .... ek't nie geweet of ek nou die regte ding doen en of ek dalk nou die grootste fout van my hele lewe hier gemaak het nie ... Maar nou ja ek het darem al tot hier gevorder ..... en om eerlik te sÍ hierdie Pappa vriend wat ek ontdek het aan die ander kant wat vir my onsigbaar is verruil ek glad nie ooit weer nie .... ek moet maar die pad loop al word dit ookal hoe swaar vir my ... ek glo met hele hart daar's nie eens 'n bietjie twyfel nie ... dat hierdie vriendskap nie net vir my nie maar ook vir baie ander uit groot smart gaan red.

    Liefde groete

    Die Vrou..
    Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
    and that is what is making me strong.

Similar Threads

  1. Bloedrivier gelofte: Van wie, met wie, vir wie?
    By Carel van Heerden in forum Kletshoekie
    Replies: 19
    Last Post: 17th December 2009, 16:47
  2. Bloedrivier Naamlys
    By Die Ou Man in forum Volksake:
    Replies: 0
    Last Post: 18th May 2009, 08:54
  3. Bloedrivier 1838
    By Die Ou Man in forum Videos
    Replies: 0
    Last Post: 14th June 2008, 20:19

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •