Page 4 of 5 FirstFirst 12345 LastLast
Results 31 to 40 of 41

Thread: Die slag van bloedrivier.

  1. #31
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    54
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Re: Die slag van bloedrivier.

    Stefanus,

    Kan ek jou iets vra? Ek hoop jy stem in!

    Glo julle ook dat ons herhaaldelik deur hierdie sogenoemde "circle of life" moet gaan om 'n sterk gees te ontwikkel om 'n god te bevredig en tevrede te stel?

    Ek wil 'n stelling maak en dan vertel jy my jou opinie!

    Ek loop en bedink dit baie .... en ek kan dit nie verstaan nie .... eerlik .... ware liefde kan nie by daardie god/gees teenwoordig wees nie. Ware liefde sal beskerm selfs die swaar pad vir jou loop .... maar dan weer .... is daardie gees se nasate dan van so 'n swak kwaliteit dat hulle 'n vuurdoop moet deurmaak in die skepping alvorens hulle aanvaar kan word in sy nuwe huis?
    Nee wat en dan gee hy nog vir ons die keuse soos ek verstaan om self te besluit waar jy nou wil ly!

    Ek kan dit net nie aanvaar as my eie keurse om hierna toe te kom nie ..... soos ek al so baie gesÍ het hierdie is te wreed wat hier aangaan ..... dan sÍ almal hy is hier teenwoordig .... maar dit kan ek wragtig nie sien nie .... dan is hy nog 'n partydige god ook van dit gaan net goed met sekeres ... ander sterf sommer geestelik van hierdie swaarkry.

    Toe ons eenkeer kerktoe gegaan het nog daardie tyd in die begin van my soeke want dit het maar ook by die kerk begin, was daar een aand 'n arm gesin ... hulle het hulp waarlik waar soos almal maar kom hulp soek ... geestelike hulp om hulle te help met hul swaar lewe ... toe daar klaar vir hulle 'n gebed gedoen is ... kon ek sien ... die hulpelose ... verslae uitdrukkings op hulle gesigte ... niks ... net mooi niks .... ek't hulle so jammer gekry ..... ek't so begeer dat hulle ook ietsie moet ontvang ... maar niks!
    Ek het vandat ek hierdie Pappa gees ontmoet het tot oorlopens vol ontvang en hulle moes lee hande omdraai! Die uitdrukking op hulle gesigte was hartverskerend! Dis onregverdig!!!
    Hulle het nooit weer terug gekom nie.

    Daarom ondersoek ek nou hierdie skepping saam met die gees wat ek ontmoet het .... en ek oordeel hom soos ek dit sien en vir wat ek sien. Ek steur my nie aan bybel boeke nie.

    Ek glo mens kan beter sien watter geeste hier heers as jy fisies na die skepping kyk.

    Liefde groete

    Die Vrou
    Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
    and that is what is making me strong.

  2. #32
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    54
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Re: Die slag van bloedrivier.

    Wel ek kan dan seker nie met 'n ateis vergelyk word nie .... want ek verag die dinge van die vlees ... ek glo nie in 'n god nie want 'n god is 'n verwaande wese wat net wil aanbid, geloof en geprys wil word vir sy dade en ook wil hy gevrees word omdat hy jou vleeslike dood kan bewerkstellig met al sy krag en mag! En dan is hy nog partydig en wil hy hÍ dat sy kinders herhaaldelik deur 'n vuurdoop moet gaan om hom almagtige te bevredig.
    Ek het hierdie gesÍ omdat ek dit nie uit die bybel van gelees het nie .... maar dat ek dit fisies kan sien in die skepping.

    Hier is liefde soos knipmes sÍ maar ek aanskou dit nie as ware liefde nie .... meestal is die liefde hier geveinsd. Maar ware liefde nee wat .... ek glo ook in wonderwerke .... maar nie in partydige wonderwerke nie ... ek glo dat waar daar 'n ware wonder is "het niks verkeerd plaasgevind nie" want daar waar geen partye nodig is om gered te word nie daar is ware liefde. Want my Pappa Vader het my gewys hy't almal ewe lief en niemand sal vir niemand skade wil berokken of selfs wil seermaak waar hy is nie.

    "Voorbeeld is" Die een meisie stap amper donker tyd huis toe sy 'n "Christen" niks gebeur oppad nie ... die volgende dag hoor sy dat op dieselfde pad net nadat sy daar gestap het het 'n man 'n ander meisie verkrag" Nou hoe nou? Jy is nou gelukkig want jy is Christen en jou god het jou gered maar nou moes 'n ander boet terwille van jou. Nee wat as daar 'n ware liefdevolle gees was sou daai ou huistoe gegaan het en geen meisie sou verkrag gewees het nie!

    Liefde groete
    Last edited by Die Vrou; 6th April 2011 at 12:05.
    Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
    and that is what is making me strong.

  3. #33
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,605
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default Re: Die slag van bloedrivier.

    Quote Originally Posted by Die Vrou View Post
    Stefanus,

    Kan ek jou iets vra? Ek hoop jy stem in!
    Sekerlik, lees gerus eers die volgende "Ek glo nie meer in die god van die kerk nie!"

    Liefdegroete,
    Stefanus

  4. #34
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    54
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Re: Die slag van bloedrivier.

    Ek glo in die God wat erns maak met die wÍreld van 2006. Die God wat mense onvoorwaardelik liefhet. Die God wat mense verander deur vir hulle om te gee. Die God wat vir homoseksuele mense omgee en hulle seksualiteit aanvaar. Die God wat erns maak met wetenskap. Die God wat saam met mense debatteer wanneer hulle oor Hom nadink. Die God wat toelaat dat mense selfs foute kan maak in hulle denke oor Hom. Die God wat verby mense se kleur en tradisies en gebruike kyk. Die God wat kerklike dogmas afbreek en vir mense sÍ: ďKyk weer, kyk nuut, ek is die God van 2006. Ek is ook die God van die Bybel, maar nie net van die antieke Bybel nie, ook van die Bybel wat vandag, nog elke dag, geskryf word in die harte van mense wat in ons tyd leef. Ek is nie vasgevang tussen die papiere van ín boek wat soos ín afgod in die kerk funksioneer nie.Ē
    Is die een wat hier beskryf word ooit 'n god? Die mens moet uitvind wat is 'n god en wat is 'n liefdevolle geestelike Vader. Ek dink hulle verstaan alles net verkeerd omdat die bybels vol is van ons moet gode dien of die die god van die skepping.
    Stefanus ek sÍ nou nie die mense moet nou omdraai na my Vader die een waarmee ek 'n vehouding het nie .. maar ... ek kry die allerverskriklikste weersin in myself wanneer ek net die woord god hoor en bedink. Eintlik om dit so te stel daai woord walg my! En ook walg so die skepping se werk en wat hier plaasvind my!

    As ek net hierdie kan byvoeg ... die mense in die kerk is maar net nog blind en vasgevang in die web van die satan en sal wel eendag weer kan sien .... ons moet net geduldig wees.
    Dit geld ook vir mense soos Lady Gaga sy's blind en kani sien nie. Eendag wat baie naby is ... sal hulle weer sien.

    Reg, ek het daar gaan lees ... nou wag ek vir jou antwoord ... dankie dat jy hieroor gesels en my ook nie met bybel verse bombandeer nie ... eke neem dit nie in ag nie. Ook nie geskrewe stukke oor Jesus nie ... ek het nie by hom geleer nie ... maar by my Vader!

    Liefde groete

    Die Vrou..
    Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
    and that is what is making me strong.

  5. #35
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,605
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default Koninkryk van die Hemele

    Quote Originally Posted by Die Vrou View Post
    Glo julle ook dat ons herhaaldelik deur hierdie sogenoemde "circle of life" moet gaan om 'n sterk gees te ontwikkel om 'n god te bevredig en tevrede te stel?
    Eers wil ek 'n onderskeid tref tussen die Koninkryk van die Hemele/God en die stamgode wat vereer word as "enige god" by name "Die HERE", "Ek Is", "Jahweh", "Allah" ens. Hierdie aangestelde heersers wat opgehef was deur hul onderdane as "skeppers" was niks meer as gesante wat 'n diens moes lewer nie, maar is oor die eeue vervorm om 'n ewebeeld van die slegte kant van die mens weer te gee.
    Volgens die Bybel kan ek se dat die god (Jahweh) van die Ou Testament, wat volgens GalasiŽrs 5 'n wese van die dinge van die vlees was - en gaan Jahweh daarom nie die koninkryk van God beŽrwe nie. Dus was hy slegs 'n stamgod vir 'n spesifieke volk en nie 'n God nie.
    Vandag probeer die Christene en ander groepe vanuit die Abrahamitiese gelowe nog die bose wese van die Ou Testament versoen met 'n liefdevolle Godhoof wat kwansuis self Sy Seun sou stuur om vermoor te word vir 'n jaloesie probleem.

    Ek glo dat die aarde daargestel was deur God as vleeslike tuin wat deur vrye wil "misbruik" was (deur die heersers van die wereld/aarde [bose]) om sekere doelstellings te bereik, daardeur is geeste in die vleeslike liggame vasgevang totdat die uit vrye wil self verander en terugkeer - "huis toe".
    So is daar ook geeste wat hier diens doen "wat gevra het of self uit vrye wil vir diens aangemeld het" om hul mede uitgeweekte geeste (wat die heersers van die aarde navolg) terug te lei huis toe, sodat daar geen gees verlore mag gaan nie.
    Tyd het dus geen faktor in die verandering nie en die "helper geeste" sal bly terugkom/reinkarneer in die vlees totdat daar geen een verlore is nie.

    Dat dinge hier op aarde nie volgens God's plan verloop het nie (wel geweet het wat die gevolg sou wees) is gewis en dat dinge nie maklik vir die mens is nie is 'n gegewe, wat ons egter in ag moet neem is dat ons uit vrye wil hier is om of diens te doen, of om terug huis toe gelei te word, dit bly egter ons eie besluit hoe lank ons nog hier gaan wees.
    Die Godhoof kan dinge onmiddelik verander maar dan word die hele doel van vrye wil verongeluk en is God niks meer as nog 'n Jahweh/Allah nie.

    Met elke terugkeer of weergeboorte (van die helpers) word die gees blootgestel aan nuwe omstandighede en uitdagings wat as leerskool dien wat die gees ontwikkel. Hierdie is nie 'n proses om om "'n god te bevredig en tevrede te stel" nie, eerder om diens te verrig of om self so te verander om die keuse te maak om te verander om terug te kan gaan.

    Daar sal egter 'n tyd kom waar die bose invloed so gering sal wees dat die nie meer aanloklik is vir die mens nie en dat die eerder sal afwend van die vleeslike begeertes soos onder andere vermeld in GalasiŽrs 5:19-21
    En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sÍ, soos ek al vroeŽr gesÍ het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beŽrwe nie.

    Die 'sogenoemde "circle of life"' beskou ek dus nie as straf nie en sien dit eerder as 'n leerproses wat daarop gemik is om in 'n vleeslike omgewing lewensvaardighede te ontwikkel wat as gees nie bereik kan word nie, die hoofstroom kerk-dogma verkondig 'n "om 'n god te bevredig en tevrede te stel" teologie wat geen verband hou met die werklikheid nie en is daarop ingestel om 'n gemeente vasgeketting te hou aan hul eiesinnige dogmas en rituele.

    Ons word toegerus met die nodige om ons take uit te voer sonder om ons daarvan af te lei deur die versoekinge wat met "goue lepels" gepaard gaan, sodra ons besef dat vleeslike oormaat nie geluk of liefde kan bring nie en ons eerder na die geestelike (innerlike) wend om daardeur te lewe en die vleeslike as gereedskap te benader word die vleeslike nie meer as struikelblok (boos) ervaar nie.

    Liefdegroete,
    Stefanus

  6. #36
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,605
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default Die Godhoof

    Quote Originally Posted by Die Vrou View Post
    Die mens moet uitvind wat is 'n god en wat is 'n liefdevolle geestelike Vader.
    Vir die mens het die woord God of god en 'n liefdevolle geestelike Vader verskillende betekenisse en waardes, vir 'n ander beteken dit dalk 'n boom in die agterplaas of 'n jaloerse Jahweh uit 'n midde-oosterse sepie.

    Soos in die Hemel so ook op die aarde, Die Godhoof, God die Vader - God die Moeder - God die Seun is my liefdevolle geestelike ouers/familie, so is daar baie identiteite in hierdie familie wat saamwerk om die Koningkryk van God saam te bind waarvan ek maar een individu is, wat elkeen 'n taak het om te verrig, so het elkeen ook sy geestelike helpers wat hom/haar bystaan en lei tydens 'n aardse "besoek/lewe".

    Ons word egter van kleins af geindoktrineer met begrippe en waardes wat deur die aardse heersers voorgehou word as enigste "waarhede" wat slegs 'n afbeelding is van hul eie doelwitte en begeertes. So word die jaloerse Jahweh uiteindelik verhef tot "Skepper God" om ons te vervreem van ons werklike herkoms. Daarom dat die Boer vandag agter ander gode aanloop en hul Ariese herkoms verpand vir 'n primatiewe middeoosterse droom en "god" wat niks goeds vir hulle daarin het nie.

    Liefdegroete,
    Stefanus

  7. #37
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    54
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Re: Die slag van bloedrivier.

    More Stefanus,


    Ariese herkoms verpand vir 'n primatiewe middeoosterse droom
    Wat sou dit beteken ... waar is dit?
    Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
    and that is what is making me strong.

  8. #38
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,605
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default Re: Die slag van bloedrivier.

    Quote Originally Posted by Die Vrou View Post
    More Stefanus,
    Quote Originally Posted by Stefanus
    Ariese herkoms verpand vir 'n primatiewe middeoosterse droom
    Wat sou dit beteken ... waar is dit?
    As Boer wat sy herkoms uit Nordies/Germaanse afkoms het met ons eie kultuur en gewoontes wil daar sekekere oningeligte groepe te kenne gee dat ons eintlik Semiete is wat uit die Midde Ooste ons ontstaan sou he sodat ons 'n mitiese verband met 'n primatiewe barbaarse volk, en die se "verbond" sou deel met 'n bose stamgod uit die verhaaltjie.

    Liefdegroete,
    Stefanus

  9. #39
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    59

    Default Re: Die slag van bloedrivier.

    Quote Originally Posted by Die Vrou View Post
    More Stefanus,

    Ariese herkoms verpand vir 'n primatiewe middeoosterse droom

    Wat sou dit beteken ... waar is dit?

    Dis 'n droom wat in die meeste mense se koppe vassit. Hul harte weet beter maar hardkoppig sal hul vasklou aan 'n droom tot die dood toe...

    net jammer na die dood kan hul nie terugkom en rapporteer dat dit valslik geglo was nie...





    groetnis
    knipmes

  10. #40
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    54
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Re: Die slag van bloedrivier.

    Quote Originally Posted by knipmes View Post
    Dis 'n droom wat in die meeste mense se koppe vassit. Hul harte weet beter maar hardkoppig sal hul vasklou aan 'n droom tot die dood toe...

    net jammer na die dood kan hul nie terugkom en rapporteer dat dit valslik geglo was nie...





    groetnis
    knipmes
    knipmes

    Jy glo jy is op die regte pad ... maar dan is daar weer ander mense wat nie soos jy glo nie. En elkeen sÍ hy is reg .... en so vorm daar net onenigheid tussen almal.

    Soos jy jou hart ingestel het op 'n geloof ... so het hulle ook maar so gemaak .... en elkeen glo hulle is op die regte pad ... dit is dan hulle reg ... hulle probeer net soos so baie ander mense 'n greep kry op die geestelike dinge wat die vlees se verstand soms net oorweldig omdat hulle dit nie kan verstaan nie.

    Dit is nie regverdig om met diesulkes te spot of hulle selfs te beledig oor hulle geloof nie ... soos dit vir jou 'n ernstige saak is .... is dit ook vir hulle.
    Om hulle af te kraak oor hulle geloof gaan hulle beslis nie oorreed nie.

    Liefde groete

    Die Vrou..
    Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
    and that is what is making me strong.

Similar Threads

  1. Bloedrivier gelofte: Van wie, met wie, vir wie?
    By Carel van Heerden in forum Kletshoekie
    Replies: 19
    Last Post: 17th December 2009, 16:47
  2. Bloedrivier Naamlys
    By Die Ou Man in forum Volksake:
    Replies: 0
    Last Post: 18th May 2009, 08:54
  3. Bloedrivier 1838
    By Die Ou Man in forum Videos
    Replies: 0
    Last Post: 14th June 2008, 20:19

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •