Quote Originally Posted by Die Vrou View Post
knipmes

Jy glo jy is op die regte pad ...
Inteendeel, my pad is so vol duiwelkies dis net nie waar nie... en ek self het daarvoor gevra! Ek "glo" in "bogerol"... wees verseker daarvan!


Quote Originally Posted by Die Vrou View Post
maar dan is daar weer ander mense wat nie soos jy glo nie. En elkeen sÍ hy is reg .... en so vorm daar net onenigheid tussen almal.
Dis elkeen se goeie reg om te "glo" soos dit hom/haar pas, en ja dit is presies hoekom onder andere hierdie volk nog nooit kon saamstaan nie! Al die "ge-glo-ery"!


Quote Originally Posted by Die Vrou View Post
Soos jy jou hart ingestel het op 'n geloof ...
Mensie, die verskil is dat ek nie my 'hart" kan instel op 'n geloof nie... ek kom reeds vanuit Die Koninkryk van die Hemele af, anders sou ek nie hier kan bestaan nie. Dis tyd om te besef dat jy jou nie kan losmaak en eenkant staan van die Godheid binne-in jou nie!

Quote Originally Posted by Die Vrou View Post
so het hulle ook maar so gemaak .... en elkeen glo hulle is op die regte pad ... dit is dan hulle reg ... hulle probeer net soos so baie ander mense 'n greep kry op die geestelike dinge wat die vlees se verstand soms net oorweldig omdat hulle dit nie kan verstaan nie.
Snert! een en elkeen weet presies wat is "bollie" en wat is nie! Hierdie verskoning dat daar kwansuis nie verstaan word nie, en dat dit ons nie beskore is om die verborgeninge van die HERE te weet nie, dra al lankal nie meer water nie, en is bedoeld vir mense wat regtig die een talent onder die grond gaan begrawe, en dan onkunde daarvoor die skuld gee, kaf man!

Quote Originally Posted by Die Vrou View Post
Dit is nie regverdig om met diesulkes te spot of hulle selfs te beledig oor hulle geloof nie ...
Ek spot glad nie, inteendeel, ek wys daarop dat sogenaamde onkunde in werklikheid slegs hardkoppigheid is wat in meeste gevalle so ver gevorderd gevoer word dat slegs die dood en daarna dit kan verander... en dan is dit mos hopeloos te laat om terug te kom en andere te waarsku? wat spot ek nou mee?

Quote Originally Posted by Die Vrou View Post
soos dit vir jou 'n ernstige saak is .... is dit ook vir hulle.
Ons gaan akkoord met die feit dat elkeen se saligheid in wese 'n diepe ernstige saak is, veral as jy hier kom lees op Wendag en besef dat die "waarheid" wat jy soos 'n kind moes "glo" in werklikheid net mooi die teenoorgestelde moes wees! Dank Vader dat ek die gesonde verstand gekry het van dag een af om self te kan uitmaak wat waar is...

Ek was nog 'n klein seuntjie op die plaas toe ek al vir Ouma geseg het dat Jesus mos vermoor was, dat geen gesonde verstand mens so 'n moord op so 'n wonderbaarlike Hemelse Entiteit sou kon laat plaasvind nie! Dis die EEN wreedaardigste onnodigste moord in hierdie wereld wat as onkundigheid voorgehou word as sogenaamde saligmaking, verbeel jou!

Goeie Vrydag, wat vandag weer herdenk word... moet eintlik wees SWART SWART VRYDAG!!!!

Quote Originally Posted by Die Vrou View Post
Om hulle af te kraak oor hulle geloof gaan hulle beslis nie oorreed nie.
Nee wat, ek stel nie belang om enigeen te oorreed nie! Elkeen het 'n gesonde verstand en vermoens gekry om self die weg te vind. Daar is vandag net te veel bewyse en maniere om die waarhede wat ontbloot word na te gaan vanself en te bevestig vir jouself, dat onkunde nie meer as verskoning kan dien nie, jammer dis nie afkraak nie! Kom ons kyk so daarna:

Voorbeeld: Dis eintlik om 'n voorbeeld te gebruik van 'n testament waar die dokument voornemend is om op te stel, maar nooit by uitgekom word nie... en die dag na die dood ingetree het, was dit te laat en kan daar nie meer terug gekom word om dit reg te stel nie, wie kry nou die plaas? Gaan hy terugkom en seg die een of daai een erf die plaas?
So wat is die verskil hier? Deur nou aan te dui dat daar nie gewag moet word tot dit te laat is nie, maar dadelik werk van gemaak moet word... is nie afkrakend nie maar waarskuwende opregte tong in die kies vermaning tot gesonde verstand!





groetnis
knipmes