Page 1 of 5 12345 LastLast
Results 1 to 10 of 41

Thread: Die slag van bloedrivier.

  1. #1
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    54
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Die slag van bloedrivier.

    Hello Wendag,

    Julle ken almal alreeds die verhale van Koning Dawid en Simson en Delilla. Ek gaan nou nie
    die verse aanhaal nie. Ek gaan net die gedeeltes kortliks bespreek.

    Kom ek begin by Dawid die kind wat in 'n oorlog betrokke was. Dawid het 'n man met 'n klip gegooi
    en toe sy kop afgekap. Watter god laat sy kinders so wreed optree? Watter god was in beheer van Dawid se lewe? En dan word daar nog ges dat Dawid en sy god helde is. Tot vandag toe sing ons kleuters van dawid allerhande liedjies van Dawid.

    Nou kan ek julle hierdie vrae vra: Was Goliat nie maar ook 'n kind van daardie god nie? Watter
    onregverdige god laat toe dat sy een kind sy ander dood maak?

    Vir my persoonlik is partydige god wat kant kies onder sy kinders!!

    Nou Simson en Delilla se verhaal is baie tragies eintlik. Simson het baie krag van 'n god ontvang en
    baie mense vermoor en skade aangerig in die natuur. Hy het vir sy vrou leuns vertel oor waar sy krag vandaan kom so het sy krag behoue gebly met leuns, nou watter god is 'n leunaar? Maar toe hy die waarheid vertel word sy o uitgesteek en maak hulle van hom 'n donkie wat heeldag in die rondte loop en meel maal. Op die ou einde gee hierdie god vir hom vir oulaas genoeg krag om homself en baie ander mense te verbrysel met die gebou waarin hulle hulle toe bevind het. "n Moordenaar is die god wat in Simson se lewe was!

    Nou watter god sal voorkeur gee aan sekere kinders en die ander maar net los om te vergaan?
    Ek antwoord dat dit dan 'n partydige god is wat net sekere van sy kinders voortrek en die ander maar net los om te vergaan.

    Soos ek baie verduidelik het sal 'n hemelse Vader al Sy kinders ewe lief h hy sal nie voortrekkers h nie. Hy sal ook nie aan enige een van hulle skade aanrig of toelaat dat sy kinders mekaar uitmoor nie vir allerhande redes nie.

    Dit was nou die bybel verhale en kom ons kyk nou na 'n gebeurtenis wat in ons eie land plaasgevind het. Die slag van bloedrivier.

    Baie mense word verwar deur dat hulle glo dat die swart en anderkleurige mense deur die een wie hulle die satan noem geskep is. En dat die wit mens alleen na die hemel toe gaan en dat hulle ook net deur die ware god geskep is. Hoogmoedige denke van die wit ras sal ek dit noem net soos die god wat hulle dien hoogmoedig is. Dit is 'n leun om hulle weg te hou van die waarheid. Ons almal is deur die satan in die vlees gevange geneem in al hierdie verskillende vorms en kleure. En dan glo ander dat net sekere gelowe na die hemel gaan. Wat ook verkeerd is. Daar sal nooit 'n ewewig kan ontstaan in geloof as almal eenkant toe skerm nie. Die verskille veroorsaak dat hulle argumenteer en verdeeld raak. Nou kan ek weereens vra: Nou watter hemelse Vader sal toelaat dat sy kinders so verdeeld raak.

    Nou kom ons gaan terug na die tyd van "Die slag van bloedrivier". Daar was daardie dag 'n slagting aan hordes anderkleurige kinders deur argumente en gierigheid.
    Dis nou eintlik die selfde wat gebeur het soos in die geval van Dawid. Daar was voorkeur gegun aan die een groep mense. Nou dieselfde by slag van bloedrivier. Daar was 'n prys as die god hulp verleen het aan die wit mense. Daar was part gekies omdat die wit kinders 'n belofte aan die god gemaak het. Hy sou verering kry en nog ander.

    'n Opsomming van wat gebeur het is kortliks dat hulle gevra het dat hy hulle sal red van 'n vleeslike dood en hulle te help om die ander kleurige kinders van dieselfde god te oorwin in 'n oorlog(wat beteken dat mense mekaar dood moet maak omdat hulle nie ooreenstem met 'n saak nie.)

    Watter god was daardie dag daar saam met die handjievol boere? Watter god het hulle gehelp om die anderkleurige kinders dood te maak.

    Die mense kan of wil moedwilliglik net nie verstaan dat ware liefde nooit sal vermoor of partydig sal wees of hoogmoedig is nie.

    Ek s weer soos ek al baie ges het hier is net een god wat in die vleeslike wreld regeer hy's 'n leunaar, 'n bedrieer, 'n moordenaar, 'n slagter, 'n dief en dit is die skepper van die hemel en aarde!!

    Wanneer 'n Vader wat sy kinders waarlik waar lief het teenwoordig is sal daar geen bloed vloei nie, daar sal geen twiste wees nie .... daar sal net 'n eenheid en vrede wees!

    Groete

    Die Vrou..
    Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
    and that is what is making me strong.

  2. #2
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    59

    Default Re: Die slag van bloedrivier.

    Die Vrou,

    Ek dink hier word die spyker op die kop geslaan!!




    groetnis
    knipmes

  3. #3
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    54
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Re: Die slag van bloedrivier.

    Goeie more my liewe onsigbare leser,

    Ek weet alreeds n hele ruk dat jy van sommige van my skrywes lees. Vandag wil ek
    die tyd neem om met jou te gesels. Ek wou eintlik al lankal maar my moed het my
    begewe. Ek wil vir jou s dat ek jou baie jammer kry. Ek kan sien hoe jy ly elke liewe
    dag. Ek sien dat jy gebuk gaan in die lewe hier op die aarde. Ek weet ook hoe jy voel wanneer
    mense kinders jou sleg s. Ek self ken die pyn, smart en foltering wat dit bring. Ek weet
    hoe moeg en moedelooos jy soms voel wanneer dinge vir jou nie na wense is nie. Ek weet ook
    hoe jy voel met al die laste en wroegings wat dit vir jou bring. Ek voel ek wil jou graag help in
    jou lyde hier, maar dit is n onmoontlike taak. Jy is hardkoppig en luister nie graag wat
    ek te s het nie en ook trots. Jy loop elke dag met swaar laste rond hier in die wreld. Jy
    is soos n beseerde leeu. In sy pyn en lyde loop hy brullend rond en kyk wie kan hy verskeur.
    Kyk werklik bietjie om jou en sien hoe seer jy ander maak. Ek weet jy het ook seer, daarom
    dink jy as jy ander seer maak sal jy beter voel nes die leeu. Maar al die tyd is jy besig om vir
    jouself net die lewe wat reeds so moeilik is nog net moeiliker te maak. Wil jy nie maar die strydbyl
    laat vaar en vrede maak met jouself binne in jou hart nie. Wil jy nie maar eerder liefde in
    stede van kwaad saai nie. Dit sal jou verryk en almal om jou. Liefde weeg mos maar altyd swaarder
    as kwaad steek, is dit nie?

    Liefde groete

    Die Vrou..
    Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
    and that is what is making me strong.

  4. #4
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    54
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Re: Die slag van bloedrivier.

    More Wendag , my onsigbare leser,

    Ek het hierdie draad oorspronklik begin onder die bespreking kolom om die satan in ons daaglikse lewens uit te wys. Alle insette van julle is ook welkom.
    Om die satan uit te ken moet mens kyk na sy persoonlikheid. Hy is gees en dus onsigbaar en baat dit baie om onderskeiding van die gees wat teenwoordig is toe te pas. So kan mens sien dat dit eintlik nie die vleeslike is wat jou aanval nie maar wel die geestelike. Die satan gees wat onsigbaar is kan alle vlees beheer sonder dat jy hom kan keer. Hy is dan die skepper daarvan en weet dus presies hoe om die vlees na sy wil te laat reageer. Dit is nou net so hier op die aarde wanneer jy self die uitvinder is van tegnologiese uitvindsels en dan weet jy ook presies hoe dit werk, nie waar nie, so ook die skepper gees. Hy weet presies hoe om ons vlees te beheer en ons sekere dinge te laat doen na sy wil.

    Ja ek het so bietjie oor die slag van bloedrivier gesels maar nou wil ek dit uitbrei na gebeure wat vandag in ons land en self ook tussen ons as mensekinders nog daagliks plaasvind.

    Ek weet reeds dat julle sy geaardheid ken maar ek wil hier net weer sy persoonlikheid uitwys:

    Hy is jaloers, selfsugtig, verwaand, moordlustig, kwaadstokerig, gierig, toornig, hoogmoedig, eiewaansugtig, wreedsugtig, hartelooos, hy haat, eiebaatsugtigheid, besitlikheid, sarkasme, geweldadig, eiebelangsugtig, eieliefde, eiemagtig, iesegrimmig, ge-iriteerd, vermakerig, eieroem, ag daars nog baie ander, julle kan maar jul eie beskrywing hier kom byvoeg.
    In ander woorde gestel sy persoonlikheid is bestaande uit al ons sondes. En daar is ontelbare sondes hier op die aarde. Dit behoort nou vir julle nog duideliker te wees as bogenoemde woordeskat.

    Nou wanneer ons kyk na wat in ons land gebeur op die huidiglike oomblik, nou wie en watter god sal julle kan s is hier besig?

    Kyk ook nou self in jou eie lewe waar hy teenwoordig is! Want hy is oral om ons heeltyd en altyd besig om kwaad te stook tussen ons. Hy laat ons mekaar sleg s en beledig net soos hy wil en dan pak hy die skuld op die mensekind wat hy gebruik het.

    Gaan nou uit elke dag en onderskei hom oral waar jy gaan en met alles en almal waarmee jy te doen kry. Julle kan baie baatvind daarby en ook sodoende makliker die vleeslike mens wat vir sy aanvalle gebruik word vergewe.

    Liefde groete

    Die Vrou..
    Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
    and that is what is making me strong.

  5. #5
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    54
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Re: Die slag van bloedrivier.

    Quote Originally Posted by Die Vrou View Post
    Goeie more my liewe onsigbare leser,

    Ek weet alreeds n hele ruk dat jy van sommige van my skrywes lees. Vandag wil ek
    die tyd neem om met jou te gesels. Ek wou eintlik al lankal maar my moed het my
    begewe. Ek wil vir jou s dat ek jou baie jammer kry. Ek kan sien hoe jy ly elke liewe
    dag. Ek sien dat jy gebuk gaan in die lewe hier op die aarde. Ek weet ook hoe jy voel wanneer
    mense kinders jou sleg s. Ek self ken die pyn, smart en foltering wat dit bring. Ek weet
    hoe moeg en moedelooos jy soms voel wanneer dinge vir jou nie na wense is nie. Ek weet ook
    hoe jy voel met al die laste en wroegings wat dit vir jou bring. Ek voel ek wil jou graag help in
    jou lyde hier, maar dit is n onmoontlike taak. Jy is hardkoppig en luister nie graag wat
    ek te s het nie en ook trots. Jy loop elke dag met swaar laste rond hier in die wreld. Jy
    is soos n beseerde leeu. In sy pyn en lyde loop hy brullend rond en kyk wie kan hy verskeur.
    Kyk werklik bietjie om jou en sien hoe seer jy ander maak. Ek weet jy het ook seer, daarom
    dink jy as jy ander seer maak sal jy beter voel nes die leeu. Maar al die tyd is jy besig om vir
    jouself net die lewe wat reeds so moeilik is nog net moeiliker te maak. Wil jy nie maar die strydbyl
    laat vaar en vrede maak met jouself binne in jou hart nie. Wil jy nie maar eerder liefde in
    stede van kwaad saai nie. Dit sal jou verryk en almal om jou. Liefde weeg mos maar altyd swaarder
    as kwaad steek, is dit nie?

    Liefde groete

    Die Vrou..
    More Onsigbare leser,

    Ek wil jou net graag antwoord, my Vader haat niemand nie Hy het almal ewe lief! En omdat ek by Hom geleer het en mense en boeke nie in ag neem nie. Haat ek ook niemand nie en ook nie vir jou nie, (Al s en doen jy wat ookal) Ware liefde vergewe alles en almal, maak nie saak wat hulle aan jou verkeerd doen nie!

    Mooi dag verder.

    Liefde groete

    Die Vrou..
    Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
    and that is what is making me strong.

  6. #6
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,605
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default Re: Die slag van bloedrivier.

    Quote Originally Posted by Die Vrou View Post
    Ek weet reeds dat julle sy geaardheid ken maar ek wil hier net weer sy persoonlikheid uitwys:

    Hy is jaloers, selfsugtig, verwaand, moordlustig, kwaadstokerig, gierig, toornig, hoogmoedig, eiewaansugtig, wreedsugtig, hartelooos, hy haat, eiebaatsugtigheid, besitlikheid, sarkasme, geweldadig, eiebelangsugtig, eieliefde, eiemagtig, iesegrimmig, ge-iriteerd, vermakerig, eieroem, ag daars nog baie ander, julle kan maar jul eie beskrywing hier kom byvoeg.

    Nou wanneer ons kyk na wat in ons land gebeur op die huidiglike oomblik, nou wie en watter god sal julle kan s is hier besig?
    As ek na hierdie kyk kom die god van die ou testament sterk na vore as kanidaat vir hierdie pos, in Joh 8:44 het Die Christus tog self aan die Israeliete gese - "Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy n leuenaar is en die vader daarvan."

    Stel ons hierdie god van die ou testament self aan die woord soos vasgepen deur Jesaja 45:7 - "Dit is die HERE "wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen."

    Dus kan ons dit verder uitbrei en se dat enige "gelowige" wat sy geloof op die ou testament as basis het hierdie eienskappe gaan uitleef.

    Liefdegroete,
    Stefanus

  7. #7
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    54
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Re: Die slag van bloedrivier.

    Quote Originally Posted by Stefanus View Post
    As ek na hierdie kyk kom die god van die ou testament sterk na vore as kanidaat vir hierdie pos,

    Liefdegroete,
    Stefanus
    Verduidelik vir my asb.

    Liefde groete

    Die Vrou..
    Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
    and that is what is making me strong.

  8. #8
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,605
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default Re: Die slag van bloedrivier.

    Quote Originally Posted by Die Vrou View Post
    Die Vrou

    Stefanus,

    Verduidelik vir my asb.

    Ek het my dalk nie duidelik uitgespreek nie, ek verwys na:

    Quote Originally Posted by Die Vrou
    "Nou wanneer ons kyk na wat in ons land gebeur op die huidiglike oomblik, nou wie en watter god sal julle kan s is hier besig?"
    Die ou testament is 'n versameling van geskrifte oor verskillende gode van die tyd wat aangepas was om 'n storie te vertel oor die "gode" van die Jode wat oor die tye verander het maar nou as een wese voorgestel word nl die JALOERSE of te wel Yahweh. Die storielyn van die ou testament behandel egter die jaloerse wese as "enigste god" van die Jode, maar gebruik egter ook insette van ander Gode om gesag aan hierdie wese te gee asof die, die "enigste god" sou wees.

    Die Christus het gekom om hierdie wanpersepsie reg te stel maar is deur die priesterdom van hierdie wese vermoor en het hulle werke voortgesit, vandag het ons 'n christen geloof wat hierdie jaloerse wese voorstel as die Vader van Die Christus wat deur die hoofstroom christen-gelowiges aanvaar word as die "eniste" en "ware" weg na saligheid wat min in gemeen het met die doel waarom Die Christus na ons gestuur was.

    Liefdegroete,
    Stefanus

  9. #9
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    54
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Re: Die slag van bloedrivier.

    Onsigbare leser,

    Hier gaan nie bloed vloei nie ... hier gaan geen oorlog wees nie ..... net die satan die skepper van die hemel en aarde wil moor en slag .... maar natuurlik gaan ons van hom gered word deur my Vader. My Vader ken jy nie eers nie maar jy beledig Hom .... hoekom gee jy Hom nie kans om aan jou te verduidelik wat Hy aan my verduidelik het nie .... Onthou 'n saak het twee kante
    Die skepper(satan) s'n en my Pa s'n. Wil jy nie maar na my Pa se kant ook luister nie ... dan kan jy Hom mos nou oordeel volgens dit wat jy van Hom gehoor het. Geen mensekind kan enigiemand oordeel sonder dat jy hom/haar goed leer ken het nie ... Leer eers My Vader ken voordat jy Hom veroordeel ..... Hy is 'n onvoorwaardelik die mees liefdevolste Vader wat ek ken .... hy veroordeel nie .... hy haat nie .... hy neem al ons laste volkome weg met sy woord ... Hy is suiwer liefde .... niks anders nie!!



    Liefde groete

    Die Vrou
    Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
    and that is what is making me strong.

  10. #10
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    54
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    44

    Default Re: Die slag van bloedrivier.

    Hello julle,

    Ek wil graag getuig van een geval waar die verkeerde god die eer gekry het vir iets wat my Vader eintlik gedoen het.

    Daardie tyd het ons nog gereeld kerk gegaan Woensdag aande ook, ons het eers laat huistoe gery en toe ons 'n donker deel pad sonder ligte betree het ek skielik 'n beweging op die sypaadjie gesien .... my man het toe agteruit gery en met die ligte geskyn na waar ek die bewegings gesien het .... voor ons het 3 mans met AK47 gestaan gerig direk op ons .... ek't my byna in 'n koma geskrik .... maar weet julle hulle het net daar gestaan ... soos mummies gelyk .... in die rigting van ons voertuig gestaar met die gewere op ons gerig ..... My man het toe net stadig agteruit gery terug op die pad geklim en net aanhou ry tot by ons huis ..... Ja, my man en die polisie was daar ... maar toe was die mans nie meer daar nie .... hulle het ook seker geskrik en maar die diewery laat staan vir die aand.

    Kyk, elkeen van ons se geeste kom net van een plek af ..... daar is een Vader wat na ons almal kyk in daardie geestelike woning, waar ons hier in die skepping mekaar seer wil maak .... dit is nie daardie geestelike Vader se wil nie ... so dus ..... waar hy teenwoordig is sal niemand seerkry nie ... en .... beide partye sal veilig wees.

    Dit is hoekom ek s daar gaan nie bloed vloei soos almal dink nie ..... die stryd van Armageddon gaan plaasvind op so 'n manier wat almal gaan verstom ..... Want suiwer liefde gaan daardie dag oorwin! Hoor wat ek julle s want dit is die waarheid.

    Liefde groete

    Die Vrou
    Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
    and that is what is making me strong.

Similar Threads

  1. Bloedrivier gelofte: Van wie, met wie, vir wie?
    By Carel van Heerden in forum Kletshoekie
    Replies: 19
    Last Post: 17th December 2009, 16:47
  2. Bloedrivier Naamlys
    By Die Ou Man in forum Volksake:
    Replies: 0
    Last Post: 18th May 2009, 08:54
  3. Bloedrivier 1838
    By Die Ou Man in forum Videos
    Replies: 0
    Last Post: 14th June 2008, 20:19

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •