Page 4 of 4 FirstFirst 1234
Results 31 to 39 of 39

Thread: Wetenskap is nou die antwoord

  1. #31
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,437
    Rep Power
    59

    Default Re: Wetenskap is nou die antwoord

    nickeybotha - Maart 09, 2011 om 12:25

    Ja swaer - ek het ook al baie gewik en weeg oor die hele godsdiens storie. My brein se vir my dis is 'n pot snert - die mensdom graviteer na godsdiens want hulle is nie tevrede om nie 'n antwoord vir alles te he nie. Die bybel is halfpad 'n klomp leuens met sekere dele uitgelos wat die godsdienstiges van daai tyd nie gepas het nie en die stories is net fabels.
    Mind you - ek hou ten minste van die lesse wat daar uitgeleer kan word want ek is 'n goeie mens en wil ook he ander mense moet goed wees en mekaar nie kwaad doen nie. Ek is nie 'n geleerde nie maar het darem bietjie common sense. Ek lag maar net altyd vir die vreeslike gelowiges want hulle sal nie 'n ordentlike debat kan wen met hulle vooroordele nie

  2. #32
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,437
    Rep Power
    59

    Default Re: Wetenskap is nou die antwoord

    Nic - Maart 09, 2011 om 15:37

    Ek en my vrou, altwee was gebore in die Calfinisme, en ook groot gemaak daarin. So stadig maar seker het ons besef dinge is nie so eenvoudig nie. Wel, om n lang storie kort te maak, nie een van ons "glo" nie, maar ons gaan redelik gereeld kerk toe, ons wil ook soos enige ander glo dat iets meer bestaan. Maar, ons het ook besef dat niemand weet rerig nie.
    Ons pas aan by die sosiale lewe, gaan dus kerk toe. Sug, en lag in die mou, so nou en dan indien andere begeesterd raak. Maar, nou die aand toe gesels ons weer oor die godsdiens ding. Mens wat n balans kan hou tussen die werklike, en die geestelike, is eintlik geseen. Hulle lewe in twee werelde. As die een te erg, raak vlug hulle na die ander.
    Ek en my vrou lewe ongelukkig net in een kant. Ons kan nie spring nie. Dus moet ons op onsself vertrou om dinge te maak werk. Ek is jammer, ek sal hoe graag wil glo, maar my sinne se vir my daar is geen mens wat weet nie. Ek kan nie my dosis opuim by ander mense kry wat die geeste so links en regs vang nie. Ek is jammer, maar dit is hoe ek is. Punt!

  3. #33
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,437
    Rep Power
    59

    Default Re: Wetenskap is nou die antwoord

    multicore - Maart 09, 2011 om 16:24

    Ek dink ek is in baie dieselfde bootjie as jy Nic. Soos baie mense het ek ook vrae wat nie beantwoord kan word nie. So 'n ruk gelede het ek 'n "Amish" dorpie in Amerika besoek. Ek vra toe die gids wat se skoolopleiding die Amish ontvang.
    As ek reg onthou het hy gese^ tot hulle so 14 jaar is. Vir hulle word kennis gesien as 'n blok tussen God en die mense. Dis 'n siening wat ek respekteer.
    Die probleem is dat tans besit ons (waaskynlik) slegs 'n fraksie van 'n persent van alle kennis wat daar is. Gebaseer op hierdie uiters beperkte kennis word daar nou gespekuleer dat God nie bestaan nie. Indien slegs 'n bietjie meer kennis bykom kan die prentjie verander en so kan ons wipplank ry totdat ons kennis volmaak is.
    Dit is dus 'n geval van 'n bietjie kennis kan gevaarlik wees want dit kan tot die verkeerde gevolgtrekking lei. Dis een van die redes waarom ek die Amish se "shunning" van die wetenskap respekteer. Vir my is dit seker nou te laat aangesien Pandora se boks klaar oopgemaak is.

  4. #34
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,437
    Rep Power
    59

    Default Re: Wetenskap is nou die antwoord

    Nic - Maart 09, 2011 om 16:41

    Multi, ek ken ook ook mense van die Amish geloof in "the USA". Hulle is ook in NZ. Al wat ek van hulle nie hou nie is dat hulle hulle, net soos elke Christen, en Muslim, so heilig is en dat hulle glo hulle is al mens wat betaansreg op aatde het. Die Armish se ons is "eathleys", hullem mag ons gebruik, maar ons al nooit hemel toe gaan nie, dus kan hulle, die Armish, maar die earthleys gebruik. Dis nie onsin wat ek nou praat nie. In die dorpie wat ek huidiglik bly is n redelike sterk Armish groepie. Hulle het ook hulle eie skool. Hulle hou van Afrikaner vrouens (weet hoekom), dus is die hoof van die skool n Afrikaanse tannie. MAAR. geen onderwyser wat nie Armish is nie, mag nie eers saam met die kinders eet nie. Eatrhleys is te laag. MENS MAG NIE SAAM MET HULLE EET NIE.

    Maar, indien hulle siek word, dan hardloop hulle vinnig na die earthley dokter toe. Baie soos die Christene, Bid, maar oomie dokter moet ons ook gaan sien.

    Dit moes seker n belewins gewees het saam met die stoere Armish mense van die USA. Sal dit graag wil beleef. Ek IS nou in NZ. Amper terug in SA. Nie meer lank nie!

  5. #35
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,437
    Rep Power
    59

    Default Re: Wetenskap is nou die antwoord

    Hendrik - Maart 09, 2011 om 18:47

    is dit nie net TE maklik om alles waarvoor daar nie huidiglik antwoorde is nie, met 'n sogenaamde opperste wese te verduidelik nie? as "god" almagtig is, hoekom is daar ook die belaglike konsep van 'n duiwel? is he just leaving him be to humour him??? dit is nogal ontstellend om te sien hoe mense net bloot ongegronde data aanvaar en iets logies verwerp. in hoe groot mate is die mensdom kollektief in die kak?
    ek dink maar net meeste mense se vrese vir 'n "lewe aan die anderkant", watookal dit behels, is te groot om die saak nugter te benader. nagenoeg AL die gelowe op aarde se grondslae is identies. iemand het met 'n mooi storie gekom en gevind dat mense wat in vrees lewe gehoorsaam is. super politiek. wens ek het dit uitgedink. laat my dink aan the invention of lying.

  6. #36
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,437
    Rep Power
    59

    Default Re: Wetenskap is nou die antwoord

    Brentie - Maart 10, 2011 om 10:08

    Die eerste skeppingsverhaal is as 'n teenvoeter teen die Babilonies skeppingsverhale geskryf. In die Baboloniese verhale stry gode met mekaar oor die lot van die mense inteenstelling met die Joodse skeppingsverhaal waar die lot van die mens bepaal word deur EEN GOD en nie baie gode nie

    thyshuman - Maart 10, 2011 om 13:04

    Alweer verkeerd, Brentie. Of nog steeds verkeerd. Die ooreenkomste tussen die skeppingsverhale van Genesis en ouer verhale soos die Enuma Elish is te groot om toevallig te wees.

    En jy is ook verkeerd oor die aantal "gode" in Genesis. Daar is nie net een nie. Daar is minstens twee en die een wat Elohim genoem word is eintlik 'n hele pantheon van gode onder die vaderskap van die groot god van die streek, EL. En terwyl jy dalk kan argumenteer (maar nie met groot sekerheid nie) dat Jahweh die lot van die Israeliete bepaal het, wasd dit Baal, Astarte en 'n hele spul ander van ou El se kinders wat die lot van "ander mense" in daai streek "bepaal" het. Ek glo natuurlik net so min in daai gode as in Jahweh, maar die mense van daai tyd het wel in hulle geglo - en nie net in een van hulle nie.

    Gaan lees bietjie verder en dieper.

  7. #37
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    52
    Posts
    377
    Blog Entries
    10
    Rep Power
    37

    Default Re: Wetenskap is nou die antwoord

    Die wetenskap sal nooit bewyse kan indien van die geestelike afdeling nie . ... nooit nie .. want wat vir die fisiese oog
    nie sigbaar is nie kan ook nie met fisiese wetenskappe bewys word nie .. dit kan bloot net ervaar word deur die gees wat
    in elke liggaam hier gevang is!!

    Dit sal slegs net kan bewys dat als hier nie reg is nie .. en dat dit wat fisies is .. wreed is.
    Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
    and that is what is making me strong.

  8. #38

    Default Re: Wetenskap is nou die antwoord

    In Openbaring word onder andere aangedui dat God die hemel en aarde gemaak het. Die totale skepping is gevolglik die handewerk van God.

    Openbaring 14:7 En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.

    Dit is wel bekend dat dit wat ons nie weet of verstaan van die skepping van God nie, aan God toegedig kan word. Die artikel “Wetenskap is nou die antwoord” verwys na die “god-doen dit”-siening wat dan volgens Nolan deesdae bekend staan as die “god van die gapings”. Dat onbelese mense so ’n aanspraak kan maak mag water hou. Om die kommentaar te lees op genoemde artikel van belese mense, lê ’n onkunde bloot wat ten hemele skreeu.

    Die artikel meld dat “ongelukkig vir gelowiges is die wetenskap besig om te wen. Stadig maar seker is die wetenskap besig om antwoorde te verskaf.”

    In wese kan dit nie die een of die ander wees nie. Die wetenskap sal nooit ‘n “wenner” wees nie. Om God se skepping te verstaan het die wetenskap met sy onderskeie dissiplines ontstaan. Op sy beste kan die wetenskap poog om sekere aspekte van God se skepping verstaanbaar oor te dra of te verduidelik. Dat baie vordering gemaak word, is gewis. Mens staan baie keer verstom oor “ontdekkings” in die skepping wat gemaak word. Dit dui net weer die Grootheid en Almagtigheid van God as Skepper aan.

    Waarom wil ons bewys dat God bestaan? Seer sekerlik behoort Sy skepping meer as voldoende getuienis te wees!

  9. #39
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    56
    Posts
    652
    Blog Entries
    7
    Rep Power
    52

    Default Re: Wetenskap is nou die antwoord

    Quote Originally Posted by Carel van Heerden View Post

    Waarom wil ons bewys dat God bestaan? Seer sekerlik behoort Sy skepping meer as voldoende getuienis te wees!

    Die "probeer" bewys is so oud soos die mens self.
    Daar sal nie verandering kom in die status quo voordat die mens nie globaal tot die besef gekom het dat God nie "daar" en jy "hier" is nie.
    Dis juis hierdie skeidslyn wat hierdie "bewys" regverdiglik maak in wetenskap, godsdiens en nie-godsdienstige "gelowe".
    Identifisering van belese of onbelese menseskeiding in dit self, vorm ook maar deel van die skeidslyn, wat ook ten hemele skreeu!

    Die vraag is Wie staan op die kant sonder oordeel en beskou die "ten hemele skreeu" van alle kante, met die wete dat dit ook van verbygaande aard is?
    Want daar... is waar die einde van die skeidslyn in sig is reeds...






    groetnis
    knipmes

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •