Nic - Maart 09, 2011 om 15:37
Ek en my vrou, altwee was gebore in die Calfinisme, en ook groot gemaak daarin. So stadig maar seker het ons besef dinge is nie so eenvoudig nie. Wel, om n lang storie kort te maak, nie een van ons "glo" nie, maar ons gaan redelik gereeld kerk toe, ons wil ook soos enige ander glo dat iets meer bestaan. Maar, ons het ook besef dat niemand weet rerig nie.
Ons pas aan by die sosiale lewe, gaan dus kerk toe. Sug, en lag in die mou, so nou en dan indien andere begeesterd raak. Maar, nou die aand toe gesels ons weer oor die godsdiens ding. Mens wat n balans kan hou tussen die werklike, en die geestelike, is eintlik geseen. Hulle lewe in twee werelde. As die een te erg, raak vlug hulle na die ander.
Ek en my vrou lewe ongelukkig net in een kant. Ons kan nie spring nie. Dus moet ons op onsself vertrou om dinge te maak werk. Ek is jammer, ek sal hoe graag wil glo, maar my sinne se vir my daar is geen mens wat weet nie. Ek kan nie my dosis opuim by ander mense kry wat die geeste so links en regs vang nie. Ek is jammer, maar dit is hoe ek is. Punt!
Bookmarks