Page 1 of 4 1234 LastLast
Results 1 to 10 of 39

Thread: Wetenskap is nou die antwoord

  1. #1
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Wetenskap is nou die antwoord

    Wetenskap is nou die antwoord

    deur Nolan 2011-03-09 08:08

    Net ‘n paar honderd jaar gelede het die meeste mense gedink dat ‘n god of gode alles beheer (In Suid-Afrika dink die meeste mense nog steeds so).

    Hoekom waai die wind? Hoekom is daar weerlig en donder? Hoekom beweeg die son maan en sterre (klaarblyklik) om die aarde? Hoekom raak mense siek en gaan dood? Hoekom gebeur enige iets?

    Wel, god doen dit mos; as iemand nie verstaan hoe iets funksioneer nie, antwoord hy net: “god doen dit”, dis defnitief die maklike uitweg.

    Die “god-doen-dit”-siening staan deesdae bekend as “god van die gapings”. Met ander woorde, dit wat ons nie weet of verstaan nie, skryf ons toe aan god (maklik, nč?)

    Ongelukkig vir gelowiges is die wetenskap besig om te wen. Stadig maar seker is die wetenskap besig om antwoorde te verskaf.

    Ons weet nou hoekom weerlig, donder, en wind plaasvind (dis nie omdat god, Zeus, Jupiter of Thor kwaad is nie). Ons weet dat die aarde om die son wentel en nie andersom nie.

    Met ons nuwe kennis maak kerke nou gebruik van weerligafleiers, en nie meer gebed nie, die ou “mind set” werk nie meer nie.

    Kom ons soek saam na antwoorde die “gaping” is besig om al hoe kleiner te word.

    Uit Nuus 24.

  2. #2
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Wetenskap is nou die antwoord

    Nolan - Maart 09, 2011 om 08:57

    Die wetenskap toon duidelik dat die god van die bybel geskep is op 'n basis van valse aannames. 'n Universele mag waarvan ons nog min weet is heel moontlik, maar om die mag "die god van die bybel" te noem is onsin.

  3. #3
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Wetenskap is nou die antwoord

    Kiewiet52 - Maart 10, 2011 om 13:21

    Het jy en jou maatjies al ooit daaraan gedink dat die Wetenskap wel daar geplaas is deur God, sodat mense kan leer hoe dinge gemaak was en word en nie om te bewys dat God wel bestaan of nie? Gaan jul verrassing nie groot wees nie!!!!

  4. #4
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Wetenskap is nou die antwoord

    Lee - Maart 11, 2011 om 23:20

    Kiewiet 95% van die wereld se wetenskaplike is Atheiste, so dit maak heeltemal sense dat hul deur 'n god daar geplaas is ne? Net so tussen hakkies, daardie selfde wetenskaplike, het lankal agter gekom dat dit absoluut onmoontlik is dat jy as mensie in een dag of selfs 1000 jaar(as jy 'n new earth creationist is) gemaak is! Lyk my nie jul is "verras" nie, om die waarheid te se, is jul gladnie geintereseer om te hoor wat hul navorsing oplewer nie! Wat jul WEL geintereseerd is in die medesyne en vorderings wat hul maak, wat jul tot jul voordeel kan gebruik.....net omdat gebed "eintlik" nie werk nie!

  5. #5
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Wetenskap is nou die antwoord

    Kiewiet52 - Maart 12, 2011 om 19:46

    (1) Lee- Jy is seker reg deur te sę dat 95% vd wetenskaplikes ateďste mag wees, dit is vir my nie nuus nie en is slegs "nice to know". Dit verander egter nog geensins oor my sienings vd bestaan van God nie! Hoe lank God aan die mens geskape het maak ook nie aan my saak nie, feit is vir my dat Hy wel die mens geskape het! Hy het my ook genoeg verstand gegee om nie die geskrifte in die Bybel letterlik op te neem soos wat julle doen nie! Dit gebruik julle ook net om die Christendom aan te val en daarvan 'n bespotting te probeer maak!

    Wanneer ek die Bybel lees is my gemoed wawyd oop, ek maak nie my eie gevolgtrekkings nie maar vertolk nie elke woord soos wat julle dit lees nie! Ek soek nie na teenstrydighede met die uitsluitlike doel om daarin fout te vind nie, weer iets wat julle doen! Ek het nie nodig om dit wat deur mense geskryf is te "scan" vir dinge waarmee ek nie saamstem nie!

    Hoe kan jy ook sę dat ons nie belangstel of geďntreseerd is in wat bevindinge van die wetenskaplikes is nie. Jy maak hier sekere aannames dat alle Christene alles letterlik vertolk, soos jy byvoorbeeld, soos dit in die Bybel staan, nee my vriend, hier sit jy die pot lelik mis.
    Ek vir een is 'n persoon wat met elke ontdekking en ontwikkeling nuuskierig en diep dankbaar is dat daar mense deur God op hierdie aarde geplaas is wat dit kan doen! Verder glo ek dat die wetenskap en die Geloof in God nie geskei kan word nie, Hy het immers tog alles gemaak!

  6. #6
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Wetenskap is nou die antwoord

    Kiewiet52 - Maart 12, 2011 om 20:46

    (2) Lee- Wat die medisyne aanbetref, ja, ek benut dit ten volle asook die geneeshere! Ek doen dit met die wete dat God hulle die verstand, wysheid en deursettingsvermoë gegee het om dit te kan ontdek, ontwikkel en mense te kan behandel. Vir my is dit niks vreemds nie en ek verloor geensins aan my geloof nie.

    Waaroor moet ek verras wees? Wanneer 'n mens oor redenasie vermoë beskik, nou bedoel ek nie met ateďste nie, kan 'n mens tot redelike gevolgtrekkings kom oor baie dinge en nie links en regs na dinge gryp net om jou standpunt te stel nie! Nie eers jy weet presies hoe die aarde en die mens ontstaan het nie, ek ook nie, ek kan nie vir jou klinkklare bewyse bring oor die bestaan van God nie net so kan jy my nie klinkklare bewyse bring dat God nié bestaan nie, ook nie oor die skepping nie! Wie sę ook vir jou gebed werk nie?

    Al wat ek verder kan sę is dit, gaan jy maar gerus voort op jou slegs wetenskaplike pad, ek verkies die Christelike & wetenskaplike pad, soos ek gesę het, ek kan dit nie skei nie!

  7. #7
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Wetenskap is nou die antwoord

    Lee - Maart 12, 2011 om 21:06

    Kiewiet, so jy redeneer: Net omdat ek se die "Tooth Fairy" bestaan en jy kan nie bewys dat sy nie bestaan nie, beteken dit sy bestaan???

  8. #8
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Wetenskap is nou die antwoord

    Kiewiet52 - Maart 13, 2011 om 08:46

    Lee- Ek wil nie beledigend raak nie maar ek dink jou lees en redenasie vermoë is erg beperk! Is al waaraan julle kan dink die Tooth fairy, Superman en 'n Dwergie in die tuin? Dit is weereens 'n bewys dat julle werklik niks anders te sę het nie en dat sommige van julle se węreldjies nog kleiner is as wat ek gedink het! Ek kom agter dat sommige ateďste ook sulke stupid aanmerkings en vergelykings maak en daardeur Christenskap goedkoop en nietig probeer maak. Soos ek gesę het, gaan jy maar voort op jou pad, ek gaan voort op myne!

  9. #9
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Wetenskap is nou die antwoord

    Lee - Maart 13, 2011 om 22:50

    Ok Ok Kiewiet, maak dit regtig saak of ek verwys na die Tooth Fairy, Kers Vader, Allah, die Tokelosh of jul god, same thing, different tale! Jy omseil my vraag! As ek sou beweer dat eers genoemde bestaan, maar het geen bewys nie, sou dit beteken dat hul wel bestaan tot verkeerd bewys?

    “Sommige” Atheiste maak nie die vergelykings om jou of jou geloof of Muslems en hul geloof goedkoop te maak nie, hul se dit dalkies sodat mense hul common sense moet gebruik en begin redeneer oor FEITE nie “beliefs” nie!

    Ek gaan voort op my pad, jy is heeltemal reg ja, die vraag is net gaan jy op jou pad kan voortgaan wanneer jou kind jou oor 10 jaar inlig dat hy/sy absoluut geen bewyse sien dat gode bestaan nie en dat dit net mietes is, wat dan? Stuur jy hom/haar weg, ignoreer hom/haar of laat hom/haar stenig soos jou bybel jou beveel om te doen?

  10. #10
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Wetenskap is nou die antwoord

    Nolan - Maart 09, 2011 om 09:27

    Bedoel jy wetenskaplikes soos Richard Dawkins? “Many of us saw religion as harmless nonsense. Beliefs might lack all supporting evidence but, we thought, if people needed a crutch for consolation, where's the harm? September 11th changed all that.”

    In 1987, Dawkins received a Royal Society of Literature award and a Los Angeles Times Literary Prize for his book, The Blind Watchmaker. In the same year, he received a Sci. Tech Prize for Best Television Documentary Science Programme of the Year, for the BBC Horizon episode The Blind Watchmaker.

    His other awards have included the Zoological Society of London Silver Medal (1989), Finlay innovation award (1990), the Michael Faraday Award (1990), the Nakayama Prize (1994), the American Humanist Association's Humanist of the Year Award (1996), the fifth International Cosmos Prize (1997), the Kistler Prize (2001), the Medal of the Presidency of the Italian Republic (2001), the Bicentennial Kelvin Medal of The Royal Philosophical Society of Glasgow (2002) and the Nierenberg Prize for Science in the Public Interest (2009).

    Jy is lagwekkend.

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •