Page 2 of 4 FirstFirst 1234 LastLast
Results 11 to 20 of 33

Thread: Israel "Waarheid" of Leuen?

  1. #11
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Isreal Waarheid of Leuen?

    Quote Originally Posted by Wonder View Post

    (u beweer dat Israel nooit in verstrooiing gegaan het nie)
    Die Israeliete was wel in verstrooiing, maar nie in Engeland, Wes-Europa en Skandinawië, soos die IW ideologie beweer nie.

    Ons kan mos nou duidelik sien dat hulle in Klein-Asië en selfs in Griekeland verstrooi was en steeds hul godsdiens en die besnydenes beoefen het.

    Paulus het hulle oral op sy reise teëgekom en op een stadium het hulle hom gestenig en vir dood agtergelaat. Hier besoek Paulus hulle in Antiochíë.

    Handelinge 13

    44 En op die volgende sabbat het byna die hele stad saamgekom om die woord van God te hoor.

    45 Maar toe die Jode die skare sien, is hulle met nydigheid vervul en het met lasterlike woorde weerspreek wat deur Paulus gesê is.
    50 Maar die Jode het die godsdienstige en aansienlike vroue en die vernaamste mense van die stad opgehits en teen Paulus en Bárnabas 'n vervolging in die lewe geroep en hulle buite hul gebied verdryf.
    En uiteindelik maak Paulus-hulle toe soos die Christus gesê het.

    51 Toe het hulle die stof van hul voete teen hulle afgeskud en na Ikónium gegaan.
    Die Israeliete in verstrooiing verwerp ook die boodskap van Christus.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  2. #12
    Member Luther's Avatar
    Join Date
    Feb 2008
    Age
    55
    Posts
    34
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    0

    Default Re: Isreal Waarheid of Leuen?

    Ou Man gee my net so 'n kansie, ek wilnou net gou iets opsoek, hierdie misverstand moet so gou moontlik opgeklaar word

  3. #13
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Isreal Waarheid of Leuen?

    In Ikónium (steeds in die gebied wat Petrus aandui as tuiste van die verstrooides) vind Paulus nog verstrooides met hul eie sinagoge.

    Handelinge 14

    1 EN op dieselfde wyse het hulle in Ikónium in die sinagoge van die Jode ingegaan en so gespreek dat 'n groot menigte Jode sowel as Grieke gelowig geword het.

    2 Maar die ongehoorsame Jode het die gemoedere van die heidene teen die broeders opgehits en verbitter.
    19 Maar daar het Jode van Antiochíë en Ikónium aangekom, en hulle het, nadat hulle die skare omgepraat het, Paulus gestenig en hom buitekant die stad gesleep, met die gedagte dat hy dood was.
    So word die opdrag van die Christus stiptelik uitgevoer deur sy boodskap aan al die verstrooides te bring. Enso word daardie boodskap telkens verwerp.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  4. #14
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Isreal Waarheid of Leuen?

    So beland Paulus in Griekeland, waar hy nog verstrooide Israeliete teenkom. Hier verkla die verstrooides vir Paulus by die onbesnede goewerneur.

    Die Christus opdrag is uitgevoer. Die boodskap is aan die verlore skape van die Huis van Israel in die verstrooiing gebring, maar hulle verwerp dit. Wat is die gevolg?

    Handelinge 13

    46 Maar Paulus en Bárnabas het vry-uit gespreek en gesê: Dit was noodsaaklik dat die woord van God aan julle eers verkondig moes word. Aangesien julle dit egter verwerp en julleself die ewige lewe nie waardig ag nie -- kyk, ons wend ons tot die heidene.
    Die essensie van hierdie boodskap is dat die boodskap van die Christus eers aan die besnedenes gebring moes word. Die besnedes van Jerusalem, sowel as die besnedenes in verstrooiing. Dit is dan nou afgehandel.

    Nou kom die boodskap na die onbesnedenes (heidene). Dit is my voorouers (Heidene) waarvan hier gepraat word.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  5. #15
    Member Luther's Avatar
    Join Date
    Feb 2008
    Age
    55
    Posts
    34
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    0

    Default Re: Isreal Waarheid of Leuen?

    Israel is, volgens II Kon.17 deur die koning van Assirie, “in ballingskap weggevoer na Assirie en hulle laat woon in Halag en aan die Habor, die rivier van Gosan, en in die stede van Medie.” Hierdie geografiese besonderhede dui daarop dat hulle in die Kaukasus-bergstreek hervestig is. Die ontsyferaar van die Assiriese kleitablette, George Smith, verkaar is sy boek “Ancient History From The Monuments: Assyria” dat die weggevoerde Israeliete onder ander volksname in onafhanklike koninkryke binne Assiriese gebied hervestig is en dat aanvallers van buite verslaan en verdryf is. Hulle het uiteindelik as Assiriese bondgenote die Mede en Perse en Babiloniers en ander opstandelinge teen die Assiriese Ryk in 626 v.M. verslaan. Die sekulere leuen dat die verstrooide Israel deur ander nasies opgeneem en fisies verdwyn het, word deur hierdie feite weerspreek. Profeties word die ewige voortbestaan van Israel deur Jer.31:35-37 & 33:25-26 gewaarborg. Tydens die Messias se aardse omwandeling, was die lokaliteit van die verstrooides steeds bekend, anders sou HY nie, volgens Matt.10:5-6 “die twaalf” na hulle uitgestuur het nie en sou Jakobus nie sy sendbrief in Jak.1:1 “aan die twaalf stamme van Israel in verstrooiing” opgedra het nie. Na die val van die Assiriese Ryk in 607 v. m, wat as bondgenoot van die verstrooides opgetee het, het die Westelike verstrooides, onder die benaming Krimmeriers deur die straat van Bosferus Europa binnegetrek. Die Sentrale verstrooides het via die Darielpas in die Kaukasusberge die Swart See aan die oostekant omarm en as Skithiers (vgl. Kol.3:11) hulle op die Russiese Steppe in die koninkryk van Skithie gevestig. Beide groepe vertrek later onder verskillende benaminge na die Baltiese kusgebiede en verdeel in die familie van Germaanse volke, waaruit alle Blanke Westerlinge, ook die Boervolk, stam. Na al hierdie volke word volkekundig verwys as Kaukasiers, omdat hulle uit die Kaukasiese berggebiede afkomstig is en spesifieke fisise kenmerke het, wat hulle onderskei van ander rasse.

  6. #16
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Isreal Waarheid of Leuen?

    Quote Originally Posted by Wonder View Post
    Israel is, volgens II Kon.17 deur die koning van Assirie, “in ballingskap weggevoer na Assirie.
    Ek stem saam. En dit vind plaas ongeveer 722 vC.

    In 722 BCE the Assyrians under Shalmaneser V and then under Sargon II conquered the northern Kingdom of Israel, destroyed its capital Samaria and sent the Israelites into exile and captivity in Khorason, now part of eastern Iran and western Afghanistan.
    Liefde groete.

    Die Ou Man

  7. #17
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Isreal Waarheid of Leuen?

    Quote Originally Posted by Wonder View Post

    Die Sentrale verstrooides het via die Darielpas in die Kaukasusberge die Swart See aan die oostekant omarm en as Skithiers (vgl. Kol.3:11) hulle op die Russiese Steppe in die koninkryk van Skithie gevestig. Beide groepe vertrek later onder verskillende benaminge na die Baltiese kusgebiede en verdeel in die familie van Germaanse volke, waaruit alle Blanke Westerlinge, ook die Boervolk, stam. Na al hierdie volke word volkekundig verwys as Kaukasiers, omdat hulle uit die Kaukasiese berggebiede afkomstig is en spesifieke fisise kenmerke het, wat hulle onderskei van ander rasse.
    'n Duisend jaar voor die Israeliete weggevoer word, beleef my Nordiese voorouers die ekonomiese opbloei van die Nordiese Bronstydperk.

    • In 4000vC praat die Oer-Germaanse stamme reeds Proto-Germaans (Ursprache) op die vlaktes van Swede en Jutland.

    • In 2000 vC vestig die Kelte hulle in Danube.

    • Gedurende 1700 vC val die Germane Skandinawië binne.

    • Vanaf 900vC tot 700vC vind ons die Halstad kultuur in Noord-Europa.

    • En in 722 vC word 'n klomp Israeliete na Assirië weggevoer.


    Kan jy die gekheid van die IW redenasie insien?

    Daar het miskien 'n groep Israeliete deurgebreek en hulle onder die bestaande volke gaan vestig. Maar dat die Germaanse en Nordiese volke, wat reeds vir meer as 4000 jaar daar woon van die Israeliete afstam is lagwekkend.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  8. #18
    Member Luther's Avatar
    Join Date
    Feb 2008
    Age
    55
    Posts
    34
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    0

    Default Re: Isreal Waarheid of Leuen?

    Hier is 'n paar dingetjies wat nie klop nie, ek moet dit erken, verdra my tog nog so 'n bietjie, ek wil net doodseker maak

    Praat more weer

  9. #19
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Isreal Waarheid of Leuen?

    Quote Originally Posted by Wonder View Post
    Hier is 'n paar dingetjies wat nie klop nie

    Praat more weer
    Jy stel dit sagkens.

    Die "Israel Waarheid" ideologie is 'n blatante verdraaiing van ons Germaans/Nordiese geskiedenis. Dit is die Israel Leuen.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  10. #20
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Israel "Waarheid" of Leuen?

    Miskien is dit tyd dat om 'n profeet te raadpleeg om te bepaal wat van die Israeliete geword het na die Assiriese ballingskap.

    Die "Israel Waarheid" agiteer dat hulle deur 'n paar bergpasse gestap het na Noord-Europa en die voorgeslagte geword het van Germane wat reeds duisende jare voor hulle daar was. Bid jou dit aan!

    Jeremia 50

    17 Israel is 'n rondgejaagde skaap wat die leeus weggedrywe het; eers het die koning van Assur hom opgeëet, en nou ten laaste het Nebukadrésar, die koning van Babel, sy gebeente afgeknaag.
    Volgens hierdie gedeelte het Israel beide ballingskappe deurloop. Assirië sowel as Babel. Maar volgens die IW het die Israeliete na die Assiriese ballingskap na Europa uitgewyk. Iemand lieg dus!

    18 Daarom, so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek doen besoeking oor die koning van Babel en oor sy land, soos Ek besoeking gedoen het oor die koning van Assur.

    19 En Ek sal Israel na sy weiveld terugbring, en hy sal wei op Karmel en in Basan; en sy siel sal op die gebergte van Efraim en in Gílead versadig word.
    En hier onderneem Jahweh om Israel na sy weiveld terug te bring. Besluit dus self wie lieg, Jahweh of die "Israel Waarheid".

    20 In dié dae en in dié tyd, spreek die HERE, sal die ongeregtigheid van Israel gesoek word, maar dit sal daar nie wees nie; en die sondes van Juda, maar hulle sal nie gevind word nie; want Ek sal vergifnis skenk aan diegene wat Ek laat oorbly.
    Ons sien dus dat die "Israel Waarheid" ideologie lynreg met die Bybel bots.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

Similar Threads

  1. Zuma: "Eindtyd Profeet"
    By Die Ou Man in forum Nuus
    Replies: 5
    Last Post: 13th April 2019, 01:11
  2. Reënmaker is enigste "ware" god
    By Die Ou Man in forum Artikels uit die media
    Replies: 1
    Last Post: 22nd June 2010, 22:45
  3. THE DAYS OF NOAH and the "Sons of God"
    By Stefanus in forum Artikels
    Replies: 11
    Last Post: 2nd January 2010, 18:15
  4. Erichthonios, the "Earth-Born" One
    By Stefanus in forum Mitologie
    Replies: 0
    Last Post: 8th February 2009, 02:12
  5. I.V.M. "Die Koningin Van Die Suide"
    By Fulcrum X in forum Besprekings
    Replies: 22
    Last Post: 26th January 2009, 13:55

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •