Page 1 of 4 1234 LastLast
Results 1 to 10 of 33

Thread: Israel "Waarheid" of Leuen?

  1. #1
    Member Luther's Avatar
    Join Date
    Feb 2008
    Age
    55
    Posts
    34
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    0

    Default Israel "Waarheid" of Leuen?

    Dit word verduidelik in Mattheus waar Sy Seun aan sekere mense se dat hulle addergeslag is, maw slangsaad, maw die duiwel se nageslag, moontlik gevalle engele wat destyds teen die Skepper gerebbeleer het, vergelyk Mat 20:16.

    Ek stem ook saam dat daar ander "mense" op die aarde wandel wat nie Sy Gees ontvang het nie.

    Verduidelik ook vir my Mat 10:5-6 asook Mat 15:24en 26 Mat 19:28

    Sal dit waardeer

    Dankie

  2. #2
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Isreal Waarheid of Leuen

    Ons gebruik jou vrae as intree rede en ons vertrekpunt is die opdrag van die Christus in die gedeelte waarna jy verwys.

    Matthéüs 10

    1 EN Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees.

    2 En dit is die name van die twaalf apostels: die eerste Simon wat Petrus genoem word, en Andréas, sy broer; Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer;

    3 Filippus en Bartholoméüs; Thomas en Matthéüs, die tollenaar; Jakobus, die seun van Alféüs, en Lebbéüs wat genoem word Thaddéüs;

    4 Simon Kananítes en Judas Iskáriot, die een wat Hom verraai het.

    5 Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in 'n stad van die Samaritane nie;

    6 maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel.

    7 En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom.

    8 Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.
    Die Christus stuur sy dissipels na die verlore skape van die huis van Israel. Die vraag ontstaan dus nou. Waar woon hierdie verlore Israeliete? Hoe vêr sou die dissipels moes reis om hierdie verlore Israeliete te vind?

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  3. #3
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Isreal Waarheid of Leuen?

    As die ideologie van die "Israel Waarheid" korrek is, moet ons aanvaar dat die Christus die twaalf dissipels beveel het om na Wes-Europa, Skandinawië en Britanje te gaan. Dit is mos waar die IW hierdie verlore skape op daardie stadium plaas. Nou moet ons kyk of die dissipels dit ook so verstaan het.

    Jakobus was teenwoordig toe die Christus die opdrag gegee het. Hy sal dus weet wat die Christus bedoel het. Die aanhef tot Die Algemene Brief van die Apostel Jakobus lui so:

    1. Jakobus, 'n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete!
    Dit is duidelik dat Jakobus die Christus se opdrag uitvoer. Hy skryf 'n brief aan die twaalf stamme in verstrooiing. Weereens, volgens die IW ideologie, is hierdie brief gerig aan die Europese volke noord van die Alpe. Dit is egter nie die waarheid nie.

    Die siening van Jakobus, wat teenwoordig was tydens die Christus se opdrag, bots met die IW ideologie.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  4. #4
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Isreal Waarheid of Leuen?

    Petrus was ook teenwoordig tydens die Christus se opdrag. Hy skryf ook 'n brief aan die verlore skape. Waar plaas hy die verstrooides?

    Die Eerste Algemene Brief van die Apostel Petrus.

    1 Petrus, 'n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kapadócië, Asië en Bithínië,
    Jakobus plaas al twaalf stamme in Klein Asië en Petrus plaas die verstrooides in in dieselfde landstreek deur die gebied by die naam te noem.

    Wie moet ons nou glo? Vir Jakobus en Petrus, of die "Israel Waarheid" ideologie?

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  5. #5
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Isreal Waarheid of Leuen?

    Op die onderstaande kaart kan duidelik gesien word waar Petrus die verstrooides plaas.

    Petrus_1.jpg Petrus 1:1 Van Petrus, 'n apostel van Jesus Christus.
    Aan die uitverkorenes van God, vreemdelinge in die wêreld, wat verspreid woon in die provinsies Pontus, Galasië, Kappadosië, Asië en Bitinië.


    Danksy Petrus en Jakobus weet ons waar die verlore skape van die Huis van Israel in die tyd van die Christus gewoon het. In Klein Asië, suid van die Swartsee.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  6. #6
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Isreal Waarheid of Leuen?

    Jy is te haastig om by 'n gevolgtrekking te kom. Kom skei eers die kaf van die koring en ontleed hierdie vers.

    Matthéüs 10

    5 Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in 'n stad van die Samaritane nie;
    Die woord "heiden" verwys na die mense wat op die Heide (Heath in Engels gewoon het). Heide verwys na kort struikgewasse. Die Heide vind ons op die platteland van Europa en nie in die Midde-Ooste nie. Die Heidene was mense wat op die platteland van Europa (Heide) gewoon het. Hulle het nie geweet van die bestaan van 'n jaloerse Jahweh van die Midde-Ooste nie. Die woord "Heiden" is vir die eerste keer in teologiese terme deur die Katolieke Kerk in die Middeleeue gebruik toe hulle die Wyse Vroue (ons moeders) van die Heide op brandstapels verbrand het om die Semitiese God, Jahweh te aanvaar.

    Die Christus kon dus nie die woord "heiden" gebruik het nie. Die King James Bible is nader aan die waarheid.

    These twelve Jesus sent forth, and commanded them, saying, Go not into the way of the Gentiles, and into any city of the Samaritans enter ye not:
    'n "Gentile" is 'n onbesnedene, Nie-Jood. Die Christus het die dissipels dus opdrag gegee om nie na die onbesnedenes te gaan nie.

    Maar waarom sonder hy die Samaritane by naam uit. Want hulle was wel besnede, maar nie suiwer Joods.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  7. #7
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Isreal Waarheid of Leuen?

    Jy is weer te haastig. Die Heidene van Europa het nie Bybels gehad nie. Hulle het ook nie aan Jahweh geglo nie. Hul heilige boek was die Edda.

    Hierdie verbrandings duur al van die 11de eeu. Martin Luther se Protestante beweging het eers in 1517 begin. Hulle is ook vervolg, maar teen daardie tyd is reeds meer as 'n miljoen Wyse Vroue verbrand omdat hulle nie die Katolieke Kerk en sy God, Jahweh wou aanvaar nie.

    Gaan lees weer hier vanaf pos 28.

    Maar jy lei my nou weg van die onderwerp af.

    Ons keer terug na ons soektog na die Israeliete in verstrooiing waarna die Christus verwys.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  8. #8
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Isreal Waarheid of Leuen?

    Ons weet nou meer van die verlore skape van die Huis van Israel waarna die Christus verwys. Volgens die Christus se opdrag weet ons dat hulle nie "Gentiles" was nie. Hulle was dus besny ooreenkomstig die verbond met Abraham.

    Volgens die briewe van twee getuies wat teenwoordig was tydens die Christus se opdrag, weet ons dat die verlore skape in Klein-Asië woonagtig was. Petrus dui die landstreke by die naam aan.

    Al hierdie faktore sluit my Europese voorouers (wat op daardie stadium reeds langer as 2000 jaar in Europa was) uit as nageslag van die Twaalf stamme.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  9. #9
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: Isreal Waarheid of Leuen?

    Tydens die Christus se lewe op aarde, was dit ook bekend dat daar verstrooides in Griekeland gewoon het.

    Johannes 7

    33 Toe sê Jesus vir hulle: Nog 'n klein tydjie is Ek by julle, en Ek gaan na Hom wat My gestuur het.

    34 Julle sal My soek en nie vind nie; en waar Ek is, kan julle nie kom nie.

    35 En die Jode sê onder mekaar: Waar wil Hy heengaan, dat ons Hom nie sal vind nie? Hy wil tog nie na die verstrooides onder die Grieke gaan en die Grieke leer nie?
    Paulus en sy geselskap het wel by hierdie verstrooides in Griekeland uitgekom. Maar eers het hy aan die verstrooide Israeliete in Antiochíë gepreek. Antiochíë lê juis binne een van die landstreke waarvan Petrus in sy brief melding maak.

    Handelinge 13

    14 Maar hulle het van Perge af verder gegaan en in Antiochíë in Pisídië aangekom, en hulle het op die sabbatdag in die sinagoge gegaan en gaan sit.

    15 En ná die lesing van die wet en die profete het die hoofde van die sinagoge na hulle gestuur en gesê: Broeders, as julle 'n woord van opwekking vir die volk het, spreek dan!

    16 Toe staan Paulus op, wink met die hand en sê: Israeliete en julle wat God vrees, luister!
    Hierdie Israeliete voldoen aan al die vereistes van die Christus. Hulle is besny. Hulle is van die Huis van Israel en hulle is nie Samaritane nie. Hulle het selfs hul eie sinagoge daar in die vreemde.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  10. #10
    Member Luther's Avatar
    Join Date
    Feb 2008
    Age
    55
    Posts
    34
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    0

    Default Re: Isreal Waarheid of Leuen?

    Die woord "Heiden" is vir die eerste keer in teologiese terme deur die Katolieke Kerk in die Middeleeue gebruik toe hulle die Wyse Vroue (ons moeders) van die Heide op brandstapels verbrand het om die Semitiese God, Jahweh te aanvaar.
    Omdat Jahweh deel van die Israel waarheid is wil ek u vriendelik vra om eers hierdie deel af te handel, dalk is ek maar swak van begrip, maar ek sukkel om die kloutjie by die oor te kry

    Volgens u is Jahweh die oosterse God, dus het slegs israel en omliggende gebiede die god Jahweh aanbid en Hom dus geken as God (u beweer dat Israel nooit in verstrooiing gegaan het nie)
    Ons weet almal dat die katolieke kerk se middelpunt Rome was, vandaar het dit soos 'n kanker regoor die wereld versprei, maar u beweer en tereg ook dat die Wyse Vroue op brandstapels gesterf het in die Heide, duisende myle vanaf die ooste, hoe het die God van Israel Jahweh dan daar gekom, vanwaar kom die Semiete dan nou ewe op die toneel
    Last edited by Die Ou Man; 14th February 2008 at 16:18. Reason: Kwoteer

Similar Threads

  1. Zuma: "Eindtyd Profeet"
    By Die Ou Man in forum Nuus
    Replies: 5
    Last Post: 13th April 2019, 01:11
  2. Reënmaker is enigste "ware" god
    By Die Ou Man in forum Artikels uit die media
    Replies: 1
    Last Post: 22nd June 2010, 22:45
  3. THE DAYS OF NOAH and the "Sons of God"
    By Stefanus in forum Artikels
    Replies: 11
    Last Post: 2nd January 2010, 18:15
  4. Erichthonios, the "Earth-Born" One
    By Stefanus in forum Mitologie
    Replies: 0
    Last Post: 8th February 2009, 02:12
  5. I.V.M. "Die Koningin Van Die Suide"
    By Fulcrum X in forum Besprekings
    Replies: 22
    Last Post: 26th January 2009, 13:55

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •