Results 1 to 7 of 7

Thread: propatria

  1. #1

    Default propatria

    goeie naand
    ek reken julle ken my al as die mal boer
    ek het al bietjie rondgeblaai

    vreemd maar intresant. veral atlantis.
    ek het toe ek klei was altyd gedroom ek speel op die gras by atlantis maar het net prentjies gesien dat dit onderwater is en kon nie verstaan nie. toe ek julle prentjie sien het dit my vraag beantwoord.
    hoe weet julle daar was grasperke?
    groete

  2. #2
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    54
    Posts
    1,323
    Blog Entries
    1
    Rep Power
    10

    Default Re: propatria

    Dalk was jy nie al een daar, wat onthou nie?

    Plato's account spoke of a highly civilized people with written laws, living in a fertile land, with plains, mountains and springs, at the centre of which was a huge city, incorporating public gardens and baths, a harbour, canals, and temples.

    The most logical explanation I believe as to why scriptures that are thousands of years old contain scientific knowledge that puzzles our scientists today is that the source of this knowledge can most likely be traced back to the survivors of earlier civilizations who attained a scientific understanding equalling our own. Today we believe that our current civilization is the pinnacle of evolution; however the discoveries of an ancient science that we are just starting to understand, together with the archaeological discoveries of underwater structures belonging to cultures that must be at least thousands of years older than the Sumerian culture, force us to awaken from our dream.
    Liefdegroete,
    Stefanus

  3. #3
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,437
    Rep Power
    58

    Default Re: propatria

    Quote Originally Posted by propatria View Post
    goeie naand

    ek het toe ek klei was altyd gedroom ek speel op die gras by atlantis maar het net prentjies gesien dat dit onderwater is en kon nie verstaan nie. toe ek julle prentjie sien het dit my vraag beantwoord.
    hoe weet julle daar was grasperke?
    groete
    propatria.

    Welkom op Wendag.

    Teen hierdie tyd weet jy reeds dat ons die terugkeer na ons Germaans/Nordiese herkoms en geloof verkondig en die Semitiese God, Jahweh vaarwel toeroep.

    As jy in staat is om (deur jou drome) Atlantis te "onthou", is jy spesiaal.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  4. #4

    Default Re: propatria

    Dankie vir julle verwelkoming. Wat my die meeste bygeval het eb wat ek die beste onthou was `n 'goeie hospitaal' tipe kasteel agter die uitgestrekte groente tuine, Die siekes was daar afgesonderd van die stad, ek het alewig soostoe gegaan.
    Dan was daar nog `n kasteel verder weg buite die graan lande. Die een was verbode. kinders was nie toegelaat nie en ek het altyd gewonder wat daarin is. Maar die wagte het gras kort gehou om dit en goed bewaak. Ek kon nooit deurglip nie. By die hospitaal was ek baie al was dit verbied vir gesonde mense (daar was geen besoek tye) en het al die ouer mense gaan besoek.
    Ek het daar vir die oues en ander wat baie siek was gaan kuier en hulle gese hulle kan boodskappe deur my stuur na mense in die stad, veral kinders. Ek het vir hulle gese "vertel my jou beste geheim of storie want jy gaan tog nooit weer hier uitkom nie"

    Al hierdie drome het my vele paksle besorg tydens my vroe skooljare aangesien ek dagdrome gehad het, Ek dink dit was selfgemaakte verbeeldingsvlugte aangesien na onderbrekings ek kon 'voortgaan'. Ek het nie omgegee vir `n pakslae wanneer ek op my dagdroom reis gegaan het nie. Ek onthou een keer waar `n onderwyseres al enkele minute die klasgee gestop het en tot voor my banke kom staan het, reg voor my en haar hande glo voor my gesig gewaai het en met oop oe kon ek haar nie sien nie. Die hele klas het vir my gesit en kyk.
    Toe sy `n liniaal op my tafel stukkend slaan skrik ek nie en kyk haar netverbaas aan.
    Sy wou weet waaroor ek gedroom het waarna ek sonder om te dink gese het "Ek was in atlantis juffrou." sy het my voortaan gesot "Atlantis kind" en my vertel dat dit onder water is. ek het met haar gestry en gese dit is nie, dit is `n groot eiland, so groot soos die kruger wiltuin ens.
    Sy het my `n ander keer na die hoof toe gevat en my by hom verkla. Ek het die hoof verduidelik dat daar klasse is in atlantis en ek lesse daar kry, dus verloor ek nie opleiding nie (dit was na ek op `n wintersdag in die sonnetjie gesit het teen `n muur en droom terwyl die ander in haar klas was)
    Die hoof was baie meer geintreseerd in wat ek te vertel gehad het as sy en het my nooit daaroor gestraf nie. Hy moes regs gewees het want hy het gevra of daar net wit mense is. Ek het hom gese dat ek my droom moet voltooi voor die son ondergaan anders kan ek dit nooit voltooi nie.
    Hy het my eendag geroep en in sy kantoor was daar `n ander man, ek moes hom een van my atlantis stories vertel. (Ek dink dit was miskien `n kopkrapper) Die hoof het my vertel dat dit `n vriend is wat ook glo atlantis bestaan nog. Ek het hulle lank besig gehou.
    my storie dat daar drie driehoeke om die aarde was wat ook n presiese driehoek vorm. Die drie driehoeke is magneet velde. die spoed waarmee die aarde draai hang af hoe ver God die ander pool in die ruimte het. As Hy dit nader bring dan draai die aarde vinniger. as God die aarde wil briek om eers dinge reg te maak het hy dit stadiger laat draai. dan het ons groter gegroei, ons het dan ookmakliker en beter gevlieg met ons lugballonne ens. Ek het hulle ook vertel dat ons elektriese krag gehad het. dit was net by die hospitaal en ons maak mense gesond met die magnete.
    Hulle het my uitgelag en my vertel hoe dinge eintlik werk. Hierdie man het aan my verduidelik dat as ek aanhou met die absurt hulle my in `n hospitaal gaan sit. Ek was baie kwaad daaroor en het met `n volgende droom vir my onderwyser op atlantis gaan vra wat ek moet doen.
    Nou ja, vandag is dit vir my semi ongelooflik dat julle geloof daarmee koppel. Ek was doodbang om vir ons dominee te vertel van ons gode op atlantis aangesien hulle sou se ek met die duiwel besete is.
    (Ek het julle mos gese ek is effe mal ne?)
    Groete

  5. #5
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    56
    Posts
    652
    Blog Entries
    7
    Rep Power
    51

    Default Re: propatria

    Propatria, op die draad oor Siel Liggaam en Gees, het ek gevra waarvoor die "mal word" teorie... wel, hier was jou antwoord, en niks hier is vir my enigsins 'mal" nie.

    Kan jy my vertel wat jou Onderwyser op Atlantis voorgestel het jy doen, soos verduidelik aan die einde van die bogaande stuk?

    Welkom hier, ons gaan nog lekker gesels...

    groetnis
    knipmes

  6. #6
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    56
    Posts
    652
    Blog Entries
    7
    Rep Power
    51

    Default Re: propatria

    Propatria, naand,

    Nog 'n vragie aan jou. Die dagdromery waar jy so afskakel en met die LeerMeesters in Atlanta kommunikeer, het jy vandag nogsteeds daardie vermoens of het dit vervaag soos jy ouer geword het? Dis 'n ongelooflike Goddelike geskenk wat jy besit, of hoe?

    groetnis
    knipmes

  7. #7

    Default Re: propatria

    Quote Originally Posted by knipmes View Post
    Propatria, naand,

    Nog 'n vragie aan jou. Die dagdromery waar jy so afskakel en met die LeerMeesters in Atlanta kommunikeer, het jy vandag nogsteeds daardie vermoens of het dit vervaag soos jy ouer geword het? Dis 'n ongelooflike Goddelike geskenk wat jy besit, of hoe?

    groetnis
    knipmes
    Nee, nie meer hulle nie, maar baie stemme in die kop. Ek voer met myself debatte.
    Groete

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •