Results 1 to 3 of 3

Thread: Wie is Ek?

  1. #1
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    55
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    46

    Default Wie is Ek?

    Wie is Ek?

    Ek is die een wie geboorte geskenk het aan al my kinders,
    Met groot pyn en smart het dit gepaard gegaan
    En toe Ek hulle vir die eerste keer sien, het Ek met ‘n stil
    Blydskap binne my gejubel. Saam het ons toe ‘n pad begin
    stap
    Oo ek onthou nog die angs in my hart dat as Hulle dalk sou seerkry
    Of iets sou oorkom
    Daarom het Ek ekstra versigtig na Hulle gekyk
    Ek het toe begin om hulle te versorg en vertroetel hulle geleer
    Alles wat reg is en alles wat verkeerd is
    Baie het Ek saam met hulle gedeel, ons het saam gelag, saam gehuil
    Ons was saam gelukkig en ook ongelukkig
    Ons het saam voorspoed beleef en ook die swaarkry dae
    Ons het ook saam gespeel en was dan ook weer ander kere ernstig
    Ons het saam foute begaan saam het ons dit weer herstel ook
    Maar soos my pad saam met julle gevorder het het ek julle baie
    Liefgekry
    My liefde sien oor al julle foute groot of klein, my liefde is altyd getrou
    Waar die węreld julle veroordeel, doen ek dit nie, nooit nie
    my liefde kraak nie af of kies part nie, my liefde maak ook nie seer nie
    Dit beledig julle ook nie
    Daardie spreek woorde soos “sometimes you’ve got to be cruel to be
    Kind” pas ook nie in my liefde vir julle nie want Ek sal nooit wreed kan wees
    Om julle te help nie!
    Ja en intussen het julle gegroei julle het julle vlerkies begin sprei
    Julle het gaan vlieg oor hoë plekke en Ek het julle laat begaan
    Wat kon ek anders doen julle wou so graag gaan
    Hier het Ek gewag tot julle my dalk weer sou nodig kry
    Ja, gewag en gehoop dat julle weer sou terug kom
    En as julle te hoog gevlieg het en julle het seer gekry geval of iets
    En na julle moeg en te seer gehad het eindelik terug na my toe
    gekom het, het Ek julle in my arms geneem om julle weer gesond te gemaak
    jul te vertroos en vertroetel soos van ouds af Ek het salfies gesmeer om
    die groot oop wonde te genees en ‘n dubbele dosis van my spesiale liefde
    en sorg wat geen perke het nie, ‘n liefde so groot dat geen een in die skepping
    dit kan begryp nie, oor julle gesprinkel!
    Daarom verstaan vandag my kinders een ding baie goed, Ek kan nie part kies nie
    Glad nie onder geen omstandighede nie
    Wanneer ek dan diegiene wat verwond en verwoes is wil help en versorg en ook
    Dan hulle wil beskerm Teen baie seerkry sodat hulle kan genees beteken
    dit dan nou nie dat ek daardie Een voortrek en die ander minder liefhet nie Nee dit
    is nie so nie Ek kies nie part nie
    Nee ek het julle ewe lief my kinders onthou dit altyd al probeer die ander julle anders
    Bewys
    Al wat ek doen is om hulle net daardie ekstra aandag te gee wat hulle nodig het om
    Gesond te kan word
    Ek voel geweldig baie hartseer as julle harte dit dan bedink dat ek die een voor
    Die ander een trek want dit is nie so nie Ek gee die gebroke net bietjie meer
    Omdat dit hulle genesing sal verspoedig, dis al. Ekt julle ewe lief onthou dit net tog!
    Julle sal sien ons sal nog saam deur al hierdie seer en hel kom wag net nog ‘n
    Klein rukkie ... net nog ‘n klein rukkie!!!
    Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
    and that is what is making me strong.

  2. #2
    Member Silencio's Avatar
    Join Date
    Oct 2010
    Location
    Bloemfontein
    Age
    39
    Posts
    208
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    41

    Default Re: Wie is Ek?

    Liewe vriendin, grypende woorde, dit is deel van die lewe, liefde, haat, hartseer, vreugde, jaloesie, afguns, geloof, twyfel, moed, hoop, seerkry, val en opstaan, leer, foute, ondervinding, pyn, plesier, wat sou die lewensondervinding wees sonder dit?

    groetnis
    Silencio
    Cause and effect applies to us all, consider therefore your thoughts, words and actions carefully.

  3. #3
    Member Die Vrou's Avatar
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Vaal Triangle
    Age
    55
    Posts
    346
    Blog Entries
    10
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    46

    Default Re: Wie is Ek?

    Quote Originally Posted by Silencio View Post
    Liewe vriendin, grypende woorde, dit is deel van die lewe, liefde, haat, hartseer, vreugde, jaloesie, afguns, geloof, twyfel, moed, hoop, seerkry, val en opstaan, leer, foute, ondervinding, pyn, plesier, wat sou die lewensondervinding wees sonder dit?

    groetnis
    Silencio
    Silencio ... dit is deel van die lewe wat die satan vir die geestelike wesens beplan het. In sy persoonlikheid is al die lelike
    dinge wat jy so mooi uitwys hierbo.

    groete
    Everything in my Spiritual history lives and breathes in me, I am unique, I am special,
    and that is what is making me strong.

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •