Results 1 to 2 of 2

Thread: Mbeki se Geestelike Posisionering

  1. #1
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Mbeki se Geestelike Posisionering

    Mbeki nou ridder van St. John

    Pres. Thabo Mbeki is gister op ín kleurvolle plegtigheid tot ridder van die orde van die hospitaal van St. John van Jerusalem verklaar vanweŽ sy ďonvermoeide diens aan die mensdomĒ.

    Sů het kol. Kevin Williams, van St. Johnís, gesÍ kort voordat Mbeki deur die hertog van Gloucester, prins Richard, neef van koningin Elizabeth II, ingehuldig is.

    Mbeki is deur sy vrou, me. Zanele Mbeki Ė wat stylvol geklee was in ín heldergeel romp en jaspakkie Ė vergesel na die plegtigheid in die St. *George-katedraal. Ander hooggeplaastes wat die byeenkoms bygewoon het, sluit in mnr. Ebrahim Rasool, Wes-Kaapse premier, me. Helen Zille, DA-leier en burgemeester van Kaapstad, dr. Frank Chikane, direkteur-generaal in die presidensie en mnr. Paul Boateng, Britse hoŽ kommissaris.

    Die orde van St. John het ín eeue oue geskiedenis en het ontstaan met die ridders wat in Jerusalem na pelgrims omgesien het.

    Die orde, waarvan Brittanje se koningin Elizabeth II die hoof is, is ín Christen-liefdadigheidsgroep wat bande het met die St. Johnís-ambulansdiens.

    Daar word van ridders verwag om te help om mense se aandag te vestig op die verbetering van die lewens van arm en benadeelde gemeenskappe.

    Ridders word normaalweg met ín swaard op die skouer getik wanneer hulle hul togas en pstekens ontvang. Aangesien Mbeki ín staatshoof is, is die swaard-plegtigheid nie uitgevoer nie.

    Eerw. John Waine, wat die gasspreker was, het gesÍ hulle bid vir Mbeki, die Afrika-vasteland en al die werk wat hy tot dusver gedoen het.


    Die St John, waarvan Mbeki nou 'n ridder is, is Johannes die Doper. En ons weet reeds dat, volgens die Messias, Johannes die Doper wel Elia was. Elia kom egter weer, soos wat die Messias voorspel het, om alles reg te maak.

    Met hierdie" tot ridder beslaning", is Mbeki nou 'n "ridder van Johannes die Doper" in Suid Afrika. Terselfdertyd weet ons dat Mbeki se regering nie deur God ge'inspireer word nie. Die vals Johannes die Doper van Suid-Afrika het nou gemanifesteer. Die antichris gaan die wederkoms probeer kaap. En die slag tussen Michael en sy Engele teen die Bose gaan hier in SA begin. Die Boer is die eerste linie.

    Ons stryd vir vrede en die stryd teen die Bose is dieselfde stryd.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  2. #2
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default

    Vergelyk nou die bostaande met die familiewapen van die huidige pous, wat hier te siene is.



    Liefde groete.

    Die Ou Man

Similar Threads

  1. Geestelike Reis Na Sterwe?
    By Carel van Heerden in forum Kletshoekie
    Replies: 47
    Last Post: 18th March 2010, 19:59
  2. Beginsels vir geestelike oorlogvoering
    By Vryheids Vegter in forum Boervolk Teologie:
    Replies: 3
    Last Post: 23rd August 2008, 20:33

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •