Results 1 to 6 of 6

Thread: Paleolitiese artefakte – Venus figuurtjies.

  1. #1
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,606
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default Paleolitiese artefakte – Venus figuurtjies.


    Paleolitiese artefakte – Venus figuurtjies.

    Volgens argeologiese navorsing het die moderne mens (dws Homo sapiens) ongeveer 200,000 jaar gelede in Afrika ontstaan. Van daar, het hulle oor die hele Europa en Asië versprei, en het ‘n nomadiese jagter-versamelaar-bestaan gevoer, in basies dieselfde manier as wat verskeie ander vroeëre hominiede spesies geleef het.

    Sowat 70 000 jaar gelede het Homo sapiens ’n revolusionêre tree vorentoe gegee en het daardeur hulle diepste gevoelens deur middel van tekeninge begin uitdruk selfs met verbasend ingewikkelde meetkundige patrone.

    Alhoewel hulle almal dieselfde soort basiese klipwerktuie gemaak het, het Homo sapiens (ongeveer 50.000 vC) begin om ander intellektuele aktiwiteite begin beoefen soos pottebakkery, beeldhouwerk, naaldwerk en weefwerk. Alles was stappe weg van ’n nomadiese jagter-versamelaar-bestaan na ’n meer gevestigde lewe wat weer die gevolg gehad het dat meer gesofistikeerd implemente vervaardig was soos gespesialiseerde items om te boor, sny en kerf, spies punte, ens. Binne ‘n relatiewe kort tydperk van sowat 4000 jaar het hierdie tegnologiese rewolusie na Europa versprei, en uiteindelik items soos vishoeke, olie lampe, tou, en naalde met oë ingesluit.

    Sommige Argeoloë glo dat hierdie vooruitgang die gevolg was van die ontstaan van taal, wat Homo sapiens in staat gestel het om idees te kon uitruil en verworwe kennis kon deel. Benewens die praktiese gereedskap wat hulle gemaak het, het hulle ook vir ons verskeie wonderlike kuns werke agtergelaat, in die vorm van grot skilderye, en die sogenaamde Venus figuurtjies.


  2. #2
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,606
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default Re: Paleolitiese artefakte – Venus figuurtjies.

    In Argeologie is die term " Venus-figuurtjies " 'n sambreel beskrywing met betrekking tot Steentydperk beeldjies van vroue (godinne), wat gemaak is tydens die Aurignaciaan en Gravettiaan kulture van die Laat-Paleolitiese tydperke (ca 50 000 - 30 000 jaar gelede tot ca 12 000 - 8 000 jaar gelede), oor die hele Europa van Frankryk tot in Siberië. Die algemene ooreenkoms van hierdie beelde in grootte en vorm [vetsugtig of swanger] - is buitengewoon. Hulle is uitgekap deur Steentydperk beeldhouers in allerhande verskillende materiale, wat wissel van sagte klip (speksteen, kalsiet of kalksteen), been, ivoor, hout, of keramiek klei. Laasgenoemde tipe is een van die oudste keramiek werke wat nog ontdek is.

    Die Venus van Hohle Fels, wat in 2008 ontdek is, is koolstof gedateerd tot ten minste 35000 v.C. en latere voorbeelde soos die Magdalenian, soos die Venus van Monruz, ongeveer 11000 jaar oud.

    Hierdie figure is meestal van sagte steen (soos speksteen, kalsiet of kalksteen), been of ivoor gekerf, of van klei gevorm en gebak. Laasgenoemde is een van die oudste keramiek beelde bekend. In totaal is daar duisende van hierdie beeldjies gevind, die grootte wissel vanaf 4 cm tot 25 cm hoog. Hulle is van die vroegste prehistoriese kuns werke.

    Teen die tyd dat die eerste Venus beeldjie ontdek was, was argeologie nog nie as 'n ware wetenskap beskou nie en was dit eerder 'n spel vir ryk mense, "die jag vir ‘n verborge skat". In 1864 het een van daardie manne, die Markies de Vibraye oor die bolyf gedeelte van 'n vroulike beeldjie in die suide van Frankryk gestruikel. Soos verwag kan word was die betekenis van die beeldjie en die ouderdom daarvan onbekend aan hom. Die term "Venus" wat hy aan die beeldjie gegee het sou later 'n standaard beskrywing in die argeologiese gemeenskap vir die tipe beelde word.

    Notable specimens
    NameAgeLocationMaterial
    Venus of Hohle Fels35–40 000 years oldSwabian Albmammoth ivory
    Venus of Galgenberg30 000 years oldLower Austriaserpentine rock
    Venus of Dolní Vestonice 27–31 000 years old Moravia, Czech Republic ceramic
    Venus of Lespugue 24–26 000 years old French Pyrenees ivory
    Venus of Willendorf 24–26 000 years old Lower Austria limestone
    Venus of Brassempouy 23 000 years old Brassempouy, France ivory
    Venus of Petrkovice 23 000 years old Silesia, Czech Republic hematite
    Venus figurines of Mal'ta 23 000 years old Irkutsk Oblast, Russia ivory
    Venuses of Buret' 23 000 years old Irkutsk Oblast, Russia ivory, serpentine rock
    Venus of Moravany 23 000 years old Moravany nad Váhom, Slovakia mammoth ivory
    Venus of Savignano 20–25 000 years old Savignano sul Panaro, Italy serpentine rock
    Venus figurines of Balzi Rossi 18–25 000 years old Ventimiglia, Italy ivory, soapstone, serpentine, chlorite
    Venus figurines of Gönnersdorf 11,5–15 000 years old Germany ivory, antler, bone
    Venus figurines of Petersfels 11,5–15 000 years old Engen, Germany black jet
    Venus of Monruz 11 000 years old Switzerland black jet
    Venus of Parabita 12–14 000 years old Parabita, Italy horse bone

  3. #3
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,606
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default Re: Paleolitiese artefakte – Venus figuurtjies.

    Edouard Piette het in 1892 'n baie interessante ontdekking in 'n grot in die suide van Frankryk gemaak. Daar het hy 'n aantal vroulike beeldjie fragmente, gekerf uit mammoet-ivoor gevind. Een van hierdie fragmente was 'n baie gedetailleerde kop, wat die naam van die Venus van Brassempouy gekry het vernoem na 'n nabygeleë plaaslike dorpie. Die beeld is sowat 25.000 jaar oud.

    Venus of Brassempouy
    Venus_of_Brassempouy.jpg
    Material:ivory
    Created:~25,000 years ago
    Discovered:1892 Brassempouy, France
    Present location:Musée d'Archéologie Nationale
    at Saint-Germain-en-Laye,
    near Paris


    Omtrent dieselfde tyd as wat die Venus van Brassempouy ontdek was, was 'n ander uitgrawing aan die gang in die noorde van Italië te Balzi Rossi, naby die Franse grens. Die gebied het 'n groot aantal natuurlike grotte, en gedurende die verkenning van hulle het Louis Alexandre Jullien 'n totaal van 15 vroulike figuurtjies ontdek. Van besondere belang is die materiaal wat gebruik was vir die figuurtjies, wat bestaan uit groen speksteen (speksteen) en mammoet-ivoor.

    Daar was egter geen mammoete in daardie gebied, en groen speksteen was baie skaars, wat aandui dat die materiaal moes relatief waardevol gewees het, en dat die plaaslike mense ver moes gereis het of verhandel het om dit in die hande te kry. Daarbenewens is baie van die beeldjies klein, en het ook gate in hul bokante, wat aandui dat hulle as hangertjies gedra was. Hulle is gedateer tussen 20-25,000 vC.

  4. #4
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,606
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default Re: Paleolitiese artefakte – Venus figuurtjies.


    Venus van Willendorf


    Die volgende beeldjie, wat bekend staan as die Venus van Willendorf, is gevind in Oostenryk in 1908. Dit was gesny uit kalksteen en versier met 'n natuurlike rooi oker verf. Die kalksteen wat gebruik was kom nie in die gebied waar die beeldjie gevind was voor nie. Dit is ongeveer 22000 tot 21000vC gedateer.

    Venus of Willendorf
    Venus_von_Willendorf_01.jpg
    Material:Oolitic limestone
    Created:c. 28,000 BCE – 25,000 BCE
    Discovered:August 7, 1908 near Willendorf,
    by Josef Szombathy
    Present location:Naturhistorisches Museum,
    Vienna, Austria



    Venus van Laussel

    Die "Venus" van Laussel is in 1911 ontdek deur 'n geneesheer met die naam JG Lalanne, uitgekap in die wand van 'n kalksteen skuiling in die Dordogne nie ver van Lascaux af nie. Die skuiling, onder 'n oorhang, is op 'n terras oor die 300 meter lank, wat uitkyk oor die vallei daar onder. Alhoewel daar aanvanklik gedink het dat dit 'n woning area was, word daar nou geglo dat dit gedien het as 'n seremoniële sentrum.

    Die sneewerk, wat 17 duim hoog is, was uitgekap met outydse Flint beitels en dateer uit ongeveer 23000 v.C. Die kunshistorikus Sigfried Giedion beskryf die figuur soos volg:
    "The figure and the block are inseparably interlocked. In the position selected by the artist for this relief, the block had a slight overhang, so that the figure swelled forward gently. When seen from one side, the curve appears as taut as a strung bow. It swells up to a supreme point, the maternal belly, then falls away at either end and sinks slowly into the rock, in which the feet seem to melt. The upper part of the body curves gently backward, and the head, resting between two rock projections, seems to be reclining, as though on a cushion."

    Die figuur hou 'n Europese bison horing, of dalk 'n “cornu copiae”, in die een hand, waarop daar 13 kerwe gemaak is. Volgens sommige navorsers kan dit die aantal mane of die getal van die menstruele siklusse in een jaar simboliseer.

    Venus of Laussel
    Venus-de-Laussel.jpg
    Material:limestone
    Created:25,000 years old
    Discovered:By Jean-Gaston Lalanne, in
    1911, south-western France.
    Present location:The Musée d'Aquitaine
    in Bordeaux, France.

  5. #5
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,606
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default Re: Paleolitiese artefakte – Venus figuurtjies.


    Venus van Dolní Věstonice


    In 1925, was die Venus van Dolní Věstonice gevind in die Tsjeggiese Republiek. Hierdie beeldjie is baie belangrik, want dit is die oudste bekende keramiek voorwerp in die wêreld, wat bestaan uit gebakte klei materiaal, en gedateerd word uit ongeveer 27000 vC. Gestimuleer deur hierdie en ander sensasionele ontdekkings het argeologie baie groter befondsing, mannekrag, en openbare steun ontvang wat gelei het tot 'n ware ontploffing in die getal van Venus figuurtjies wat ontdek word.

    Venus of Dolní Věstonice
    Vestonicka_venuse.jpg
    Material: Ceramic
    Created:29,000 BCE – 25,000 BCE
    Discovered: 1925 in Moravia
    Present location:Moravské zemské muzeum,
    Brno, Czech Republic


    Venus van Hohle Fels

    Die Venus van Hohle Fels (ook bekend as die Venus van Schelklingen; in Duits onder andere Venus vom Hohlen Fels, vom Hohle Fels; Venus von Schelklingen) is 'n Paleolitiese Venus beeldjie wat in 2008 gevind was naby Schelklingen, Duitsland. Dit is gedateer tussen 35000 en 40000 jaar oud, wat deel uitmaak van die vroeë Aurignacian tydperk, heel aan die begin van die Paleolitiese tydperk, wat geassosieer word met die aanname van die vroegste teenwoordigheid van Homo sapiens in Europa. Dit is die oudste onbetwiste voorbeeld van Paleolitiese kuns en figuurlike prehistoriese kuns in die algemeen.

    [row]
    Venus of Hohle Fels
    Venus_Hohle-fels.jpg
    Material:mammoth ivory
    Created:35,000 BCE – 40,000 BCE
    Discovered:Swabian Alb, Germany
    Present location:Prehistoric Museum
    of Blaubeuren


    Verder, net twee voet van die beeldjie, was 'n fluit gekerf uit aasvoël been gevind, en die dateer ook uit ongeveer 35.000 vC.
    Fluite is die vroegste musiekinstrumente bekend, 'n aantal fluite wat terugdateer tot ongeveer 40000 tot 35000 jaar gelede is in die Swabiese Alb-streek van Duitsland gevind. Hierdie fluite demonstreer dat 'n ontwikkelde musikale tradisie reeds in die vroegste tydperke van die moderne mens se teenwoordigheid in Europa bestaan het.

  6. #6
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,606
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default Re: Paleolitiese artefakte – Venus figuurtjies.

    Argeoloë debatteer al dekades lank oor die betekenis van die Venus-figuurtjies. In die algemeen bespreek hulle gewoonlik slegs 'n bepaalde voorbeeld, en fokus op 'n versigtige deursoeking van die plek waar dit gevind is vir verdere bewyse van die betekenis, en ignoreer ander soortgelyke opgrawings. Natuurlik was die meeste Paleolitiese voorwerpe bioafbreekbaar, en het nie oorleef nie. Dinge wat gemaak is van hout en ander plant materiaal, dier velle, ru-materiale en tou, en selfs baie been het lank gelede ontbind. Dus is enige inligting wat verkry kon wees van die nie meer beskikbaar nie.

    Daar was in die afgelope paar jaar voorgestel dat die meeste van die Venus-figure, asook die grot skilderye deur vroue gemaak was. Die grootte van die hand afdrukke, wat dikwels grot skilderye vergesel, stem ooreen met die vroulike oorblyfsels van die tydperk, wat in die areas gevind was.

    Alhoewel Argeoloë huiwerig is om artefakte van verskillende kulture en tydperke te vergelyk, het ons nou genoeg bewyse om 'n paar geldige algemene gevolgtrekkings te kan maak. Die groot hoeveelhede van die figure, en die verspreiding daarvan deur beide die tydperke en plekke oor die hele Europa, dui daarop aan dat daar dalk 'n basiese universele doel vir hulle was. Die tyd en moeite wat dit sou geneem het om hulle te skep, sowel as die seldsame materiale wat dikwels gebruik was, dui aan dat hierdie figure van 'n spesiale betekenis en waarde was.

    Aangesien baie van die beeldjies as hangertjies gedra was, beteken dit dat hulle bedoel was as 'n vorm van persoonlike uitdrukking en nie slegs as nog 'n blote liggaam versiering nie.
    Ons kan ook daarop let dat sommige van die beeldjies 'n meer gesofistikeerde styl van klere drag uitbeeld as wat 'n tipiese vrou van daardie tyd normaalweg gedra het, wat impliseer dat hulle eerder 'n elite-argetipe, soos 'n priesteres of 'n godheid voorgestel het.

    Natuurlik is die betekenis van hierdie vroeë bewyse nog onduidelik, maar dit dui op die moontlikheid van 'n godsdienstige oortuiging, wat gebaseer is op 'n primordiale godin van een of ander aard soos die Asherah beeldjies uit die Midde-Ooste op dieselfde neerkom.

    Uit argeologiese ondersoek in die Midde-Ooste en Europa blyk dat 7,000 jaar gelede, die verering van Moedergodinne sentraal gestaan het in die religieuse belewing van talle volkere.
    In die Midde-Ooste en Europa is duisende afbeeldinge van vroue opgegrawe. Hierdie beelde was van Moedergodinne. Bekende beelde is die Venus van Lespugue van 25,000 v.C. en Venus van Willendorf 23,000 v.C. In Europa is daar meer as 1,000 beelde of afbeeldinge gevind van vroue wat gemaak is tussen 26,000 en 27,000 v.C.

    In die Midde-Ooste is nog meer Venusbeeldjies opgegrawe wat selfs ouer is as 200,000 jaar. Uit opgrawings uit die steentyd is daar geen beelde van volwasse manlike Gode gevind nie. Slegs Godinne. Maar soms is vroulike beelde gevind by 'n beeld van 'n manlike kind. Soms ook 'n volwasse man, maar dan baie kleiner in gestalte as die vroulike beeld. Die eerste beeld van 'n volwasse manlike God dateer uit 1120 v.C. Dit dui aan dat in hierdie tyd die verering van Godinne begin taan het en voorrang verleen is aan die verering manlike Gode.

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •