Results 1 to 5 of 5

Thread: Israel Visie dissipels van Jahweh maak amok

  1. #1
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Israel Visie dissipels van Jahweh maak amok

    Soos ‘iets uit die Wilde Weste’

    RAPPORT 2011-11-26 Jacques Steenkamp


    Een van die “regse Bybels” wat gevind is
    tussen die besittings van drie verregses
    wat die afgelope week in Mookgophong
    (Na­boomspruit) in hegtenis geneem is.

    Drie verregses se mislukte aanval op ’n opleidingskamp vir veiligheidswagte het daartoe gelei dat ’n moontlike komplot onthul is om ’n volgepakte kerk in Mookgophong (Naboomspruit) op te blaas.

    Dié drie regses, wat beskryf is as “iets uit die Wilde Weste”, met plofstof in hul motor en “?’n moerse aanvalspak”, het Donderdagaand glo ’n wraakaanval probeer uitvoer op die opleidingskamp Boekenhoutlaagte, suid van die dorp, waar hulle vroeër onsuksesvol probeer het om self die opleidingsprogram te voltooi.

    Die drie het na bewering die plaas se elektriese hek oopgedwing en vir die mense wat daar woon gesê “ons gaan julle opblaas”. Hulle het twee tente aan die brand gesteek en toe probeer vlug, maar is deur die plaas se inwoners aangekeer.

    Mnre. Juan “Snorre” van Zyl (48), Tommy Oosthuizen (50) en Gun-ther Jurgens Kotze (31) is intussen in hegtenis geneem. Allerlei okkulte en godsdienstige parafernalia is ook in hul besit gevind.

    Volgens mnr. Andries Janse van Vuuren, direkteur van plaasbeveiliging van die Boerebeskermingsforum (BBF), wat die opleidingsplaas bedryf waarop die aanval plaasgevind het, het Oosthuizen vermoedelik vir die polisie gesê hy dink sy makkers het beplan om ’n kerk in die dorp of in Mokopane (Potgietersrus) op te blaas.

    Die polisie vermoed die kerkaanval sou vandag plaasgevind het en dat ’n NG of Hervormde kerk die teiken was.

    Janse van Vuuren het gesê die drie mans het sowat twee weke gelede by die opleidingskamp opgedaag om vir opleiding as veiligheidswagte “geëvalueer” te word, maar ná ’n paar dae was dit duidelik hulle gaan ’n probleem wees en hulle is gevra om op hul eie in hul tente te bly.

    Dit is dié tente wat hulle Donderdagaand aan die brand gesteek het.

    “Gunther het so ’n moerse aanvalspak, jy moes dit sien. Ons noem hom ‘Gladiator’, want hy glo hy lewe nog in die Bybelse tyd. Hy en Van Zyl behoort aan die een of ander Israelitiese geloof.”

    Die drie het glo byna ’n week lank verdwyn voordat hulle Donderdagaand daar opgedaag het om die plaas op te blaas.

    “Ek en een van die ander mans het hulle aangekeer en vasgebind. Ons het toe die polisie ontbied.

    “Daar is plofstof in hul motor gevind. Dit is soos die regte Wilde Weste.”

    Volgens hom is die BBF nie ’n regse beweging nie. “Ons is ’n vrywillige assosiasie en gee vir werklose veiligheidswagte werk.”

    Desondanks het sowat 50 polisielede Vrydagoggend op die opleidingsplaas, waar ’n Vierkleur op die paradeterrein wapper, toegesak om vas te stel of daar nog moeilikheid kom. Die polisie het op die Vierkleur beslag gelê.

    Brig. Hangwani Mulaud-zi, provinsiale polisiewoordvoerder, het in ’n verklaring gesê die polisie het onder die drie verdagtes se besittings op tuisgemaakte swaarde, knuppels met ysterpunte, valhelms, koeëlvaste baadjies en vermoedelik plofstofmateriaal afgekom. Daar is ook pamflette met pentagramme en die naam “Lucifer” in die motor gevind. Twee “verregse Bybels”, wat aan Kotze behoort, is ook gekry.

    ’n Polisielid het gesê daar is ’n videokamera in die motor gevind met beeldmateriaal van verskeie kerke.

    Inwoners van die dorp het geskok gereageer.

    “Ek onthou hulle, want die eerste keer wat hulle hier opgedaag het, het hulle uitgestaan. Hulle was baie rassisties en die ou met die cowboy-hoed (Van Zyl) het die Vierkleur op sy hemp gehad,” het ’n plaaslike restauranteienaar aan Rapport gesê.

    Kotze was verlede jaar ook in die nuus toe hy ’n Voortrekkermonument in Witbank (eMalahleni) verniel het omdat dit volgens hom ’n simbool van “Satan se penis” was. Hy het soms ook die naam “Boereviking” vir homself gebruik.

    Uit RAPPORT

  2. #2
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Israel Visie dissipels van Jahweh maak amok

    ’n Polisieman wys die aanvalspak wat aan mnr.
    Gunther Jurgens Kotze, een van die verregse
    aanvallers, behoort het. Kennisse het hom
    “Gladiator” genoem.


    “Gunther het so ’n moerse aanvalspak, jy moes dit sien. Ons noem hom ‘Gladiator’, want hy glo hy lewe nog in die Bybelse tyd. Hy en Van Zyl behoort aan die een of ander Israelitiese geloof.”

  3. #3
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Israel Visie dissipels van Jahweh maak amok

    Hier staan dieselfde Jahweh aanbidder ewe kordaat nadat hy voorheen 'n monument ter herdenking van Boere vroue en kinders wat in die konsentrasie kampe gesterf het, met 'n hamer stukkend geslaan het.

    Sy verskoning was dat hy die gedenknaald met die penis van satan verwar het.

    Lees meer oor daardie petalje hier en hier.





    Lees "Is Jahweh 'n Demoon of die Skepper" vir meer oor Jahweh, die god van die Israel Visie kultus.

  4. #4
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Israel Visie dissipels van Jahweh maak amok

    Die drie is in polisie-aanhouding. Hulle sal oormôre in die landdroshof in Mookgophong op voorlopig aanklagte van brandstigting en die besit van gevaarlike wapens verskyn.

    Die mans is glo lede van ’n okkultegroep. Pamflette met pentagramme en die naam “Lucifer” is by die mans gekry. Daar was ook inligting oor satanistiese rituele op die pamflette.

    Daar is gister ook op kameras en selfone beslag gelê waarop foto’s van kerke in Mokopane en Mookgophong is. (Lees die res hier.)
    Die gedagte daaraan dat Jahweh se dissipels belangstel in Satan se rituele maak vir my sin. Jahweh en Satan is immers inter-afhanklik van mekaar. Hulle is twee "gesigte" van dieselfde muntstuk.

    Jahweh sonder Satan is net nie dieselfde nie. Satan is die een groot gees wat 'n werklike bydrae daartoe lewer om waarde toe te voeg tot Jahwehisme.

    Kotze was verlede jaar ook in die nuus toe hy ’n Voortrekkermonument in Witbank (eMalahleni) verniel het omdat dit volgens hom ’n simbool van “Satan se penis” was. Hy het soms ook die naam “Boereviking” vir homself gebruik.
    Ek kon nog net nie daarin slaag om te verstaan waarom Jahweh jaloers is op Satan se penis nie. Swak selfbeeld?

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  5. #5
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    60

    Default Re: Israel Visie dissipels van Jahweh maak amok

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post
    Ek kon nog net nie daarin slaag om te verstaan waarom Jahweh jaloers is op Satan se penis nie. Swak selfbeeld?

    Nee Oudste, mens kan tong in die kies reken...

    "bloeddruk probleme, broer, bloeddruk probleme... met sulke onderdane, hoe dan anners?"

    groetnis
    knipmes

Similar Threads

  1. Om God mak te wil maak
    By Silencio in forum Artikels uit die media
    Replies: 0
    Last Post: 1st March 2011, 19:06
  2. God gee opdrag om dood te maak?
    By Silencio in forum Besprekings
    Replies: 2
    Last Post: 16th February 2011, 21:09
  3. Replies: 2
    Last Post: 24th October 2010, 22:12
  4. Kerk Maak Afrikaners Ruggraatloos
    By Die Ou Man in forum Nuus
    Replies: 4
    Last Post: 18th July 2010, 20:37
  5. Wanneer god nie meer sin maak nie
    By Stefanus in forum Nuus
    Replies: 0
    Last Post: 12th March 2010, 23:18

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •