Results 1 to 5 of 5

Thread: Pierre

  1. #1
    Member Pierre's Avatar
    Join Date
    Mar 2012
    Location
    Vredendal, West coast R.S.A
    Posts
    10
    Rep Power
    23

    Default Pierre

    Dagse aan almal; Baie dankie vir die voorreg om by julle aan te sluit. Ek glo en vertrou dat hierdie reis saam met julle van groot waarde vir die soeker na waarheid sal wees. In 2002 was ek geordineer as Evangeliese pastoor by Jesus Evangelistic Fellowship in Natal. 2004 Ontmoet ek vir D.v.S(dogter van Sion) buite Pretoria en na 'n gesprek van +- 4 ure met 'n man, was ek totaal en al platgeslaan, hartseer, teleurgesteld en bang; om te dink dat ek absoluut my alles aan 'n verkeerde God gegee en gedien het. Dit moet ek vir u se, ek was totaal en al gebreek. Dit het my +- 3 mnde gevat om tot verhaal te kom. 2005 verkoop my vrou 'n gastehuis wat sy op Hibberdene gehad het en skaf toe vir ons 'n motorhome aan waarmee ons toe op reis deur die land, al met die kus langs getoer het tot waar ons vandag op 'n stukkie grond op die Weskus met 'n paar melkbokkies boer. Ek is hier om te soek te hoor en te deel; Shalom.

  2. The Following User Says Thank You to Pierre For This Useful Post:


  3. #2
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    56
    Posts
    652
    Blog Entries
    7
    Rep Power
    52

    Default Re: Pierre

    Pierre,

    Welkom hier by ons.

    Ongetwyfeld gaan jou reis hier jou deur vele emosionele en wetens-wroeginge vat. Meeste antwoorde op die logiese is hier oral op drade vervat, so een reis wat mens moet onderneem is lees en lees en lees... maar vra is waarop ons almal veral reageer, so vra maar gerus...

    Wees verseker dat elkeen se pad sy of haar eie is, elkeen het die reg om eie opinie, siening en samevatting as ook enige kennis met ons almal te deel, sonder veroordeling, want ons is almal hier om te leer... niemand oordeel niemand nie, dis die voorreg hier op hierdie werf.

    Weereens welkom, maar onthou, niemand het al die antwoorde nie, ons leer maar saam op hierdie reis van kennis en oorleg...

    Ons kan oor godsdiens redeneer soos grootmense, maar niemand se Geloof sal ooit aangetas word nie...

    groetnis
    knipmes

  4. The Following User Says Thank You to knipmes For This Useful Post:


  5. #3
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    56
    Posts
    652
    Blog Entries
    7
    Rep Power
    52

    Default Re: Pierre

    ...al is dit ook 'n geloof in die tandmuis... hehehe








    groetnis
    knipmes

  6. #4
    Member yeshurun's Avatar
    Join Date
    Jul 2012
    Location
    vanderbijlpark
    Age
    41
    Posts
    15
    Rep Power
    21

    Default

    Quote Originally Posted by knipmes View Post
    Pierre,Welkom hier by ons. Ongetwyfeld gaan jou reis hier jou deur vele emosionele en wetens-wroeginge vat. Meeste antwoorde op die logiese is hier oral op drade vervat, so een reis wat mens moet onderneem is lees en lees en lees... maar vra is waarop ons almal veral reageer, so vra maar gerus...Wees verseker dat elkeen se pad sy of haar eie is, elkeen het die reg om eie opinie, siening en samevatting as ook enige kennis met ons almal te deel, sonder veroordeling, want ons is almal hier om te leer... niemand oordeel niemand nie, dis die voorreg hier op hierdie werf.Weereens welkom, maar onthou, niemand het al die antwoorde nie, ons leer maar saam op hierdie reis van kennis en oorleg...Ons kan oor godsdiens redeneer soos grootmense, maar niemand se Geloof sal ooit aangetas word nie...groetnisknipmes
    We'll ek moet jou se ek het al baie gelees en geleer en die Gees van Immanuel het my gelei na die waarheid en nie net kennis geleer nie maar het ook aan my insig in die ondeurgrondelike verborgenhede van die onsigbare gegeeEkke Yeshurun P.S. Vra my maar n vraag dan sien jy wat ek jou antwoord dan oordeel jy vir jouself

  7. #5
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    56
    Posts
    652
    Blog Entries
    7
    Rep Power
    52

    Default Re: Pierre

    'n Wyse meester word deur 'n besoekende wandelaar vermaan om hom die wyshede van sy geloof te leer, voordat die besoeker weer voortgaan. Die meester nooi hom vir tee, gooi die tee in die koppie totdat dit naderhand van die tafel af stort, waarop die besoeker skree: "Stop! waarom dit doen?" Waarop die meester antwoord: "Jou denke is so vol soos hierdie koppie, maak dit eers leeg, dan help ek jou dalk...





    groetnis
    knipmes

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •