Results 1 to 2 of 2

Thread: Pastoor trap oor tou met lidmate

  1. #1
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    60

    Default Pastoor trap oor tou met lidmate

    Pastoor trap oor tou met lidmate

    2011-07-23 21:09




    Johannes de Villiers

    ín Gewilde Stellenbosse prediker is sy posisie in sy kerk kwyt omdat hy met meer as een vrou in sy gemeente onbehoorlike verhoudings gehad het.

    Past. Jean-Claude Banza was tot verlede week nog pastoor van die gemeente Jean-Claude and Friends, wat Sondae op die spogwynlandgoed Clouds op die Helshoogtepas byeengekom het. Die gemeente het sowel professionele mense as Matie-studente onder sy lede.

    Banza is ook ín gewilde prediker wat al as gasprediker in die NG gemeente Rant-en-Dal in Krugersdorp opgetree het en vooraanstaande predikantvriende het.

    Nou is bande met sy eie gemeente egter verbreek nadat dit aan die lig gekom het dat hy met van sy vroulike lidmate oor die tou getrap het.

    Verlede maand het ín 20-jarige lidmaat glo onthul dat hulle ín seksuele verhouding gehad het. Banza het erken dit is waar.
    Banza word ook daarvan beskuldig dat hy met ín getroude vrou in die gemeente ín onbehoorlike verhouding gehad het (hoewel hy in laasgenoemde geval beweer dat hulle net gesoen het, maar hy gee toe dit was sonde en is innig spyt).

    Hy het ook vier jaar gelede ín verhouding met ín vrou in die gemeente gehad wat volgens hom te ver gegaan en ďonreinĒ geword het.

    Banza, wat van Kongolese oorsprong is maar nou in Tulbagh woon, was verlede maand in die buiteland toe die gerugte oor sy nuutste verhouding bekend geraak het. Die 20-jarige vrou het glo by haar ma daaroor gebieg en die gemeente is sedertdien in rep en roer.

    Een voormalige lidmaat het selfs ín webwerf begin waarop allerlei bewerings oor Banza se sekslewe gemaak word en mense aangemoedig word om hul dogters teen hom te beskerm.

    Nadat Banza uit die buiteland teruggekeer het, het hy sy sonde aan die gemeenteleiers bely en gesÍ hy sal hom aan die gemeente onttrek.

    Banza het aan Rapport gesÍ daar is geen ander woord as ďsondeĒ vir sy oortredings nie. Hy sÍ die feit dat hy ín ongetroude jong man is, het daartoe bygedra dat hy gestruikel het en hy het besluit om uit die gemeente te tree totdat God aan hom ín vrou en stabiliteit kan voorsien.

    Hy het sy sonde reeds wyd bely, maar hy sou nog graag die man om verskoning wou vra met wie se vrou hy ín soenverhouding gehad het.

    ďEk is deur genade gered en het nooit beweer dat ek volmaak is nie.Ē

    Hy gaan nou ín DVD vervaardig om jong mense te waarsku sodat hulle nie dieselfde foute maak nie.

    Die wynlandgoed Clouds, waar Banza se kerk in ín kapel vergader het, het gesÍ hulle het geen amptelike bande met hom nie en het bloot die lokaal aan hom beskikbaar gestel.

    Ds. Pieter Fourie, voorheen van die NG gemeente Rant-en-Dal en self onlangs in die nuus oor sy omstrede duiweluitdrywing, het by navraag gesÍ Banza is ín wonder*like prediker en iemand wat ďnaby aan die Here leef. Mens sukkel amper om diť bewerings oor hom te gloĒ.

    Fourie se oudkollega, die predikant en joernalis ds. Jannie Pelser, sÍ hulle het Banza soms genooi om in hul kerk op te tree omdat hy ín begaafde prediker is. ďEk is jammer as hy nou in ín krisis is en ek hoop dat hy sy dinge gou weer agtermekaar kan kry.Ē


    Lyk mos of hierdie domenis dalkies wyn moet loop koop by sy eweknie met die kaalvrou op die perd...

    bron



    groetnis
    knipmes

  2. #2
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    68

    Default Re: Pastoor trap oor tou met lidmate

    Dit is hoog tyd dat predikante hul geld op eerlike wyse verdien met 'n ordentlike werk en ophou teer op die tiendes van hardwerkende mense en arm ou mense in ouetehuise.

Similar Threads

  1. Kerke, besef julle vorm lidmate se denke
    By Die Ou Man in forum Artikels
    Replies: 7
    Last Post: 14th June 2011, 22:41

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •