Results 1 to 3 of 3

Thread: Engele-fluisteraar lok mense van ver

  1. #1
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    60

    Default Engele-fluisteraar lok mense van ver

    Engele-fluisteraar lok mense van ver

    Bron: Johannes de Villiers 2012-03-24 23:24

    Belinda_Bras-Nel.jpg
    Belinda Bras-Nel vertel sy help mense om boodskappe van
    die engele te hoor.


    Engele is oral om ons, glo baie mense. En tog sal party mense verbaas wees om te hoor jy het n buitengewoon goeie kans om n engel in Vanderbijlpark te te kom.

    Di dorp in die Vaaldriehoek, bekend om sy staalfabrieke en nywerheidsgebiede, lyk nie na die soort plek waar engele rondfladder nie, maar in n woonbuurt op die rand van die dorp woon n vrou wat stil-stil besig is om iets toweragtigs rondom haar tot stand te bring.

    Belinda Bras-Nel, n ma van twee, vertel sy het n ope kanaal na die engele ontdek. Sy gesels glo met di bonatuurlike wesens en dra hul boodskappe van raad en bemoediging aan mense oor.

    Skeptiese mense sal dit aflag en Belinda doen self nie veel om haar talent te adverteer nie, maar die laaste paar jaar het die nuus oor haar gesprekke met die engele wyd oor die riemtelegram versprei sodat sy al n hele gevolg het van mense wat by haar kom hoor wat die engele als vertel.

    Dan sit sy met jou in haar voorkamer vol prente van ligwesens teen die muur, sy haal diep asem, glimlag saggies en vertel jou hoe die engele jou glo deur die lewe wil help.

    Deesdae kom mens al hoe meer in plekke soos Pretoria en Johannesburg mense te wat uit die bloute uit begin vertel van die merkwaardige me. Bras-Nel op Vanderbijlpark en hoe sy hulle gehelp het om die engele se raad te hoor.

    Onlangs het Belinda uiteindelik die kollig betree deur n boek, My pad met engele, te publiseer. Sy vertel die engele het laat weet dit is tyd dat sy haar boodskap na n *brer gehoor neem.

    In die boek vertel sy hoe sy as eertydse ingenieurstudent en jong ma depressie ontwikkel en senu-ineenstortings beleef het totdat sy die engele ontmoet het.

    N jare se gesprekke met hulle is haar lewe omgekeer en as mens haar nou besoek, vind jy n rustige persoon met n sagte glimlag wat graag praat oor die vrede wat sy gevind het. Die engele was God se manier om my uit n diep gat in my lewe te haal en te wys daar is meer aan die lewe, vertel sy.

    Dis wat die engele doen. Hulle is God se manier om ons te help. Elke mens, elke dier, elke boom het n engel wat vir hulle sorg.

    Skeptici wat meen sy suig die engelboodskappe uit haar duim, het ook al by haar spreekkamer kom inloer. Dan sit hulle daar met arms gevou terwyl hulle my uitvra. Maar ek het al agtergekom die engele het nie vir hulle boodskappe nie, want hul gesindheid is nie reg nie.

    Daar is egter toenemend mense, van so ver soos Bloemfontein, wat by haar opregte raad kom soek, en Belin*da is besig om vinnig en stil-stil een van die meer prominente name op die plaaslike esoteriese toneel te word.

    Maar sy voeg by dat sy nie erg daaroor is as mense by haar inloer vir toekomsvoorspellings of ligsinnige praatjies nie. Die eintlike doel van die engele is om mense te help om die waarheid van hul siel te ontdek.

    Ek glo as jy in voeling is met jou siel, dan sal jy die lewe h wat jy moet h. Dit is wat die engele vir ons wil wys.





    groetnis
    knipmes

  2. #2
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    60

    Default Re: Engele-fluisteraar lok mense van ver

    Maar sy voeg by dat sy nie erg daaroor is as mense by haar inloer vir toekomsvoorspellings of ligsinnige praatjies nie. Die eintlike doel van die engele is om mense te help om die waarheid van hul siel te ontdek.

    Ek glo as jy in voeling is met jou siel, dan sal jy die lewe h wat jy moet h. Dit is wat die engele vir ons wil wys.



    Hierdie Kindjie met haar Gawe doen baie meer vir die mensdom as enige domenis in enige dogma....








    groetnis
    knipmes

  3. #3
    Stefanus's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,606
    Blog Entries
    1
    Total Downloaded
    477.1 KB
    Videos
    128
    Rep Power
    10

    Default Re: Engele-fluisteraar lok mense van ver

    My pad met engele deur Belinda Bras-Nel

    Tydens ʼn donker depressiewe tydperk van Belinda Bras-Nel se lewe het dit vir haar gevoel asof haar gebede nie beantwoord word nie en dat God nie daar is wanneer jou lewe skeefloop nie. Maar net toe sy wou opgee het ʼn engel haar uit haar twyfel kom ruk.

    Hierdie boek vertel die verhaal van ʼn vrou wat as kind baie geestelike ervarings gehad het, maar, soos ons almal, het van die lewe oorgeneem. In totale desperaatheid het sy n noodkreet uitgestuur in die heelal om die rede vir haar bestaan te probeer verstaan. In hierdie boek beleef jy saam met haar die pyn van absolute verlatenheid, maar ook die gelatenheid wat sy leer ken wanneer die engele in haar lewe opdaag met boodskappe van hoop en wysheid.

    Die boek beskryf dit wat Belinda van die engele geleer het. Hulle wyshede het haar gehelp om haar lewe om te keer van hopeloos en magteloos na bemagtig en vry.
    Die leser word bekend gestel aan die hemelse boodskappers en die persoonlike boodskappe wat hulle vir elkeen bring.

    Belinda Bras-Nel
    For more information contact Belinda personally:
    E-mail: angelmessages@belindabrasnel.co.za.


Similar Threads

  1. Hi mense.
    By Nuwe Man in forum Aanmelding
    Replies: 2
    Last Post: 26th December 2008, 18:42
  2. God deur Mense Geskep?
    By Pionier in forum Besprekings
    Replies: 3
    Last Post: 11th January 2008, 13:48

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •