Results 1 to 4 of 4

Thread: Boek s Turynse kleed eg en verklaar glo opstanding

  1. #1
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    56
    Posts
    652
    Blog Entries
    7
    Rep Power
    52

    Default Boek s Turynse kleed eg en verklaar glo opstanding

    [top]Boek s Turynse kleed eg en verklaar glo opstanding


    2012-03-31 22:28
    Johannes de Villiers




    Die voorblad van die omstrede boek






    Terwyl Christene oor die wreld heen hulle gereedmaak om volgende naweek Paasfees met geloofsywer en stigting te vier, staal die Britse skrywer Thomas de Wesselow hom om n ander rede vir di naweek.

    De Wesselow is die skrywer van The Sign: The Shroud of Turin and the Secret of the Resurrection, n boek oor die Bybelse Paasgebeure wat die komende week wreldwyd gepubliseer word.

    Hoewel di omstrede boek nog nie eens gepubliseer is nie, het dit mense in verskeie lande reeds aan die gons met sy alternatiewe (en baie mense sal s ketterse) interpretasie van die opstanding van Christus.

    Ook plaaslik maak die uitgewer Penguin reeds wyd voorbrand vir die boek, al is dit nog nie eens te koop nie.

    In die VSA en Brittanje waarsku godsdiensleiers klaar teen die boek. En in bekende internasionale koerante soos The Daily Telegraph het profiele daarvan reeds verskyn, al het omtrent niemand dit nog gelees nie.

    In die boek beweer De Wesselow dat hy die opstanding kan verklaar sonder om na enige wonderwerke te verwys.

    De Wesselow, wat lank n gesiene pos as kunshistorikus aan die Universiteit van Cambridge beklee het, grond sy verklaring op die Kleed van Turyn, n doek wat in die Middeleeue bekendheid verwerf het en steeds n groot aanhang het omdat baie mense glo dit is die kleed waarin Christus begrawe is.

    Hoewel di reliek, met die duidelike afdruk van n mansfiguur daarop, vir baie Katolieke eg is, maak talle wetenskaplikes dit as n namaaksel af omdat daar met koolstoftoetse bewys is dit kan nie ouer as omtrent 800 jaar wees nie.

    De Wesselow meen egter hy kan bewys di koolstoftoetse was verkeerd. In gedetailleerde hoofstukke verskaf hy heelwat bewyse van hoekom hy meen die kleed is eg, onder meer stuifmeelspore in die mate*riaal wat aandui dat dit wel in een of ander stadium in Palestina was en n ontleding van die figuur wat aandui dat dit n besonder akkurate afbeelding is van n man wat in die eerste eeu aan n kruis gesterf het.

    Waarmee De Wesselow egter heelwat mense gaan omkrap, is sy bewering dat di doek, indien dit eg is, ook n verklaring van Christus se opstanding kan bied.

    Volgens hom sou die vroe Christene di kleed uit Jesus se graf verwyder het, en sou di akkurate afbeelding van Jesus se lyk daarop mense sodanig bendruk het dat hulle dit sou sien as n bewys dat
    Jesus se gees op die een of ander manier n sy dood weer voortleef.

    Die doek is volgens De Wesselow die verheerlikte liggaam van *Jesus wat deur baie gelowiges n Paasfees gesien is.

    Christelike publikasies soos The Christian Post en n paar Katolieke webwerwe oorsee het reeds teen di teorie kapsie gemaak en s dit is onversoenbaar met die Christelike leer.

    Wetenskaplikes s op hul beurt dit is hoogs onwaarskynlik dat die kleed regtig so oud kan wees soos De Wesselow beweer en inderdaad uit Jesus se graf kom.

    Maar De Wesselow self, wat n agnostikus is, is nie te veel gepla oor die geestelike implikasies van sy bewerings nie.

    Hy gee wel in die boek toe dat die feit dat hy oor die Turynse kleed geskryf het (n onderwerp wat meestal deur pseudohistorici en samesweringsteoretici opgehaal word) hom buite die intellektuele hoofstroom plaas en sal spreek tot die soort mense wat boeke soos Dan Brown se The Da Vinci Code ernstig opneem.




    bron





    groetnis
    knipmes
    Last edited by knipmes; 1st April 2012 at 18:34.

  2. #2
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    56
    Posts
    652
    Blog Entries
    7
    Rep Power
    52

    Default Re: Boek s Turynse kleed eg en verklaar glo opstanding



    Roy - April 1, 2012 om 03:38

    Die boek is reeds op bestelling.

    Wonder of die outeur die kulturele aspek van die Opstandingsrutueel sal aanraak. Dit is algemeen bekend (wel, hang af in watter kringe jy natuurlik beweeg in terme van 'algemeen') dat die Opstanding 'n ou idee was alreeds in hierdie tyd - danksy Paganistiese invloed van opgewekte 'redders' in daardie kulture (veral Egipte, Sumeri, Griekeland ens.). Die Egiptiese invloed is veral sterk in die vorm van Osiris en die Onderwreld. Sal graag wil sien hoe hy hierdie kultureel-historiese skakels inbring in hierdie konteks. As hy nie hierdie verbintenisse in agneem nie is die boek self seker nie 10c werd nie. Ek lees in die voorskou dat hy verwys verwys na historiese kerkvaders asook Gnostiese figure soos Celcus (outeur van 'The True Doctrine' - 'n kritiese eksposisie aangaande die ontstaan van die christendom) wat hul teengestaan het juis oor die 'namaaksel' geskrifte wat hul besig was om te skep deur Paganistiese elemente en tradisie te gebruik as bronne.

    Ons sal dus wag en kyk.






















    groetnis
    knipmes

  3. #3
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    56
    Posts
    652
    Blog Entries
    7
    Rep Power
    52

    Default Re: Boek s Turynse kleed eg en verklaar glo opstanding



    Adre - April 1, 2012 om 16:34


    Dit is reeds bewys dat dit nie die kleed was wat om Y'shua se liggaam gedraai was nie. Om mee weg te spring, die Skrif se dat die doek wat om sy kop gedraai was, opgevou gele het op die een punt die klipbed waarop Hy gele het. Met ander woorde, dit was 'n aparte lap van die res van die liggaam se lappe. Die kleed wat hy gee, is in een stuk! Eronies dat die Roomse kerk uitgevang was vir hul bedrog en nou probeer iemand anders dit as "feite" verkoop, intussen ontken die Roomse kerk die kleed se egtheid. LOL, sommige mense weet hnet hoe om geld te maak uit die nuuskurigheid van die mens.














    groetnis
    knipmes

  4. #4
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,437
    Rep Power
    59

    Default Re: Boek s Turynse kleed eg en verklaar glo opstanding

    "... en die doek wat op sy hoof was, sien hy nie by die doeke l nie, maar opgerol op een plek afsonderlik."
    Johannes 20:7

Similar Threads

  1. Die boek van henog?
    By Silencio in forum Besprekings
    Replies: 3
    Last Post: 20th February 2017, 13:49
  2. Jesus se opstanding
    By Silencio in forum Besprekings
    Replies: 1
    Last Post: 14th October 2010, 21:49
  3. Het Urantia Boek
    By Stefanus in forum Artikels
    Replies: 8
    Last Post: 24th December 2009, 18:30

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •