Moslems koop Goudstad se oudste NG kerk

2012-04-14 22:38

Johannes de Villiers


Die einde van ín era breek eersdaags aan wanneer die historiese kerkgebou van die NG kerk Langlaagte, die oudste NG kerk in Johannesburg, in ín Moslem-madrassa omskep gaan word.

Diť kerk, wat in 1902 vir die Goudstad se eerste Afrikaanse inwoners ingewy is en jare lank die beskermer van die aangrensende Abraham Kriel-kinderhuis was, word daarmee die jongste slagoffer van die migrasie van Afrikaanse mense uit Johannesburg se binneste voorstede.

Weens die stygende koste van die instandhouding van die gebou het die gemeente waaraan dit behoort, besluit om dit te verkoop. Die beste aanbod is van ín Moslem-organisasie ontvang.

Dit is die soveelste NG gebou wat die laaste ruk aan ander geloofsgroepe verkoop word in diť gebied waar talle gemeentes eens gefloreer het.

Waar daar voorheen ín netwerk van stadsgemeentes was, het hulle die laaste jare die een nŠ die ander saamgesmelt en verdwyn. Die NG kerke Johannesburg-Wes en Crosby-Wes is ook albei aan Moslem-organisasies verkoop, terwyl die NG kerk Cottesloe deesdae ín Boeddhistiese tempel is.

Die oorblywende NG kerk in die omgewing, die gemeente Brixton, is self ín kleinerige gemeente met een predikant en sowat 400 lidmate (van wie 110 inwoners van die Abraham Kriel-kinderhuis is). Diť gemeente staan deesdae as die NG kerk Vergesig bekend nadat al die omliggende gemeentes daarin opgeneem is.

Volgens ds. Hennie van Rooyen van Vergesig het hulle met ín swaar hart besluit om die Langlaagte-eiendom, wat onder meer die graf van sy eerste predikant, ds. Abraham Kriel, en sy vrou Christoffelina, op sy terrein huisves, te verkoop, maar die instandhouding was net te duur.

ďDie demografie van die omgewing het totaal verander na ín oorwegend IndiŽr-gemeenskap.Ē

Die ou gebou met sy sinkdak en fraai toring lÍ nou in ín woonbuurt waarvan feitlik geen inwoners meer NG kerk-lidmate is nie. Die grafte van die Kriel-egpaar lyk eensaam en vergete voor die kerkdeur.

Selfs die geroeste bordjie wat lui ďNed Geref Kerk LanglaagteĒ is buite sig agter die bont kennisgewing van die charismatiese gemeente wat die gebou deesdae op Sondagoggende gebruik.

Die kopers gaan dit in ín madrassa (Moslem-godsdiensskool) omskep. Volgens Van Rooyen is daar in die verkoopkontrak gespesifiseer dat ďdie historisiteit van die gebou gerespekteer moet word. Daar is ook ín serwituut geregistreer wat die grafte van ds. en mev. Kriel op die terrein beskerm en toegang bied aan belanghebbendes.Ē

Die NG kerk Langlaagte was die tweede gemeente van diť kerkverband wat in die Goudstad gestig is. Die eerste, die Johannesburgse moedergemeente in Braamfontein, is al ín paar jaar gelede gesloop.

Een mens wat nie in sy noppies is met? die Langlaagte-verwikkelinge nie, is biskop Ryan Sooknunan, ín pastoor wat die gebou die laaste jare vir dienste vir sy onafhanklike pinksterkerk, Glory Divine World Ministries, huur.

Sooknunan beskuldig die NG kerk Vergesig daarvan dat hulle ín mondelinge kontrak met hom verbreek ingevolge waarvan hy die kerk onbeperk sou kon gebruik, maar Vergesig ontken dat so ín kontrak bestaan.

Sooknunan het al met sowel regsoptrede as ín protesoptog gedreig en verwyt die Vergesig-gemeente ook omdat hulle ín vreemde geloof (Moslems) in ín kerkgebou laat intrek.

Volgens Van Rooyen is dit egter nie ín stap wat hulle ligtelik neem nie. ďEk wens dit kon anders wees,Ē het hy gesÍ toe Rapport hom die afgelope week besoek het. ďMaar ons kan nie honderde duisende rande ín jaar bestee om die gebou in stand te hou nie.Ē

Op die terrein van die NG gemeente Vergesig vertel ín oom hy is ín NG lidmaat van Langlaagte wat na Vergesig oorgekom het.

Is daar enige ander NG lidmate in Langlaagte oor? ďDaar is nog een ander egpaar,Ē sÍ hy. ďEn dan die kinderhuiskinders. Dit is maar al.Ē

Uit Rapport