Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 10 of 18

Thread: 'n Les om te leer

  1. #1
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    59

    Default 'n Les om te leer

    Naand aan Almal,

    Ek het nou onlangs 'n baie diep, tog wonderlike boek gelees; geskryf deur 'n Vrou wat met ons "Guardian Angels" of liewer "Beskermings Engele" kan kommunikeer, hulle selfs sien. Dit was 'n interessante reis, en ek beoog om dit hier opsommender wys in kort te weergee, hopelik met Hul wense.

    Wat my egter opgeval het, was 'n intense reis van die self sover terug in die self se bestaan, en ook die toekoms in, dat die hede skielik die volgende stellings / vraag by my laat vassteek het:

    Stelling 1: In hierdie lewe word ons geleer van respek vir die self en andere, opregtheid teenoor die self en andere, liefde vir die self en teenoor andere, toenadering, fatsoenlikheid, begeerlikheid, onthouing en so kan ek aangaan met die lys van moets en moenies...
    Stelling 2: In die Hemele waarvandaan ons as ewige lewensvorme [nie die liggaam nie] kom, en waarheen ons ook terugkeer na afleging hierdie spesifieke lewens wat ons self uitverkies het om sogenaamde lesse mee te kom leer...
    Stelling 3: Lesse van jy mag nie steel nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie 'n ander se vrou begeer nie... en en en...

    Nou's die vraag 1: Wat is die punt hiervan?
    Ek meen...
    • In die Hemele word mos nie gesteel nie, daar is nie aardse dinge om te steel nie...
    • Daar is nie seks nie, so waaroor leer ek van verkragting?
    • Daar is nie ligaamlike siektes soos kanker nie, so hoekom moet ek daardeur gaan?
    • Disrespek, is daar so iets in die Hemele? Sal dit daar toegelaat word? Hoekom dan die les leer as jy dit in elk geval nie gaan doen nie?
    Vraag 2: Hoekom dan?
    • As ek geskape is in die Hemele as Siel of Gees, sonder enige letsel volmaak voor my Hemelse Ouers, dan hoekom die lesse van aardse dinge kom deurgaan?

    Wat is die punt daarvan?






    Dis tyd dat ons op hierdie werf bietjie gesels, nie net lees nie... ek soek antwoorde, wil graag van julle hoor!!!



    groetnis
    knipmes

  2. #2
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    59

    Default Re: 'n Les om te leer

    Die Joodse Mitologie het daarin geslaag om ons Germaans/Nordiese waardes om te keer.

    'n Germaanse baba word onskuldig en sonder sonde gebore. By geboorte is hy inherent goed. Daarop word voortgebou en hy/sy word die deugde van dieGermaan aangeleer. Eer bo alles of sterf.

    In die Joodse Mitologie word 'n baba as sleg gebore. (In sonde ontvang en gebore.) Dan word hy geleer dat hy 70 x 7 maal kan wegkom met slegtheid en op 'n dag as hy in die moeilikheid is, berou kan toon en beloon sal word met die ewige lewe.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

    As mens sonder sondes gebore word, met net liefde en opregtheid as begin punt, dan waarvoor hierdie lesse???

    Wat is die punt?

    Dis lekker om te lewe, daar is eindelose dinge om die genog van te pluk, maar wat is die punt van les leer hier?

    Die "value added service" wat ek verder moet dra, wat se nut het dit om te weet jy kan nie meer steel nie, dis verkeerd... maar wat wil jy fisies gaan steel in die Hemel, of die hel vir dieselfde rede???

    Wat is die punt?

    Of kan iemand vir my antwoord dat mens tog in die Hemele kan steel... fisies? duh?



    groetnis
    knipmes

  3. #3
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    59

    Default Re: 'n Les om te leer

    Ons is gevangenes hier, volgens die oumense van dae... en totdat ons nie geleer het om onsself te bevry van hierdie dwang nie, is ons gebonde tot herlewing op herlewing tot herlewing... oor en oor...

    Nou is die vraag weereens? wat is die punt?




    groetnis
    knipmes

  4. #4
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: 'n Les om te leer

    Jou vraag is net geldig aan individue wat "van bo" gebore is.

    Maar nie almal is van bo gebore nie. Jy daag dus hier op om leiding te gee en 'n boodskap van die gode oor te dra.

    Die gevaar is egter dat "van bo geborenes" ook verstrengel kan raak in aardse dogmatiek en versoekings. Dan keer jy onverrigter sake terug.

    Maar hoe dring jy deur tot iemand wat nie van bo gebore is nie en vir dood vasklou aan 'n aardse, mensgemaakte geloof?

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  5. #5
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    59

    Default Re: 'n Les om te leer

    Naand Almal,

    Die Ou Man, ek hou van die rigting waarin jy hierdie draad stuur... dis presies waarop ek aan die eenkant gesinspeel het. Tog,... dis juis die van "onder" geborenes wat klem op gele moet word, en dus die beklemtoning wat meestal hier op Wendag op die "van Bo" geborenes val, te verskuif vir 'n slag na die "anderkant" van die draad, by wyse van spreke!

    Weereens is die vraag: wat is die punt? Want soos jy tereg vra, wat help dit as hulle nie wil hoor nie?? nie wil luister nie? nie wil kyk nie? nie wil sien nie?...

    Miskien moet die aardse mens net gelos word om tot vernietigingspunt te kom, voordat daar geluister sal word. Dis immers by die doodspunt waar insig en verstand eers werklik realiteit wordende aksie meebring wat verrykkende gevolge het?



    groetnis
    knipmes

  6. #6
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,401
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    67

    Default Re: 'n Les om te leer

    Quote Originally Posted by knipmes View Post
    Naand Almal,

    Miskien moet die aardse mens net gelos word om tot vernietigingspunt te kom, voordat daar geluister sal word. Dis immers by die doodspunt waar insig en verstand eers werklik realiteit wordende aksie meebring wat verrykkende gevolge het?
    Die "aardse mens" het Jesus vermoor.

    Hoe temper jy dierlike instink in die mensdom?

  7. #7
    Member
    Join Date
    Nov 2009
    Location
    thabazimbi
    Age
    64
    Posts
    30
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    40

    Lightbulb Re: 'n Les om te leer.

    Julle manne het werklik nou n interresante onderwerp beet waarmee ek nog worstel om n 'sensible' bydrae te kan maak. Ek dink dit is meerdere se problem die dat so min mense nog n bydrae gemaak het. Ons dink nog maar soos ek altyd vir my dierbare vrou se as sy se sy wil net die 'hemel' haal al vee sy net strate daar, " nee magtig vrou ek vee nou nie eens strate nie, moet ek nou so n vervelige werk daar gaan doen!"

  8. #8
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    59

    Default Re: 'n Les om te leer.

    Quote Originally Posted by schalk View Post
    ...al vee sy net strate daar...

    Nee wat Schalk, ek dink nie ons hoef daaroor te bekommer nie. Oorlewering en insig het my geleer dat mens wel dit waarin jy belangstel ten diepste die reis daarvan daar voort sal sit... Dis tog immers JOU keuses wat jy maak, nie God s'n nie, want dan is God skuldig aan baie baie wandade...

    Hoe dit ookal sy, dit kom terug by die punt van dit... ??



    groetnis
    knipmes

  9. #9
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    58
    Posts
    612
    Blog Entries
    7
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    59

    Default Re: 'n Les om te leer

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post
    ...Hoe temper jy dierlike instink in die mensdom?
    Die toekoms veral nou vanuit 'n 2012 oogpunt lyk of vreeslik bleek, of vreeslik opwindend... hang af van watter kant van die draad of straat of lamp jy staan.

    Ek wil my verstout om soos volg kommentaar te lewer:

    "Van onder geborene" [meestal met Christelike / Islam idiologiee??] opsomming van gebeure in die toekoms:

    Scenario 1:
    1. Eerstens kort die kruitvat 'n lont... dalk die verskyning van die "Ware van Bo gebore" Jesus wat weer verskyn, en dan weer vermoor word as die sogenaamde antichrist...
    2. Die ware antichrist verskyn dan wat die wereld se aardlinge as sy eie kinders dan hier in sy eie goue tempeltjie in die woestyn laat rondle om 'n swembad?
    Scenario 2:
    1. Die antichrist kom wel eerste as messias wat wonderwerke en al die hele kaboedel "van onder geborenes" dan verlei... ten sterkste probeer om die "van Bo geborenes" uit te snuffel en fisies van kant te maak of te "bekeer" [vir minder of meer], weereens tot in die tempeltjie in die woestyn?
    2. Die ware Jesus en Sy Vader Ad-am vergestalt en verwoes die hele spul of laat die tempeltjie weer soos Atlantis in die see verdwyn??

    "Van Bo geborene" opsomming van gebeure in die toekoms:

    ???? Wat sou die scenario's wees?

    Wie wil dit waag om 'n voorspelling te maak, of "gut feeling" uit te spel?



    Ons kom stadig maar stadig nader aan die punt...







    groetnis
    knipmes

  10. #10
    Member
    Join Date
    Jul 2012
    Location
    vanderbijlpark
    Age
    43
    Posts
    13
    Total Downloaded
    0
    Rep Power
    29

    Default

    Quote Originally Posted by knipmes View Post
    Die toekoms veral nou vanuit 'n 2012 oogpunt lyk of vreeslik bleek, of vreeslik opwindend... hang af van watter kant van die draad of straat of lamp jy staan.Ek wil my verstout om soos volg kommentaar te lewer:"Van onder geborene" [meestal met Christelike / Islam idiologiee??] opsomming van gebeure in die toekoms:Scenario 1:
    1. Eerstens kort die kruitvat 'n lont... dalk die verskyning van die "Ware van Bo gebore" Jesus wat weer verskyn, en dan weer vermoor word as die sogenaamde antichrist...
    2. Die ware antichrist verskyn dan wat die wereld se aardlinge as sy eie kinders dan hier in sy eie goue tempeltjie in die woestyn laat rondle om 'n swembad?
    Scenario 2:
    1. Die antichrist kom wel eerste as messias wat wonderwerke en al die hele kaboedel "van onder geborenes" dan verlei... ten sterkste probeer om die "van Bo geborenes" uit te snuffel en fisies van kant te maak of te "bekeer" [vir minder of meer], weereens tot in die tempeltjie in die woestyn?
    2. Die ware Jesus en Sy Vader Ad-am vergestalt en verwoes die hele spul of laat die tempeltjie weer soos Atlantis in die see verdwyn??
    "Van Bo geborene" opsomming van gebeure in die toekoms:???? Wat sou die scenario's wees?Wie wil dit waag om 'n voorspelling te maak, of "gut feeling" uit te spel?Ons kom stadig maar stadig nader aan die punt...groetnisknipmes
    Jenne knipmes. Regtig is jou geloof klein. Jy is by die swembad in die woestyn en jy loop nie in geloof bo-op die water nie, jy is besig om te versuip. En as jy meen dat die messiah aangesien sal word as die anti-messiah dan sal die een wat op die water kan loop jou nie red van jou versuiping nie. Het die messiah Immanuel nie gese as Hy weer kom sal elke oog Hom sien en weet dat dit Hy is wat hulle deurboor het. Hoe se die Woord. As Hy weer kom is dit in Sy heerlikheid. Wat het gebeur toe Moses vir YAH gevra het of Moses Sy aangesig kon sien? ABBA YAH het vir Moses gese dat Moses in n skeur in die rotse moes gaan wegkruip en as die heerlik van YaH daar verby gaan sou YAH Sy aangesig bedek sodat Moses nie sou sterf nie. Want geen vlees kan YAH sien en nie sterf nie. As die messiah dan kom sonder waarskuwing sonder dat jy jou aangesig bedek sodat jy Sy heerlikheid nie aanskou nie, dan gaan jy sterf, verseker. Daarom het die messiah Sy terugkeerkoms vergelyk met die vloed van Noag se tyd. Want baie mense sal sterf. Miskien is jy een van die gelukkiges wat in die grotte kan wegkruip en nie sterf nie. En Immanuel vergelyk ook die eindtyd met die verwoesting van sodom want Hy sal die land van Edom se riviere verander in brandende pik en die stof daarvan in brandende swawel. Maar ek glo darem nie dat jy daar sal opeindig nie. As jy sterf met die wederkoms sal jy as sondige mens eers in die dag van die groot oordeel opstaan en gefonnis word tot die tweede dood. Jy sien. Die eerste dood is die van jou vleeslike liggaam maar die tweede dood is wanneer EL shaddai tot die geeste laat sterf van die wat ongelowig was, en dit wys finaal op Sy oppergesag. Want niemand kan n gees vernietig nie. Net ABBA YAH kan die gees doodmaak. Daarom sal die gelowiges in die tyd van Immanuel sewederkoms in n oogwink verander word en nie sterf nie maar verheerlik word en aangeneem word tot kinders van die ABBA. Nou wat is n kind dan? Die seuns van YAH is engele. Ja, die wat na die gees gelewe het sal in engele verander word in n oogwink met die wederkoms. Shalom. Yeshurun
    Last edited by yeshurun; 29th July 2012 at 12:07.

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •