Evolusie: My kinders reg grootgemaak
deur Voorstander van Moderne Wetenskap skryf:
Ek volg die reaksie op PJS se belag*like skrywe oor die “evolusiesnert”, soos een briefskrywer dit noem.
Dit is vir my onverstaanbaar dat daar werklik nog mense is wat so argaïes redeneer en bereid is om die wetenskap af te kraak.
Ek is ook deur ’n skool en kerk waar evolusie “doodgepraat” is en wetenskaplike denke in die geheel onderdruk is.
Maar genadiglik het ek vroegtydig agtergekom waar my plek in die heelal is en besef die vooruitgang van ons samelewing gaan hand aan hand met moderne wetenskap.
Ek is nou in ’n posisie om my kinders normaal groot te maak.
Uit Beeld dd 2012-07-07
Bookmarks